Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Hoofseun Richard #7
Hoofseun Richard #7
Hoofseun Richard #7
Ebook231 pages2 hours

Hoofseun Richard #7

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Richard Serfontein, oudste seun van doktor Serfontein, word hoofseun van die gewilde Keurboslaan Seunskool. Dit is nie ‘n maklike taak nie, omdat hy onder geen omstandighede die indruk wil skep dat sy pa hom voortrek nie. Hy is die skakel tussen die seuns en die hoof en nie tussen die skool en sy pa nie. Dinge word egter gou baie moeiliker as wat hy verwag het. Sy pa besluit om vier seuns tot die skool toe te laat wat weens wangedrag deur die owerheid in ‘n spesiale inrigting geplaas is. Hy is oortuig dat die seuns in die regte atmosfeer en onder goeie toesig vordering sal maak. Die leerders en onderwysers is egter baie bang dat die eksperiment nadelig kan wees vir die goeie naam van die skool. Richard word as hoofseun met die moeilike taak belas om die regte verhouding tussen die nuwelinge en die ander seuns te handhaaf.
LanguageAfrikaans
Release dateApr 28, 2011
ISBN9780798153836
Hoofseun Richard #7

Read more from Theunis Krogh

Related to Hoofseun Richard #7

Related ebooks

Related articles

Reviews for Hoofseun Richard #7

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Hoofseun Richard #7 - Theunis Krogh

    1

    DIE NUWELING

    Jurie Verryne word persoonlik deur meneer Pretorius, die proefbeampte, na die stasie geneem. Al is hy reeds veertien jaar oud en kom hy uit ’n verbeteringskool, gaan doktor Serfontein hom nou by Keurboslaan Seunskool inneem. Hoekom die hoof dit doen, is nog ’n raaisel, maar Jurie stap in die skool se amptelike drag by die stasiegebou in. Hy het ’n tas vol nuwe klere en ’n bietjie sakgeld.

    Sien jy die seuns wat ook roos-en-grys kleurbaadjies dra? Volg hulle maar net, sê meneer Pretorius. Jou trommel is vooruit gestuur. Tot siens, Jurie, en laat ons net die beste van jou hoor. Die lewe lê oop voor jou.

    Jurie weet nie hoe om te antwoord nie. Dan vang sy oë ’n foto op die voorblad van die koerant in meneer Pretorius se hand.

    Die onderskrif sê die polisie soek na ene David Glennis. Die foto is van ’n jong man wat hom aan diefstal, inbraak en poging tot moord skuldig gemaak het. Die skuldige is heel aantreklik, met fyn gelaatstrekke. Net sy oë staar effens abnormaal na die kamera.

    Jurie kom agter meneer Pretorius sien waarna hy kyk en lyk baie ernstig. Dis waarheen onverantwoordelikheid lei, sê die proefbeampte.

    Ja, meneer.

    Meneer Pretorius stap weg sonder om weer te praat, en Jurie volg ’n klompie seuns wat voor hom stap. Hulle gaan by ’n trap af en weer by ’n ander een op na die perron vanwaar die trein na Breyten sal vertrek.

    Hier hardloop, roep en stoei die seuns. Laggende stemme klink oral op.

    Haai, Ryno! hoor Jurie.

    Hy sal later leer hierdie lid van die groot Serfontein-familie se naam is eintlik Rynault.

    Rynault is ’n seun van die hoof se broer Edward, ’n mediese dokter. Hy het donker hare en swart oë wat soms regdeur ’n mens kan kyk.

    Haai, Theo! sê hy. Het jy dalk my ellendige boetie gesien?

    Daardie Denys-mannetjie? vra Theo Killian, wat soos so baie Keurboslaners ’n voormalige leerling se seun is. Nee. Ek het genoeg moeite met my eie ellendige boetie.

    Van Rensburg is darem al twaalf. Denys is maar net nege en ek moet heeltyd agter hom aan hardloop terwyl ouboet Jan hom regmaak om volgende jaar hoofseun te wees.

    Dis ’n mooi grap met julle Serfonteins, spot Killian. Kyk net hoe kies doktor sy eie seuns die een ná die ander as hoofseun.

    My oom kan maak soos hy wil. Hy besit elke korreltjie sand om daardie skool en niemand kan hom rondbeveel nie.

    Nee, en as die inspekteurs kom, is dit gewoonlik oudleerlinge van hom, so al wat hulle sê is: ‘Ja, doktor’ en ‘Reg, doktor.’ Niemand waag dit ooit om ‘Nee, doktor’ te sê nie!

    Beyers Serfontein, die beroemde snydokter Martin Serfontein se seun, kom aangedraf. Haai! Was die tweeling hier by julle? vra hy.

    Nee. Hier kom hulle nou uiteindelik.

    Ben en Klaas Serfontein, veertien jaar oud soos die ander van hulle groep, is die hoof se tweelingbroers, die bekende wiskundiges Frans en Emil, se seuns. Die pa’s het met susters getrou. Dit was ’n dubbele bruilof en die seuns is ’n jaar later byna op dieselfde datum gebore. Hulle lyk so verbasend baie na mekaar met hulle ligte hare en blou oë – wat nie kenmerkend van die Serfonteins is nie – dat hulle die tweeling genoem word. Die neefs gee nie om nie, want hulle is in elk geval omtrent altyd by mekaar.

    Jurie staan eenkant en bekyk al die seuns. Hulle het nog nooit enigiets kortgekom nie. Hulle moes hulle oë nog nooit vinnig laat sak as iemand vir hulle kyk nie. Wat sal hulle dink van sy tuiste wat so armoedig is, van sy pa wat kort-kort werkloos is en sy ma wat haar so vir al hulle kinders afsloof?

    Hier’s die uitverkorenes! skree iemand bo die geraas.

    Ongeveer elf jong mans het met die trap opgekom.

    ’n Mens moet ’n paar keer kyk om seker te maak hulle is nie onderwysers nie. Net die skooldasse wys hulle is leerlinge. Almal is groot en sterk ná al die jare op Keurboslaan waar soveel klem op liggaamlike opvoeding gelê word. Die groep het reeds ’n kwartaal se diens agter die rug, en word as die beste span prefekte in baie jare beskou.

    Die grootste van almal sou in enige geselskap aandag trek. Richard Serfontein, die sewentienjarige hoofseun, is besonder lank, nes sy pa. Hy het sy pa se klassieke gelaatstrekke en die Serfonteins se swart oë. Maar hy het sy ma se goudgeel hare geërf. Dis ’n besondere kleur wat in helder lig soos gepoleerde metaal skyn. By al hierdie uitsonderlike eienskappe is daar egter ook tekens van stille skugterheid in Richard se houding.

    Jurie kyk na hom en kan nie ophou staar nie. Dis die eerste keer dat hy so iemand teëkom.

    Die trein beweeg stadig in en ’n gestoei ontstaan om by maats uit te kom. ’n Prefek wat amper so lank soos Richard is, maar met ’n effense slap houding wat iets van sy lengte afneem, blaas op ’n fluitjie en kry ’n mate van orde totdat die trein stil staan.

    Volgens graad, sê Richard met ’n besonder diep manlike stem. Hy het nie nodig om hard of kwaai te praat nie. Klim van die voorkant af in die waens.

    Buitengewoon ordelik gehoorsaam almal totdat net die prefekte, Jurie en drie ander seuns op die perron oorbly.

    Ruys, gaan kyk of die ander passasiers darem plek kry, sê Richard. Daar is nooit baie op dié nagtrein nie, maar nogtans. Daan, gaan jy saam.

    Ruyssenaer knik sy kop en klim in die trein saam met Daniël Krynauw, ’n blonde sewentienjarige wie se oom, dokter Eugene Krynauw, die hoof se aangetroude neef en intiemste vriend is – as doktor Serfontein ooit met enigeen intiem kan raak.

    Stil! Hier kom hy! hoor Jurie van die vensters waar ’n klomp seunskoppe uitsteek.

    Keurboslaan se hoof lyk nog net soos altyd: groot, sterk, lenig en tot in die kleinste besonderheid korrek aangetrek. Sy gesig is baie aantreklik, al is die uitdrukking streng.

    Die prefekte staan beskeie voor hom en sê bedees: Goeienaand, doktor.

    Goeienaand, sê hy met ’n diep stem net soos Richard s’n. Alles in die haak?

    Ja, doktor, sê Richard.

    Is die vyf nuwe seuns hier?

    Net vier, doktor. Lourens Joubert het nie opgedaag nie. Dominee Borneman het Logan self gebring.

    Jurie sien die ander nuwe seuns nou eers raak.

    Hulle is anders as dié wat by die vensters uitleun. Hulle kyk niemand in die oë nie.

    Jurie kyk maar weer na die hoof. Hy weet nie hy skep ’n goeie indruk met sy gesonde kleur en reguit blik nie.

    Hierdie man is doktor Roelof Serfontein!

    Jurie het baie oor hom gelees in die brosjures wat doktor André Smit vir hom gestuur het sodat hy ’n blik op sy nuwe lewe kon kry. Smit het hom ondersoek om seker te maak die seun sal sy groot kans ten volle kan benut. Hierdie doktor Serfontein was in sy jong dae ’n bekende sportman. Hy is nou wêreldbekend as skrywer en het ’n fortuin by sy peetpa in Amerika geërf. Nogtans staan hy hier op die stasie en kyk die vier onbekende seuns aan asof hulle werklik van belang is.

    Wie is Verryne? vra hy.

    Ek, doktor, kom dit byna fluisterend van Jurie.

    Die hoof weet alles van sy verlede. Wat dink hy van iemand soos ek, wonder Jurie. Hy weet nie hoe dit gebeur nie, maar skielik vang Jurie Richard se blik, en sonder om te verstaan hoe, weet hy wat Richard vir hom probeer sê.

    Jurie lig sy kop en kyk reguit, maar nie voorbarig nie, in die hoof se oë.

    Doktor Serfontein se wenkbrou flikker effens en daar kom ’n sweempie van ’n glimlag oor sy gesig.

    Jurie sal nog leer hierdie twee dinge gebeur selde gelyktydig, maar nou laat dit hom kalmer voel. Die hoof weet wie en wat hy is, maar het nogtans hoop vir hom.

    Loggenberg.

    Die seun wat vorentoe kom, is verbasend groot. Hy het reeds skouers soos ’n man s’n en sy arms is buitengewoon lank. Sy kop is geboë en hy loer stuurs onder sy wenkbroue uit. Sy hele voorkoms laat ’n mens aan ’n bobbejaan dink. Dis snaaks dat so ’n ou uit ’n bevoorregte huis kom, dink Jurie.

    Welkom, Loggenberg, sê die hoof streng, maar vriendelik.

    Die klein ogies kyk skuins op en dan dadelik weer af. Dankie, doktor, sê ’n skor stem.

    Logan.

    ’n Tingerige seun tree huiwerig en doodsbleek vorentoe.

    Goeienaand, sê die hoof.

    Dit lyk eers of Logan so lam van vrees is dat hy nie gaan antwoord nie, maar hy kry darem ’n geluid uit.

    Nou kyk die hoof na die vierde seun. Jy is dus Alberts?

    Hierdie seun is lenig en fyn gebou. Hy het ’n gesig wat aantreklik kon wees, maar nie is nie, besluit Jurie wat onverwags ’n sterk weersin vir hom voel. Alberts se ligte blou oë is groot en wakker. Hulle knip skaars, asof hy nie kan bekostig om vir ’n oogwenk nie te weet wat aangaan nie. Hy is glad nie skaam nie. ’n Mens weet sommer dis nie skugterheid wat hom nie hoër as die hoof se boonste baadjieknoop laat kyk nie.

    Goeienaand, doktor, sê hy ewe dapper.

    Goeienaand, sê die hoof. Klim maar op.

    Julle ry in my kompartement, sê Richard.

    Jurie se oë straal, al voel hy ongemaklik.

    Dis die eerste keer dat hy in ’n trein ry en hy weet nie presies wat om te doen nie.

    In die kompartement is die ses beddens reeds opgemaak.

    Daar is nie nou plek om te sit nie, sê Richard. Dis buitendien laat en slapenstyd. Die badkamer is aan die punt van die gang.

    Toe hy weg is, kyk die nuwe seuns mekaar in stilte aan.

    Wel, sê Alberts tevrede, sover lyk alles goed.

    Die blou oë som die ander op.

    Julle lyk verniet so verskrik, sê hy dan. Ek sal ons al vier oppas.

    Niemand antwoord nie.

    Jurie verstaan nie hoekom hierdie seun wat seker so bevoorreg soos al die ander Keurboslaners is, hom so ’n koue krieweling laat voel nie.

    Wat draai julle so? vra Ruyssenaer se verveelde stem skielik by die oop deur. Hoe kan grootmense slaap terwyl speenvarkies nog ronddrentel? Trek uit en kom vir die nag uit die pad.

    Moet ons regtig uittrek? vra Alberts.

    As jy môre nie heeltemal verkreukel wil lyk nie.

    Ruyssenaer leun gemaklik teen die deur totdat die nuwe seuns gereed is vir bed.

    Boonste banke, julle, sê hy dan. Een enkele woord tot môre-oggend en ek hamer julle harsings met my skoen se hak uit.

    Al dreig Ruyssenaer hulle, verander sy gesigsuitdrukking en verveelde stem nie in die minste nie, en Jurie lag onverwags hardop.

    ’n Slaperige oog bekyk hom van onder ’n swaar ooglid. Wat’s jou naam nou weer?

    Verryne.

    Wel, daar was eenkeer ’n Verryne wat vir my gelag het. En waar dink jy is hy nou?

    Ek … weet nie …

    Nee, en baie ander mense weet ook nie. Vra maar gerus vir die nagwind wat oor sy hopie verbleikte bene suis …

    Oefen jy vir ’n toneelstuk? vra Richard se kalm stem agter hom.

    Daardie vent lag vir my. Dis sleg vir my kompleks.

    As jy ’n kompleks het, vat hom na die skool se sielkunde-afdeling toe, raai Richard hom aan terwyl hy iets uit sy tas haal. Sal jy hier bly tot ek terugkom?

    Natuurlik. Ek wil mos slaap, hier op my gemaklike bank. Wie is dié kwartaal in bevel van die sielkunde-afdeling? Nog steeds Spaulding?

    Blykbaar, ja.

    Uit die omgewing van Ruyssenaer se skoene styg ’n diep bas-gelag, so dreigend soos dié van ’n monster in ’n fliek.

    Agtermekaar! sê hy.

    ’n Paar minute later kyk die hoof op van die tydskrif waarin hy lees.

    Richard staan in sy koepee se oop deur met ’n termosfles en ’n koppie.

    Het Pa iets nodig? vra hy.

    Niks nie, dankie.

    Ek het Mamma belowe om te sorg Pa gaan slaap, maar ek het nie die hart nie. Ek weet hoe geniet Pa dit om trein te ry en te kan lees sonder dat iemand kom pla.

    Behalwe my hoofseun.

    Nie een van hulle glimlag nie, maar dis onnodig. Hierdie twee sê baie met hulle swart oë.

    Is iemand by die nuwe seuns?

    Ruys is daar.

    Dis beter as Alberts voorlopig niemand alleen onder oë kry nie.

    Reg so … Mag ek vir ’n oomblik inkom? Ek het Mamma oor die foon belowe om vir Pa hierdie warm drankie te gee. Sy vergeet nooit Pa was eenkeer baie siek nie, en dit het met spysvertering te doen gehad.

    Dit was voor Josef se geboorte, en hy is nou al negentien.

    Nogtans. Kom, dis nie sleg nie.

    Nou ja, sug die hoof en sluk die warm vloeistof soos medisyne weg. Ek is jammer julle prefekte gaan bo en behalwe julle gewone pligte nog hierdie nuwe seuns ook moet bystaan.

    Ons sal regkom … Ruys weet, niemand anders nie.

    "Elkeen is ’n spesiale probleem. Joubert wat eers môre sal opdaag, is net ’n bedorwe brokkie … Maar Verryne is weens ’n tekort aan geld en ruimte, met soveel jonger kinders, feitlik op straat uitgestoot. Daar het hy allerhande klein misdade gepleeg … Logan se grootouers het hom so gruwelik mishandel dat hy kleptomanie ontwikkel het. Ons het dit destyds met Karl Goosen ook ondervind en hy het uitstekend herstel, maar hy was liggaamlik veel sterker as hierdie seun.

    Loggenberg gebruik sy abnormale krag om gedurig gewelddadig op te tree. Sy ouers is goeie mense, maar baie arm. Die pa is effens geestelik minderwaardig … En Alberts was die jongste lid van die Glennis-bende wat nou opgebreek is. Die leier het in dieselfde weeshuis as Alberts grootgeword en hy het die jonger seun altyd opgepas. Hy het hom daar kom wegsteel. Gelukkig het een van die bendelede na die polisie gegaan, en Alberts is toe gevang. Hierdie vier is almal besonder intelligent. Ons wil sien wat ’n goeie geleerdheid en opvoeding vir hulle kan doen.

    Pa het darem nou baie gepraat, terg Richard.

    Dis omdat ek dit nie alles weer wil herhaal nie. Gaan slaap nou.

    Van Breyten-stasie af ry die skoolseuns nog ’n hele ent pad per bus.

    Jurie verkyk hom aan die landskap toe hy uitklim. Berge verrys rondom hom. Die slapende reuse ontplooi die een ná die ander, pers op die voorgrond, verder weg blou en uiteindelik ligpers. Oral kabbel bergstroompies, en ’n rivier krul by die skool verby en vorm ’n paar swemkuile. Daar is ook ’n pragtige swembad.

    Die skool staan op ’n rant. Die afgelope vyf jaar is hier heelwat aangebou. Die gebou bestaan nou uit ’n groot vierkant met ’n oop binnehof en pilaregang. Verder weg steek ander dakke bokant die lower uit. Dis onder meer die hoof se huis en die een waar die ongetroude onderwysers bly.

    Binne die gebou stap die vier nuwe seuns haastig agter Richard aan, deur wye gange waar jy jou eie voetstappe hoor eggo, en dan met ’n breë trap na bo.

    Die hoofseun maak ’n deur oop. Dis julle slaapkamer, sê hy.

    Jurie se mond val oop.

    Daar is agt beddens in die kamer. By die een bed is daar ’n skerm en ’n tafellamp.

    Dis my bed, sê Richard toe hy Jurie daarna sien kyk. As julle iets wil weet, vra vir my. Nadat die ligte af is, mag julle met niemand anders praat nie.

    Ja … e … stotter Jurie.

    Richard help hom reg.

    Jy spreek prefekte op hulle vanne aan.

    Alberts is nie op sy mond geval nie.

    Baie gerieflik, sê hy uit die hoogte. "Dit lyk net bietjie koud met al die wit verf en

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1