Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Trompie die stouterd (#2)
Trompie die stouterd (#2)
Trompie die stouterd (#2)
Ebook141 pages3 hours

Trompie die stouterd (#2)

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

Trompie trek die nuwe seun in sy klas wat al die onderwysers se witbroodjie is ’n lelike streep. ’n Paar dae later bank hy en sy bende skool om in die kloof te gaan swem, maar ’n onderwyser vang hulle en die skoolhoof gee vir elkeen ’n pak slae. ’n Afgetrede bokser wat in die distrik kom boer, begin ’n klub op die dorp en soek plaaslike talent om te leer boks. Trompie kan sy geluk nie glo nie – hy het nog altyd daarvan gedroom om ’n beroemde bokser te word. Hy kry sy pa sover om vir hom boksskoene te koop, maar wanneer hy in ’n toernooi veg, vind hy uit dat hy nie noodwendig wêreldsklas materiaal is nie. Die sirkus kom na Kwaggaberg toe en ons held ontmasker hul kragman as ’n bedrieër. Hy kry die ingewing om geld te maak met sy eie sirkus wat hy in sy ouers se sitkamer hou terwyl hulle weg is. Onnodig om te sê, lei dit tot meer as een katastrofe. Die stof het skaars gaan lê wanneer Trompie lees van ’n dorpie in Brittanje waar ’n klipgooiende spook amok maak. Hy besluit net daar dis tyd om sy tuisdorp te laat regop sit.
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798154727
Trompie die stouterd (#2)
Author

Topsy Smith

Topsy Smith se karakter Trompie was vir die jongmense van sy era ’n rolmodel. Smith is een van die mees geliefde en suksesvolle jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie-reeks het ’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Read more from Topsy Smith

Related to Trompie die stouterd (#2)

Titles in the series (29)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Trompie die stouterd (#2)

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Trompie die stouterd (#2) - Topsy Smith

    Die Trompie-reeks

    1. Trompie

    2. Trompie die stouterd

    3. Trompie die soet seun

    4. Trompie die hoërskoolseun

    5. Trompie die dromer

    6. Trompie die speurder

    7. Trompie die sterk seun

    8. Trompie die groot minnaar

    9. Trompie die held

    10. Trompie die mooi seun

    11. Trompie die prefek

    12. Trompie die galante heer

    13. Trompie die vegter

    14. Trompie die krieketspeler

    15. Trompie die filmster

    16. Trompie die sakeman

    17. Trompie die sportman

    18. Trompie die waaghals

    19. Trompie die rebel

    20. Trompie die rugbyspeler

    21. Trompie die hanswors

    22. Trompie die reisiger

    23. Trompie die kaptein

    24. Trompie die alleenloper

    Inhoud

    Hoofstuk 1 – Trompie maak ’n plan

    Hoofstuk 2 – Trompie en die engeltjie

    Hoofstuk 3 – Trompie-hulle word vasgevat

    Hoofstuk 4 – Trompie die bokser

    Hoofstuk 5 – Trompie teen ’n bokskampioen

    Hoofstuk 6 – Barney’s Big Circus

    Hoofstuk 7 – Trompie se sirkus

    Hoofstuk 8 – Trompie kry pak!

    Hoofstuk 9 – Kwaggaberg se spook

    Spook.tif

    1

    Trompie maak ’n plan

    Die twaalfjarige sproetgesig sit mismoedig voor hom en uitstaar in die vervalle waenhuis ’n paar kilometer buite die dorp, Kwaggaberg. Dit is die Boksombende se fort en bymekaarkomplek hierdie.

    Trompie se boskasie hang onder sy pet uit. Hy staan op van die kissie waarop hy gesit het en skop na ’n blik. Die blik trek deur die lug. Die seun se hemp hang uit en sy kouse lê op sy skoene. Albei hande is diep in sy broeksakke. Hy leun teen die muur en sug hardop. Ja-nee, die lewe is vol probleme. Hy wens Rooie, Blikkies en Dawie wil nou opdaag. Hy het groot dinge wat hy vir hulle wil vertel.

    Die Boksombende se leier kyk na sy hond wat in die skaduwee van ’n boompie lê. Boesman, sê hy. Die hond kyk op en waai sy stert lui.

    Trompie dink hoe lekker dit moet wees as jy ’n hond is. Jy eet en slaap en speel net soos jy lus het. Jy sukkel nie met goed soos skool en huiswerk en Pieter nie.

    Pieter! Die seun snork minagtend. Hoekom moes daai vent se ouers nou juis besluit om in Kwaggaberg te kom bly? Of as hulle dan rêrig moes, hoekom het hulle die elfjarige Pieter – die engeltjie – liewer nie saamgebring nie? Hy het alles hier kom bederf.

    Dit is Trompie en sy maats se laaste jaar in die laerskool. Hulle het nogal daarna uitgesien, maar wat gebeur? Hy sug en spoeg ’n grashalmpie wat hy in sy kies gehad het met ’n boog uit. ’n Klein pes soos Pieter kom na hul skool toe!

    Net om hul lewens te versuur. Dís hoekom hy gekom het. Die skool is nog maar net twee dae aan die gang en die onderwyseresse en die hele dorp is al klaar mal oor die oulike klein Pieter. By die huis sê Trompie sy ma heeldag: Pieter is tog so soet en Pieter is tog so beleefd en Pieter is tog so netjies. Ha! Die besigheid maak hom siek! Trompie spoeg weer so ’n boog deur die lug.

    In die verte hoor hy uiteindelik ’n gefluit, die Boksombende se sein – ’n hoë noot afgewissel met ’n lae een. Trompie fluit terug. Hy gaan sit weer op die kissie, stut sy ken met sy hand en frons.

    So ja, nou lyk hy mos soos daardie beeldjie Die Denker in sy pa se studeerkamer. Nou sal sy manskappe kan sien hy is besig om groot goeters uit te dink. Die Boksombende sien op na hom om hulle te red van hierdie onheil wat hul vreedsame bestaan op Kwaggaberg bedreig.

    Klein Dawie met sy ondeunde ogies loer om die ou murasie.

    Hallo, Trompie.

    Haai. Waar is die ander?

    Hulle kom nog.

    Dawie kom sit langs Trompie en kyk na sy geplooide voorkop. Wat doen jy? vra hy.

    Ek dink.

    Waaroor?

    Pieter.

    Dawie sug en sit sy hand ook onder sy ken en frons net so diep. Sy ma torring ook heeldag en aldag aan hom met: Pieter doen dit en Pieter doen dat! Pieter is dan so oulik en hy wat Dawie is moet met hom maats maak en Trompie laat staan en allerhande sulke goeters.

    Daar is weer ’n gefluit en ou Rooie en Blikkies daag op. Ernstig groet die seuns mekaar en neem hul plekke op die kissies in. Almal weet hoekom Trompie hulle fort toe laat kom het. Hulle moet vanmiddag ’n plan uitdink en dan tot aksie oorgaan. Want só kan dinge nie meer aanhou nie! Pieter moet ’n les geleer word – en as dít nie help nie, selfs verwyder word!

    Klein Dawie is moeg om so fronsend te sit en die drie seuns kyk nou na Trompie wat nog steeds soos Die Denker sit. Hy loer elke slag om te sien of hierdie houding die regte indruk op die ander maak. Dit werk beslis. Hy is hoog in sy skik.

    Trompie bekyk sy manne. Dawie sal hom altyd blindelings volg; Blikkies sien altyd net die moeilike sy van sake raak en praat ’n bietjie teë; Rooie gedra hom mooi nadat Trompie hom laasjaar ’n blouoog gegee het en probeer nie meer oorneem as Kaptein van die Boksombende nie. En nou kom ’n stuk dinges soos Pieter wat by die grootmense stories aandra en bederf al hul pret. Maar nie meer vir lank nie!

    Wanneer sê jy iets, Trompie? vra Blikkies. Sy kieste beweeg op en af soos hy ’n grashalmpie kou.

    Trompie gluur hom aan. Hy weet mos goed hulle mag hom nie sommer op sy naam noem nie.

    Wie’s jou Trompie?

    Orraait dan – Kaptein, antwoord Blikkies skouerophalend.

    Trompie kom regop. Hy staan op sy tone om ’n bietjie langer te lyk. Hy hoes een keer en kyk na die drie seuns voor hom. Hy begin praat en laat sy stem effens tril. Dit moet die ernstigheid van die affêre beklemtoon.

    Manne, ons is vanmiddag hier bymekaar om oor groot dinge te gesels – sommer baie groot dinge…

    Oor Pieter, sê Rooie.

    Ja, maar moet my nie in die rede val nie! Soos ek wou sê – ons moet ’n plan maak. Hierdie kastige wonderlike Pieter het vanoggend weer ’n storie by my ma kom aandra. Hy het vir haar vertel ek het gister daai dooie padda in juffrou Smith se tas gesit, maar dit was nie ek nie. Dit was jy, Rooie.

    Rooie kyk na Trompie en sê sag: Dit was ek én jy. Ek het dit gedoen en jy het wag gehou. Pieter het jou seker gesien…

    Ja, maar ek het nie die padda in die tas gesit nie. En wie dink jy glo my ma… vir my of vir Pieter? Nee, nie haar eie vlees en bloed nie, maar ’n vreemdeling, oor hy kastig ‘sulke mooi maniere’ het!

    By mooi maniere trek Trompie sy gesig op ’n plooi om sy misnoeë te kenne te gee. Hy is só verontwaardig dat sy ma hom nie wil glo nie, al is hy so te sê heeltemal onskuldig, dat hy sommer weer gaan sit.

    Iets moet gedoen word, mompel Blikkies.

    Ja, maar wat? kom dit van klein Dawie af.

    Ek weet nie, maar Trompie weet. Hy is die Kaptein en hy sit mos al lank en dink, sê Rooie.

    Trompie hou nie van die manier waarop die lede van die Boksombende na hom kyk nie. Hy moet ’n plan maak, maar hy weet wraggies nie wat om te doen nie. Hy kan aan niks dink nie.

    Ek wil eers hoor watter planne julle het, mompel hy.

    Mismoedig sit die vier seuns voor hulle en uitstaar.

    Iets moet gedoen word, sê Blikkies weer al kouende.

    Ek weet! snou Trompie hom toe. Jy hoef dit nie aanhoudend te sê nie. Ons is mos besig om planne te maak. Ek wag net eers vir julle voorstelle.

    Die Boksombende sit doodstil. Dit is iets wat bitter selde gebeur en Boesman kom aangedraf om ondersoek in te stel. Ingedagte streel die seuns die hond. Alles is in orde, dink Boesman. Hy draf terug na die skaduwee onder die boom, draai ’n paar maal in die rondte en plof dan weer neer.

    Ek het hom! skree Rooie skielik hard. Die seuns wip soos hulle skrik.

    Wat het jy? vra Trompie.

    ’n Plan!

    Almal skuif nader aan Rooie. Hy loer vlugtig oor sy skouer en begin in ’n fluisterstem praat. Die oor-die-skouer-loerdery en gefluister is nie nodig nie, want niemand kom ooit naby die ou waenhuis nie, maar die seuns doen dit om ’n geheimsinnige atmosfeer te skep.

    Julle weet mos, in vanoggend se Bybelles het ons gehoor van Josef en sy broers. Die ander knik. Hulle ken die verhaal van Josef.

    Wel, gaan Rooie voort, ons doen dieselfde met Pieter. Ons vat sy klere huis toe en sê die wilde diere het hom opgevreet! Hoe’s daardie vir ’n slim plan?

    Die bende dink na oor Rooie se voorstel. Rooie het baie spiere, maar is nie eintlik bekend vir sy baie verstand nie. Sy voorstel is wel aanloklik, want dan sal hulle geheel en al ontslae van Pieter wees, maar hulle besef ook die plan is nie prakties uitvoerbaar nie.

    Hier by Kwaggaberg is daar nie putte of wilde diere of sulke goed nie, mompel Trompie.

    Rooie sit agteroor met sy rug teen die muur. Hy het hard gedink en ’n plan voorgestel, maar hulle hou nie daarvan nie. Nou moet hulle maar self regkom. Hy het sy deel gedoen. Hy gaan nou rus. Hulle moet maar verder dink.

    Blikkies skud sy kop en mompel weer: Iets moet gedoen word.

    Die ander kyk hom kwaai aan.

    Hou op om dit te sê! beveel Trompie. Sê liewer wat ons moet doen!

    Orraait, ek hét ’n plan.

    Wat? vra Trompie en Dawie tegelyk.

    Wel, ek sê ons moet by Pieter se huis gaan spook. Ons gooi wit lakens oor ons koppe en maak hom en sy mense só bang dat hulle naderhand hier wegtrek.

    Hierdie plan dra ook nie die Boksombende se goedkeuring weg nie. Nee, dit is té gevaarlik. Wie weet wat sal Pieter se pa aanvang as hy uitvind hulle sit agter die spokery? En buitendien, teen die tyd wat spoke ronddwaal, is almal al in die bed. Hoe sal hulle vier daardie tyd van die nag kan uitkom om te gaan spook? Nee, hierdie voorstel word ook verwerp.

    Blikkies volg Rooie se voorbeeld en leun nou ook terug teen die muur. Hy het sy bes gedoen. Laat Trompie en Dawie nou maar aansukkel en sien of hulle aan iets beters kan dink. Net om hulle ’n bietjie aan te por, sê Blikkies weer in ’n sedige stem: Iets moet gedoen word.

    Weer word hy aangegluur.

    Klein Dawie meen nou hy het die beste plan van almal.

    Ek sê julle wat doen ons! begin hy opgewonde. Ons keer Pieter een middag voor en dwing hom om saam met ons hier na die fort toe te kom. Dan maak ons hom só bang dat hy nooit weer stories sal gaan aandra nie!

    Hoe gaan ons dit regkry? vra Trompie.

    Wel – wel – ons dreig hom met ’n groot mes en sê ons gaan iets woes doen as hy nie na die Boksombende luister nie!

    Dawie probeer bloeddorstig lyk. As dit nodig is, dons ons hom ook sommer goed op, voeg hy by.

    Trompie, Rooie en Blikkies

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1