Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Spel
Spel
Spel
Ebook288 pages2 hours

Spel

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die sewentienjarige Lukas is een van ’n handjievol oorblywende mense ná die aarde deur kuborge, transterrane en robotte oorgeneem is. Hy en Dimpho boer op Lukas-hulle se plaas in die Bloemfontein-omgewing. Wanneer hongersnood die voortbestaan van die superwesens bedreig, stel die wrede heerser Dakian ’n bose plan in werking om Lukas te vang en toegang tot sy oorlewingstrategieë te verkry. 
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateNov 8, 2021
ISBN9780624092896
Spel
Author

Annerle Barnard

Annerle Barnard matrikuleer aan die Hoërskool Wolmaransstad en voltooi 'n BA (Hons) (Engels) aan die Noordwes-Universiteit, asook 'n Hoër Onderwys Diploma. Aanvanklik hou sy skool, maar begewe haar later in die korporatiewe sektor. Annerle is getroud en het twee sportiewe seuns en ’n wonderlike, ewe sportiewe stiefdogter. Sy woon in Bloemfontein.

Read more from Annerle Barnard

Related to Spel

Related ebooks

Related articles

Reviews for Spel

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Spel - Annerle Barnard

    9780624089810_FC

    SPEL

    Annerle Barnard

    Tafelberg

    Hierdie boek is bekroon met die Goue Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2021

    Opgedra aan Hannes, Lodewyk, Dietrich, Zandrie en Grant, asook my ma en Cara-Lu Graham

    Not everything that is faced can be changed, but nothing can be changed until it is faced. James Baldwin

    … we can endure neither our vices nor the remedies needed to cure them. Livy, The History of Rome, Books 1-5: The Early History of Rome From its Foundation

    Wetenskaplike terminologie, nuutskeppings en afgeleide woorde

    Kuborg: Die woord ‘kuborg’ is van ‘kubernetiese organis­­me’ afgelei. Dit beskryf ’n wese wat beide organiese, sowel as biomegatroniese liggaamsdele besit – ook beskryf as halfmens-halfmasjien.

    Transterraan: In Spel dui die woord ‘transterraan’ op ’n superras wat deur genetiese ingenieurswese geskep is en oor kunsmatige intelligensie beskik.

    Nanotegnologie: Nanotegnologie het te doen met die vermoë om individuele atome en molekules te beheer en te manipuleer. Dit geskied op ’n skaal kleiner as 100 nanometer.

    Hominoïed: ’n Robot wat ten dele na ’n mens lyk. Sophia is ’n beroemde hominoïed en die eerste robot wat burgerskap van ’n land (Saoedi-Arabië) ontvang het.

    Androïed: ’n Robot wat heeltemal na ’n mens lyk.

    Seksbot: Verwys na die ontwikkeling van robotte wat uitsluitlik vervaardig word vir seks.

    Holocall: Video-oproep van die toekoms.

    Tweewiel: Soortgelyk aan die hedendaagse motorfiets, maar met futuristiese tegnologie.

    Piklogram: Meer gevorderd as hologram en sluit in Spel teleportasie in.

    Ebrius: Ebrius is die drank van die toekoms, soortgelyk aan wyn.

    Tardigrada: Tardigrada is die mikroskopiese waterbeertjie wat gemuteer het tot ’n reusagtige ondier met pienk skubbe.

    Celeritas: ’n Baie vinnige voertuig, soos ’n minibus vandag, wat vir openbare vervoer gebruik word.

    VR: Virtuele Realiteit.

    VR-kommunikasie (VRK): Die onmiddellike boodskappe wat alle kuborge en transterrane aan mekaar kan stuur.

    Saevissimi: ’n Elite groep wrede transterrane. Hierdie super­­ras se leier is Dakian.

    Saevus: Die verwysing na ’n individu wat deel is van die Saevissimi-ras.

    SaevMon: Monitors (polisie) van die Saevissimi.

    Siriane: Die Siriane is nog ’n elite groep wrede transterrane en aartsvyande van die Saevissimi. Hierdie superras se leier is Sirio, Dakian se halfbroer.

    1

    Bainsvlei, net buite Bloemfontein

    Skiet! Lukas wéét dit gaan nie help nie, maar hoop vir ’n wonderwerk.

    Dimpho trek langs hom met ’n haelgeweer los.

    Niks. Die haelkorrels tref hoofsaaklik metaal. Dit vertraag die kuborg nie eens ’n klein bietjie nie.

    Lukas probeer die mens-masjien se oë sien, maar die kuborg se lyf en helm blink in die son. Die kuborg trek die tweewiel oop en dans vir ’n sekonde lank op die agterwiel voordat hy die fiets weer op beide wiele laat afsak. Ter­­­self­­dertyd rig hy sy hand op hulle en sien nie die miershoop in sy pad nie.

    Lukas hou asem op.

    Dimpho mompel ’n Sotho gebed. Al biddende druk hy die pas gelaaide haelgeweer weer toe.

    Die silwerwit tweewiel se voorwiel lig toe dit die miers­hoop tref. Die agterwiel gly in die modder. Ten spyte van die vaart waarmee die kuborg deur die lug trek, hou hy steeds sy linkerhand op hulle gerig. Die lasers uit sy hand mis Dimpho skrams en sny ’n bloekomboom middeldeur. Eers tref die kuborg die nat grond – dan kry die reusagtige boom met ’n helse slag lêplek bo-op die kubernetiese organisme.

    Lukas blaas sy asem stadig uit. Hy laat sak sy kop teen die boomstomp waaragter hulle hurk. Hy wil opstaan, maar sy ledemate gehoorsaam nie.

    Die natgereënde blaar-en-stokkie-mat ritsel toe Dimpho agter die omgevalle boomstomp opspring. Vat so! Hy klap Lukas op die skouer.

    Lukas lig sy kop op, snuif, vee oor sy neus. Hy’t regtig gedink hy gaan Daniël nooit weer sien nie. Dis al wat hy nog het: Daniël.

    Die lug ruik na reën, nat grond en bloekomblare. Ter­­self­­­­dertyd skoon en donker. Hy lig sy hand en ruik daaraan. Muf en metaal. Die muwwe reuk van die ou boomstomp.

    Metaal? Daar is bloed aan sy hande waar houtsplinters in sy vel ingesny het.

    Miskien is dit die metaalagtige bloedreuk wat hom uit sy adrenalien-verlate apatie ruk, want hy kry sy ledemate uiteindelik weer aan die beweeg.

    Hulle stap nader aan die plek waar die kuborg lê. Die tweewiel lê ’n paar meter verder en die wiele draai steeds, maar die enjin het gevrek toe die kuborg kontak met die fiets verloor het.

    Lukas stap nader aan die kuborg, ’n kannetjie spuitverf en ’n koevoet gereed in sy hande.

    Zzzzzt, maak die kuborg se sensors. Zzzzzt. Self destruct, 01. Die metaalstem kraak toe die gehawende lyf begin rook en disintegreer.

    Lukas hoes en gaan staan windop. Die gesmelte metaal pla nie, maar die soet reuk van verbrande mens is vir hom een te veel.

    Dink jy die res van sy soort weet waar ons is? Dimpho kou aan sy duimnael.

    Ek weet nie, Dimpho. Hulle het dalk ’n idee, maar ek dink nie hy’t kans gehad om die presiese ligging te VRK nie. Lukas beduie na die gesmelte metaal wat onder die boomstomp uitloop. So hóóp ek.

    Lukas weet nie of hy homself, of vir Dimpho, probeer paai nie. Hierdie mens-masjiene VRK nog voordat hulle ’n gedagte kan voltooi. Daar is die laaste ruk heeltemal te veel van die nuwe DNS- en metaalgenerasie in hulle omgewing. Verlede week nog was die Saevissimi en Siriane slegs ’n paar kilometer van hier af in ’n hewige geveg betrokke.

    Hy hóóp die kuborg het nie tyd gehad om sy ligging te VRK nie, want as die Saevissimi, of nog erger, die Siriane, eers van hulle weet, is dit verby met hulle.

    2

    Gariepstad

    Ek sê jou, Dakian, hulle weet nie van die V9-satelliet reg bokant hulle nie.

    Julius, I’m not here to argue. I’m merely warning you.

    Kan ons asseblief Afrikaans praat? Jy verstaan enige taal in die wêreld en jy weet góéd Engels is nie my ding nie.

    Die piklogram flikker vir ’n sekonde. Het hy dit te ver gevoer? Dakian is bekend vir sy vinnige humeur.

    Nes jy wil, Julius. Jy sê die seun het geen vermoede nie?

    Niks. Ek is eenhonderd persent seker.

    3

    Bainsvlei, Bloemfontein

    Dis nié steel nie. Dis voorraad vat. Niemand weet nie en niemand gee om nie. Lukas haal diep asem en blaas sy asem weer uit. Hy het regtig nie vandag krag om weer met Dimpho te redeneer oor wat die verskil is tussen aas vir oorlewing en steel nie. Hy lewe die laaste paar dae op die randjie van die afgrond, wag die heeltyd om af te foeter, wag dat ’n peloton Saevissimi of Siriane op hulle toesak. Hy kan dit nie verklaar nie, maar hy weet hul vrede gaan nie meer lank hou nie.

    Hy haal die haelgeweer uit die kas uit, tel ’n paar patrone af en sluit weer die stinkhoutkas. Hopelik kry hulle vandag ammunisie iewers te vinde. ’n Wapen in die hand laat hom beter voel, selfs al is dit eintlik totaal nutteloos in die stryd teen die klomp gebliktes. Met een hand vee hy ’n paar lang, donkerbruin haarslierte van sy voorkop af weg.

    My pa sê ons moet mooi loop, Loek. Hy dink aan ons, al steel ons eintlik. Dimpho se mus sit skeef op sy kop. Hy glimlag en neurie dan verder terwyl hy twee bakke vol mieliepap met roereier bo-op inskep.

    Lukas sit die koffiebekers op die kas, streel oor sy baard en luister in stilte na die onbekende Sotho lied. Dimpho het altyd in ’n kerkkoor gesing. Nou sing hy slegs saam met sy familie en hier in Lukas se huis. Dis min of meer al wie in hierdie omgewing oorgebly het. Hulle het ’n vreemde, afsydige buurman met ’n krokodilgrag om sy huis wat hulle nooit sien nie. Hy het lank gelede vir beskerming teen plaasaanvallers dié grag gebou. Toe die krokodille egter uitklim en in die naburige kamp na skaapvleis begin soek, het Lukas se pa die buurman gaan konfronteer. Dit was die begin van die einde van die krokodille.

    Waar is ons koffie? Hy mompel onderlangs sodat hy nie Dimpho se singery onderbreek nie. Uiteindelik spoor hy die ekstra pakkie moerkoffie in die spens, tussen die kruiebottels, op. Hy laat sy voorkop teen ’n rak rus, sug.

    Lukas skud die pakkie, krap genoeg koffie vir twee bekers bymekaar en skep dit in die erdeketel op die stoof. Koffie sonder suiker is oukei, maar ’n dag sonder koffie is sonder siel. Die winter is op pad. Wat gaan hulle maak wanneer die hele voorraad koffie en tee in die omgewing uitgeput is?

    Buite kraai Winston en Churchill uit volle bors.

    Lukas skuif die erdeketel van die Aga af. Hy dra hulle koffie na die tafel toe, val langs Dimpho op sy stoel by die kombuistafel neer.

    Dimpho hou ’n lepel mieliepap-en-roereier in die lug, staar in die flou oggendlig wat deur die venster val daarna. Dis lekker, Loek. Ons hét darem kos. Dis iets om oor bly te wees.

    Dit was Dimpho se slim plan om hulle Bloody Butcher mielies in ’n stokou koffiemeul te maal sodat hulle pap kon maak. Hulle het die ysterhandmeule tydens ’n ekspedisie op een van die verlate plase ontdek. Die droë mieliepitte is granaatrooi en die pap is iets tussen vuilrooi en violet, maar dis heerlik.

    Lukas gooi ’n mengsel fyn kruieblare in ’n beker kook­water. Dit trek vir ’n rukkie, dan sluk hy dit met een lang teug af. Hy trek ’n gesig, hoes en maak keel skoon.

    Hou jy nie van my ma se mengsel nie, dude? vra Dimpho en lag.

    Mal daaroor. Lukas rol sy oë. Ek is baie dankbaar daarvoor, maar dit beteken nie dat dit lekker is nie. Die poeier plak aan my strot vas. Sy sal aan haar resep moet werk. Lukas glimlag, sluk die laaste van sy koffie en rol die koffie in sy mond rond om van die bitter kruiesmaak ontslae te raak. Vra jou ma asseblief vir nog van haar medisyne. Myne is amper klaar en al klink dit of ek kla, is ek eintlik baie dankbaar. Lukas maak die teeblik met die kruie­mengsel toe en skuif dit weer tot in die middel van die tafel. Wanneer hy die blik sien, onthou hy om die kon­­koksie binne-in te drink en daarom moet die ou Shakespeare-teeblik van sy oorlede oumagrootjie altyd wees waar hy dit kan sien.

    Is jy klaar, Dimpho? Lukas spring op en was sy papbak terwyl Dimpho die laaste bietjie van sy ontbyt eet. Ek wil terug wees voordat enige oë ons kan opmerk.

    Lukas kyk na die enkele heuningby wat teen die venster zoem. Hy frons. Vreemde tyd vir ’n by om rond te vlieg. Dis heeltemal te koud en nat.

    Hy krap in sy baard. Dis ook nie veronderstel om begin winter in Bloemfontein te reën nie.

    Niks is meer soos dit eens was nie.

    4

    Drie jaar gelede, Gariepstad

    Kennis is mag. Julius glimlag. Dit was vreeslik vermetel van daardie sagteware-ingenieur om te dink dat hy stelsels kon kraak soos dit hom pas. Ongelukkig vir hom, is ons nie dom nie.

    Die piklogram van Dakian verdwyn.

    Julius kyk na sy regterhand. Slegs sy duim se voorste lit moet nog aangroei, dan is sy hand weer volmaak – alles te danke aan die nuwe nanotegnologie wat Dakian help ontwerp het. Te oordeel aan die naalde-en-spelde gevoel in sy regterarm, weet hy die nanobots is aktief in sy bloed­­stroom besig. President Corrumpere se piklogram flikker en dan verdwyn dit ook. Hy mis soms die oorspronklike president, maar hierdie androïed is amper-amper die ware Jakob. Net baie beter, want hy kos niemand geld nie.

    Hy lig stadig sy linkervoorvinger. Servus verskyn in die piklogram.

    Dis wat Dakian wil hê, verduidelik hy vir sy Strategie­prinsipaal. Dakian kry altyd wat hy wil hê. Wis uit. Ver­­­­nietig. Maar nie die oudste seun nie. Hy’s waardevol.

    Servus knik en verdwyn.

    5

    Bainsvlei, Bloemfontein

    Hee-hah! Jakes bring sy b-foon nader vir ’n nabyfoto.

    My beurt! Oukei, bra, skuif. JJ stamp aan Jakes, gryp Mandy aan die enkels en trek haar nader. Sy knipoog en glimlag. Die kyk in haar oë is intens.

    Wag jou beurt af, JJ! Jakes los ’n klomp vloeke, stamp JJ dat hy op sy rug in die hoek langs ’n leë bottel Ebrius neerval.

    Elke hond kry sy dag, grinnik Jakes en val bo-op Mandy. Sy glimlag steeds.

    Uhhhhh. Jakes se kreun word ’n uitasem sug toe hy skielik langs JJ teen die muur te lande kom. Sy nek draai skeef. Bloed sypel by sy mondhoek uit.

    Hoe de-? JJ kyk op.

    Mandy trek aan. Eers haar mini en kantkorset, baadjie bo-oor. Sy druk haar voete in haar nekbreekstewels, trek haar vingers deur haar hare. Haar swart g-string en kantbra bly eenkant in ’n hoek lê.

    Die kamer is meteens kaal en koud, die dubbelbed kreu­pel onder die geskiedenis van ’n eindelose gesnork en die gestoei van betalendes. Die linne is ’n bruin-grys vetkol.

    Waar die kolossale wit bad was, staan ’n stokou weer­gawe waarvan die verf plek-plek afdop. Die binnekant van die bad het jare laas enige skoonmaakmiddels gesien.

    Die plek ruik skielik muf, suur, gedaan.

    Die luukse, virtuele fantasie is weg. Weg is die koning­grote bed, die duur wit linne, die indrukwekkende wit bad in die hoek van die vertrek.

    All bots have been called up for duty, sê Mandy in ’n monotoon stem. You can get a refund from Jolene at reception. Sy draai om en stap deur toe.

    JJ spring op en gryp haar aan die arm. What the hell did you do to Jakes? You killed him!

    Hy tref die grond met mening toe sy hom afskud. All bots have been called up for duty.

    6

    Gariepstad

    Wanneer stuur jy die mol in, Julius?

    Vandag, Dakian. Alles is onder beheer. Die seun weet ook nie van die hommeltuig wat hom dophou nie. Jy kan ontspan en my begin vertrou. Julius krap sy nek. Dit brand tussen die voue onder sy ken. Sweet loop vanuit sy haarlyn na sy nek toe.

    Die piklogram flikker. ’n Hand skiet uit, gryp hom aan die keel.

    Asseblief, asseblief. Als is oukei. Ek belowe. Die woorde sukkel om vanaf sy brein by sy lippe uit te kom. Die skerm voor hom sweef. Die hand los en hy val terug in sy stoel, hyg en hoes.

    Ek vra nie wat jy van my opdragte dink nie, Julius. Ek verwag bloot dat jy my instruksies uitvoer.

    7

    Bainsvlei, Bloemfontein

    Loek, kyk! roep Dimpho. Twee mense!

    Lukas trap rem. Die ou Datsunbakkie sidder en skud en die remme kla. Die Datsun stop reg agter die meisie. Sy trippel-trippel en kyk om haar rond. Kyk dan af na haar hoëhakstewels.

    Vir wat die hel loop hulle deur die veld? Ek kon hulle raakgery het in hierdie lang gras!

    Dit lyk asof die een beseer is, Loek. Dimpho rek sy nek om beter te sien.

    En hoe weet ons hulle is nie androïede nie? Lukas skakel die Datsun oor in eerste.

    Bots bloei nie, bra. Dimpho kou aan sy duimnael. En hierdie ou se wang en oor bloei.

    8

    Drie jaar gelede, Bainsvlei, Bloemfontein

    ’n Voertuig kom met ’n vaart in die pad afgejaag.

    Is die ou gesuip? Lukas beduie na die voertuig wat lyk asof dit enige oomblik beheer gaan verloor. Dis die R64 dié. Hy kan nie so hier jaag nie.

    Die voertuig se remme skreeu. Dit sukkel om die draai te kry en kom uiteindelik in ’n stofwolk op die grondpad tot stilstand.

    Lukas probeer by die stof verby sien. In hierdie omgewing is dit slegs sy en Dimpho se ouers wat nog met stokou voertuie rondry.

    Die malles.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1