Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Speurhond Willem in New York
Speurhond Willem in New York
Speurhond Willem in New York
Ebook126 pages2 hours

Speurhond Willem in New York

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Adriaan en Willem, sy speurhond-troeteldier, se vyfde avontuur saam speel af in die stad van geel taxi's, wolkekrabbers en warmbrakke! Toe Willem een middag daarop aandring om gebad te word, kry Adriaan dadelik snuf in die neus. Kort daarna skryf Willem homself vir 'n hondekompetisie in, en toe Adriaan hoor die eindronde word in New York gehou, word sy vermoedens bevestig: die Internasionale Speurdiens benodig weer Willem se dienste.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateFeb 20, 2013
ISBN9780624055099
Speurhond Willem in New York
Author

Elizabeth Wasserman

Elizabeth Wasserman is a pathologist in private practice and extraordinary professor in the Department of Medical Microbiology at the University of Stellenbosch. She contributed to Nuwe Kinderverseboek (Tafelberg, 2009) and is the author of the Dogtective William, Dingesfabriek and Anna Atoom series, which was awarded the prestigious Alba Bouwer Prize in September 2013. Elizabeth and her family live in Welgedacht, near Cape Town.

Read more from Elizabeth Wasserman

Related to Speurhond Willem in New York

Titles in the series (6)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Speurhond Willem in New York

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Speurhond Willem in New York - Elizabeth Wasserman

    Speurhond Willem in New York

    Elizabeth Wasserman

    Illustrasies deur Chris Venter

    Tafelberg

    Hierdie boek is vir Marthinus en vir Marcelle,

    wat saam met my die strate van

    New York verken het.

    – E.W.

    Aan Elizabeth Wasserman en Willem,

    die spanjoel, die regte Speurhond Willem.

    Elizabeth, nou is jou hele gesin se

    name op hierdie bladsy.

    – C.V.

    1

    Badtyd

    Was my, asseblief!

    Hoe nou? vra ek, stomgeslaan.

    Jy het goed gehoor wat ek vra. En borsel my ook, asseblief. Miskien kan ek van jou tandepasta leen?

    Is my hond siek? Ek voel aan sy neus om seker te maak. Ek het iewers gehoor dat ’n hond se neus droog en warm is as hy koors het.

    Willem se neus is definitief nat.

    Ek vee my hand aan my broek af en kyk hom bekommerd aan.

    Hoe so, Willem? Jy weet jy haat dit om gebad te word. Gewoonlik laat jy my net toe om jou te was as Ma dreig om jou na die Poedelplek te stuur.

    Dit is wat Willem die hondesalon noem. Eenkeer, toe ons belangrike kuiermense van my pa se werk gekry het, het my ma hom daarheen gevat. Ek sal nooit vergeet hoe boos hy was toe ons hom weer gaan haal het nie. Hy het ’n pienk strikkie in sy kuif gehad en die meisie het ewe trots vir Ma gesê: There’s your lovely girl! You can have her back now, Mrs Senekal!

    Natuurlik kon Willem nie teëpraat in die hondesalon nie. Willem weet dat pratende honde ongewoon is, en sy taalgebruik alleen sou seker die arme dame ’n hartaanval gegee het.

    Van toe af het ons ’n ooreenkoms: ek was hom elke tweede Saterdag, en borsel hom die Saterdag tussenin.

    So bly ons uit die moeilikheid en Willem se natuurlike hond-aroma bly in toom. Soort van.

    Maar vandag is Vrydag en Willem is laas week gebad.

    Gaan jy my nou bad of nie? vra hy ongeduldig.

    Ek kry hond se gedagte.

    Willem, is dit daardie wollerige enetjie af in die straat?

    Moenie vir jou laf hou nie. Ek hét ’n meisie, al bly sy nou in Engeland. En hondewyfies hou in elk geval nie van geparfumeerde pierewaaiers nie.

    Ek voel weer aan sy snoet. Definitief steeds nat. Miskien het hy ’n ander soort siekte?

    Ek sleep die plastiekbadjie op die agterste grasperk uit en gaan haal ’n gieter.

    Warm water, asseblief!

    Partykeer wens ek regtig Willem kon nie praat nie. Hy is soms erger as my ma. Doen dit, doen dat!

    Hy klim sommer self in die bad. Ek gooi hom nat met die gieter en begin hom inseep.

    Wat gaan aan, Willem? wil ek weet.

    Môreoggend elfuur moet julle my asseblief na die kerksaal toe vat. Daar is ’n hondeskou en ek het myself ingeskryf.

    Wat?

    hoofstuk%201.tif

    Nou is ek sommer diep bekommerd. Miskien moet ek my pa bel dat ons vir Willem veearts toe neem?

    Ek ís immers die mooiste hond in die voorstad. En die hond wat wen, se punte word vergelyk met die ander finaliste regoor die land, en die een met die hoogste telling verteenwoordig ons land op die Internasionale Hondeskou.

    Wat waar gehou word? vra ek nuuskierig.

    In New York.

    New York! Ek vryf sommer vinniger by die blote gedagte, en die skuimbolle spat.

    Willem knyp sy oë toe van lekkerkry. Soos alle honde, kan hy nie ’n goeie rugvryf weerstaan nie.

    Maar Willem, die kans is baie skraal dat jy dit sal wen. Ek meen …

    Jy meen wat? vra hy stuurs.

    Wel, jy is ’n opregte hond, dink ek … miskien. Maar jy het nie papiere nie en jy is nie meer ’n jong hond nie.

    Dit is die mooiste manier waaraan ek kan dink om hom te herinner dat hy ’n optelhond is wat ons by die Dierebeskermingsvereniging gekry het, dat hy ongeveer sewe mensjare oud is en dus amptelik middeljarig is, en boonop ’n bietjie oorgewig is.

    Ek is ’n bloubloed-speurhond. Hulle sal gelukkig wees om ’n inskrywing soos ek te kry!

    Iets is nie pluis nie. Willem is windmakerig, ja. Hy is selfgesentreerd en onbeskeie. Maar inskryf vir ’n skoonheidskompetisie? Hý?

    Nee.

    Willem, wat wil jy in New York gaan maak? vra ek.

    Hy antwoord my nie.

    2

    Hondeskou

    Toe my ma laatmiddag terugkom van haar boekklubvergadering, staan Willem vir haar en wag by die voordeur. Sy krullerige hare is uitgeborsel en ek het ’n bietjie van my pa se naskeermiddel op sy ore uitgegooi.

    Miskien ’n bietjie te veel!

    Genugtig! sy steier skoon terug op haar hoëhakskoentjies.

    Lyk hy nie fraai nie, Ma?

    Ek gebruik aspris die woord fraai. Ek weet hoe dit Willem irriteer.

    Hmm, heel oulik, ja, stem my ma saam. Onbewus het sy dit ook reggekry om ’n woord te kies wat hom selfs meer sal omkrap as fraai. Ek glimlag van oor tot oor. Die bad was al klaar die moeite werd!

    Adriaan, my ma kyk na my met skielike agterdog. Wat wil jy hê?

    Dit is nou my beurt om bekaf te lyk. Kan ’n seun nie uit sy eie ’n goeie daad verrig sonder dat sy ouers dink hy voer iets in die mou nie?

    Die waarheid is egter dat ons wél iets beplan, ek en Willem.

    Kan Ma ons asseblief môreoggend na die kerksaal toe neem? Daar is ’n hondeskou.

    ’n Hondeskou?

    Willem stap weg en laat die onderhandelings aan my oor. Hy raak duidelik moeg vir almal se reaksie op sy ambisie om deel te neem aan ’n honde-skoonheidskompetisie.

    Elfuur? vra my ma toe ek verder verduidelik. "Wel, ek het ’n tennisafspraak, maar as jy wil, kan ek julle

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1