Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die dingesfabriek 2: Jannus en Kriek onder die see
Die dingesfabriek 2: Jannus en Kriek onder die see
Die dingesfabriek 2: Jannus en Kriek onder die see
Ebook69 pages41 minutes

Die dingesfabriek 2: Jannus en Kriek onder die see

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die tweede avontuur waarin Jannus en Kriek Knoets, die rooikoptweeling wat in Huis Deurmekruis woon, en hulle eksentrieke oupa op ’n ontdekkingstog gaan.
In die eerste boek het Oupa hulle saamgeneem maan toe. Daar het vreemde spore hulle verbeelding aangegryp . . .

Dié keer neem Oupa hulle in sy duikboot, die Krisantalia, na die Suid-Atlantiese oseaan, digby Bouvet-eiland. ’n Geheimsinnige reuse-eier is hier gevind, en ’n mede-wetenskaplike het Oupa Knoets gevra om die eier te help ondersoek. Dis ’n diepsee-wêreld waar jeti-krappe en eienaardige fluoresserende visse leef . . . maar dan kraak die eier se dop terwyl die tweeling saam met Oupa onderwater is. Dit beteken net een ding: wat ook al daarbinne is, is reg om uit te broei, en die ding se ouers gaan hom mos kom soek . . .
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateMar 31, 2014
ISBN9780624062929
Die dingesfabriek 2: Jannus en Kriek onder die see
Author

Elizabeth Wasserman

Elizabeth Wasserman is a pathologist in private practice and extraordinary professor in the Department of Medical Microbiology at the University of Stellenbosch. She contributed to Nuwe Kinderverseboek (Tafelberg, 2009) and is the author of the Dogtective William, Dingesfabriek and Anna Atoom series, which was awarded the prestigious Alba Bouwer Prize in September 2013. Elizabeth and her family live in Welgedacht, near Cape Town.

Read more from Elizabeth Wasserman

Related to Die dingesfabriek 2

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die dingesfabriek 2

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die dingesfabriek 2 - Elizabeth Wasserman

    pic18.jpg

    Elizabeth Wasserman

    Illustrasies deur Astrid Castle

    Tafelberg

    Vir almal wat soms droom

    oor die see – EW

    Vir die avontuurlustiges wat hier lees.

    Ek hoop julle ontdekkingsreise sal julle

    verbeelding betower! – AC

    Die wêreld van Jannus en Kriek

    Ons helde:

    Doopname: Jannewario Frederikus Knoets en Krisantalia Renostrum Knoets, algemeen bekend as Jannus en Kriek. Hulle is min of meer agt jaar oud, en hulle is ’n tweeling.

    Die%20Dingesfabriek_Intro_a).tif

    Adres: Huis Deurmekruis, Onder Afrit 7 van die snelweg, Naby die dokke

    Hulle ouers:

    Knersius en Soetlief Knoets. Knersius is die speltoetser van ’n groot uitgewery. Soetlief is ’n gevaarlike spioen.

    Die%20Dingesfabriek_Intro_b).tif

    Hulle troeteldier:

    ’n meerkat met die naam van Meneer Snoek. Sy is ’n wyfiemeerkat, maar haar voornaam is Meneer en haar van is Snoek.

    Die%20Dingesfabriek_Intro_c).tif

    Hulle oupa:

    Hy is ’n avonturier, ’n uitvinder en ’n baie onvoorspelbare ou man. As hy nie iewers anders is nie, bly hy onder Huis Deurmekruis, waar hy allerhande interessante dinge doen en goeters uitvind in sy kelderlaboratorium. Sy brein is so groot en so besig dat dit vir hom moeilik is om aandag aan gewone dinge te gee. Miskien raak hy net ’n bietjie deurmekaar van ouderdom, want hy noem alles wat hy nie kan onthou nie dinges.

    Die%20Dingesfabriek_Intro_d).tif

    Wie is Zip?

    Is hy een van Oupa se uitvindings? Niemand weet wat hy is of waar hy vandaan kom nie, maar hy het gehelp om hierdie boek te skryf.

    p%209%20_%202.tifMr%20Snoek%20_%20Extra%20artwork%20filler.tiff

    ’n Skooltaak

    Vandag, sê juffrou Frot vir die klas, "is Vrydag. En vir die naweek kry julle ekstra-spesiale huiswerk. Julle moet elkeen ’n koerantberig uitknip oor iets wat julle interesseer en dit Maandag saambring. Ons

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1