Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Saartjie se donkie (#4)
Saartjie se donkie (#4)
Saartjie se donkie (#4)
Ebook130 pages2 hours

Saartjie se donkie (#4)

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Saartjie en haar boetie eet die perskes wat hul ma spesiaal vir die skou ingelê het en as straf mag hulle nie sirkus toe gaan nie. Ons heldin voel dis bitter onregverdig en begin dadelik planne beraam om in die groot tent te kom. Nie lank daarna nie wys sy vir die dorp se seuns sy kan beter as enigeen een van hulle donkie ry. Sy gaan maak die donkie in haar ouers se agterplaas vas, maar dan besluit Langoor om te verken en daar kom groot moleste. Soos haar ouer broer tereg sê – waar Saartjie is, gebeur daar altyd iets!
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798154444
Saartjie se donkie (#4)
Author

Bettie Naudé

Bettie Naudé (die skrywersnaam van Topsy Smith) se karakter Saartjie is al jare lank gewild onder jong Afrikaanse lesers. Smith is een van die suksesvolste jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie- en Saartjie-reekse het 'n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Read more from Bettie Naudé

Related to Saartjie se donkie (#4)

Titles in the series (29)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Saartjie se donkie (#4)

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Saartjie se donkie (#4) - Bettie Naudé

    Die Saartjie-reeks

    1. Saartjie

    2. Saartjie se vakansie

    3. Saartjie se geheim

    4. Saartjie se donkie

    5. Saartjie se nuwe maat

    6. Saartjie se slim plan

    7. Saartjie se papegaai

    8. Saartjie se held

    9. Saartjie se geveg

    10. Saartjie se skatte

    11. Saartjie se kliek

    12. Saartjie se kêrel

    13. Saartjie se kordaatstuk

    14. Saartjie se piekniek

    15. Saartjie se prys

    16. Saartjie se moleste

    17. Saartjie se dagboek

    18. Saartjie se gevaar

    19. Saartjie se verjaarsdag

    20. Saartjie se drome

    21. Saartjie se sirkus

    22. Saartjie se boetie

    23. Saartjie se wedstryd

    24. Saartjie se afskeid

    Inhoud

    Hoofstuk 1

    Saartjie moet oefen

    Hoofstuk 2

    Drama van die woud

    Hoofstuk 3

    Die sirkus is hier!

    Hoofstuk 4

    Die straf

    Hoofstuk 5

    Wonderlike goete

    Hoofstuk 6

    Die soektog duur voort

    Hoofstuk 7

    Saartjie die jokkie

    Hoofstuk 8

    Saartjie se donkie

    donkie.tif

    1

    Saartjie moet oefen

    Saartjie is vies. Sy sit voor die klavier en staar by die venster uit. Sy is al siek en sat vir die stuk wat sy by die kunswedstryd moet speel! Die afgelope paar weke boer sy voor die klavier. En die ander kinders in Lynnekom? Hulle speel en geniet die heerlike, warm somerdae.

    Sugtend staar die dertienjarige krulkopmeisie weer na die moeilike klavierstuk wat sy moet speel – dit word Drama van die Woud genoem. Sy kyk vir die soveelste keer na die ingewikkeldste deel se note. Sy begin met een vinger op die klavier tok-tok, dan met haar hele regterhand en uiteindelik met haar linkerhand ook. Saartjie speel nou vinnig en hard. Sy gaan probeer om die hele stuk perfek deur te speel voor sy vir haar musiekles gaan.

    Skielik hou sy op. Sy byt op haar onderlip en kyk fronsend na die musiekboek voor haar. Sy het weer ’n fout gemaak! By hierdie spesifieke plek waar die bas laag moet grom wanneer dit die donderende onheil voorstel en dan blitsig moet omswaai in hoë trillings soos die woud se diertjies na hul skuilplekke toe wegskarrel, maak sy elke keer ’n fout.

    Saartjie kyk moedeloos na die klawers. Sy wonder wat sal gebeur as sy die aand in die stadsaal voor al die mense ’n fout maak en dan net om hulle te wys sy kan goed klavier speel sommer na ’n opgewekte deuntjie oorslaan!

    Sê nou maar – en Saartjie sit heerlik en droom – sy speel Hasie, hoekom is jou stert so kort? Sy sal lag en die gehoor nooi om saam te sing. Almal sal by die musiek inval en met hul voete op die vloer tik. Die sogenaamde kunsliefhebbers sal vergeet van stywenek wees en hartlik saamsing. Die vrolike deuntjie sal by die deure uittrek en mense sal dit in die strate hoor. Hulle sal begin hande klap en dansend en singend stadsaal toe stroom om Saartjie Baumann te hoor speel...

    Nee wag, dink die meisie, my verbeelding hardloop nou met my weg. Maar sy wonder nogtans wat daardie klomp grysbaarde met titels van doktore, professore en allerhande ander soorte -ore sal doen as sy sommer sou wegval en Suikerbossie begin speel.

    Sy is seker hulle sal eers verstar sit en dan hul koppe skud en hul hande bak agter hul ore hou om seker te maak hulle hoor reg. En dan sal hulle van skok die een ná die ander begin omdop. Dood! So dood soos mossies! Hartversaking.

    Sy wonder of dit enigsins ’n verlies vir die wêreld sal wees. Sê nou maar...

    Saartjie!

    Ja, Mamma? Die meisie kyk vinnig om.

    Waaroor sit jy so en droom, my kind?

    Sommer niks, Mamma.

    Jy moet oefen, sê haar ma terwyl sy die teekoppies neersit. Jy weet dit is ’n groot eer wat die Gautengse Musiekvereniging jou aangedoen het om jou te kies...

    Ek weet, Mamma, maar hoekom het hulle vir my so ’n moeilike stuk gegee om te speel? Ek is seker al die ander deelnemers het baie makliker stukke. My stuk se komponis is al tagtig jaar gelede dood en kinders soos ek word nóú nog gemartel om...

    Moenie so praat nie, Saartjie! sê haar ma streng. Dan vervolg sy sagter: "Ek dink Drama van die Woud is ’n pragtige stuk."

    Miskien, sê Saartjie droogweg en sy neem ’n stuk roomkoek, is dit pragtig as mens dit behoorlik kan speel...

    Jy sal dit foutloos doen, my kind. Ek weet dit. Moet jou nie daaroor bekommer nie.

    Saartjie bekommer haar nie daaroor nie. Sy bekommer haar eintlik oor niks nie. Sy is heel gelukkig, want sy eet roomkoek.

    Hierdie wedstryd – of liewer musiekfees – waarvoor Saartjie so hard oefen, is nie soos ’n gewone kunswed-stryd nie. ’n Hele paar deelnemers van elke provinsie is op grond van hul prestasies in vorige kunswedstryde gekies om mee te ding. Daar sal dus groot kompetisie in Saartjie se afdeling wees. Die wenner van die afdeling kry ’n diploma en ’n pragtige goue medalje.

    Ja-nee, dit is nogal ’n besondere eer dat Saartjie een van die vyf is wat gekies is om haar provinsie te verteenwoordig.

    Op hierdie oomblik dink sy egter nie daaraan nie. Die stuk roomkoek is so pas na die regte plek gestuur. Sy lek vinnig ’n paar krummels van haar vingers af.

    Mamma bak die lekkerste koek in die hele, wye wêreld, sê Saartjie. Haar helderblou oë kyk stip na die ander stukke roomkoek op die bord.

    Ek is bly jy dink so, sê haar ma glimlaggend. Kry gerus vir jou nog.

    Dankie, Mamma. Saartjie maak dadelik so.

    Net toe sy haar hand na haar mond toe bring, hoor sy: Haai!

    Haar boetie, Apie, staan in die deur. Sy vat eers ’n groot hap koek voor sy haar kop na hom toe draai.

    Saartjie betrag Apie koel. Langs hom staan sy vriend, Bennie. Die twee agtjarige knapies is gedurig bymekaar.

    Apie is ’n koddige sproetgesig. Hy het een middag sonder sy twee voortande hier by die huis aangekom en vertel dat hy uit ’n boom geval het. Ten spyte van sy ouers, Saartjie en hul ouer broer, Kris, se vrae het Apie gehou by wat hy gesê het. Hy het uit ’n boom geval. As hulle wil dink hy het baklei en ’n ou het sy voortande uitgeklits, dan moet hul maar.

    Apie en Bennie het elkeen ’n sakdoek om hulle koppe gebind en ’n klomp hoendervere in die sakdoek gesteek.

    Was daardie ‘Haai’ miskien vir my bedoel? vra Saartjie kil.

    Ja, jy kan mos sien ek praat met jou!

    Wat wil jy hê?

    Daai koek in jou hand, sis Apie deur die opening in sy tande. Die hoeveelste stuk is dit wat jy eet?

    My tweede. Maar wat het dit met jou te doen?

    Voor Apie kan antwoord dat dit baie met hom te doen het, vra hul ma: Wat is julle seuns veronderstel om te wees?

    Rooihuide, Ma, sê Apie en hy en Bennie staan nader aan die koek. Rooihuide wat mense eet, Ma weet.

    Apie loer onder sy kuif uit en wikkel sy neus op en af om bloeddorstig te probeer lyk. Hy hoop dis hoe ’n mensvreter-Rooihuid lyk.

    As julle mense eet, sê Saartjie en haar blou oë vonkel ondeund, hoekom wil julle dan koek hê? Hoekom vang julle nie vir julle ’n paar mense nie?

    Die twee outjies gluur haar aan. Dan sis Apie vir sy maat: Sy dink sy’s snaaks.

    Kry vir julle tee en koek, sê mevrou Baumann.

    Ons wil nie tee hê nie, dankie, Ma. Net koek.

    Mevrou Baumann gee vir hulle elkeen ’n stuk roomkoek. Hulle kyk afwagtend na haar. Dan sê Apie: Sy’t twéé stukke gehad, Ma!

    Hy wys met sy vuil voorvinger na Saartjie.

    Nog ’n stuk koek word op elke leë hand gesit. Die twee seuns sê dankie en stap versigtig by die vertrek uit met ’n groot stuk roomkoek op elke hand.

    Saartjie en haar ma lag toe hulle Apie by die deur hoor sê: Ek hoop nie hierdie koek bederf ons eetlus vir mensvleis nie, Pantoboggem.

    Ek glo darem nie dit sal nie, Chingachook, sê Bennie.

    Pantoboggem en Chingachook is hul Rooihuidname. Saartjie dink Chingachook klink nogal goed, maar waar op aarde kom hulle aan ’n naam soos Pantoboggem!

    Sy kyk op haar horlosie. Sy moet nou aanstaltes maak.

    Met haar musiekboeke onder die arm en ’n groot stuk koek waaraan sy loop en kou, stap Saartjie musiekles toe.

    Haar ma kyk by die venster uit en sien hoe traag sy by die tuinpaadjie afstap. Sy is so talentvol, maar ook so ’n maltrap en rabbedoe.

    Saartjie dra Hoërskool Saamwerk se blou uniform, met wit sokkies en swart plathakskoene. Sy het donker krulhare en helderblou oë – ’n rare kombinasie. Op die brug van haar neus is daar ’n paar bekoorlike sproete.

    By die hekkie hap sy die laaste stuk koek. Sy gebruik haar wit sakdoekie om ’n paar krummels van haar mond en hande af te vee.

    Saartjie kyk mismoedig na die sypaadjie wat met betonblokke uitgelê is. Sy voel tog nie nou lus om te spring nie.

    Sy het vir haarself ’n reël neergelê – sy loop nooit op die betonblokke nie, maar spring altyd van die een na die ander. Sy moet boonop só spring dat geen gedeelte van haar voete aan een van die gleuwe tussen die blokke raak nie. As sy op ’n gleuf te lande kom, moet sy weer van voor af begin. Dit is vir haar ’n saak van eer.

    Saartjie hou haar boeke stywer onder haar arm vas en begin vasberade spring. Sy doen dit vinnig, maar ook versigtig. Sy wil tog nie nou in hierdie hitte weer van voor af moet begin nie.

    Skielik gaan staan sy botstil en kyk af. Die skoenpunt is ámper op ’n gleuf. Sy gee ’n sug van verligting. Dit is amper, maar darem nie! Sy hoef nie weer oor te begin nie.

    Die meisie spring versigtig verder en kom by die einde van die beton-plaveisel sonder om aan ’n gleuf te raak.

    Sy stap nou vinnig aan. As sy te lank draai, gaan sy laat wees en dan sal juffrou Marks, haar musiekonderwyseres, moeilik raak.

    Saartjie se beste maat, Anna Strydom, woon in die huis langsaan hare. Die twee ken mekaar al van die dae toe hulle as babas

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1