Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Koöperasiestories
Koöperasiestories
Koöperasiestories
Ebook165 pages3 hours

Koöperasiestories

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

PG du Plessis was een van Afrikaans se meestervertellers. En met Koöperasiestories wat ook as ’n televisiereeks uitgesaai is, het hy volksbesit geword. Hierdie heruitgawe is ’n keur van die gewildste humoristiese kortverhale oor die lief en die leed van die mense in die dorp Gezinasrus. Flambojante karakters soos Veldsman, Genis, Vissertjie, Myta, Oom Botes en die Pieterses kruip ten spyte hulle stommighede en streke, diep in ’n mens se hart.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateJan 25, 2022
ISBN9780624092056
Koöperasiestories
Author

PG du Plessis

Pieter George (PG) du Plessis is op 14 Julie 1934 op Boshof in die Vrystaat gebore. Hy matrikuleer aan die Hoër Volkskool op Heidelberg. In 1955 behaal hy ’n BA-graad in Afrikaans-Nederlands en Geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria. PG du Plessis behaal in 1966 sy doktorsgraad onder NP van Wyk Louw oor Die verwysing in die literatuur. Later is hy ’n direkteur by die RGN, eindredakteur van die tydskrif Standpunte, assistentredakteur van die dagblad Die Transvaler en ook redakteur van Hoofstad. PG se eerste drama Die nag van legio verskyn in 1969. Hy ontvang die Hertzogprys vir drama in 1972 vir Legio en Siener in die suburbs. Hy word ook bekend vir Koöperasiestories wat tot TV-reeks verwerk is. Hy was die draaiboekskrywer vir die TV-reeks Feast of the Uninvited wat later verwerk is tot sy roman Fees van die ongenooides wat in 2008 verskyn het. Hy is in 2017 oorlede.

Read more from Pg Du Plessis

Related to Koöperasiestories

Related ebooks

Related articles

Reviews for Koöperasiestories

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Koöperasiestories - PG du Plessis

    9780624089810_FC

    Koöperasiestories

    PG du Plessis

    Tafelberg

    Skeef gelaai

    Soos ek die ding het, het Genis met sy diakenwordery ’n aanval van heiligheid gekry. Ook maar oud voor hy dit geword het, maar ’n mens wil nie praat nie.

    Maar niks in die dorp is toe reg vir die nuwe broer diaken nie, en alles is skielik sonde. Hy wat Genis is, voel hom nou geroepe om die hele Sodom skoon te maak en jy kom nie by sy winkel nie, of jy kry hom nie voor die koöperasie nie, of jy moet staan en hoor hoe heidens en sondig en teen die leer alles op die dorp is. Hy sê nog, sê Genis, hy voel hom die plig van vermaning. Hy gaan praat met al wat leef en beef oor dit wat nie reg is in hulle lewe nie, of dat, en jy kan die man nie groet nie, of hy wil weet hoe gaan dit met jou siel. Vreeslik.

    En die mense loop na’and draaie om hom, maar hy gaan soek die een sondaar na die ander op en dan moet jy hoor.

    Dag ons eers dis ’n stryd, maar dié wat hom ken, sê dis sommer ’n steenwerpery.

    Nou as jy sonde op die dorp soek, en jy kom nie by Ou-Koos uit nie, dan ken jy nie sonde nie. ’n Mens wil nie oordeel nie, maar by Ou-Koos het die duiwel los rondgeloop.

    Ou-Koos het nie ’n blad voor sy mond gesit nie. Of daar nou vroumense naby is of nie, het daar die vreeslikste vloeke oor sy paar lippe gekom. ’n Mens wil liewers nie eers dink aan die woorde wat hy sommer so in ’n rympie kon inspan nie.

    Suinig ook. Pennie-bedonderd. Uit sy vrou uit op die ou end, maar daar was darem nie kinders nie.

    Hy moes ook maar sy lewe maak met bande kort en ploegskare regfoeter en dié klas van ding, en Veldsman het altyd gesê mense wat met ysters werk, sal meer genade moet kry om in die hemel te kom, veral as die goed rooiwarm is.

    Dan het Ou-Koos nog kaal bolyf daar tussen die vuur en die ysters te kere gegaan en as jy so inkyk en hy’s daar met die vierpondhamer doenig aan ’n stuk yster, en hy vertel sommer vir die yster en die jong wat die blaasbalk trek wat hy van hulle dink in die vreeslikste tale, dan kan jy sweer jy kyk in die poort van die warmplek in. Hoor en sien vergaan soos dit geslaan en gevloek word in daardie plek.

    Met dié dat Genis sy aanval kry en loop en rondvertel dis die laaste der dae, want kyk hoe is Satan op die dorp ontketen, wis ons hy kan Ou-Koos nie miskyk nie.

    Ek dag toe ohoo! Ou-Koos laat hom nie aanspreek nie. Hy’s hoog befoeterd, hy’t ’n bors soos ’n bul, sy paar boarms is sulke hamme en sy hande lyk soos trosse piesangs. Hulle het hier rondvertel hy dra die swart handskoen, so die wet verbied hom om sy hand vir iemand op te tel. Amper soos die swartlys by die bottelstoor, maar net oor slaan. Maar ek kan nie vir die waarheid van die handskoen instaan nie, want ons dorp het nog nie ’n magistraat om te vra nie.

    Wonder ons ook maar hoekom die nuwe broer diaken so orals loop en vermaan en nie by Ou-Koos uitkom nie. Wys jou.

    Ons staan partykeer so voor die koöperasie en praat oor die ding van hoe Genis nie by Ou-Koos wil uitkom nie en ek wil nie lieg nie, maar Ferreiratjie het oor die ding nooit saamgepraat nie. Sê Veldsman van die plotte ook, so lieg ek, lieg hy.

    Ferreiratjie het gehelp met die boeke. Inkomstebelasting, kerkboeke, die boeke by die koöperasie en by die vendusie. Kon nie te dom gewees het nie, want drie van sy kinders het groot geleerdheid in Pretoria loop kry. Twee dogters en ’n seun. Goed getrou ook. Breed het Ferreiratjie dit nie gehad nie, want sóveel boek is daar ook nou maar nie op die dorp te hou nie.

    Ek sal my nooit vergeet nie, ons was vyf wat voor die koöperasie gestaan en praat het toe Genis die middag ewe opgewen daar aankom. Dit was ek en Veldsman van die plotte en Ferreiratjie, en dan was daar Piet Klase en die koöperasieventjie.

    Soos Genis daar aangestap kom, sien ek daar’s moeilikheid. Hy’t nou weer laasnag gelê en worstel oor al wat sonde is en nou is hy weer onder die onkruid in.

    Sê ek dit. En dis of ek vandag nog vir Veldsman hoor sê Genis moet sy bek van Lettie afhou, want Genis was toe ook al met Veldsman aanmekaar oor dié se mooi vrou so aantrek. Nie dat Lettie nie orals ordentlik toe was nie, dis net dat sy binnekant ’n rok van so ’n aard is dat die klere nie eintlik saak maak nie.

    Maar Genis is toe beswaard oor Ou-Koos.

    Broers, sê Genis, ons broer Koos …

    As Genis almal begin broer, moet jy weet. Maar hy gaan toe aan oor Ou-Koos se sondes, en oor Ou-Koos so laster en van sy sondigheid en van hoe hy ’n kind van die duister is en so gaan hy aan.

    Ferreiratjie vra hom nou wat het Ou-Koos hom nou gemaak dat hy so te kere gaan, en waar is sy vergewensgesindheid en sy sewentig maal sewe.

    Genis weet toe iets te sê van hoe Ou-Koos so sleg is en tot die goede nie in staat nie.

    Met dié dat Genis nog so praat, knyp Ferreiratjie los en sit hom net hier agter die oor met die vuis. Ons keer maar, en Genis is beswaard-beswaard daar weg.

    Nooit by Ou-Koos uitgekom nie, maar Ferreiratjie kom toe met die ding uit van hoe Ou-Koos sy slim kinders laat leer het.

    Veldsman sê my later die hele ding het gekom oor die heiligheid in Ou-Koos en Genis so skeef gelaai is. Dis soos vrag, sê Veldsman. Hy kan ophê wat hy wil, koring, mielies, voer, enigiets, maar as hy skeef gelaai is, dan maak hy moeilikheid.

    Soontjie

    Soon Pieterse het ses gehad, en van hulle het vyf met oop bekke geloop. Die enigste een wat gebore in staat is en hou haar bekkie toe, was die tweede jongste mooietjie. Sy’t ook later standerd ses gemaak.

    Die ander vyf was so dom soos klippe en almal met dié oop bekke. Seker êdenoids, sê Veldsman my, en die goed moet seker soos hamme aan die bloedjies se verhemeltes sit. Maar gekyk het ek nooit, al het dit gelyk of hulle nie kon asem kry nie.

    Hulle was kort op mekaar, want Soon het nie gespeel nie, en oor hulle so swaar leer, het hulle in die standerds gebondel. Op ’n tyd kon jy sommer ’n stringetjie van hulle vra waar trek hulle nou in die skool, en dan teem die een na die ander: Standerd een.

    Lyk my dis so ver as wat hulle koppe kon kom met die lug wat hulle kon inkry.

    Die standerd een-juffrou is in trane hier weg, want sy sê sy sit na’and met ’n klas vol Pieterses, en dis meer as wat vlees en bloed kan verdra. Genis het altyd gesê wat hom onderkry van die troppie, is dat ’n mens wat lyk of hy net deur sy mond kan lugskep soos ’n vis, so deur sy neus kan praat. Want die Pietersetjies het deur hulle neusies geteem dat jy kon sweer dis ’n klomp hondjies om hulle ma.

    Die sesde outjie was die derde seuntjie, en Soon het hom laat doop Soon Gerhardus. Toe ons maar weer sien, loop hy saam met die troppie.

    Stout was hulle nie. Dis net die juffrou wat gekla het oor hulle so swaar van verstand is, en die Sondagskool oor hulle g’n Bybelversie in hulle koppe kon hou tot ná die diens nie.

    Ek wil nie lieg nie, maar ek dink Soontjie was so ses of sewe.

    Ons staan die oggend ná die kerk agter by die konsistoriedeur en wag dat die kerkraad moet uitkom, sodat ons met die Sondagskool kan begin. Die kinders staan ook maar daar rond, en die bondeltjie Pieterses ook, want Soon het hulle gereeld gestuur.

    Die kerkraad kom uit die konsistorie uit, en net daar dam Soontjie vir Bertus Dreyer by.

    Bertus het nog met Veldsman loop en praat, en Veldsman sê die kind druk toe sommer in.

    Bertus wou hom eers vererg, sê Veldsman my later, want skielik begin dié Soontjie aan sy manelpant te rem, en jy weet hulle handjies is maar altyd taai, soos ’n kind nou maar is. Maar Bertus kyk na’and af en vra: Wat wil jy hê, boet?

    Ek self het die spulletjie gesien, en ek hoor Soontjie sê vir Bertus so op sy oopbek-teemmanier: Njee-oom, njet-groet.

    Bertus lag ’n bietjie, en hy sê: Dag, boet, kom groet jy nou spesiaal vir my?

    Soontjie sê toe ewe: Nja-oom, en hy loop en gaan staan weer tussen die kinders.

    Bertus spot nog en hy sê hy gaan staan nou in die volgende verkiesing, want nou groet álmal hom.

    Hy groet en begin kar toe loop, en net toe hy die deur oopmaak, slaat hy neer soos ’n os.

    Morsdood. Hart.

    Van Sondagskool hou is daar niks oor nie. Ons laaf sy vrou en dra die lyk kerksaal toe en reël en doen. So is dood mos nou, hy krap alles om hom om.

    Eers die volgende dag staan ek, Genis en Veldsman voor die koöperasie en praat oor die skielike dood, en oor wat so ’n mooi weduwee nou gaan maak, toe kom die oudste Pietersetjie weer daar aan, en met dié onthou Genis die groetery en hy sê nog dis eienaardig. Maar ’n mens steur jou mos nie aan ’n dom mens nie en ons praat so oor wat alles in só ’n kop moet aangaan.

    Pla, pla dit ons nie.

    Nou is die dorp vol oumense, want al wat kind is, foeter mos stad toe, en met dié het ons heelwat sterftes − ook van die boere wat in die dorp kom doodgaan.

    Ons sit die aand op die stoep van die Van Wyks se huisie en praat so oor die kortstondigheid, want die ou tante was al ernstig. Dit was ek en Veldsman en Genis en dan Fanie van Wyk.

    Dit was al sterk skemer toe kom daar so ’n wit gedaantetjie in die pad af, en deur die hekkie en hy’s die huis in.

    Dis toe Soontjie in sy nagkabaai. En Ans was binne besig by die ou tante, en sy sê Soontjie het in die kamer ingekom en sommer na die bed toe geloop en die ou tante se hand gevat. Hy sê iets soos Toemaar, toemaar met sy teemstemmetjie, en hy soen haar hand en hy loop weer uit.

    Hy’s weer daar by ons op die stoep verby, sonder ’n woord.

    En so ’n halfuur daarna is tante Van Wyk oorlede.

    Veldsman sê die groetery van Bertus was nie om dowe neute nie.

    Die storie gaan deur die dorp van hoe Soontjie sweerlik die dood kan sien, en jy sal jou verbaas hoe mense is. Ek self het nooit draaie om hom geloop nie. Maar elkeen met ’n mankement of ’n ipekonder het, as Soontjie bo in die straat afkom, aan die deuskant skaars geraak.

    Toe Soontjie vir ou Davids ook loop groet net voor sy dood, sê Genis nee, so kan dit nie aangaan nie. Ek het opgemerk as die troppie Pieterses winkel toe kom, dan sorg Genis dat hy agter by die hoenders is. Nee, sê Genis, hy gaan nie in ’n dorp bly met ’n doodsengel wat met ’n oop bek loop en groet nie. Dis te aardig, sê Genis, en hy gaan met Soon praat dat hulle die kind wegstuur, of iets.

    So praat hy ons warm, en ons is een aand oor na Pieterse toe om te gaan praat.

    Ons is in die voorhuis, en Genis vat die ding so van ver af oor hoe ’n mens nie met wiggelary en towerkuns en voorspellery moet speel nie, en hoe ’n mens moet lig loop en nie die magte van die duister moet uittart nie, want dan leef die hele dorp na’and in vrees.

    Maar Soon is swaar van begrip, en toe Genis nou met die storie kom dat hy die kind moet wegstuur oor hy die hele dorp bang het, word Soon kwaad, en dis sy kind, en dis een woord oor die ander en vir wat word sy kinders altyd so in die skool gemoor, en so gaan hy aan.

    Toe sê Genis dan moet hy wat Soon is, uit die dorp uit, want hy’s sleg vir besigheid en ’n klomp

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1