Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Trompie Omnibus 1
Trompie Omnibus 8
Trompie Omnibus 2
Ebook series29 titles

Trompie

Rating: 3 out of 5 stars

3/5

()

About this series

Trompie is smoorverlief op Rosa, maar die Boksombende is baie ongelukkig daaroor. Hulle het besluit hulle hou nie van meisies nie en hulle probeer hulle bes om vir Trompie te oortuig dat meisies net moeilikheid veroorsaak. Wat Trompie egter pla, is die feit dat hy nie die enigste ou op Kwaggaberg is wat verlief is op Rosa nie.
LanguageAfrikaans
Release dateJan 1, 2013
Trompie Omnibus 1
Trompie Omnibus 8
Trompie Omnibus 2

Titles in the series (29)

  • Trompie Omnibus 2

    2

    Trompie Omnibus 2
    Trompie Omnibus 2

    In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! In Trompie die hoërskoolseun begin die nuwe skooljaar en Trompie, Blikkies, Dawie en Rooie gaan hoërskool toe. Die vier moet gewoond raak aan nuwe reëls, nuwe onderwysers en ouer boelies wat poetse op hulle bak. Die Boksombende maak ook ’n plan om geld in te samel om vir Rooie ’n fiets te koop. In Trompie die dromer word die bende bedreig – deur ’n meisie¬kind! Trompie, die Grootkaptein en meesterlike planmaker, is smoorverlief en sit heeldag net en droom. Die bende belê ’n spesiale vergadering om hierdie saak te bespreek – hoe durf Trompie ’n meisie se geselskap bo hulle s’n verkies? In Trompie die speurder kom Trompie en Rooie op skelms af wat fietse steel. Trompie agtervolg die diewe en beland in ’n groot penarie. Sal Trompie hierdie gevaarlike avontuur oorleef sodat hy weer saam met sy manskappe onder die blou hemel kan vergader? Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!

  • Trompie Omnibus 1

    1

    Trompie Omnibus 1
    Trompie Omnibus 1

    Hierdie omnibus bevat die eerste drie boeke van die gewilde Trompie-reeks. In Trompie ontmoet ons die elfjarige sproetgesig Grootkaptein van die Boksombende. Hy en sy vriende Rooie, Blikkies en klein Dawie maak die lewe interessant (en soms taamlik moeilik!) vir die inwoners van hul tuisdorp, Kwaggaberg. Hul avontuur met die dominee se bobbejaan ruk handuit en Trompie se poging om vir sy suster Anna ’n kêrel te kry, loop lelik skeef. Trompie wil ook baie graag ’n hond hê en het sy oog op ’n basterbrak genaamd Boesman. In Trompie die stouterd trek Trompie vir die nuwe seun wat al die onderwysers se witbroodjie is, ’n lelike streep. Hy lees van ’n dorpie in Brittanje waar ’n klipgooiende spook amok maak en besluit net daar dis tyd om sy tuisdorp te laat regop sit. In Trompie die soet seun besluit Trompie hy is moeg daarvoor om altyd in almal se slegte boekies te wees. Die Boksombende se Grootkaptein kondig aan dat dit tyd geword het om goeie dade te doen, maar dis glad nie so maklik soos wat dit klink nie! Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!

  • Trompie Omnibus 8

    8

    Trompie Omnibus 8
    Trompie Omnibus 8

    Die laaste omnibus in hierdie reeks bevat nóg drie gewilde Trompie-stories. Die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit en Trompie en sy maats besluit om in die kloof te gaan swem en dan teen die berg op te klim en die grotte daarbo te verken. Trompie ontmoet ook die mooiste meisie wat hy nog ooit gesien het en ding mee teen sterk kompetisie in die atletiekspan.

  • Trompie Omnibus 7

    7

    Trompie Omnibus 7
    Trompie Omnibus 7

    In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Trompie moet veg vir sy plek as spankamptein van die rugbyspan, veral wanneer sy vyand, Gerrit Moerdyk, almal teen hom draai. Trompie en sy maats bak ook vir die wetenskaponderwyser 'n poets en Trompie skryf in vir 'n kompetisie wat 'n reis Kaap toe as prys aanbied.

  • Trompie die sakeman (#16)

    Trompie die sakeman (#16)
    Trompie die sakeman (#16)

    Trompie gebruik sy vaardighede as entrepreneur om ’n sakeplan vir ’n snoepwinkel by die skool op te stel. Die Boksombende moet elkeen geld bydra om hierdie besigheid op die been te kry en is allesbehalwe beïndruk met hul Grootkaptein wanneer sake nie so vlot verloop soos hy hulle belowe het nie. Selfs Dawie se poging om die snoepie van ondergang te red misluk en die vier vriende sit met hul hande in hul hare. Wanneer Trompie ’n onervare onderwyser ’n poets bak met ’n pratende pop kry hy ’n briljante ingewing vir ’n nuwe sakeonderneming. Maar wie sal vir die sproetgesig en sy vriende geld leen en wie sal by hulle wil koop nadat die snoepie so ’n mislukking was? Ons held is egter vasbeslote om te bewys hy is ’n sakeman van formaat – en niemand het hom nog ooit van stryk gebring as hy eers ordentlik op dreef is nie!

  • Trompie die atleet (#24)

    Trompie die atleet (#24)
    Trompie die atleet (#24)

    Trompie raak siek net voor ’n belangrike atletiekwedstryd. Hy word verplig om mee te ding teen ’n nuwe seun, Hanno Breedt, wat nie net op die atletiekveld vir hom kompetisie is nie

  • Trompie die vegter (#13)

    Trompie die vegter (#13)
    Trompie die vegter (#13)

    Die eksamen begin oor tien dae, maar Trompie voel dit is gans te vroeg om nou al te leer, want dan sal ’n mens eenvoudig weer alles vergeet. Rooie en Blikkies besluit om hierdie teorie op die proef te stel, maar Dawie weet soos gewoonlik van beter. Intussen is ’n nuwe seun in die skool besig om ons held se lewe te versuur deur allerhande stories oor hom te versprei. Dit word later duidelik dat hierdie vent Trompie wil dwing om teen hom te baklei, maar die sproetgesig is versigtig vir hom, want hy is groot en sterk en het ’n reputasie as ’n bobaas vegter. Dinge kom egter tot ’n punt wanneer die seun Dawie eendag seermaak. Die Boksombende se Grootkaptein besluit tot hiertoe en nie verder nie – die boelie moet op sy plek gesit word. Omtrent al Kwaggaberg se kinders daag by die dam in die kloof op vir hierdie groot kragmeting. Kort voor die eksamen besluit Trompie om vir Rooie ’n poets te bak. Hy smeer ’n handvol toffies vol gom en neem dit skool toe, maar dan ruk sake handuit en die skool se onderhoof én hoof se kake loop lelik deur!

  • Trompie die sportman (#19)

    Trompie die sportman (#19)
    Trompie die sportman (#19)

    Die Boksombende se Grootkaptein kom voor ’n krisis te staan. Die rugbyseisoen is om die draai en Gerrit Moerdyk, ’n seun met wie hy nog nooit klaargekom het nie, sê vir almal hulle moenie weer vir Trompie as hul spankaptein kies nie. Volgens Gerrit is Trompie ’n selfsugtige speler en is dit sy skuld dat hulle nie verlede jaar die beker gewen het nie. Dit lei tot ’n grootskaalse verkiesingsveldtog waarin ons held en sy vriende alles moet uithaal om sy naam in ere te herstel en almal te oortuig dat hy ’n waardige kaptein is. Die Grootkaptein dink self ’n gevatte slagspreuk uit om stemme te werf: “Hompie Kedompie – stem vir Trompie!” Kwaggaberg se sproetgesig kan sy geluk nie glo wanneer sy rugbyheld in die dorp opdaag nie. Hy kry die kans om van aangesig tot aangesig met die beroemde Springbok te gesels en handige wenke te kry – en word selfs na ’n toetswedstryd uitgenooi. Maar Trompie moet natuurlik eers ’n struikelblok of twee oorkom – nie dat dit ooit vir hom ’n probleem is nie!

  • Trompie die reisiger (#21)

    Trompie die reisiger (#21)
    Trompie die reisiger (#21)

    Trompie beland in groot moeilikheid as hy ’n nuwe mikstok vir sy kettie wil maak en ’n saag uit sy pa se verbode werkskamer gaan gaps. Maar dan skryf hy in vir ’n kompetisie van ’n koejawelfabriek wat ’n “tipiese Suid-Afrikaanse seun” soek. Die prys vir die wenner en ’n maat van sy keuse, is ’n reis in ’n vliegtuig na Kaapstad én Durban, met boonop nog ekstra sakgeld ook! Die vraag is net: sal Trompie ooit as die wenner gekies word, en ás hy wen, watter een van sy maats moet hy kies om saam te neem op hierdie wonderlike reis?

  • Trompie Omnibus 6

    6

    Trompie Omnibus 6
    Trompie Omnibus 6

    In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word.

  • Trompie die kragman (#7)

    Trompie die kragman (#7)
    Trompie die kragman (#7)

    Dawie se ouers gaan vir drie maande weg en hulle oorweeg dit om hom by Trompie-hulle te laat bly, maar daar kom moles met ’n donkie en die koshuis is arme Dawie se voorland. Die seuns is nou in graad nege en die skoolhoof vermaan hulle om ernstig te begin leer en te vergeet van dinge soos bendes. Gaan dit die einde van Kwaggaberg se beroemde Boksombende wees? Trompie lees ’n advertensie waarin ’n kragman beweer mans wat sy spierboukursus doen, sal deur meisies bewonder en deur vyande gevrees word. Die Grootkaptein besluit dit is presies wat hy in sy lewe nodig het en bewys weer eens wat ’n entrepreneur hy is wanneer hy ’n slim plan prakseer om vir die spierdier se oefenapparaat te betaal. Tussen dit alles deur moet ons held ook nog vir Katrien wat hom altyd met sy huiswerk help tevrede hou en ’n nuwe boelie by die skool op sy plek sit.

  • Trompie die speurder (#6)

    Trompie die speurder (#6)
    Trompie die speurder (#6)

    Die eindeksamen is naby, maar Trompie is nie lus om te leer nie – hy gaan swem eerder elke middag in die dam. Wanneer hy hoor daar is fietsdiewe op sy tuisdorp, weet die Boksombende se Grootkaptein sommer dadelik waar hulle die gesteelde goedere wegsteek – in een van die grotte bo teen die berg. Trompie en Rooie kom op die skelms af terwyl hulle die fietse op ’n vragmotor laai. Ons held stuur sy maat om die polisie te gaan haal, maar dan vat die diewe die pad en hy klim agterop hul vragmotor. Ná ’n lang rit beland hy in ’n Johannesburgse agterbuurt en moet vir sy lewe vlug. Sal Trompie die kanniedood hierdie gevaarlike avontuur oorleef sodat hy weer saam met sy manskappe onder die blou hemel kan vergader?

  • Trompie die held (#9)

    Trompie die held (#9)
    Trompie die held (#9)

    Trompie en Rooie sien nie kans vir ’n aardrykskundetoets nie en besluit om die klas te bank. Dit lei egter tot twee baie seer sitvlakke! Ons held lees in ’n tydskrif wat die kenmerke is van ’n mens wat ’n skitterende sukses in die lewe is. Hy voel hy beantwoord aan al die vereistes, behalwe miskien dat hy effens meer beleef teenoor ander mense kan wees. Nou ontgeld sy arme familie en vriende dit – hy is só vriendelik en bedagsaam dat almal wens die ou Trompie wil eerder weer terugkom. Rooie daag die Boksombende se Grootkaptein uit om ná donker vir ’n uur alleen in die spookhuis op die bult buite Kwaggaberg te bly en Trompie loop meer as net ’n spook daar raak. ’n Wêreldberoemde toneelgeselskap kom voer ’n drama in die dorp se kerksaal op en Trompie besluit dis tyd dat hy en sy manskappe aan ’n bietjie kuns en kultuur blootgestel word – hy kry natuurlik soos gewoonlik baie meer as wat hy te wagte was!

  • Trompie die hoërskoolseun (#4)

    Trompie die hoërskoolseun (#4)
    Trompie die hoërskoolseun (#4)

    Die Boksombende het ’n probleem. Rooie kan nie ’n fiets bekostig nie en nou kan hy nie saam met hulle in die dorp rondjaag nie. Trompie die sakeman kom met slim planne vorendag om genoeg geld in te samel sodat hulle vir hom ’n ysterperd kan koop. Dan begin die nuwe skooljaar en Trompie en sy maats gaan hoërskool toe. Die vier moet gewoond raak aan nuwe reëls, nuwe onderwysers en ouer boelies wat poetse op hulle bak. Die Boksombende se Grootkaptein begin vir die eerste keer ernstig rugby speel en word boonop as spankaptein gekies. Die hoërskool hou ons held beslis baie besig – maar nie uit die kattekwaad nie!

  • Trompie die filmster (#15)

    Trompie die filmster (#15)
    Trompie die filmster (#15)

    Trompie weet sommer hy het baie sleg in die wiskundetoets gevaar en maak hom reg vir swaar straf. Om alles te kroon vang hy dan iets in die personeelkamer aan wat hom in verdere moeilikheid laat beland. Teen die einde van die skooldag het hy soveel uitskryfwerk dat sy bendelede hom moet help, maar hulle wil natuurlik eerder in die kloof gaan swem. Ons held kry homself baie jammer. Kwaggaberg is in rep en roer wanneer tonele vir ’n Afrikaanse film in die dorp geskiet word. Dawie hoop hy gaan die hoof kinderrol kry aangesien hy al soveel boeke oor toneelspeel gelees het en presies weet hoe ’n akteur moet loop en praat. Hy daag Trompie-hulle uit om ook vir ’n oudisie te gaan sodat hy kan lag vir hoe hulle gekke van hulself maak, maar dan boemerang sy plan op hom. Die regisseur gee die sproetgesig Trompie wat so traak-my-nie-agtig is een kyk en weet sommer dadelik hy kan van hom ’n ster maak. Maar sal die niksvermoedende filmspan al Trompie en sy beroemde en berugte Boksombende se kattekwaad oorleef?

  • Trompie (#1)

    Trompie (#1)
    Trompie (#1)

    Ons ontmoet Trompie, die elfjarige sproetgesig Grootkaptein van die Boksombende. Hy en Rooie, Blikkies en klein Dawie maak die lewe interessant (en soms taamlik moeilik!) vir die inwonders van hul tuisdorp, Kwaggaberg. Hul avontuur met die dominee se bobbejaan ruk handuit en Trompie se poging om vir sy suster Anna ’n kêrel te kry, loop lelik skeef. Trompie raak lief vir ’n spelerige basterbrak, maar die hond behoort aan ’n ou man wat nie lank op hul dorp gaan vertoef nie. Die Grootkaptein se leierskap van die Boksombende word bedreig en hy en sy maat Rooie moet sake uitbaklei. Dan is daar ook nog die skoolkonsert. Trompie stel kwansuis nie belang om deel te neem nie, maar op die nippertjie wed hy sy manskappe hy sal wél die aand op die verhoog verskyn. Ons held kry ook noodgedwonge ’n meisie, maar vind vinnig ’n manier om hom daaruit te wurm!

  • Trompie die mooi seun (#10)

    Trompie die mooi seun (#10)
    Trompie die mooi seun (#10)

    Dis die begin van die lang Desembervakansie. Trompie en Blikkies pas die haarkapper se winkel op en die Boksombende se Grootkaptein waag sy hand aan ’n laerskoolseun se mooi lokke – met rampspoedige gevolge! ’n Identiese drieling kom vir ’n week by Dawie-hulle kuier en hierdie meisies gee die Kwaggabergers behoorlik opdraand. Hulle skeer gedurig gek met die seuns en stof hulle uit in al wat ’n kompetisie is. Trompie en sy vriende ontmoet ’n bedlêende seun en maak geld bymekaar om vir hom ’n spesiale present te koop. Hulle hoor daar is ’n skrale kans dat hul nuwe vriend weer sal kan loop, maar dan moet ’n beroemde chirurg op hom opereer. Die probleem is, só ’n operasie sal derduisende rande kos en die seun se ma het skaars genoeg geld om vir hulle kos te koop. Ons sproetgesigheld besluit dis tyd om weer met een van sy vindingryke planne vorendag te kom…

  • Trompie die krieketspeler (#14)

    Trompie die krieketspeler (#14)
    Trompie die krieketspeler (#14)

    Trompie wil ’n seun se krieketkolf leen, maar oefen eers gou sy beroemde skepskop met een van die pronkdahlias in die ryk mense se tuin. Hy word gevang en moet as straf onkruid uittrek. Die sproetgesig roep dadelik sy Boksombende se hulp vir hierdie onaangename taak in. Wanneer die strafwerk klaar is, moet Trompie eers mooi met die suinige ryk seun onderhandel om sy kolf vir hulle te leen sodat Kwaggaberg se seuns kan gaan krieket speel. Hulle kies twee spanne, maar die oomblik wat die wedstryd begin, loop die een ding ná die ander skeef. Eers breek daar ’n ruit, dan reën ’n sarsie klippe kletterend op die kerksaal se dak neer en uiteindelik beland Trompie en ’n klein outjie hoog bo in ’n boomtop op soek na Dawie se duur krieketbal – oorgenoeg aksie om die Grootkaptein en sy manskappe baie besig te hou. Ná ons vriende se rampspoedige krieketdag hoor hulle ’n geheimsinnige gemaskerde stoeier kom na Kwaggaberg toe. Ons held hou hom grootmeneer en belowe hy gaan die man ontmasker!

  • Trompie die waaghals (#18)

    Trompie die waaghals (#18)
    Trompie die waaghals (#18)

    Trompie en Rooie kom weg met ’n waarskuwing wanneer hulle resies jaag deur by die skool se traprelings af te gly. Dan daag hulle die noodlot verder uit deur met die interkomstelsel te peuter. Hulle bak die leerders in hul klas ’n lekker poets, maar dit boemerang ongelukkig op hulle! Trompie leen ’n waterpistool om sy klasmaats mee te skiet. Wanneer die pistool spoorloos verdwyn, moet hy uitvind wie dit gegaps het. Die sproetgesig kry ’n briljante idee om die skuldiges te vang met die hulp van sy getroue hond Boesman. Die Boksombende is nie lus om die kort vakansie op Kwaggaberg deur te bring nie. Hulle wil vir ’n verandering see toe gaan of op ’n plaas gaan kuier, maar die kanse vir so ’n wegkomkans is skraal – of is dit? Ons held wys weer eens wat in hom steek wanneer hy homself met twee dapper dade oortref. Hy red ’n hulpelose meisietjie en reken af met ’n gevaarlike bende smokkelaars.

  • Trompie die hartedief (#8)

    Trompie die hartedief (#8)
    Trompie die hartedief (#8)

    ’n Fotograaf kom die leerders by die skool afneem, en Trompie en sy manskappe besluit om nie soos al die ander vroom gesiggies op te sit nie. Hulle gaan kyk wie van hulle die lelikste bakkies kan trek. Maar die skoolhoof daag op wanneer ons held voor die kamera beland en hy kan nie maak soos hy belowe het nie. Sy drie maats beland in die moeilikheid en besluit om hom daarvoor te straf. Hulle gebruik die feit dat hy dink meisies is so mal oor hom om hul Grootkaptein ’n lelike streep te trek. Wanneer die Boksembende uiteindelik weer vrede maak, kan hulle die res van die dorp nie in vrede los nie en jaag Trompie se suster en ’n vriendin van haar lelik die skrik op die lyf. Hulle reël ook die Rugbywedstryd van die Eeu en moet boonop ’n onnutsige agtjarige knapie leer om mens te word. Trompie, Rooie, Blikkies en Dawie regeer beslis op Kwaggaberg!

  • Trompie die rugbyreus (#12)

    Trompie die rugbyreus (#12)
    Trompie die rugbyreus (#12)

    Die dominee betrap die Boksombende wanneer hulle weer kattekwaad met sy mak bobbejaan wil aanvang en gee vir hulle ’n sweterige werkie in die pastorie se agterplaas. Trompie se suster staan op trou en hy dink skielik hy weet alles van die liefde af. Hy en sy vriende het baie pret op Anna se troudag, maar wanneer die gaste begin dans, beland ons held – hierdie keer onskuldig! – amper in groot moeilikheid. Die lewe op Kwaggaberg is nooit vervelig nie: Dawie koop ’n muntstuk waarmee jy mense poetse bak, Rooie kry ontsaglik tandpyn en Trompie verbeel hom hy is ’n galante heer. Maar dan begin die rugbyseisoen by die skool en die Springbokke speel boonop in ’n internasionale toetsreeks. Nou draai die seuns se lewens net om een ding – hul gunstelingsport. Min weet hulle watter groot verrassing en eer daar nog op hulle wag. Ons held gaan die kans kry om vir almal te wys hy is ’n ware rugbyreus!

  • Trompie die kaptein (#22)

    Trompie die kaptein (#22)
    Trompie die kaptein (#22)

    Trompie-hulle gaan speel in die kloof en ’n nuwe vriend, Asjas, val en sit vas. Terwyl hulle hom probeer red, ontdek hulle in die grot ’n historiese rotstekening. Die rugbyseisoen breek aan en die Boksombende speel vir plekke in ’n provinsiale span, maar dit gaan broekskeur . . . totdat hulle almal verras in ’n plaaslike wedstryd.

  • Trompie die soet seun (#3)

    Trompie die soet seun (#3)
    Trompie die soet seun (#3)

    Dit is Trompie se laaste kwartaal op laerskool en hy is moeg daarvoor om altyd in almal se slegte boekies te wees. Die Boksombende se Grootkaptein besluit dit het tyd geword om goeie dade te doen, maar dis glad nie so maklik soos wat dit klink nie! Sy een goedbedoelde poging na die ander loop skeef en Trompie moet leer om baie mooi verskoning te vra. Dan is daar ’n ongeluk en hy beland in die hospitaal. Sy ouers stuur hom Durban toe om by sy pa se suster te gaan aansterk en die treinrit soontoe is ’n groot avontuur. Hy is só bly om by die see te wees dat hy in die groot stad verdwaal, maar uiteindelik kom hy darem by sy tannie uit. Wanneer hy terug in Kwaggaberg aanland, moet hy sy leierskap onder die seuns in ’n tweegeveg met ’n nuwe leerder bewys en Trompie leer om die hand van vriendskap na ’n vyand uit te reik.

  • Trompie die dromer (#5)

    Trompie die dromer (#5)
    Trompie die dromer (#5)

    Die Boksombende word bedreig – deur ’n meisiekind! Trompie, die Grootkaptein en meesterlike planmaker, is smoorverlief en sit heeldag net en droom. Sy hare is gekam, sy hemp ingesteek en sy kouse opgetrek. Die bende belê ’n spesiale vergadering om hierdie saak te bespreek – hoe durf Trompie ’n meisie se geselskap bo hulle s’n verkies? Hul leier laat hom egter nie voorsê nie, maar gelukkig vir sy bende ontdek hy baie gou dis duur om ’n meisie aan te hou en sê haar een aand ná ’n dans by die skool af. Nou kan die Boksombende weer saam dinge doen soos om perskes te steel en na spookstories te luister. Die jaarlikse interskole atletiekbyeenkoms is om die draai en Trompie wil vreeslik graag spykerskoene hê sodat hy soos ’n ware wenner kan hardloop. Hy gaan ’n ingewikkelde ruiltransaksie met een van sy klasmaats aan en moet op die groot dag eers vuisslaan met ’n leerder van ’n ander skool wat hom gedurende ’n resies pootjie voordat hy uiteindelik met sy eer ongeskonde uit die stryd kan tree.

  • Trompie die rebel (#17)

    Trompie die rebel (#17)
    Trompie die rebel (#17)

    Trompie bring ’n brulpadda skool toe en sake ruk hand-uit wanneer ’n nuwe onderwyseres skoon flou val van skok. Gelukkig vir die sproetgesig is die skoolhoof nie op die oomblik in Kwaggaberg nie. Die Boksombende se Grootkaptein is jaloers wanneer Katrien, die meisie wat langs hom bly, ’n brief van ’n geheime bewonderaar in hul klas kry. Dit is nie lank voor Trompie uitvind wie so beenaf op haar is nie en dan gaan hy uit sy pad om die lewe vir dié kêrel moeilik te maak. Ons held besluit hy moet ’n nuwe blaadjie omslaan en ’n beter mens word. Sy bendelede is nie juis beïndruk met hierdie nuwe gier nie, maar Trompie doen sy bes om sy medemens te help. Hy hoor by ’n vriend wat in die koshuis is dat die kinders nie naastenby genoeg kos daar kry nie en ontferm hom dadelik oor hulle. Die daaropvolgende eetstaking wat Trompie reël, het verreikende gevolge!

  • Trompie die stouterd (#2)

    Trompie die stouterd (#2)
    Trompie die stouterd (#2)

    Trompie trek die nuwe seun in sy klas wat al die onderwysers se witbroodjie is ’n lelike streep. ’n Paar dae later bank hy en sy bende skool om in die kloof te gaan swem, maar ’n onderwyser vang hulle en die skoolhoof gee vir elkeen ’n pak slae. ’n Afgetrede bokser wat in die distrik kom boer, begin ’n klub op die dorp en soek plaaslike talent om te leer boks. Trompie kan sy geluk nie glo nie – hy het nog altyd daarvan gedroom om ’n beroemde bokser te word. Hy kry sy pa sover om vir hom boksskoene te koop, maar wanneer hy in ’n toernooi veg, vind hy uit dat hy nie noodwendig wêreldsklas materiaal is nie. Die sirkus kom na Kwaggaberg toe en ons held ontmasker hul kragman as ’n bedrieër. Hy kry die ingewing om geld te maak met sy eie sirkus wat hy in sy ouers se sitkamer hou terwyl hulle weg is. Onnodig om te sê, lei dit tot meer as een katastrofe. Die stof het skaars gaan lê wanneer Trompie lees van ’n dorpie in Brittanje waar ’n klipgooiende spook amok maak. Hy besluit net daar dis tyd om sy tuisdorp te laat regop sit.

  • Trompie die leier (#11)

    Trompie die leier (#11)
    Trompie die leier (#11)

    Die Boksombende het groot pret met ’n dooie slang wat hulle oor die straat trek om mense die skrik op die lyf te jaag, maar dan begin die nuwe skooljaar. Kwaggaberg se skoolhoof besluit twee graad tien-leerders moet as junior leerderraadslid gekies word en hierdie groot eer val Trompie en Katrien te beurt. Dit is egter nie altyd maklik om soveel verantwoordelikhede te hê nie – die Grootkaptein se drie manskappe maak die lewe vir hom moeilik, want hulle dink hy sal hulle oorsien as hulle die skoolreëls oortree en die senior leerderraadslede wil hom nie as een van hulle aanvaar nie. Om alles te kroon, beland ons held onskuldig in groot moeilikheid wanneer hy van misdaad verdink word en homself nie kan verdedig nie. Trompie laat ’n matriekseun sy vuiste proe, maar besef dan dat sy vegvernuf hierdie keer nie genoeg gaan wees om sy bas te red nie. Sal hy dit regkry om sy naam in ere te herstel of gaan hy uit sy skool geskors word?

  • Trompie die hanswors (#20)

    Trompie die hanswors (#20)
    Trompie die hanswors (#20)

    Trompie kan goed stemme naboots en hy besluit om die Boksombende ’n poets te bak deur hulle te bel en te maak asof hy hulle kwaai wetenskaponderwyser is. Trompie-hulle besluit om hulle toneeltalente uit te leef as die “Vier Mal Hansworse” en as daar ’n wêreldberoemde sirkus na die dorp kom, doen hulle hul bes om die sirkusbaas te beïndruk.

  • Trompie die alleenloper (#23)

    Trompie die alleenloper (#23)
    Trompie die alleenloper (#23)

    Trompie is smoorverlief op Rosa, maar die Boksombende is baie ongelukkig daaroor. Hulle het besluit hulle hou nie van meisies nie en hulle probeer hulle bes om vir Trompie te oortuig dat meisies net moeilikheid veroorsaak. Wat Trompie egter pla, is die feit dat hy nie die enigste ou op Kwaggaberg is wat verlief is op Rosa nie.

Author

Topsy Smith

Topsy Smith se karakter Trompie was vir die jongmense van sy era ’n rolmodel. Smith is een van die mees geliefde en suksesvolle jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie-reeks het ’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Related to Trompie

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Trompie

Rating: 3 out of 5 stars
3/5

6 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words