Hendrik Christoffel Lourens (Hennie) Aucamp het bekendheid verwerf as akademikus, dramaturg, kabaret- en kortverhaalskrywer, en digter. Hy is gebore in Dordrecht in die Oos-Kaap op 20 Januarie 1934...view moreHendrik Christoffel Lourens (Hennie) Aucamp het bekendheid verwerf as akademikus, dramaturg, kabaret- en kortverhaalskrywer, en digter. Hy is gebore in Dordrecht in die Oos-Kaap op 20 Januarie 1934 en het grootgeword op die plaas Rust-mijn-ziel in die distrik Jamestown. Hy het aan die universiteite van Stellenbosch, Leuven (België) en Colombia (New York) studeer. Hy het die kwalifikasies BA, SOD, MA en DEd behaal. Hy was vir dertig jaar verbonde aan die fakulteit opvoedkunde aan die Universiteit van Stellenbosch, tot met sy uittrede in 1994. Aucamp debuteer in 1963 met prosa, Een somermiddag, landelike sketse en vertellings. Toekennings op skryfgebied sluit onder andere die volgende pryse in: Tafelberg-prys (1970); WA Hofmeyr-prys (saam met Chris Barnard, 1974); ATKV-toneelprys (1980); Hertzogprys (1982); Fleur du Cap-prys vir die beste inheemse toneelteks van die jaar (1987); Recht Malan-prys (1997). Hy is ook al die vader van literêre kabaret in Suid-Afrika genoem. Hennie Aucamp is oorlede op 20 Maart 2014.view less