Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Trompie die hartedief (#8)
Trompie die hartedief (#8)
Trompie die hartedief (#8)
Ebook140 pages2 hours

Trompie die hartedief (#8)

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

’n Fotograaf kom die leerders by die skool afneem, en Trompie en sy manskappe besluit om nie soos al die ander vroom gesiggies op te sit nie. Hulle gaan kyk wie van hulle die lelikste bakkies kan trek. Maar die skoolhoof daag op wanneer ons held voor die kamera beland en hy kan nie maak soos hy belowe het nie. Sy drie maats beland in die moeilikheid en besluit om hom daarvoor te straf. Hulle gebruik die feit dat hy dink meisies is so mal oor hom om hul Grootkaptein ’n lelike streep te trek. Wanneer die Boksembende uiteindelik weer vrede maak, kan hulle die res van die dorp nie in vrede los nie en jaag Trompie se suster en ’n vriendin van haar lelik die skrik op die lyf. Hulle reël ook die Rugbywedstryd van die Eeu en moet boonop ’n onnutsige agtjarige knapie leer om mens te word. Trompie, Rooie, Blikkies en Dawie regeer beslis op Kwaggaberg!
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798154611
Trompie die hartedief (#8)
Author

Topsy Smith

Topsy Smith se karakter Trompie was vir die jongmense van sy era ’n rolmodel. Smith is een van die mees geliefde en suksesvolle jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie-reeks het ’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Read more from Topsy Smith

Related to Trompie die hartedief (#8)

Titles in the series (29)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Trompie die hartedief (#8)

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Trompie die hartedief (#8) - Topsy Smith

    Die Trompie-reeks

    1. Trompie

    2. Trompie die stouterd

    3. Trompie die soet seun

    4. Trompie die hoërskoolseun

    5. Trompie die dromer

    6. Trompie die speurder

    7. Trompie die kragman

    8. Trompie die hartedief

    9. Trompie die held

    10. Trompie die mooi seun

    11. Trompie die prefek

    12. Trompie die rugbyreus

    13. Trompie die vegter

    14. Trompie die krieketspeler

    15. Trompie die filmster

    16. Trompie die sakeman

    17. Trompie die sportman

    18. Trompie die waaghals

    19. Trompie die rebel

    20. Trompie die hanswors

    21. Trompie die reisiger

    22. Trompie die kaptein

    23. Trompie die alleenloper

    24. Trompie die atleet

    Inhoud

    Hoofstuk 1 – Die petalje met die foto’s

    Hoofstuk 2 – Trompie die hartedief

    Hoofstuk 3 – Die kermende geeste

    Hoofstuk 4 – Trompie die skilder

    Hoofstuk 5 – Die Springbokke teen die All Blacks

    Hoofstuk 6 – Die steurende element

    Hoofstuk 7 – Jantjie Patat word mens

    Hoofstuk 8 – Trompie in Johannesburg

    icon_08Tdiegrootminnaar.jpg

    1

    Die petalje met die foto’s

    Op die dorpie Kwaggaberg aan die voet van die berge word die dae korter en kouer. Dit is die begin van die winter en die tweede skoolkwartaal het pas begin.

    Daar is deesdae permanent ’n tevrede glimlag op die veertienjarige Trompie Toerien se sproetgesig. Dit is mos die rugbyseisoen en hy is as die onder-15-span se kaptein gekies.

    Hy het dit natuurlik verwag. Waar sal die ouens nou ooit iemand anders kry wat so ’n suksesvolle leier soos hy kan wees? Maar sy hart het nogtans vinnig geklop toe die groot dag aanbreek, die dag waarop die beroemde Hoërskool Kwaggaberg se onder-15’s vir ’n kaptein moes stem. Trompie, Rooie, Blikkies en Dawie, die beroemde, of dalk eerder berugte, Boksombende se lede, het verwoed na die ander ouens gegluur. Hulle moet goed verstaan wat met hulle sal gebeur as hulle nie vir Trompie stem nie.

    Trompie se onsekerheid en sy drie vriende se gebalde vuiste en hul woeste gegluur was heeltemal onnodig. Die span het soos een man vir Trompie as kaptein gestem. Hulle het nog nie vergeet hoe ’n gevaarlike senter hy verlede jaar was nie.

    Daar was net een ander voorstel teen Trompie, maar toe die seun sien hoe die Boksombende hom bekyk asof sy laaste dae aangebreek het, het hy vinnig opgespring en vir Ou Bles, die onder-15’s se afrigter, gesê hy stel nie daarin belang om kaptein te wees nie. Almal het hom gelukgewens met sy wyse besluit.

    Trompie kraai dus koning en hy is hoog in sy skik. Sy pet sit deesdae nog skewer en meer windmakerig as gewoonlik op sy ongekamde hare.

    Die Boksombende sit op kissies in die murasie van ’n ou waenhuis wat as hul fort dien. Hulle gesels oor rugby... oor hoe sterk hul skool se verskillende spanne vanjaar is en oor hoe die Springbokke vaar...

    Trompie is ’n blitsige senter; die lui, lakoniese Blikkies is ’n vleuel wat nie ’n bang haar op sy kop het nie en kan ooplê hoekvlag toe; Rooie is ’n eerbare en hardwerkende voorspeler wat verrassend vinnig is, maar dit is moontlik omdat hy altyd ’n voordeel bo die ander spelers het. Hulle speel in rugbystewels en hy nie. Rooie speel kaalvoet.

    Dawie is die enigste lid van die Boksombende wat nie rugby speel nie. Nee, soos Trompie dikwels smalend sê: Mamma se babatjie is mos ’n tennisspeler. Met ’n stokkie in die hand slaan hy die balletjies netjies oor die net.

    Maar Dawie steur hom nie aan die geterg nie. Hy is deesdae ook hoog in sy skik. Hy is weer terug by die huis en kan smiddae saam met sy drie maats deurbring. Sy ouers het verlede kwartaal in die Kaap gebly en toe was hy in die koshuis, beslis nie sy gunstelingplek nie.

    Dawie besluit hulle het nou genoeg oor rugby gesels. Hy sê skielik: Wat doen ons môre as daai fotograaf kom?

    Die ander drie dink nou oor hierdie probleem na.

    Daar sit Trompie. Hy rus gemaklik met sy rug teen die muur. Sy kouse lê op sy skoene, sy pet sit skeef op sy kop en sy hemp hang agter by sy broek uit. Sy sproetgesig frons om te kenne gee dat hy glad nie hou van die idee dat ’n fotograaf ’n foto van hom gaan kom neem nie.

    Hy loer onderlangs om te sien watter indruk hierdie gefrons op sy drie maats maak. Dit lyk nie of hulle hul daaraan steur nie. Elkeen is duidelik met sy eie gedagtes besig.

    Langs Trompie sit Rooie. Hy dink glad nie meer oor die probleem van die fotograaf nie. Rooie kyk aandagtig na sy wikkelende tone. Hy probeer om sy kleintoontjie oor die een langsaan te krul, sonder die hulp van ’n buitestander. Die kleintoontjie moet dit alleen doen. En dis nogal moeilik.

    Langs Rooie, vol uitgestrek op die gras, lê Blikkies. Hy stut sy kop op sy arms. Blikkies se kake beweeg ritmies op en af. Hy kou ’n grashalmpie, wat beteken hy is platsak, anders sou hy kougom gekou het.

    Langs Blikkies sit Dawie. Hy is amper twee jaar jonger as sy drie maats, maar hy is besonder skrander. Sy wakker oë skitter van genot en hy sê: Trompie, jy is mos ’n ou vir die meisies. Jy gaan seker ’n hele klomp foto’s koop om vir al jou bewonderaars te gee.

    Moenie simpel wees nie, snou Trompie hom toe.

    Dawie verseker Trompie hy probeer nie snaaks wees nie. Hy sê net wat hy dink. Dis mos maar al...

    Onthou, Dawie, sê Trompie sedig, ’n mens kan dink wat hy wil, maar ’n mens het nie die reg om sommer net te sê wat hy dink nie...

    Los nou die stryery. Blikkies spoeg sy grashalmpie met ’n boog uit. Kom ons besluit liewer wat ons môre met die fotograaf gaan doen.

    Die vier seuns is weer stil. Dan sê Rooie skielik: Kan ek my sê sê?

    Hulle verseker hom hy mag maar.

    Rooie se tone is nou stil; die kleintoontjie het die stryd gewonne gegee. Ek sê ons gaan nie soos ’n klomp ouvrouens saam met die ander ouens soontoe as die foto’s geneem word nie. Ons bly daar weg. Dis al wat ek sê.

    Dis ’n wyse besluit, sê Dawie kastig ernstig. Jy het natuurlik die gevaar ingesien...

    Die sterkgeboude Rooie loer agterdogtig na Dawie en dan mompel hy: Watter gevaar?

    Die gevaar dat die kamera sal bars...

    Jy bedoel die ding sal bars as hy my afneem? vra Rooie ontsteld en voeg dan smalend by: Hoekom gaan speel Mamma se babatjie nie tennis saam met die meisies en die sissies nie?

    Stil, julle twee! sê Trompie. Hy lig sy hand en sê ernstig: Van hierdie oomblik af, hier onder die blou hemel, is dit ’n amptelike vergadering. Dis wat dit is. Dis die enigste manier hoe ons gaan kan besluit wat om met die fotograaf te doen sonder dat ons aanhoudend baklei.

    Die ander sit nou regop. Trompie is altyd daarop gesteld dat alles stiptelik en volgens die regte prosedure moet geskied wanneer die Boksombende ’n amptelike vergadering hou. Hy is die Grootkaptein en hy dring daarop aan dat hulle hom reg aanspreek. Voor die verrigtinge begin, moet hy altyd ook eers tel of almal teenwoordig is.

    Trompie tel. Ja-nee, hy is tevrede. Al vier die Boksom-bende se lede is teenwoordig.

    Hy staan effens op sy tone om langer te lyk. Met ’n ernstige stem sê hy: Manne van die Boksombende, julle Grootkaptein het groot dinge om oor te gesels. Ons vergader vandag hier onder die blou hemel om te besluit of ons môre ons foto’s by die skool gaan laat neem, of nie. Gaan ons dit toelaat? Trompie slaan met sy regtervuis in sy linkerhand. Gaan ons wat al soveel gevare saam trotseer het, ons vier bekende manne, beroemde manne wat rotsvas teen die buitewêreld saamgestaan het, ons so verneder om soos papbroeke met mooi gekamde hare en mooi glimlaggies op ons bakkies te staan sodat daai man ’n foto van ons kan neem? Gaan ons dit toelaat? Dis die vraag! Ja of nee?

    Trompie gaan sit en mompel: Die saak is nou oop vir bespreking.

    Daar is nie veel bespreking nie. Rooie brom net: Daai ding sien my nie.

    Daai ding verwys vermoedelik na die afnemery.

    Blikkies versit sy grashalmpie behendig van die een kies na die ander en mompel: My ook nie. Dink hulle miskien ons is filmsterre of iets?

    En jy, Dawie? vra Trompie.

    Kaptein weet, ek hou ook nie van die idee om my foto te laat neem nie, sê Dawie en sy ondeunde oë vonkel, maar ek sien nie hoe ons dit kan ontduik nie. Die hoof het mos gesê daar word van almal foto’s geneem en dan, ná ons die foto’s gesien het, kan ons besluit of ons dit wil koop, of nie. So ons het nie ’n keuse nie: Ons sal soos ouvrouens daar moet gaan staan om afgeneem te word. Maar ek het ’n plan...

    Wat? vra sy drie maats amper tegelyk.

    Dawie verduidelik in ’n fluisterstem. Hulle moet ewe gedwee op die stoel voor die kamera gaan sit, maar nes die ou die foto neem, moet hulle die lelikste gesig moontlik trek.

    Hy meen dit sal nogal pret wees om te sien wie die lelikste bakkies getrek het wanneer hulle uiteindelik die foto’s sien. Dawie word hard op die skouer geklop en met sy skitterende plan gelukgewens.

    Rooie is egter vies toe Dawie kastig onskuldig vir hom sê dat hy natuurlik nie eers ’n lelike gesig hoef te trek nie. Hy moet maar net doodstil sit, reguit na die kamera kyk en glimlag, dan sal hy beslis die kompetisie vir die een met die lelikste bakkies wen!

    Die volgende dag by die skool is al die leerders besonder netjies aangetrek. Die seuns dra wit hemde en dasse. Almal se hare is mooi gekam en hulle lyk op hul beste, behalwe Trompie, Rooie, Blikkies en Dawie. Hulle lyk soos gewoonlik nie besonder skoon nie, maar darem ook nie juis vuil nie, net so effens slordig, veral Trompie en Rooie.

    Met minagting op hul gesigte kyk die vier na die ander leerders in hul klas.

    Ek wonder of hulle dink hulle lyk oulik? brom Rooie.

    Uiteindelik daag die fotograaf op en begin foto’s neem. Ses leerders gaan op ’n slag uit. Hulle sit dan om die beurt op ’n stoel teen ’n muur en die fotograaf neem hulle een vir een af. Dit neem net ’n paar minute, dan is die leerders weer terug in die klas. Dan gaan die volgende groepie. So word die hele skool afgeneem.

    Uiteindelik kom Trompie se klas aan die beurt. Die kinders word nog steeds in groepies van ses na die fotograaf toe gestuur. Trompie sit agter teen die muur en val ongelukkig nie in Dawie, Blikkies en Rooie se groep nie. Hy mompel vinnig: Moenie vergeet nie: trek skewe bekke, hoor.

    Hulle verseker hom hulle sal so maak.

    Toe hulle terugkom, is die drie dik van die lag. Hulle vertel vir Trompie hoe hulle hul gesigte getrek en die fotograaf dit nooit eens agtergekom

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1