DIT is doodstil in die halfvol kerkgebou. Net die predikant se eentonige stem kan gehoor word. “Aangesien daar dan geen wettige beswaar in-gebring is teen julle voorgenome huwelik nie, verklaar-”
Hy kry nie kans om sy sin te voltooi nie. Dit klink soos ’n kanonskoot in die stil kerkgebou toe die agterste deure oopvlieg. Almal kyk om. Die bruid snak na haar asem.
In die deur staan twee jong manne in weermaguniforms, uitasem en natgesweet. “Nee, wag! Stop alles! Die troue kan nie voortgaan nie, ons maak be-swaar!”
1979. Die son hang laag in Ovamboland. Luitenant Nic du Toit trap die versneller van die weermag-Jeep effens dieper in. Hy moet die basis voor donker bereik. Maar hy moet ook versigtig wees. Landmyne is ’n gereelde verskynsel op hierdie stukkie pad. ’n Voorwerp in die gras aan die kant van die pad trek sy aandag. Dit lyk soos ’n bruin leertas of iets dergeliks.
Soos gewoonlik kry sy nuuskierigheid die oorhand. Hy hou by die voorwerp stil en spring uit die