Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Trompie die sakeman (#16)
Trompie die sakeman (#16)
Trompie die sakeman (#16)
Ebook114 pages1 hour

Trompie die sakeman (#16)

Rating: 3 out of 5 stars

3/5

()

Read preview

About this ebook

Trompie gebruik sy vaardighede as entrepreneur om ’n sakeplan vir ’n snoepwinkel by die skool op te stel. Die Boksombende moet elkeen geld bydra om hierdie besigheid op die been te kry en is allesbehalwe beïndruk met hul Grootkaptein wanneer sake nie so vlot verloop soos hy hulle belowe het nie. Selfs Dawie se poging om die snoepie van ondergang te red misluk en die vier vriende sit met hul hande in hul hare. Wanneer Trompie ’n onervare onderwyser ’n poets bak met ’n pratende pop kry hy ’n briljante ingewing vir ’n nuwe sakeonderneming. Maar wie sal vir die sproetgesig en sy vriende geld leen en wie sal by hulle wil koop nadat die snoepie so ’n mislukking was? Ons held is egter vasbeslote om te bewys hy is ’n sakeman van formaat – en niemand het hom nog ooit van stryk gebring as hy eers ordentlik op dreef is nie!
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798154697
Trompie die sakeman (#16)
Author

Topsy Smith

Topsy Smith se karakter Trompie was vir die jongmense van sy era ’n rolmodel. Smith is een van die mees geliefde en suksesvolle jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie-reeks het ’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Read more from Topsy Smith

Related to Trompie die sakeman (#16)

Titles in the series (29)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Trompie die sakeman (#16)

Rating: 3 out of 5 stars
3/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Trompie die sakeman (#16) - Topsy Smith

    Die Trompie-reeks

    1. Trompie

    2. Trompie die stouterd

    3. Trompie die soet seun

    4. Trompie die hoërskoolseun

    5. Trompie die dromer

    6. Trompie die speurder

    7. Trompie die kragman

    8. Trompie die hartedief

    9. Trompie die held

    10. Trompie die mooi seun

    11. Trompie die leier

    12. Trompie die rugbyreus

    13. Trompie die vegter

    14. Trompie die krieketspeler

    15. Trompie die filmster

    16. Trompie die sakeman

    17. Trompie die rebel

    18. Trompie die waaghals

    19. Trompie die sportman

    20. Trompie die hanswors

    21. Trompie die reisiger

    22. Trompie die kaptein

    23. Trompie die alleenloper

    24. Trompie die atleet

    Inhoud

    Hoofstuk 1 – Trompie die sakeman

    Hoofstuk 2 – Die snoepwinkel

    Hoofstuk 3 – Dawie se plan

    Hoofstuk 4 – Die pop

    Hoofstuk 5 – Die nuwe plan

    Hoofstuk 6 – Groot besigheid

    Hoofstuk 7 – Die sakeman baklei

    16Tdiesakeman_ICON.eps

    1

    Trompie die sakeman

    Trompie sit op ’n bankie in die tuin. Langs hom staan ’n bruin papiersak wat regop gehou word deur die gewig van al die lekkers wat daarin is. Die vyftienjarige sproetgesig steek sy hand elke paar sekondes ingedagte in die papiersak, haal ’n lekker uit en prop dit dan vinnig in sy mond.

    Hy doen dit feitlik outomaties. Sy oë is stip op die grond voor hom gerig. Trompie sit al kouende en kyk hoe die miere werk.

    ’n Halfgekoude lekker lê voor hom op die gras en die miere wemel om die taai ding. Hulle probeer die onmoontlike doen – om die lekker na hul gaatjie in die grond toe te stoot. Dan gee hulle uiteindelik moed op en begin droë stukkies gras na hul nes toe aandra.

    Al die miere werk. Almal lyk besig en haastig. Trompie is skielik dankbaar hy is nie ’n mier nie. Die goed is gans te bedrywig en hulle werk heeltemal te hard.

    Die lewe is deesdae glad nie sleg nie, dink Trompie terwyl hy kouend sit en glimlag. Hy en sy vriende, Rooie, Blikkies en Dawie, het vir ’n verandering oorgenoeg geld. Hulle kan soveel lekkers koop as wat hulle wil – en hulle doen dit ook.

    Die vier vriende het in ’n fliek gespeel. Trompie het nogal een van die hoofrolle vertolk en toe ’n duisend rand as vergoeding daarvoor gekry. Dawie het vierhonderd rand gekry en Rooie en Blikkies elkeen driehonderd.

    Trompie moes die meeste van sy geld in die bank sit. Sy pa het daarop aangedring; hy is nie verniet ’n bankbestuurder nie. Deesdae praat Trompie gereeld met trots van al die geld wat hy in die bank het. Dit is nie sommer enige ou wat met so ’n stewige bankbalans kan spog nie.

    Rooie, Blikkies en Dawie se ouers het ook daarop aangedring dat hulle die grootste gedeelte van hul geld spaar, maar elkeen het darem iets uitgehou om homself mee te bederf – Rooie met toffies, Blikkies met kougom en Dawie met suiglekkers.

    Trompie tel nou hoeveel geld hy nog oor het nadat hy by die kafee was. Hy en sy drie vriende het vergeet om vanoggend voor skool lekkers te koop en toe was hulle pouse sommer lelik omgekrap. Hulle het almal geld gehad, maar kon nie lekkers koop nie.

    Trompie het net daar besluit om iets aan die saak te doen. Hy het ’n vergadering van die Boksombende belê – ’n amptelike vergadering, nie in die vervalle ou waenhuis buite die dorpie nie, maar hier in die Toeriens se tuin. Hy wil, soos hy sy vriende meegedeel het, oor groot goeters praat.

    Trompie staan op en stap met die tuinpaadjie af na die voorhekkie toe. Hy gaan kyk of sy manskappe nog nie aankom nie.

    Soos gewoonlik hang Trompie se hemp agter by sy broek uit, sy kouse lê op sy skoene en sy pet sit windmakerig skeef op sy ongekamde boskasie. Sy hande is diep in sy broeksakke. Die een hand hou sy beursie vas en die ander een die bruin papiersak waarin die lekkers is. Hy loop en skop na klippies in die paadjie.

    Toe Trompie by die hekkie kom, maak hy dit nie oop nie. Nee, hy los die goed in sy broeksakke en klouter op die hekkie. Hier sit hy nou amper soos ’n bobbejaan op ’n paal en kyk by die straat af om te sien of iemand al aankom. Hy gewaar niemand nie, haal die papiersak met lekkers uit sy broeksak en prop vinnig nog een in sy mond.

    Ja-nee, dink die Boksombende se Grootkaptein terwyl sy kakebene op en af beweeg soos hy die lekker kou – die lewe is glad nie sleg nie. Hy het lekkers en hy het geld om nog meer lekkers te koop – en dis nog net ’n paar weke skool, dan het hulle tien dae vakansie. Hy en sy vriende gaan ’n baie lekker tyd hê.

    Trompie sit nog so op die hekkie en kou en peins oor die lewe toe hy skielik ’n lang, uitgerekte fluit hoor. Dit is ’n hoë noot, afgewissel met ’n lae een – die Boksombende se sein. Hy verskuif die lekker in sy mond sodat dit onder sy tong rus. Dan fluit hy op dieselfde manier terug om sy manne te laat weet hy wag hier en hulle moet opskud.

    Rooie, Blikkies en Dawie kom om die hoek aangestap. Hulle loop nie vinnig nie. Hulle kou lekkers. Rooie en Blikkies is so oud soos Trompie. Dawie is twee jaar jonger. Die vier seuns is in dieselfde klas hier in Kwaggaberg se beroemde hoërskool. Hulle is al vriende vandat hulle op laerskool saam in graad vyf was.

    Haai, groet die drie feitlik gelyktydig toe hulle naby Trompie kom.

    Haai, groet hy terug.

    Trompie sit op die hekkie met ’n frons op sy voorkop. Die frons moet wys hoe hard hy dink.

    Rooie, Blikkies en Dawie staan langs die hekkie. Hulle kyk al kouende na Trompie.

    Hy sug swaar om te wys hy peins oor groot goeters en omdat hy dink dit sal nog meer indrukwekkend lyk, stut hy sy ken op sy vuis. Dit is mos hoe daardie bronsbeeldjie, Die Denker, in sy pa se studeerkamer lyk. Sy vriende moet goed verstaan hy dink diep. Hy plooi sy voorkop sommer nog meer.

    Hierdie denkende houding het egter nie die gewenste uitwerking op Trompie se manne nie.

    Rooie wys met ’n vuil vinger na Trompie en vra verveeld: Wat makeer die ou?

    Hy’s seker siek, sê Dawie.

    Van te veel lekkers eet, sê Blikkies lui terwyl hy die stukkie kougom waaraan hy kou met sy duim en wysvinger ver voor hom uitrek. Wanneer dit lyk of dit enige oomblik gaan breek, los hy die een punt wat nie tussen sy tande vasgeklem is nie en ryg die lang stuk kougom weer met sy tong by sy mond in. Dan kou hy smaaklik verder.

    Trompie is sommer vies. Hierdie spul het g’n verbeelding nie. Hy sit hier en dink aan maniere om met die geld wat hulle het nog meer geld te maak en hulle staan en wonder of hy siek is. Trompie spoeg die lekker waaraan hy gesit en kou het met ’n boog uit – die ding is tog al amper op – en sit nog een in sy mond.

    Waarvoor wag ons? vra Dawie en sy ondeunde oë vonkel. Het jy nie gesê jy wil vergadering hou omdat jy kastig groot goeters het om te sê nie?

    Ek het, ja, snou Trompie hom toe. Dis waaroor ek hier sit en dink – die groot goeters.

    O, sê Dawie, is dit wat jy doen? Ek dag jy sit en trek sulke lelike gesigte omdat jy ’n pyn op jou maag het van al die lekkers.

    Ek trek nie lelike gesigte nie! Trompie kyk kwaai na Dawie. My voorkop is op ’n plooi omdat ek oor ernstige dinge dink. Dis hoe ’n mens lyk as jy oor ernstige dinge dink!

    O, sê Dawie met ’n gemaak onskuldige gesig.

    Ja, sê Trompie en wikkel sy sproetneus op en af om te wys hy is nou omgekrap. Probeer jy miskien snaaks wees, hè?

    Nee, sê Dawie en skud verbaas sy kop, maar sy wakker oë blink nog steeds ondeund. Hoekom sal ek nou probeer snaaks wees?

    Huh, sê Trompie net en sit weer soos die beeldjie in sy pa se studeerkamer.

    Sê maar vir ons wanneer jy die groot goeters klaar uitgedink het, sê Blikkies en rol die kougom nou uit sy mond om sy vinger op.

    Trompie besluit om liewer nie hierop te antwoord nie. Hulle weet goed hy is die Boksombende se Grootkaptein – die een wat planne moet beraam en leiding moet neem. Hy wens hulle wil dit ’n slag waardeer en besef hoe ’n ernstige taak dit is. Dit kos baie dinkwerk

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1