Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Saartjie se verjaardag (#19)
Saartjie se verjaardag (#19)
Saartjie se verjaardag (#19)
Ebook126 pages2 hours

Saartjie se verjaardag (#19)

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

’n Dogtertjie met polio, Clara, kuier op Lynnekom. Sy het soveel karakter en gees dat sy almal betower en gou kruip sy diep in Saartjie-hulle se harte. Clara se suster, Carolina, is Clara se held en sal enigiets doen om haar te help – selfs al beteken dit dat sy ’n belowende musiekloopbaan moet prysgee sodat hulle ouers Clara se mediese onkostes kan bekostig. Saartjie en Carolina moet mekaar die stryd aansê by die jaarlikse kunswedstryd. Carolina moet wen, anders verloor sy die geld wat sy by haar oom geërf het om met haar musieklesse voort te gaan – maar sal sy die briljante Saartjie kan uitstof met haar klavierspel? Op die vooraand van Saartjie se sestiende verjaarsdag verrig sy uiteindelik ’n daad van welwillendheid wat Lynnekom nog lank aan die praat gaan hê.
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798154048
Saartjie se verjaardag (#19)
Author

Bettie Naudé

Bettie Naudé (die skrywersnaam van Topsy Smith) se karakter Saartjie is al jare lank gewild onder jong Afrikaanse lesers. Smith is een van die suksesvolste jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie- en Saartjie-reekse het 'n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Read more from Bettie Naudé

Related to Saartjie se verjaardag (#19)

Titles in the series (29)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Saartjie se verjaardag (#19)

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Saartjie se verjaardag (#19) - Bettie Naudé

    Die Saartjie-reeks

    1. Saartjie

    2. Saartjie se vakansie

    3. Saartjie se geheim

    4. Saartjie se donkie

    5. Saartjie se nuwe maat

    6. Saartjie se slim plan

    7. Saartjie se papegaai

    8. Saartjie se held

    9. Saartjie se geveg

    10. Saartjie se skatte

    11. Saartjie se kliek

    12. Saartjie se kêrel

    13. Saartjie se dapper daad

    14. Saartjie se piekniek

    15. Saartjie se prys

    16. Saartjie se moleste

    17. Saartjie se dagboek

    18. Saartjie se gevaar

    19. Saartjie se verjaarsdag

    20. Saartjie se drome

    21. Saartjie se sirkus

    22. Saartjie se boetie

    23. Saartjie se wedstryd

    24. Saartjie se afskeid

    Inhoud

    Hoofstuk 1

    Die graadneges

    Hoofstuk 2

    Die nuwe intrekkers

    Hoofstuk 3

    Ou Duifie sê les op

    Hoofstuk 4

    Goedhartige Saartjie

    Hoofstuk 5

    Saartjie en Galpil

    Hoofstuk 6

    Die kunswedstryd

    Hoofstuk 7

    Saartjie se verjaarsdag

    19Sseverjaarsdag_icon.jpg

    1

    Die graadneges

    Die graadneges is hard besig om te werk. Hulle skryf ’n opstel oor die maan.

    Saartjie Baumann trek ’n netjiese streep onder haar skryfwerk en lees dan met ’n tevrede glimlag weer wat sy oor die maan geskryf het.

    Dit is vir haar ’n pragtige opstel. Sy het die romantiese sy van die maan beklemtoon en ’n hele paar groot woorde gebruik. As sy nie omtrent volpunte hiervoor kry nie, dan weet sy sowaar nie. Dit sal bewys, dink Saartjie nou, dat juffrou Nortjé nie net g’n benul het van hoe om dissipline in ’n klas te handhaaf nie, maar ook dat sy nie weet wat die verskil tussen ’n goeie opstel en ’n swak een is nie.

    Saartjie is veertien – amper vyftien. Soos ons haar lankal ken, is sy ’n regte rabbedoe. Sy het helderblou oë en donker krulhare en is ’n baie mooi meisie. Selfs seuns wat niks van meisies hou nie dink so. Sy het ’n paar oulike sproete op haar effense wipneusie en as sy glimlag, verskyn daar ’n kuiltjie in elke wang.

    Die kuiltjies is juis nou weer daar. Saartjie glimlag terwyl sy lees hoe die pragtige maan se sagte glans die hele aarde soos ’n towerwêreld laat lyk en hoe dit nou tyd is vir verliefdes om hande vas te hou en in mekaar se oë te verdwaal.

    Saartjie wonder of die onderwyseres hierdie meesterstuk van haar gaan waardeer. Sy kyk ingedagte na die juffrou wat voor by die tafel sit en huiswerk nasien.

    Die kinders se bynaam vir juffrou Nortjé is Ou Duifie. Hulle weet nie eintlik hoekom hulle haar so noem nie, maar dit is hoe sy onder hulle bekend staan.

    Ou Duifie is nog baie onervare. Dit is haar eerste aanstelling hierdie en sy sukkel maar om die woelige klomp seuns en meisies in die beroemde Hoërskool Saamwerk te beheer.

    Die klas is nou besonder stil omdat die tieners daarvan hou om ’n opstel te skryf oor verliefde paartjies wat in die maanlig wandel.

    Saartjie het hare klaar deurgelees en sit nou sommer net en rondkyk. Langs haar sit haar vriendin, Anna Strydom.

    Anna woon langs Saartjie in Lynnekom. Hulle het mekaar ontmoet toe hulle albei nog in hul stootwaentjies was. Van daardie eerste dag toe hulle hul armpies na mekaar uitgesteek het, is hulle al maats.

    Net agter Saartjie en Anna sit hul ander vriendin, Lina Rens. Lina bly ook in Lynnekom en sy het Saartjie en Anna leer ken toe hulle nog op laerskool in graad vier was. Die drie vriendinne is bekend as Lynnekom se Drie Muskiete.

    Saartjie glimlag terwyl sy skielik aan iets dink. Dit is nie meer lank voor haar verjaarsdag nie. Sy gaan omtrent al die kinders in Lynnekom vra om na haar partytjie toe te kom. Hoe meer mense sy nooi, hoe meer presente gaan sy mos kry!

    Die onderwyseres kyk op en toe sy sien ’n hele paar kinders sit en gesels nou, vra sy: Is julle klaar?

    Nee! skree ’n groep seuns van agter uit die klas.

    Saartjie dink dit is ongemanierd om ’n juffrou so te antwoord, maar Ou Duifie berispe nie die seuns wat sommer so op haar gegil het nie. Sy gaan net weer aan om huiswerk na te sien en die klomp seuns hou aan gesels.

    Juffrou Nortjé het aan die begin van die kwartaal hier by Hoërskool Saamwerk kom skoolgee. Sy is om die een of ander rede nie juis gewild nie. Dit is nie omdat sy kwaai is nie – inteendeel, dit is miskien omdat sy te saggeaard is. ’n Leerder hou daarvan dat ’n onderwyser vriendelik moet wees, maar ook streng. Ou Duifie is nogal baie gaaf, maar glad nie streng nie – dit is amper asof sy witvoetjie by die kinders soek. In haar klasse maak die leerders feitlik net soos hulle wil.

    Partykeer skree sy hard vir hulle om stil te bly, maar hulle steur hulle min daaraan. Haar geraas gaan by die een oor in en by die ander een uit.

    Sy gaan juis nou weer aan die gil: Is julle klaar? Bly stil!

    Daar is ’n lawaai soos die leerders hul opstelboeke aangee na die kinders wat voor in die rye sit. Niemand antwoord op die juffrou se vraag of hulle klaar is nie. Dis mos ’n simpel vraag, voel hulle. Sy kan mos sien hulle is klaar.

    Jy weet, Anna, sê Saartjie vir haar vriendin langs haar, dit lyk vir my Ou Duifie se senuwees is al klaar gedaan. Sy gaan dit nooit tot die einde van die jaar uithou nie.

    Sy weet nie hoe om met kinders te werk nie, sê Anna en skud haar kop. Hoe meer sy skree, hoe minder luister ons na haar.

    Juffrou Nortjé is te saggeaard om dissipline te handhaaf en die klas het dit vinnig agtergekom. Daarom het hulle, veral die seuns, haar siel begin uittrek en dit is toe dat sy die gewoonte aangekweek het om op hulle te skree.

    Die kinders het egter gou agtergekom haar geskree en dreigemente beteken niks nie. Die nuweling is te skrikkerig vir die hoof, die onderhoof en ander senior personeellede om die leerders by hulle te gaan aankla. Ja-nee, hulle maak met haar feitlik net wat hulle wil.

    Eendag, dink Saartjie, gaan daar nog groot moleste in Ou Duifie se klas wees.

    En dit kom gouer as wat Saartjie gedink het!

    Is daar nog opstelboeke wat moet ingedien word? skree juffrou Nortjé bo die lawaai van die klomp kinders wat nou niks het om te doen nie.

    Nee! skree die groep seuns wat agter in die klas sit en die eintlike moeilikheidmakers in arme Ou Duifie se klasse is.

    Saartjie kyk vies na hulle. Met ’n tipiese gebaar vee sy met die agterkant van haar hand ’n weerbarstige krul van haar voorkop af weg. Sy hou niks daarvan dat die seuns so onbeskof met die juffrou is nie. Hierdie hele klas gaan eendag nog in groot moeilikheid beland!

    Onder die rumoerige seuns agter in die klas is daar ook drie van die voorstad Lynnekom af. Hulle was jare lank saam met Saartjie, Anna en Lina op laerskool.

    Die leier van die drie seuns – en hy lyk ook na die leier van die groep wat daar agter so ’n lawaai maak – is Lodewyk le Fras de Waal. Niemand noem hom egter ooit op sy doopnaam nie. Nee, almal behalwe miskien die onderwysers noem hom Galpil.

    Galpil se twee boesemvriende is Gert Bakker en Piet Heyns.

    Haai, Saartjie! skree Galpil nou toe hy sien sy kyk na hom. Hoe’s dinge, ou perd?

    Hy het die slegte gewoonte om ’n ieder en ’n elk as ou perd of pêrre aan te spreek. Saartjie hou niks daarvan nie.

    Galpil was eenkeer kastig haar kêrel. Die kys – soos hulle die verhouding genoem het – het net ’n dag of twee gehou. Toe het Saartjie hom afgesê. Wie wil nou gekys wees met iemand wat jou gedurig ou perd noem?

    Saartjie antwoord nie op Galpil se vraag oor hoe dit met haar gaan nie. Sy kyk hom net vies aan. Hy en sy twee vriende, Gert en Piet, en die ander seuns daar agter maak so ’n geraas dat ’n mens maklik kan dink daar is nie ’n onderwyser in die klas nie.

    Die kinders is nou besig om hul boeke in hul tasse te pak en die lawaai word selfs nog erger.

    Bly stil! Hou asseblief op raas! skree juffrou Nortjé.

    Niemand steur hulle egter aan haar nie.

    Ek gaan julle nie laat loop voor julle stil is nie! skree Ou Duifie nou nog harder. Sy klink skielik regtig kwaai.

    ’n Hele klomp kinders hou nou hul monde en probeer om die ander ook stil te maak. Saartjie is een van hulle.

    Galpil! skree sy vererg. Sjoes!

    Hè, ou perd? vra Galpil laggend. Maar dan bly hy nogtans stil. Die ander seuns kom ook tot bedaring.

    Ek gaan julle nie laat loop voor julle nie absoluut doodstil sit nie! sê die jong onderwyseressie nou. Dit lyk of sy baie na aan trane is.

    Daar is ’n geweldige geraas soos banke geklap word terwyl die kinders gaan sit.

    Die klok lui vir die einde van die periode. Die graadneges moet klasse verwissel en besef dat hulle nou na meneer Burger toe gaan vir algebra. Hy is ’n senior onderwyser en baie kwaai. Hulle sal dit nie waag om by hom so die gek te skeer nie!

    Die leerders is baie bang vir Ou Grompot. Hulle weet hulle sal gestraf word as hulle laat by sy klas aankom en kom effens tot bedaring.

    Ek is moeg vir die alewige lawaai, sê Ou Duifie. Julle bly hier sit tot julle doodstil is.

    Die kinders raak nou rustiger. Dié wat nog praat, word deur ’n sjuut van die ander stil gemaak. Hulle is bang Ou Grompot gaan hulle straf as hulle laat by hom aankom.

    Die klas is nou uiteindelik heeltemal stil. Die jong onderwyseressie kyk na hulle. Sy lyk bleek. Al sit hulle stil, sê sy nog nie hulle mag gaan

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1