Huisgenoot

Plan B

RONDOM haar hang alles momenteel in limbo, doodstil en pikdonker, totdat die een kragopwekker ná die ander brullend buite opklink. Die lewe, sonder elektrisiteit, word eenvoudig in elke huishouding hervat.

Behalwe by haar. Sy maak haar oë oop. Die enigste teken van lig in die kombuis is die lamp wat outomaties aanskakel sodra die krag afgaan. Vergeleke met ander mense, karring Liesl behoorlik nog in die donker Middeleeue aan.

Haar skoolhoof het nou die dag ’n visitekaartjie in Liesl se hand gestop. “Bel vir Barend, hy installeer sonpanele. Hy is ongeëwenaard.”

Liesl het die kaartjie in haar broeksak gedruk. En summier daarvan vergeet.

Tot nou, in die effense lig van een lamp wat die ganse leefarea moet ophelder. Sy tel haar selfoon, waarvan die battery amper leeg is, op en gaan grawe die kaartjie uit haar broek se sak. Geld het sy nie werklik nie, maar rondom haar dreun die kragopwekkers enige vorm van vrede en twyfel oor ’n begroting weg.

Dis tyd vir plan B. Plan Barend.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
’n Beter Lewe Vir Elijah
DIE blondekoppie sit knus op sy ma se skoot, en Michanka van Zyl skep met ’n teelepel van die koffie uit haar koppie en voer dit vir klein Elijah. Die mannetjie drink gulsig aan die boeretroos. Hy is al een jaar oud, maar hy kan nie self ’n lepel na
Huisgenoot4 min read
Is Daar Meer Geboue As Bome?
BIBI sit saam met Paloeka die leeu en Palawa die kameelperd en ryg krale in. Hulle gebruik stukkies gekleurde papier en karton om die allermooiste juweliersware en versierings te maak. Bibi kom by die boomhuis ingestap. Op die tafel lê ’n rooi koever
Huisgenoot4 min read
Raaisels
WEN ’N BOEK VAN TAFELBERG PLUS KOM IN AANMERKING VIR DIE MAANDELIKSE TREKKING VAN R1 000. NO 2 542 KOMPETISIEVRAAG Watter soort wapen is ter sprake? As jy vashaak, kan jy gerus ander lesers se raad vra op ons Facebookblad met die naam Huisgenoot-Blok

Related