Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vlug 527
Vlug 527
Vlug 527
Ebook152 pages2 hours

Vlug 527

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hierdie verhaal vertel die verhaal van Kaptein Danie Viljoen wat vir Orion Lugdiens werk. Danie was 'n offisier in die lugmag waar hy menigte jong veg vlieëniers opgelei het en hy was baie goed in dit wat hy gedoen het. Nogtans het hy baie gewonder hoe hy sou vaar in 'n nood situasie as hy die raad wat hy vir sy studente gegee het, self moes toepas.

Toe Kaptein Riaan de Jong hom dus vra om vir hom in te staan as Kaptein op sy vlug saam met Eerste Offisier Marelize Van Niekerk, was die versoek geensins ongewoon nie. Hy het dit tog immers al baie gedoen, maar daar geen manier wat hy sou kon weet wat die dag alles met hom sou gebeur of op watter maniere hy getoets sou word nie.

Wat begin het as 'n normale roetine vlug van Johannesburg na die Kaap het baie gou ontaard in 'n nagmerrie vlug waar mense tot die uiterste getoets sou word. Nie net die wat op die vliegtuig was nie, ook die wat op die grond was, want vir baie was dit hulle eerste ondervinding in 'n noodgeval.

Die verhaal van Vlug 527 is 'n verhaal vol allerhande wendings en verrassings! Hierdie verhaal gaan u op die punt van u sitplek hou van begin tot einde. Maak dus u sitplekgordel vas en maak gereed vir die rit van u lewe!

LanguageAfrikaans
Release dateJul 11, 2017
ISBN9781928401445
Vlug 527
Author

Nico Visagie

I am an author who stays in Pretoria, South Africa. I love reading and I design airport addon scenery for Microsoft Flight Simulator, Lockheed Martin Prepar3D and Laminar Research X-Plane.

Related to Vlug 527

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Vlug 527

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vlug 527 - Nico Visagie

    VRYWARING

    Alhoewel die idee vir hierdie boek kom van ʼn werklike insident wat plaasgevind het in Miami, Florida op 5 Mei 1983, is die storie in hierdie boek ʼn werk van fiksie. Name, karakters, plekke, en voorvalle is óf produkte van verbeelding van die skrywer óf is denkbeeldig gebruik. Enige ooreenkoms met werklike persone, lewende of dooie, gebeure, of lokaliteite is heeltemal toevallig.

    Alhoewel ʼn insident soos wat in hierdie boek uitgebeeld word moontlik is, is dit hoogs onwaarskynlik dat dit in die werklikheid sal gebeur. Hierdie boek en die gebeure in hierdie boek, is ʼn werk van fiksie.

    BEDANKINGS

    Trevor Arnold  Baie dankie vir jou hulp om al my vrae te beantwoord.

    Mariska Visagie My liefdevolle vrou; vir jou bystand en  voorstelle.

    Jesus Sonder Jou sou ek hierdie boek nooit kon afhandel nie!

    KOPIEREG

    Geen gedeelte van hierdie boek mag in enige vorm of op enige elektroniese of meganiese middel insluitend inligting stoor en herwinning stelsels gekopieer word, sonder skriftelike toestemming van die skrywer nie. Die enigste uitsondering word aan resensente verleen, wat kort uittreksels mag aanhaal in ʼn resensie.

    © 2017 Nico Visagie (info@nicovisagie.co.za)

    http://www.nicovisagie.co.za

    ISBN:  978-1-928401-43-8

    Epub:  978-1-928401-44-5

    Omslagontwerp deur Nico Visagie

    Voorblad grafika verskaf deur www.pixabay.com

    VOORWOORD

    Hierdie verhaal vertel die verhaal van Kaptein Danie Viljoen wat vir Orion Lugdiens werk. Danie was ʼn offisier in die lugmag waar hy menigte jong veg vlieëniers opgelei het en hy was baie goed in dit wat hy gedoen het. Nogtans het hy baie gewonder hoe hy sou vaar in ʼn nood situasie as hy die raad wat hy vir sy studente gegee het, self moes toepas.

    Toe Kaptein Riaan de Jong hom dus vra om vir hom in te staan as Kaptein op sy vlug saam met Eerste Offisier Marelize Van Niekerk, was die versoek geensins ongewoon nie. Hy het dit tog immers al baie gedoen, maar daar geen manier wat hy sou kon weet wat die dag alles met hom sou gebeur of op watter maniere hy getoets sou word nie.

    Wat begin het as ʼn normale roetine vlug van Johannesburg na die Kaap het baie gou ontaard in ʼn nagmerrie vlug waar mense tot die uiterste getoets sou word. Nie net die wat op die vliegtuig was nie, ook die wat op die grond was, want vir baie was dit hulle eerste ondervinding in ʼn noodgeval.

    Die verhaal van Vlug 527 is ʼn verhaal vol allerhande wendings en verrassings! Hierdie verhaal gaan u op die punt van u sitplek hou van begin tot einde. Maak dus u sitplekgordel vas en maak gereed vir die rit van u lewe!

    INHOUD

    VRYWARING

    BEDANKINGS

    KOPIEREG

    VOORWOORD

    HOOFSTUK 1

    HOOFSTUK 2

    HOOFSTUK 3

    HOOFSTUK 4

    HOOFSTUK 5

    HOOFSTUK 6

    HOOFSTUK 7

    HOOFSTUK 8

    HOOFSTUK 9

    AFLOOP

    HOOFSTUK 1

    Dis laat aand en die Boeing 737-400 van Orion Lugdiens daal oor die dorp Wolseley op pad na Kaapstad Internasionale Lughawe.

    Agter die stuur van die vliegtuig sit Kaptein Danie Viljoen. Hy is vyf-en-dertig jaar oud en vlieg al tien jaar vir Orion Lugdiens. Langs hom in die medevlieënier sitplek sit Eerste Offisier Stefan Bekker. Stefan is 23 jaar oud en vlieg al amper ʼn jaar vir Orion Lugdiens.

    Stefan druk die knoppie op die stuurstok van die vliegtuig in om met  lugverkeer te gesels: Goeie Naand Kaapstad Nadering, dis Orion Drie Nul Sewe met jou dalend deur 20,000 vir 10,000 voet.

    Die kontroleur se stem kom dadelik oor die lug terug: Orion Drie Nul Sewe, goeie naand, ek het julle onder radar beheer, gaan voort met julle nadering; verwag aanloopbaan een nege by Kaapstad vir die landing.

    Die see van stadsliggies kan in die verte gesien word soos die stad al hoe nader skuif.

    Hoe lank vlieg Kaptein al? vra Stefan.

    Vandat ek sestien jaar oud is, antwoord Danie.

    Sjoe, maar dis lank, onderbreek Stefan.

    "My pa het ʼn Piper J3 Cub op die plaas gehad en ek het hom geleer vlieg," gaan Danie voort.

    Ek het gehoor hulle is nogal moeilik om te land, sê Stefan.

    "As jy die Cub wil vlieg, dan moet jy leer om ʼn drie punt landing te kan doen en dis waarmee meeste mense sukkel, maar as jy eers daardie kunsie bemeester het, dan sal jy nooit weer enige iets anders wil vlieg nie! Wat ek van die Cub hou is dat alles nog outyds is. Daar is geen elektronika in is soos in vandag se vliegtuie nie. Alles is nog meters en kabels soos in die ou dae. Niks wat jou oor afhanklik kan maak op elektronika nie," antwoord Danie.

    Die kontroleur se stem oor die radio onderbreek die mans voor hulle verder kan gesels: Orion Drie Nul Sewe, daal verder tot op 3,200 voet.

    Danie besef dat hulle sopas oor die Worcester berge gevlieg het. Van hier af gaan hulle daal tot hulle oor Tygerberg koppie gaan vlieg.

    Die see van stadsliggies voor Danie is asemrowend, maar hy het min tyd om hom daaraan te verwonder. Die landing is een van die besigste tye vir die vliegbemanning van enige vliegtuig.

    Om ʼn vliegtuig op ʼn groot internasionale lughawe te land is soos om in besige stad verkeer te beland nadat jy lang pad gery het. Jy moet mooi luister na die radio as daar instruksies uitgesaai word waarop jy moet reageer.

    Drie duisend twee honderd voet vir Orion Drie Nul Sewe, antwoord  Stefan terwyl hy die verstellings op die outomatiese loods doen. Die vliegtuig begin dadelik verder daal.

    Terwyl die vliegtuig daal, vat Stefan die mikrofoon om met die passasiers kajuit te gesels: Sal die vlugbemanning asseblief hulle sitplekke neem vir die landing.

    Die lugverkeer kontroleur se stem kom weer oor die lug: Orion Drie Nul Sewe, bring vir my julle spoed af na twee een nul knope vir spasiëring.

    Twee een nul knope vir Orion Drie Nul Sewe, herhaal Stefan die instruksie terwyl hy die nodige verstellings op die outomatiese loods doen.

    Die vliegtuig daal nou deur 5,000 voet.

    Ek het beheer, sê Danie en skakel die outomatiese loods af.

    ʼn Alarm weerklink deur die stuurkajuit om die vlieëniers te laat weet dat die outomatiese loods afgeskakel is. Stefan druk die knoppie om die alarm stil te maak.

    Danie bring die spoed van die vliegtuig nog verder af.

    Flappe vyf, vra hy.

    Flappe vyf, herhaal Stefan en skuif die hefboom wat die flappe beheer na die vyf grade posisie.

    Orion Drie Nul Sewe, draai links rigting twee twee nul grade, julle is nommer twee vir die nadering agter ʼn Airbus A320, kontak Kaapstad Toring op een een agt punt een sodra julle ongelyn is met die aanloopbaan, sê die lugverkeer kontroleur.

    Links na twee twee nul grade en Kaapstad Toring op een een agt punt een vir, Orion Drie Nul Sewe, goeie naand, antwoord Stefan.

    Danie draai die vliegtuig in die nuwe rigting.

    Flappe tien, vra hy kort daarna.

    Flappe tien, herhaal Stefan terwyl hy die flappe hefboom verstel na die tien grade posisie.

    Hy stel die vliegtuig se radio in op die nuwe frekwensie en roep dan: Kaapstad Toring, dis Orion Drie Nul Sewe, vyftien kilometer noord van aanloopbaan een nege.

    Orion Drie Nul Sewe, gaan voort met julle nadering. Julle is nommer twee agter ʼn Airbus A320, antwoord die beheertoring.

    Orion Drie Nul Sewe, ons het die Airbus in sig, sê Stefan.

    Orion Drie Nul Sewe, volg die Airbus, julle is nommer twee, antwoord die beheertoring.

    Die vliegtuig bereik sy nuwe vlieghoogte van 3, 200 voet en Danie stoot die enjin kontroles effens vorentoe om die daling van die vliegtuig te stuit terwyl hy die vliegtuig draai om dit met die aanloopbaan op te lyn.

    Skielik gaan ʼn alarm af en ʼn rooi gevaar liggie begin op die paneelbord begin te flikker.

    Danie se opleiding neem instinktief oor. Hy kyk na die enjin instrumente en daarna na die baie knoppies in die dak. ʼn Rooi liggie brand by een van die knoppies.

    Ons het ʼn brand in Enjin Twee, sê hy.

    Stefan druk die knoppie om die alarm stil te maak en gryp daarna sy boek met nood prosedures. Hy soek vinnig die regte afdeling en begin daarna om die kontrolelys vir nood prosedures hardop te lees.

    Enjin Twee luier, sê hy terwyl hy die hefboom wat die enjin beheer heeltemal terug trek.

    Ek draai haar na regs, sê Danie terwyl hy die vliegtuig se neus ʼn paar grade na regs draai. Hiermee kompenseer hy vir die verlies in stukrag van die enjin wat nou geen krag lewer nie.

    Die vliegtuig vlieg nou reguit in die rigting van die aanloopbaan.

    Terwyl Stefan die kontrolelys volg om die brand in enjin twee te blus, roep Danie die beheer toring: Kaapstad Toring, dis Orion Drie Nul Sewe. Ons het ʼn brand in die nommer twee enjin.

    Die toring kontroleur antwoord dadelik: Orion Drie Nul Sewe, hoeveel siele en brandstof het julle aan boord?

    Ons het honderd-en-twintig passasiers en vyf bemanning aan boord. Ek sal moet terugkom na jou met ʼn lesing vir die brandstof, sê Danie.

    Die vliegtuig is nou sowat sewe kilometer van die aanloopbaan af. In sy kopstuk kan Danie hoor hoe die beheertoring die Airbus voor hulle so gou as moontlik van die aanloopbaan probeer afkry.

    Die toring kontroleur se stem kom weer oor die lug: Orion Drie Nul Sewe, julle is geklaar om te land op aanloopbaan een nege. Die wind is een nege nul grade teen dertien knope.

    Orion Drie Nul Sewe is geklaar om te land, antwoord Stefan.

    ʼn Harde slag gaan skielik deur die vliegtuig. Stefan wat nog besig om die kontrolelys vir die brand te volg kyk verbaas op.

    Dekompressie in die passasiers kajuit, sê Danie.

    Stefan draai om en gryp die suurstof masker agter sy sitplek. Hy trek die masker oor sy kop op en druk daarna die knoppie op die instrumentpaneel in die dak wat die passasiers se suurstof maskers in die passasiers kajuit sal vrystel.

    Danie ignoreer sy suurstof masker.

    Hy herlei die nuwe verwikkelinge aan die beheertoring: Kaapstad Toring, dis Orion Drie Nul Sewe, ons het ʼn brand in ons nommer twee enjin gevolg deur ʼn dekompressie in die passasiers kajuit.

    Orion Drie Nul Sewe, die brandweer en redding is gereed. Hulle wag vir julle om te land, antwoord die toring kontroleur.

    Die vliegtuig is nou sowat vyf kilometer van die aanloopbaan af. Nog ʼn waarskuwings liggie gaan op die beheerpaneel af.

    Die hidrolise stelsel het ingegee, sê Danie.

    Die wat? vra Stefan terwyl hy verbaas opkyk.

    Op daardie oomblik gaan staan die wêreld doodstil...

    ʼn Stem kom oor die luidspreker stelsel binne in die kajuit: Ek is jammer menere, maar ons gaan hier moet stop. Lyk my ons het een of ander rekenaar probleem hier buite.

    Danie lag, maar knyp dit dadelik af toe hy die vies kyk in Stefan se oë sien. Danie maak sy sitplek gordel los en skuif sy sitplek terug. Hy staan op, vat sy tas met sy vlug boeke en stap na die deur toe. Stefan is kort op sy hakke.

    Dis beleid by Orion Lugdiens dat vlugbemanning elke maand ʼn paar ure in die vlug nabootser moet oefen. Die doel is om die bemanning opgeskerp te hou in hulle noodprosedures ingeval van ʼn insident.

    Dis daarom gebruiklik dat jonger bemanning gepaar word om saam met ouer bemanning te oefen in die hoop dat die ouer bemanning se ondervinding sal afvryf op die jonger bemanning.

    Danie druk die groot rooi knop langs die deur. Dit stop alle beweging en sluit die hidrouliese stelsel waarop die vlug nabootser rus sodat dié nie meer kan beweeg nie. Dit laat sak ook die verbindings arm waarmee die vlieëniers na die nabootser stap.

    Danie maak die buite deur van die vlug nabootser oop. Aan die ander kant van die verbindings arm

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1