Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Trompie die leier (#11)
Trompie die leier (#11)
Trompie die leier (#11)
Ebook154 pages2 hours

Trompie die leier (#11)

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Die Boksombende het groot pret met ’n dooie slang wat hulle oor die straat trek om mense die skrik op die lyf te jaag, maar dan begin die nuwe skooljaar. Kwaggaberg se skoolhoof besluit twee graad tien-leerders moet as junior leerderraadslid gekies word en hierdie groot eer val Trompie en Katrien te beurt. Dit is egter nie altyd maklik om soveel verantwoordelikhede te hê nie – die Grootkaptein se drie manskappe maak die lewe vir hom moeilik, want hulle dink hy sal hulle oorsien as hulle die skoolreëls oortree en die senior leerderraadslede wil hom nie as een van hulle aanvaar nie. Om alles te kroon, beland ons held onskuldig in groot moeilikheid wanneer hy van misdaad verdink word en homself nie kan verdedig nie. Trompie laat ’n matriekseun sy vuiste proe, maar besef dan dat sy vegvernuf hierdie keer nie genoeg gaan wees om sy bas te red nie. Sal hy dit regkry om sy naam in ere te herstel of gaan hy uit sy skool geskors word?
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798154666
Trompie die leier (#11)
Author

Topsy Smith

Topsy Smith se karakter Trompie was vir die jongmense van sy era ’n rolmodel. Smith is een van die mees geliefde en suksesvolle jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie-reeks het ’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Read more from Topsy Smith

Related to Trompie die leier (#11)

Titles in the series (29)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Trompie die leier (#11)

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Trompie die leier (#11) - Topsy Smith

    Die Trompie-reeks

    1. Trompie

    2. Trompie die stouterd

    3. Trompie die soet seun

    4. Trompie die hoërskoolseun

    5. Trompie die dromer

    6. Trompie die speurder

    7. Trompie die kragman

    8. Trompie die hartedief

    9. Trompie die held

    10. Trompie die mooi seun

    11. Trompie die leier

    12. Trompie die rugbyreus

    13. Trompie die vegter

    14. Trompie die krieketspeler

    15. Trompie die filmster

    16. Trompie die sakeman

    17. Trompie die sportman

    18. Trompie die waaghals

    19. Trompie die rebel

    20. Trompie die hanswors

    21. Trompie die reisiger

    22. Trompie die kaptein

    23. Trompie die alleenloper

    24. Trompie die atleet

    Inhoud

    Hoofstuk 1 – Vakansiepret

    Hoofstuk 2 – Trompie die leerderraadslid

    Hoofstuk 3 – Trompie probeer sy plig doen

    Hoofstuk 4 – Die diefstal

    Hoofstuk 5 – Gevang

    Hoofstuk 6 – Trompie die martelaar

    Hoofstuk 7 – Trompie die blomkenner

    Hoofstuk 8 – Rooie die vegter

    icon_11Tdieleier.tif

    1

    Vakansiepret

    So is die ou lewe, sug Trompie. Hy trek los en skop ’n blik met sy ingeduikte skoenpunt dat dit met ’n boog deur die lug trek. Dit laat hom darem beter voel.

    Ja-nee, dink hy, dis nou maar wors – hy is die enigste ou op hierdie dorp wat so presies en netjies kan skop.

    Trompie is op pad na Rooie se buitekamer toe. Hy gaan ’n bietjie met sy vriend gesels oor die wêreld wat vandag so swaar op sy skouers rus. Hy is seker Rooie voel net so bedruk – en Dawie en Blikkies ook. Hulle is mos almal in dieselfde verknorsing.

    Trompie loop diep ingedagte verder. Sy hande is diep in sy broeksakke. Sy pet sit skeef op sy kop en sy ongekamde boskasie steek daaronder uit. Soos gewoonlik lê sy kouse op sy skoene en sy hemp hang agter by sy broek uit.

    Daar is ’n frons op Trompie se ondeunde sproetgesig. Hy is sommer baie vies. Ná elke swaar sug sê hy: Vat so!, trek dan los en skop met mening na iets.

    Wanneer hy naby Rooie se huis kom, fluit hy. Dit is ’n hoë noot, afgewissel met ’n lae een – die Boksombende se sein. Trompie hoor dadelik hoe iemand op dieselfde manier terugfluit. Dan fluit nog iemand – en nóg een!

    Trompie glimlag effens. Hy ken mos sy vriende se verskillende maniere van fluit. Dawie en Blikkies is ook by Rooie in die buitekamer. Hulle sit seker almal hul lot en betreur.

    By die kamer spring Trompie deur die venster. Hy pluk ’n stoel om sodat die rugkant na voor is, gaan sit wydsbeen daarop en leun met sy bolyf oor die leuning. Trompie het eenkeer gesien dat die cowboy-held in ’n fliek só maak, en van toe af doen hy dit ook om indruk te maak.

    Rooie, Dawie en Blikkies kyk mismoedig na hul Grootkaptein. Rooie sit op sy bed en wikkel sy tone. Blikkies sitlê langs Rooie met sy rug teen die muur en kou ’n grashalmpie. Dawie sit pens en pootjies op die tafel. Nie een van hulle doen enigiets nie. Hulle sit sommer net.

    Haai, groet Trompie.

    Haai, sê Rooie.

    Haai, kom Dawie se piepstem.

    Haai, sê Blikkies lui en versit die gekoude halmpie behendig van sy een kies na die ander.

    Nou sit die beroemde (of is dit miskien berugte?) Boksombende se lede maar net weer voor hulle en uitstaar. Hulle is ontevrede met die lewe.

    Voel julle ook soos ek voel? vra Trompie. Rooie en Blikkies verseker hom dis presies hoe hulle voel. Dawie antwoord nie.

    Trompie gee Dawie eers genoeg tyd om te besluit of hy ook soos hulle drie voel, dan sê hy kil: En jy? Rooie en Blikkies kyk nou ook kwaai na Dawie. Voel jy ook soos ons voel? wil Trompie weet.

    Dawie dink ernstig hieroor na en dan sê hy met ’n onskuldige gesig: Ek kan die vraag nie beantwoord nie.

    Hoekom nie? snou Trompie hom toe. Rooie en Blikkies skuif nader en lyk net so vies soos hul Grootkaptein. Rooie brom iets van ouens wat probeer snaaks wees en gluur Dawie woes aan.

    Ek kan die vraag nie beantwoord nie, sê Dawie, omdat ek nie weet hoe julle voel nie. Is dit nou so onredelik?

    Trompie, Rooie en Blikkies kyk vinnig na mekaar. Hulle dink hieroor na.

    Ek dink jy dink jy’s snaaks, brom Rooie.

    Ek dink ook so, beaam Blikkies en dan spoeg hy die grashalmpie waaraan hy gekou het by die venster uit.

    Wag, manne! sê Trompie en maak ’n handgebaar. Ons moet ons vriend nie te vinnig oordeel nie.

    Trompie draai na Dawie en sê: Weet jy waaraan dink ons?

    Dawie aarsel ’n oomblik, dan sê hy ernstig: Ja, ek dink so...

    Nou wel, sê Trompie vinnig, as jy dink jy weet waaraan ons dink, moet jy mos weet hoe ons voel!

    As ’n ou dínk hy weet waaraan ouens dink, is dit nog steeds nie te sê hy wéét hoe die ouens voel nie! verduidelik Dawie en glimlag vriendelik.

    Vir ’n paar sekondes is dit stil in die kamer. Dan sê Rooie bars: Hy probeer net snaaks wees.

    Ja, lyk my so, sê Trompie en voeg smalend by: Die arme ou dink seker hy’s slim.

    Met ’n suur trek op sy gesig kyk Trompie na Dawie wat nou sit en glimlag asof botter nie in sy mond sal smelt nie.

    Voor ek kwaad word, wil ek hê jy moet een vragie antwoord. Jy hoef net ja of nee te sê. Verstaan jy? Trompie glimlag, maar dit lyk meer soos ’n grynslag.

    Ek verstaan, sê Dawie hoogdrawend, en ek sal probeer om die vraag op bevredigende wyse te beantwoord – na die beste van my vermoë!

    Die ou het ’n woordeboek ingesluk, brom Rooie. Hoekom praat jy nie sodat ons almal kan verstaan nie?

    Só ’n ou kan nooit voel soos ons voel nie, sê Blikkies terwyl hy vies na Dawie kyk.

    Trompie het intussen probeer uitpluis wat Dawie nou eintlik probeer sê het en het toe maar die stryd gewonne gegee.

    Sê net ja of nee, sê Trompie bars. Moenie met slimpraatjies kom nie.

    Goed, vra maar.

    Weet jy, en Trompie se vuil wysvinger is feitlik onder Dawie se neus, waaraan ons dink?

    Ja.

    Waaraan?

    Julle dink aan die skool.

    Wat van die skool?

    Dat dit môre weer begin – ná die lekker lang somervakansie.

    Dis reg, sê Trompie tevrede. Ons vorder. Jy weet presies waaraan ons dink. Trompie se wysvinger tik-tik Dawie op die bors. En nou vra ek jou – aangesien jy weet waaraan ons dink – hoe voel ons?

    Ek kan regtig nie sê nie, sê Dawie vroom.

    Hoe lyk dit vir jou – hoe voel ons? snou Trompie hom toe.

    Dawie kyk gemaak ernstig na sy drie vriende wat so ernstig oor hierdie saak voel dat hy opsetlik moeilik is en nie met hulle wil saamstem nie. Hy geniet die hele affêre.

    Dis my weloorwoë mening dat...

    Laat staan die woordeboekgoeters, val Rooie hom in die rede.

    Ek wou maar net te kenne gee, sê Dawie met ’n skouerophaling, dat ek, nadat ek goed en deeglik na julle gekyk het, tot die slotsom gekom het dat julle maar sleg lyk. Van hierdie feit lei ek dus af dat julle ook sleg vóél.

    Hei! sê Trompie en kyk vies na sy vriend. Probeer jy met ons gekskeer?

    Nooit gesien nie. Ek sal dit nie waag nie. Ek sê mos net ek weet nou hoe julle voel – julle voel nie te goed nie.

    Dis reg, sê Trompie. Ons voel goor omdat die skool môre weer begin. Hy kyk na Rooie en Blikkies: Reg?

    Hulle knik hul koppe. Hulle is baie omgekrap dat die vakansie verby is. Dis nou maar wors.

    En nou, sê Trompie, is ons weer waar ons begin het. So ek wil vir jou ’n vraag vra, Dawie. Ons voel goor omdat die skool weer begin – maar hoe voel jy?

    Jy bedoel hoe voel ek omdat die skool weer ’n aanvang neem?

    Trompie wil Dawie eers bevlieg oor hy aanhou om sulke groot woorde te gebruik, maar dan knik hy maar net.

    Te oordeel aan Dawie se geplooide voorkop dink hy nou ernstig oor hierdie vraag na. Trompie, Rooie en Blikkies hou hom in afwaging dop. Dan sê Dawie sedig: Ek voel natuurlik net soos julle baie ongelukkig dat die skool weer ’n aanvang neem. Dawie kyk eers van sy een vriend na die ander en dan vra hy kastig onskuldig: Het julle miskien gedink ek sal anders as julle voel?

    Ons het hoeveel tyd en energie gemors – alles vir niks, sê Trompie. Hoekom het jy ons nie reg aan die begin al gesê jy voel ook soos ons nie?

    Hy het hom aspris dom gehou, kondig Blikkies aan.

    Glad nie. Ek het my nie dom gehou nie en ek het ook nie probeer om snaaks te wees nie, sê Dawie vroom. Ek wou maar net seker maak hoe julle voel voor ek so ’n gewigtige vraag – of ek ook voel soos julle voel – kon beantwoord.

    Vergeet die hele affêre, sê Trompie. Dit raak nou vir hom gans te ingewikkeld.

    Die saak is uiteindelik opgelos. Daar is nou volkome eenstemmigheid oor hoe die Boksombende voel. Selfs al moes Dawie eers moeilik wees oor die hele gedoente. Hulle is baie vies dat die skool weer môre begin. Die vier sug swaar, die een na die ander.

    Hulle sit ’n ruk lank in stilte en dan begin hul tonge weer losraak. Hulle begin gesels oor al die pret wat hulle gedurende die vakansie gehad het. Die kêrels het baie kattekwaad aangevang.

    Ek wed julle die enigste mense wat bly is die skool begin weer, is ons ma’s en pa’s, sê Rooie.

    Nie net óns ouers nie – al die ander ouens s’n ook, sê Dawie.

    Die hele dorp se grootmense, sê Trompie.

    Blikkies is nie op die oomblik in die kamer om ook sy sê te sê nie. Hy het deur die venster gespring en stap in die tuin rond op soek na ’n graspol sodat hy ’n halmpie kan pluk. Hy het nou al gans te lank stil gesit sonder om te kou.

    Onthou julle nog daai eerste week van die vakansie? vra Dawie. Toe Mop, Bop en Pop hier was?

    Trompie, Rooie en Blikkies (wat nou weer smaaklik kou) kyk met suur gesigte na Dawie.

    Mop, Bop en Pop is ’n drieling van Darling wat hier by Dawie-hulle kom kuier het. Hulle was nogal drie mooi meisies. Maar daar was een ding waarvan die Boksombende nie gehou het nie. Die meisies kon alles wat hulle kan doen, twee keer beter doen!

    Kom ons vergeet van daai drie, sê Trompie. Ons praat liewer oor ander goeters – lekkerder dinge – wat ons in die vakansie gedoen het.

    Die seuns gesels nou oor al die kaskenades wat hulle aangevang het. Hulle het gereeld in die kloof se dam gaan swem en onder andere ook ’n dag op ’n plaas in die distrik deurgebring.

    Onthou jy, vra Trompie laggend vir Rooie, toe ons op die kalwers gery en die een jou afgegooi het?

    Almal lag nou.

    Onthou jy hoe het jy gestink? vra Blikkies vir Rooie. Jy was mos so vrot om op ’n mishoop te beland!

    Ek kon dit nie help nie, brom Rooie.

    Maar weet julle wanneer het ek hierdie vakansie die lekkerste gelag? vra Trompie en lag nog harder.

    Wanneer? vra Dawie en hy en Rooie en Blikkies begin ook weer lag. Dis mos aansteeklik.

    Die aand met konstabel Hendrik en sy meisie, sê Trompie. Ek sal dit nooit vergeet nie.

    Almal dink nou aan die toneeltjie en hulle skater.

    Hulle het al vergeet hulle het ná daardie insident dae lank wye draaie om Kwaggaberg se polisie geloop!

    Dit het só gebeur: Die seuns het een warm dag in die kloof gaan swem en toe hulle moeg in die water gebaljaar was, het hulle besluit dis tyd om huis toe te gaan.

    Dawie het sy broek gaan aantrek. Toe hy buk om sy hemp op te tel, voel hy iets swaar in die hemp. Hy gee ’n gil en skree: Hiert, jou vullis! Sy hemp trek deur die lug.

    Trompie, Rooie en Blikkies is dadelik by.

    Ek dink dis ’n slang, hyg

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1