Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Trompie die rugbyreus (#12)
Trompie die rugbyreus (#12)
Trompie die rugbyreus (#12)
Ebook145 pages2 hours

Trompie die rugbyreus (#12)

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die dominee betrap die Boksombende wanneer hulle weer kattekwaad met sy mak bobbejaan wil aanvang en gee vir hulle ’n sweterige werkie in die pastorie se agterplaas. Trompie se suster staan op trou en hy dink skielik hy weet alles van die liefde af. Hy en sy vriende het baie pret op Anna se troudag, maar wanneer die gaste begin dans, beland ons held – hierdie keer onskuldig! – amper in groot moeilikheid. Die lewe op Kwaggaberg is nooit vervelig nie: Dawie koop ’n muntstuk waarmee jy mense poetse bak, Rooie kry ontsaglik tandpyn en Trompie verbeel hom hy is ’n galante heer. Maar dan begin die rugbyseisoen by die skool en die Springbokke speel boonop in ’n internasionale toetsreeks. Nou draai die seuns se lewens net om een ding – hul gunstelingsport. Min weet hulle watter groot verrassing en eer daar nog op hulle wag. Ons held gaan die kans kry om vir almal te wys hy is ’n ware rugbyreus!
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798154680
Trompie die rugbyreus (#12)
Author

Topsy Smith

Topsy Smith se karakter Trompie was vir die jongmense van sy era ’n rolmodel. Smith is een van die mees geliefde en suksesvolle jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie-reeks het ’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Read more from Topsy Smith

Related to Trompie die rugbyreus (#12)

Titles in the series (29)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Trompie die rugbyreus (#12)

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Trompie die rugbyreus (#12) - Topsy Smith

    Die Trompie-reeks

    1. Trompie

    2. Trompie die stouterd

    3. Trompie die soet seun

    4. Trompie die hoërskoolseun

    5. Trompie die dromer

    6. Trompie die speurder

    7. Trompie die kragman

    8. Trompie die hartedief

    9. Trompie die held

    10. Trompie die mooi seun

    11. Trompie die leier

    12. Trompie die rugbyreus

    13. Trompie die vegter

    14. Trompie die krieketspeler

    15. Trompie die filmster

    16. Trompie die sakeman

    17. Trompie die sportman

    18. Trompie die waaghals

    19. Trompie die rebel

    20. Trompie die hanswors

    21. Trompie die reisiger

    22. Trompie die kaptein

    23. Trompie die galante heer

    24. Trompie die atleet

    Inhoud

    Hoofstuk 1 – Die houtkappers

    Hoofstuk 2 – Trompie gesels oor die liefde

    Hoofstuk 3 – Die groot dag

    Hoofstuk 4 – Trompie en die muntstuk

    Hoofstuk 5 – Die Boksombende gaan tandarts toe

    Hoofstuk 6 – Trompie die galante heer

    Hoofstuk 7 – Trompie die Springbok

    Hoofstuk 8 – Die hoop van die toekoms

    12Tdie rugbyreus ICON.tif

    l

    Die houtkappers

    Kwaggaberg se dominee staan in die tuin en stop sy pyp toe hy die vier seuns en die hond op die sypaadjie sien aangestap kom. Daar speel ’n glimlag om sy mondhoeke.

    Dit is Trompie en sy vriende. Trompie stap heel voor. Sy hande is diep in sy broeksakke en hy loop en skop na klippe, blikke en graspolle – enigiets wat binne trefafstand is. Sy pet sit windmakerig skeef op sy ongekamde boskasie. Sy kouse lê op sy skoene en sy hemp hang agter by sy broek uit.

    Langs Trompie stap Rooie, ’n sterkgeboude knaap wat altyd kaalvoet is, behalwe in die kerk. Langs Rooie stap die lui, ernstige Blikkies. Sy kake beweeg soos gewoonlik ritmies op en af. Hy is besig om te kou. Hulle dominee sien ’n lang grasstingel wat by die hoek van Blikkies se mond uithang. Dit beteken Blikkies is platsak – anders sou hy kougom gekou het.

    ’n Entjie agter Trompie, Rooie en Blikkies drafstap die slimkop, Dawie. Hy is twee jaar jonger as sy drie vriende. Op die oomblik is hy besig om klippe te gooi sodat Trompie se hond, Boesman, hulle blaffend moet gaan haal en dan voor Dawie kom neersit.

    Die predikant kyk steeds glimlaggend na die vier lede van die beroemde (of miskien berugte) Boksombende. Hy hou van hierdie seuns. Hulle is miskien onnutsig en kom gereeld in die moeilikheid omdat hulle dinge aanvang wat hulle nie eintlik veronderstel is om te doen nie, maar hulle het nog nooit iets gemeens gedoen nie.

    Die seuns is nou naby die pastorie se hek. Hulle sien nie die dominee wat vir hulle staan en kyk nie.

    Trompie lig ’n vuil hand en hulle kom tot stilstand.

    Ek wonder hoe gaan dit met Dominee se bobbejaan, sê die Boksombende se Grootkaptein.

    Die ander bespiegel ook hieroor. Dominee kan elke woord wat hulle sê duidelik hoor.

    Die leraar sien hoe die seuns vinnig rondkyk. Dan hoor hy Trompie sê: Kom ons gaan kyk hoe lyk dinge met Kees.

    Die ander hou sommer dadelik van Trompie se voorstel. Dominee maak hom klein agter die boom naby die opening in die heining. Die seuns kyk versigtig rond, maar sien hom nie.

    Val plat! beveel Trompie.

    Almal maak so. Dan seil vier lywe oor die stowwerige grond. Vier vuil gesigte verskyn een ná die ander deur die opening. Dominee sukkel om sy lag te hou toe hy sien hoe elkeen eers versigtig rondloer om te sien of daar niemand in die pastorie se tuin is nie.

    Wanneer die seuns heeltemal tevrede is dat daar niemand is nie – hulle sien nog steeds nie die dominee agter die boom raak nie – lê hulle gemaklik en kyk na die manewales wat die bobbejaan uithaal.

    Kees sit bo-op die paal en is hard besig om agter sy oor te krap. Hy het die vier loerende gesigte nog nie gesien nie.

    Julle weet, sê Trompie ingedagte, dié bobbejaan laat my dink aan iemand wat ek ken...

    Wie’s dit? vra Dawie.

    Rooie, sê Trompie laggend. Kyk net hoe wikkel Kees sy tone – nes Rooie altyd doen!

    Probeer jy snaaks wees? vra Rooie vies.

    Trompie draai sy kop effens en kyk na Rooie se gesig langs hom.

    Nee, ek probeer nie snaaks wees nie, sê Trompie ernstig, maar sy ondeunde oë vonkel. Ek noem net ’n feit. En ek weet nie hoekom jy jou so daaroor vervies nie. Jy behoort geëerd te voel. Dis mos ’n mooi bobbejaan.

    Rooie snork vererg en besluit om Trompie liewer nie reguit te antwoord nie. Hy brom net iets van ouens wat kastig dink hulle is snaaks, maar die meeste van sulke ouens – hy sal nie name noem nie – is glad nie snaaks nie; hulle is net eenvoudig dom. Nog dommer as bobbejaan se kind daar op die paal.

    Dis ’n rukkie stil. Dominee loer agter die boom uit. Hy sien hoe die kêrels die bobbejaan betrag. Hy glimlag. Soos hy Trompie en sy vriende ken, gaan dit nie lank wees voor hulle tot aksie oorgaan nie.

    Onthou julle, sê Trompie, daai keer toe ons vir Kees van die paal afgepluk het om met hom te speel – en hoe hy toe ontsnap het?

    Sy vriende onthou dit baie goed. Hulle het die bobbejaan deur die dorp se strate gejaag en toe vlieg hy in by die kerksaal waar Dominee besig was om ’n groep vroue toe te spreek. Daar was chaos. Meer as een tannie het flou geval toe die vreesaanjaende optog – die bobbejaan voor, ’n klomp honde kort op sy hakke en die gillende seuns net agter die honde – by die saal instorm.

    Die seuns lag lekker wanneer hulle weer aan daardie snaakse dag dink.

    Ek wonder, sê Trompie, of ons weer...

    Maar dan gewaar Boesman die bobbejaan die eerste keer op die paal en begin hard blaf.

    Druk sy bek toe! sê Trompie.

    Blikkies is ook nie links nie en maak soos wat Trompie sê.

    Dominee sit miskien daar in sy studeerkamer, sê Trompie. Netnou hoor hy vir Boesman en kom stel ondersoek in.

    En as Dominee ons hier vang, sê Dawie, preek hy ’n hele uur lank spesiaal net vir ons...

    Dis te sê as hy ons nie sommer looi nie, brom Rooie.

    Hy sal nie, sê Trompie alwetend. Predikante en sulke goeters looi mos nie. Hulle preek net.

    Agter die boom sukkel Dominee om sy lag te bedwing.

    Wat wou jy sê voor Boesman begin blaf het? vra Dawie vir Trompie.

    Ek wou net sê ek wonder of ons nie miskien weer so bietjie pret met Kees kan hê nie.

    Terwyl die ander ook hieroor wonder, kyk hulle diep ingedagte na die bobbejaan wat dood op sy gemak daar op die paal in die sonnetjie na vlooie sit en soek.

    Ek wens hy wil afkom sodat ons hom van nader kan sien, sê Rooie.

    Wil jy sien hoe jý van naby lyk? vra Trompie spottend.

    Nee, sê Rooie gevat, ek wil sien hoe jou boetie lyk!

    Ek het nie ’n boetie nie! snou Trompie hom toe.

    Maar as jy een gehad het, sou hy nes die bobbejaan gelyk het! kap Rooie bitsig terug.

    Hou nou op, sê Dawie. Julle baklei verniet. Julle lyk vir my al twee nes Kees!

    Trompie en Rooie staan dadelik saam. Hulle vertel vir Dawie dat hy meer as net soos Kees lyk – sy maniere, sy gedrag en alles aan hom is op ’n haar na presies net soos die bobbejaan s’n.

    Ek dag ons het gesê ons gaan sien wat ons kan doen om pret met Kees te hê, kom Blikkies se lui stem. Hy spoeg die grashalmpie waaraan hy gekou het met ’n boog uit.

    Die seuns het nou genoeg op mekaar gepik. Hulle maak weer vrede.

    Uiteindelik sê Trompie: Kom ons gooi klippe sodat die bobbejaan daar kan afkom.

    Trompie se woorde is nog skaars koud, toe het elkeen al ’n klip in die hand.

    Ons sal moet opstaan om te gooi, sê Trompie. En onthou, moenie vir Kees raakgooi nie! Laat die klippe net verby hom fluit sodat hy kan skrik en van sy troon af klouter.

    Nadat die seuns weer versigtig geloer het of hulle niemand sien nie, kruip hulle heeltemal deur die opening in die heining en kom regop in die pastorie se tuin.

    Net Blikkies lê nog plat. Dit is sy werk om Boesman vas te hou.

    Trompie, Rooie en Dawie staan reg. Agter die boom staan Dominee ook reg.

    Ek tel tot by drie, sê Trompie, dan peper ons hom gelyk. Maar onthou nou – moenie vir Kees raakgooi nie!

    Rooie en Dawie knik hulle koppe. Hulle verstaan heeltemal.

    Een! sê Trompie.

    Die seuns trek hul arms terug.

    Twee!

    Hulle staan gereed om na die krappende, niksvermoedende bobbejaan te gooi.

    Trompie wil net Drie! roep toe Dominee hard en kwaai sê: En nou? Wat doen julle hier in my tuin?

    Die drie kêrels staan asof hulle versteen is – elkeen nog met ’n klip in die hand en die arms oorgehaal om te gooi. Blikkies loer van agter Boesman se rug wat aangaan. Die bobbejaan hou op vlooie jag en bekyk die petalje met ’n frons op sy gesig en skerp ogies.

    Trompie kry eerste beheer oor sy stembande.

    Huh... huh... stamel hy en gee ’n verleë laggie, huh... middag, Dominee. Trompie probeer sy pet beleefd lig, maar dit is nogal moeilik met die groot klip in sy hand. Hy maak sy hand oop om ongemerk van die ding ontslae te raak – maar die klip val op ’n stuk sinkplaat! Dit klink soos ’n donderslag.

    Huh... huh... lag Trompie verleë en sy vuil gesig vertrek soos wat hy sy bes doen om te glimlag.

    Rooie en Dawie besluit om sy voorbeeld te volg. Hulle wil tog nie met die klippe in hul hande staan terwyl Dominee se skerp, deurdringende oë op hulle rus nie.

    Doem! val Rooie se groot klip op die sinkplaat.

    Pieng! val Dawie se klein klippie.

    Drie harte klop wild – drie glimlagte verstar op drie vuil gesigte.

    Ek het gevra wat doen julle hier in my tuin, kom die predikant se stem weer streng, en ek wag vir ’n antwoord!

    Rooie en Dawie pomp Trompie feitlik gelyktydig in die ribbes. Hy is mos die Grootkaptein! Hy moet die praatwerk doen!

    Blikkies is besig om so suutjies en versigtig moontlik met Boesman agteruit by die opening in te seil. As hy net op die sypaadjie kan kom, kan hy opspring en vir die vale ooplê!

    Uit die hoek van sy oog sien Dominee hoe die seun se kop by die opening verdwyn.

    Blikkies! sê hy vinnig. Kom jy ook hier, knapie!

    Blikkies sug en skuif weer vorentoe. Hy kom staan gedwee langs Trompie-hulle. Boesman staan langs die seuns. Dit is asof hy aanvoel dat daar iets verkeerd is. Sy stert is tussen sy bene.

    Reg, laat ek nou hoor wat jy te sê het, Trompie.

    Die Grootkaptein sluk en dan begin hy vinnig praat. Daar is ’n effense glimlag om Dominee se mondhoeke. Hy ken mos vir Trompie. Wanneer die knaap op sy spraaksaamste is, is hy op sy skuldigste!

    Maar Trompie doen sy uiterste bes om so onskuldig moontlik te lyk. ’n Mens sou sweer daar hoort ’n stralekrans op sy kop.

    Die saak staan só, Dominee, verduidelik Trompie. "Ons hou van diere. Ons is goeie vriende met al die diere

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1