Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Elf dae in Amsterdam
Elf dae in Amsterdam
Elf dae in Amsterdam
Ebook215 pages2 hours

Elf dae in Amsterdam

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Wanneer Millie die kans kry om na Amsterdam te gaan om haar tante te help aansterk na ’n operasie, gryp sy die kans aan. Haar droom word gou beduiwel toe haar tante langer in die hospitaal moet aanbly en sy alleen moet klaarkom. Boonop is daar die storie wat haar ma haar vertel het voor haar vertrek: Ouma Tina is as jong meisie baie skielik uit Europa weg, in die middel van die Tweede Wêreldoorlog. Sy het wel haar ouma se dagboek saamgebring. . . dalk kan sy tog die storie ontrafel.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateSep 23, 2022
ISBN9780624093336
Elf dae in Amsterdam
Author

Elizabeth Wasserman

Elizabeth Wasserman is a pathologist in private practice and extraordinary professor in the Department of Medical Microbiology at the University of Stellenbosch. She contributed to Nuwe Kinderverseboek (Tafelberg, 2009) and is the author of the Dogtective William, Dingesfabriek and Anna Atoom series, which was awarded the prestigious Alba Bouwer Prize in September 2013. Elizabeth and her family live in Welgedacht, near Cape Town.

Read more from Elizabeth Wasserman

Related to Elf dae in Amsterdam

Related ebooks

Related articles

Reviews for Elf dae in Amsterdam

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Elf dae in Amsterdam - Elizabeth Wasserman

    9780624089810_FC

    Skrywers werk lank en doen intense navorsing om ’n boek te skep wat uiteindelik gepubliseer word. Die e-boekweergawe van so ’n titel is, net soos die gedrukte uitgawe, nie gratis nie. Daarom mag jy nie die e-boek gratis versprei nie, maar moet jy dit by ’n gemagtigde e-boekhandelaar koop. Indien jy die e-boek gratis versprei, oortree jy die Wet op Outeursreg 98 van 1978 en stel jy jouself bloot aan vervolging.

    ELF DAE IN

    AMSTERDAM

    ELIZABETH

    WASSERMAN

    Tafelberg

    Vir Marcelle en Fergus in Amsterdam

    Onze heiligste goederen

    Amsterdam,

    26 Mei 1943

    Dis oorlog en dis niks lekker nie.

    Die radio is ons enigste vermaak.

    Ammie is mal oor die Amerikaanse jazz-musiek wat hulle soms uitsaai (zo’n lawaai als een stel katten met hun staarten aan elkaar gebonden! kla oom Lazarus). Ons almal sit kiertsregop en luister as koningin Wilhelmina vanuit Londen op Radio Oranje met ons praat.

    Eers het ek gedink dit was lamlendig dat die hele regering, met koningin en al, padgegee het die dag toe die Duitsers die Nederlande binnegeval het. Maar Anouk het haar vervies toe ek dit sê. Wat weet ek, ’n blote japsnoet uit die Vrijstaat, van sulke grootmens-dinge? Die volk het hulle koningin nodig, sê sy, en wat help dit as die Duitsers haar vang en iewers opsluit om te verroes en te vermuf? Dis tog veel beter dat koningin Wilhelmina en die hele Nederlandse parlement veilig in Engeland bly totdat die oorlog verby is. Een van die dae sal die Geallieerde Magte die Duitsers wegvee tot in die see, sê Anouk, en dan sal die koningin terugkom en alles sal weer reg wees.

    Holland sal weer Hollands wees.

    Hoera vir Oranje!

    En as straf vir my belediging van Haar Edele Hoogheid moes ek die woorde van haar eerste radio-toespraak tien keer uitskryf, totdat ek dit uit my kop uit kan opsê, in die regte Nederlands:

    "Ik wek mijn landgenoten op, in het vaderland en overal waar zij zich bevinden, om, hoe donker en moeilijk de tijden ook zijn, te blijven vertrouwen in de eindoorwinning van onze zaak die niet alleen sterk staat door de kracht van wapenen, maar niet minder door het besef dat het gaat om onze heiligste goederen.

    Ek heb gezegd."

    En as die koningin so sê, wie kan stry?

    Millie se eerste dag in Amsterdam

    Dis pikdonker om haar, en sy hark vervaard deur haar slaperige gedagtes om te soek na die dag en datum, en waar sy haar bevind.

    Vrydag 5 November 2021.

    Amsterdam.

    Sy het gister hier aangekom, en dit voel of sy in ’n pophuis is. Haar voete skop teen die onderpunt van die bed.

    Sy trek die gordyn van swaar fluweel weg.

    Die bed is in die muur ingebou: ’n kas om in te slaap. ’n Poppekas.

    Die geluid van water wat iewers klots.

    Die kanaal.

    Sy is op ’n huisboot in Amsterdam.

    Saam met veertien katte.

    Millie sit regop en swaai haar voete oor die kant. Die bed is vreemd hoog, haar tone raak net-net aan die plankvloer. Buite skree ’n kat. En in die skemer van die vertrek (die son is nog nie op nie, hoe laat is dit?) raak die gesiggies een vir een duidelik: katte, oral, en hulle kyk vir haar. Hulle oë skyn soos lanterns in die halfskemer.

    Hulle is seker honger.

    Sy swets toe sy oor haar oop tas struikel en haar toon stamp. Eina, verdeksels!

    Waar is haar foon?

    Toe die skerm verlig, is daar die gewone stroom WhatsApps van haar skoolmaats. Hulle lewens voel veraf, en is skielik vir haar heeltemal oninteressant.

    Sy druk die foon dood.

    Sy is in ’n kamertjie aan die agterkant van die boot, die ruimte skaars groter as ’n kas. Die bed is in ’n kas in ’n kas. Soos die rympie-speletjie van haar kleintyd: In die kamer was daar ’n kas. In die kas was daar …

    Wel, sý, Millie Boonzaaier, in hierdie geval.

    Langs die slaapkamertjie is ’n miniatuur badkamer, dan ’n kantoor. Die lessenaar is amper toe onder papiere en lêers, koerante en boeke; die rakke is vol tydskrifte en ou sagtebandboeke wat uitmekaarval.

    Haar ouers weet nie sy is hier nie, tref die gedagte haar. Hulle dink sy is veilig by haar tante, aan die ander kant van die stad …

    Sy grinnik en stap op haar sokkies na die vertrek wat die grootste deel van die huisboot uitmaak. Die plek is verhit, maar die koue kruip soos nat vingers uit die kanaal. Die yskas glim wit in die hoek. Oral is daar katte; hulle oë volg haar toe sy daarheen loop. Een begin miaau, en dan val die ander in: ’n hele kattekoor.

    Ek hoor, ek hoor! protesteer sy, maar die gekerm styg net in volume.

    Sy maak die yskas se deur oop, en in die lig trek die pupille van veertien pare katoë op agt-en-twintig skrefies. Die sterk reuk van vis slaan in haar neus op en sy klap die deur vinnig toe. Die gemiaau stop eensklaps, asof die katte nie kan glo wat gebeur het nie. Dan trek die koor weer los, hierdie keer met ’n ekstra aksent van verontwaardiging.

    Met haar een hand knyp sy haar neus toe en met die ander maak sy die yskas weer oop. ’n Vet vis, ’n haring vir al wat sy weet, lê op ’n porseleinbord en staar na haar met ’n ronde geel oog. Bloed het uit sy oopgesperde bek gedrup en maak ’n waterige rooi dammetjie op die glasrak. Sy sluk teen die naarheid wat in haar keel opstoot.

    Die katte skree.

    Sy haal die bord uit en plak dit op die tafel neer. Nog bloed spat oor die rand en vlek die geborduurde kleedjie. Net betyds haal sy die deur. Sy ruk dit oop en kots luidkeels in die kanaal.

    Is daar ’n boete hiervoor? wonder sy terwyl sy haar mond afvee. Iemand het gewaarsku dat die Nederlanders boetes gee vir als. Die tronke is half-leeg, maar jy dok op as jy op ’n bus of trein klim sonder om in te klok. Hulle beboet jou as jy hard lag of gesels op die kanaal, ook as jy die straat oorsteek sonder om die voetoorgang te gebruik.

    Toe sy terugdraai na die kombuis, bibberend, want dis buite sekerlik onder vriespunt, is die bord leeg. Die katte lek tevrede aan die laaste bloedspatsels op die tafel.

    Met hulle gevoer is haar eerste taak volbring.

    Sy gaan klim terug in die bed.

    ’n Paar uur later is dit lig genoeg dat sy dit na buite kan waag. Sy stoot ’n kat van haar bors af en kom regop. Die naarheid is weg en sy is honger.

    Sy trotseer die koue net lank genoeg om haar dik woljas oor haar hoodie aan te trek. Die waterdigte stewels met skaapvel-binnekante vou knus om haar voete. Sy het nog steeds ’n mus op haar kop – sy het daarmee geslaap.

    Toe sy by die badkamer instap, kyk sy vlugtig in die spieëlteël wat skeef teen die houtmuur geplak is. In die flou lig leun sy vorentoe om ’n korrel slaap uit een ooghoek te vee. Haar vingers voel koud en styf. Sy het haar handskoene in haar jassak gedruk, want handskoene en ’n toilet werk nie saam nie.

    Die vertrekkie word verhit deur ’n desperate yster-affêre waardeur lou water spoel. Dis een van ’n paar op die boot, waar katte heeltyd saamdrom om die hitte te absorbeer. Hulle lywe is sweerlik soos sponse, want daar bly niks warmte vir haar oor nie.

    Ook nou is daar sowaar ’n kat in die badkamer saam met haar.

    Skoert! beveel sy, maar die kater het hom styf op die toiletdeksel opgekrul.

    Haar maag grom.

    Sy kyk op haar horlosie. Dis net ná tien. In die winter skuif die Nederlanders hulle horlosies ’n uur terug om by daglig aan te pas, wat beteken dis al ná elf in Suid-Afrika. Sy hoor haar sussie en haar maatjies in haar verbeelding lag, en klein lyfies wat die water tref as hulle bomme maak in die swembad. Dit laat haar verlang na die heerlike somerson en groen gras aan die ander kant van die aardbol.

    ’n Paar van die katte het hul lywe deur die katflap in die boot se sydeur gedruk om die sandbokse op die stoep te gebruik. Ja, die boot het ’n stoep. Dis skaars ’n halwe meter breed, maar dit strek oor die hele lengte aan die kanaal se kant en bevat bokse vir die katte se toiletbehoeftes. Daar is ook ’n paar blompotte met die verskrompelde lyke van wat eens moontlik malvas was. Die stoep is toegemaak met ogiesdraad om die katte binne te hou, maar toeriste wat in bote verbyvaar, kan hulle sien waar hulle op die smal houtlys in die sonnetjie bak of sommer net na die buitewêreld staar. Bedags is die Poezenboot ’n toeriste-aantreklikheid, maar jy moet ’n afspraak maak om die kat-skuiling te besoek.

    Vanoggend styg ’n dik mis uit die kanaal op; daar is min om te sien. Die katte bly nie lank buite nie, want die lug is swaar en nat. En bitter koud, selfs vir hulle.

    Millie neem die fiets wat in die klein voorportaal ingedruk is. Sy sou in elk geval half oor dit moes klim om buite te kom, sy kan dit netsowel gebruik.

    Anouska sal sekerlik nie omgee nie.

    Oliebolle vir ontbyt

    8 Augustus 1939

    Ek onthou hoe oom Sarel met Pa gestry het. Jy kan nie die kinders nou Amsterdam toe stuur nie. Daar hang ’n donker wolk oor Europa.

    Ek kan nie twee dogters alleen grootmaak nie. Pa het moeg gelyk terwyl hy sy laaste koffie afsluk. Hulle word te wild groot so sonder ’n ma. Een van die dae kry Amillia muisneste, en Hester se hakskene lyk soos bokpote van kaalvoet rondhardloop saam met die seuns. Dis hoog tyd dat hulle ’n vroulike hand in hul opvoeding kry.

    As Ammie ’n beter huisvrou was, het Pa ons dalk op die plaas gehou. Dalk mis hy Ma se melktert saam met sy koffie op Sondae. Sy kon so heerlik bak voor sy siek geword het.

    Die fiets is verbasend gemaklik, kom Millie agter. Die sitplek is breed en sag soos ’n sofa.

    Pas op! skree ’n man omdat sy effens swenk net toe hy van agter af verbykom. Hy trap die pedale met stadige, seker hale en sy das wapper oor sy skouer. Seker op pad werk toe.

    Nog iemand steek haar verby – ’n vrou. Haar fiets het ’n swart bak vooraan, amper soos ’n kruiwa, en binne-in sit twee kleuters met pienk gesiggies. Hulle verdrink byna in wolserpe, musse en ’n donsige kombers wat om hulle gevou is.

    Nou eers hoor Millie die stilte om haar. Geen gedreun van motorenjins nie. Geen toeters of alarms nie. En tog is sy in die middel van die stad.

    Kan mens Amsterdam ’n stad noem? Daar is geen kantoorblokke of wolkekrabbers nie, en die geboue is niks meer as so vyf verdiepings hoog nie. Alles lyk oud en gesellig. Die straat loop langs die kanaal: keistene, en ’n ry bome waaraan die laaste herfsblare nog moedig kleef. ’n Paar motors is skuins geparkeer aan die rand van die water. Sommige lyk asof hulle al dae lank daar staan: nat en met ’n hoop blare op die dak. Sy hoop almal se handremme is vas – daar is nie eens ’n muur om te keer dat hulle tot in die kanaal rol nie.

    Sy draai na links en moet harder trap om oor ’n boggelrug-brug te kom. Haar sinne verskerp. Rondom haar is baie ander fietsryers en hulle ken die reëls. Bly onsigbaar, sê sy vir haarself. En hier kan sy dit doen, sy lyk mos na ’n Hollander.

    Dis die wange, het Oums altyd gesê. Die Hollanders het almal sulke vet appel-wange. En blou oë!

    Millie het nie haar baba-wange en blou oë van suiwer Hollandse bloed geërf nie. Daar is Hugenote in hul voorsate, sê Pa, en selfs ’n Duitser of twee.

    Maar sy is Europees van afkoms. Wes-Europees. Wat beteken dit ná soveel geslagte in Afrika? Sy is ’n vreemdeling hier, maar tog ook nie.

    Solank jy jou mond toehou, sal hulle nie weet wie jy is nie, besluit sy en swenk links om die straat langs die volgende kanaal te volg.

    Sy weet nog nie mooi waar sy is nie. Sy is net vaagweg bewus dat sy weg van die stasie af ry, dieper die stad in. Hoewel, Amsterdam is meer soos ’n … poppekas. Die binnekant van ’n sjokoladedoos. ’n Speelgoed-dorp.

    Skielik is daar meer spasie om haar. ’n Ry van die lawwe pophuise staan styf teen mekaar ingepak, gekartelde gewels afgeëts teen die grou lug. Daar is ’n kanaal en nog ’n brug en fietsryers wat lyk asof hulle presies weet waarheen hulle gaan – ’n soort chaotiese orde.

    Sy sien ’n stalletjie wat gesoute haring verkoop (eeuw!) en … iets wat wonderbaarlik ruik. Sy sit haar voet op die keistene neer en leun skuins op die fiets. Iemand kom van agter verbygetrap en skel haar uit met woorde wat net snaaks is as jou oor Afrikaans gewoond is.

    Oliebolle.

    Sy stoot die fiets tot vlak voor die stalletjie, en haar mond water reeds. Een vir een euro, vyf vir drie. Dis ’n maklike besluit.

    Met suiker? vra die kêrel agter die toonbank, en sy knik haar kop.

    Hy strooi ’n hoop fyn suiker oor die stapeltjie oliebolle op die gevoude kartonbord en gee dit vir haar aan. Sy dop drie euro-muntstukke uit haar beursie. Haar vingers voel styf en dom.

    "Iets te

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1