Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Speurhond Willem op reis
Speurhond Willem op reis
Speurhond Willem op reis
Ebook124 pages1 hour

Speurhond Willem op reis

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Adriaan is ‘n valerige seun en nie uitermate goed in enigiets nie. Sy hond, Willem, is ‘n ander storie! Hy’s eintlik ‘n speurhond, ‘n superspesiale geheime agent-hond. Dit vind Adriaan uit toe Willem hom doodluiters een oggend inlig dat hy ‘n krat moet regkry sodat hulle daarin na Istanbul ge-“koerier” kan word. Vanaf Istanboel lei die speurtog hulle ook na Venesië, Parys en Amsterdam – op ‘n soektog na die boef Sybrand Swiffervalk.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateMay 26, 2010
ISBN9780624056805
Speurhond Willem op reis
Author

Elizabeth Wasserman

Elizabeth Wasserman is a pathologist in private practice and extraordinary professor in the Department of Medical Microbiology at the University of Stellenbosch. She contributed to Nuwe Kinderverseboek (Tafelberg, 2009) and is the author of the Dogtective William, Dingesfabriek and Anna Atoom series, which was awarded the prestigious Alba Bouwer Prize in September 2013. Elizabeth and her family live in Welgedacht, near Cape Town.

Read more from Elizabeth Wasserman

Related to Speurhond Willem op reis

Titles in the series (6)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Speurhond Willem op reis

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Speurhond Willem op reis - Elizabeth Wasserman

    Speurhond Willem op reis

    Elizabeth Wasserman

    Tafelberg

    finale%20finale%20kaart.tif

    Ek wil graag hierdie boek opdra aan Pieter Willem Adriaan Senekal

    1

    My hond Willem

    Net ’n paar mense weet wat regtig gebeur het: Sersant Servin van die Internasionale Speurdiens, ’n lorriebestuurder in Frankryk, ’n tapytverkoper in Istanbul, en miskien ’n heks iewers in Engeland.

    My eie ouers weet tot vandag toe niks van my reis met Willem nie.

    Ek dink dit is maar beter so.

    Dit het alles so teen die einde van die tweede kwartaal verlede jaar begin, toe my hond Willem skielik rusteloos geraak het.

    Douvoordag was hy wakker. Ek hoor hoe hy homself uitrek en gaap, en dan skud hy sy kop dat sy lang-lang lippe los rondklap, soos ’n olifant se ore wat wapper in die wind.

    Ek trek die kussing oor my kop en probeer om verder te slaap.

    Ek haat vroeg opstaan.

    Toe my wekker afgaan, sien ek sy mandjie langs my bed is leeg. Willem sit op die vensterbank en staar na die berge. Sy asem maak klein wasemkolletjies teen die ruit.

    Wat is dit, Willem? vra ek.

    Willem laat sak sy snoet en sê niks. Sy spanjoelore hang, en sy bruin oë druip hartseer. Teen skooltoegaantyd sit hy steeds op die vensterbank. Nou lees hy die koerant, met my oupa se leesbril op die punt van sy neus. Sy oë begin seker swakker word. Willem is nie meer ’n jong hond nie.

    Hoofstuk%201%20(1).jpg

    Ek vermoed dit is wat hom pla. Honde word mos nie vreeslik oud nie.

    Is dit jou sesde verjaarsdag wat om die draai is? Is dit wat jou hinder, ou kêrel? vra ek besorgd.

    Daar is sewe hondejare in elke mensjaar. Dit weet jy goed. Dus word ek nie ses nie, maar twee-en-veertig! antwoord hy vies.

    Twee-en-veertig! Ek is geskok. Ja, dit is nogal oud.

    Dit is MIDDELJARIG! roep Willem verontwaardig uit.

    My hond het ’n middeljarekrisis.

    * * *

    Ons het Willem by die Dierebeskermingsvereniging gekry. My pa het my gevat om vir my negende verjaarsdag ’n hond uit te soek. Dit was drie jaar gelede. Willem was toe reeds ’n groot hond, en Pa wou hê ek moes ’n babahondjie kies. Maar vanaf die oomblik dat my oë op die swart-en-wit spanjoel geval het wat so verlore daar in sy koue staalhok sit, wou ek hom hê.

    Nou ja toe, het Pa uiteindelik gesê, kom ons vat hom maar. Hy is nie te groot nie, hy behoort al sy huismaniere te ken en hy ís nogal oulik.

    Willem was geskok. Later het hy my gesê dit was die woord oulik wat hom ontstel het.

    Ek sou myself nou nie as oulik beskryf nie! het hy op die agterste sitplek van die motor vir my gefluister. Omdat ek toe nog klein was, was ek nie vreeslik verbaas dat my nuwe hond kon praat nie, en nou is ek al gewoond daaraan.

    My ouers verkies om dit te ignoreer. Grootmense maak mos so met dinge wat hulle nie verstaan nie.

    Hoofstuk%201%20(2).jpg

    So, wat is jou naam? het ek vriendelik gevra, baie in my skik om my eie hond te hê.

    Willem, het Willem gesê.

    Wat gaan jy hom noem? het Pa van die bestuurdersitplek se kant af gevra.

    Sy naam is Willem, het ek geantwoord.

    Goed dan. Willem. En my pa het onmiddellik weer begin dink aan aandele en dividende.

    * * *

    Dit is eksamentyd aan die einde van die tweede kwartaal, en ek is besig. Ek moet leer en kan my nie veel steur aan gespikkelde spanjoele met middeljarekrisisse nie. Hy moet maar gewoond raak daaraan.

    Wat doen ons dié wintervakansie? vra Willem een middag.

    O, ek weet nie. Ons kan met my nuwe bal in die oop stuk gras hieronder gaan speel. En dalk kan ek jou leer om met die rekenaar te werk.

    Wat laat jou dink ek kan nog nie met die rekenaar werk nie? vra hy iesegrimmig.

    Die mense is reg as hulle sê honde is net oulik wanneer hulle klein is. Ou honde raak knorrig.

    Ek het dinge om te doen, kondig Willem een oggend aan, net voor ontbyt. Ek kyk verras na hom.

    Wat bedoel jy, jy het dinge om te doen? Natuurlik het jy baie dinge om te doen! Jy moet die huis oppas. Jy moet my geselskap hou. Jy moet die bure se kat jaag. Dit behoort jou mos goed besig te hou?

    Jy verstaan nie! sê hy vies en trek ’n lang lip.

    Hy is reg. Ek verstaan hom nie. Partykeer wens ek ek het eerder ’n gewone hond gehad. Een wat net blaf en balspeel, soos die bure se Jack Russel. Want my Willem is glad nie ’n gewone hond nie.

    En nou begin dit vir my te lyk of hy ook nie meer tevrede is om maar net my hond te wees nie. Ek is net ’n gewone ou, en dit lyk my hy vind my vervelig.

    Wat kan ek doen om die lewe vir my hond meer opwindend te maak?

    2

    Willem maak planne

    Willem het my nog nooit voorheen probleme gegee nie. Totdat die skielike rusteloosheid hom beetgepak het, was hy ’n onberispelike hond met die beste maniere. Veral teenoor dames. Ek het gou agtergekom dat Willem ’n besondere swakheid vir dames het, maak nie saak watter soort nie. Selfs wyfiekatte kan met die mees astrante gedrag wegkom. Willem is altyd hoflik en galant teenoor hulle.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1