Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Saartjie se geveg (#9)
Saartjie se geveg (#9)
Saartjie se geveg (#9)
Ebook135 pages2 hours

Saartjie se geveg (#9)

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Saartjie en haar vriende het tien dae skoolvakansie en hulle benut dit ten volle. Die Drie Muskiete gaan “dêps” sappige ingevoerde turksvye by ’n kwaai oom wat openlik sê hy sal enigiemand wat hom besteel lewendig afslag – en ons heldin kry meer as waarvoor sy haar reggemaak het. Hierna stel die rabbedoe vir haar boetie ’n valstrik in hul sitkamer, maar dan kom mevrou Dominee kuier en dinge loop lelik skeef. Saartjie begin ernstig wonder of sy nie maar liewer ’n non moet word nie. Gelukkig daag die sirkus weer in Lynnekom op en sy vergeet vinnig van haar sorge, want die sirkusleeu ontsnap uit sy hok en juffrou Baumann maak van aangesig tot aangesig met hom kennis! ’n Paar dae later maak ’n wegloperhondjie sy opwagting in Saartjie en Apie se lewens. Hulle wil hom albei dolgraag hê, maar kom ooreen dat die brakkie self moet besluit wie sy baas gaan wees. Intussen kla ’n knorrige nuwe buurman dat die hond dissipline geleer moet word – nes Saartjie-hulle!
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798154468
Saartjie se geveg (#9)
Author

Bettie Naudé

Bettie Naudé (die skrywersnaam van Topsy Smith) se karakter Saartjie is al jare lank gewild onder jong Afrikaanse lesers. Smith is een van die suksesvolste jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie- en Saartjie-reekse het 'n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Read more from Bettie Naudé

Related to Saartjie se geveg (#9)

Titles in the series (29)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Saartjie se geveg (#9)

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Saartjie se geveg (#9) - Bettie Naudé

    Saartjie se geveg

    Bettie Naudé

    Dokter Jan Baumann se groot dubbelverdiepinghuis teen die kant van die heuwel het ’n pragtige uitsig oor die vallei. Op ’n helder, sonnige dag kan ’n mens vanuit Saartjie se venster op die boonste verdieping Johannesburg se wolkekrabbers sien.

    Lynnekom word as ’n voorstad van Johannesburg beskou, maar dit is ’n stil plekkie met ’n tipies plattelandse atmosfeer. Al die inwoners ken mekaar en kom goed oor die weg.

    Op die oomblik is die hele vallei in ’n sagte, rooi skynsel gehul. Dit is skemer – ’n tyd van vrede.

    Maar skielik word die stilte verbreek deur ’n klavier wat hard in dokter Baumann se huis gespeel word. ’n Opgewekte deuntjie weerklink deur die buurt.

    Dan begin iemand sing. Dis ’n pragtige, suiwer stem.

    Menige inwoner se voete begin op maat van die vrolike musiek tik. Hulle glimlag en sê met ’n teer kyk in die oë:

    Die Saartjie... Ai, dié Saartjie ...

    Die Saartjie-reeks

    1. Saartjie

    2. Saartjie se vakansie

    3. Saartjie se geheim

    4. Saartjie se donkie

    5. Saartjie se nuwe maat

    6. Saartjie se slim plan

    7. Saartjie se papegaai

    8. Saartjie se held

    9. Saartjie se geveg

    10. Saartjie se skatte

    11. Saartjie se kliek

    12. Saartjie se kêrel

    13. Saartjie se dapper daad

    14. Saartjie se piekniek

    15. Saartjie se prys

    16. Saartjie se moleste

    17. Saartjie se dagboek

    18. Saartjie se gevaar

    19. Saartjie se verjaarsdag

    20. Saartjie se drome

    21. Saartjie se sirkus

    22. Saartjie se boetie

    23. Saartjie se wedstryd

    24. Saartjie se afskeid

    Inhoud

    Hoofstuk 1

    Saartjie en haar vriende

    Hoofstuk 2

    Oom Sarel se turksvye

    Hoofstuk 3

    Die stoel

    Hoofstuk 4

    Die leeu (1)

    Hoofstuk 5

    Die leeu (2)

    Hoofstuk 6

    Saartjie en die swart seep

    Hoofstuk 7

    Napoleon of Gogga?

    Hoofstuk 8

    Saartjie se geveg

    Woef.tif

    1

    Saartjie en haar vriende

    Dit is weer lente. Die winter is verby.

    Die veertienjarige Saartjie sit lui op ’n bankie in die Baumanns se groot tuin. Haar kop is effens agteroor en haar oë is toe. Die son bak heerlik op haar gesig.

    Dis darem lekker om so te sit en droom, dink Saartjie. Dis vakansie – tien dae sonder skool en sonder huiswerk! Sy en haar vriendinne, Anna en Lina, gaan nie weg nie, maar hulle gaan baie pret hier by die huis hê.

    Daar speel ’n glimlag om Saartjie se mondhoeke as sy aan haar vriendinne dink. Hulle is soveel jare al saam.

    In Johannesburg se rustige voorstad Lynnekom is Saartjie Baumann, Anna Strydom en Lina Rens bekend, bemind en ook soms gevrees. Almal in die omgewing ken hulle as die Drie Muskiete. Hulle is gedurig bymekaar.

    Saartjie was nog altyd die leier. Anna en Lina sal af en toe teëpraat of swaar sug, maar op die ou end doen hulle altyd alles wat Saartjie voorstel.

    Saartjie is ’n wakker, lewenslustige meisie met die seldsame kombinasie van helderblou oë en donker hare. Op haar effense wipneus is ’n paar aantreklike sproetjies. Wanneer sy glimlag – en sy doen dit dikwels – verskyn daar twee kuiltjies in haar wange en ’n mens sien haar perfekte wit tande.

    ’n Sin wat haar pa, dokter Jan Baumann, haar ma, haar boetie, Apie, en haar twintigjarige broer, Kris, gebruik wanneer Saartjie in die omtrek is, som haar bedrywighede besonder goed op. Hulle sê gereeld met oë wat rol: Waar Saartjie is, gebeur daar altyd iets.

    Anna Strydom woon net langs Saartjie. Anna is effens geset met ’n ronde, goedige gesig en sy lag altyd, behalwe wanneer sy bekommerd is oor die een of ander voorstel wat Saartjie gemaak het. Saartjie en Anna is al maats van die dae toe hulle as mollige babas agterdogtig uit hul kinderwaentjies na mekaar begin loer het en later laggend hul handjies na mekaar uitgesteek het.

    Toe die meisies in graad vyf was, het Lina se ouers in Lynnekom kom woon. Saartjie en Anna het dadelik van die lang, skraal meisie met die twee lang vlegsels gehou.

    Op ’n dag het Saartjie en Anna in die klas skielik gelyktydig soos donkies gebalk. Die onderwyseres het gewip soos sy skrik en kwaai na die leerders gekyk. Die kinders het almal tjoepstil met onskuldige gesigte gesit. Toe val die juffrou se oë op die nuwe meisie, Lina Rens, en sy vra die verbouereerde meisietjie wie vir die gebalk verantwoordelik was. Sonder om te blik of te bloos antwoord Lina toe: Juffrou, ek het hard gesit en werk toe ek die donkie hoor, maar ek het gedag dit kom van buite af.

    Die onderwyseres het by die venster gaan uitkyk, maar geen donkie gesien nie. Sy los toe maar die affêre en sê vir die klas om aan te gaan met hul werk. Vanaf daardie dag was Lina ’n boesemvriendin van Saartjie en Anna.

    Vandag is al drie die meisies leerders aan die beroemde Hoërskool Saamwerk in die stad, en hulle is nog steeds vriende. Hulle is in dieselfde klas; Saartjie en Anna sit langs mekaar en Lina net agter hulle.

    Die bankie waarop Saartjie hier in hul tuin voor die groot dubbelverdiepinghuis sit, is reg langs ’n heining. Die son maak Saartjie vaak en lomerig, maar sy lig haar kop effens op en maak haar oë oop toe sy voetstappe agter die heining hoor.

    Dit is haar negejarige boetie, Apie, en sy maat, Bennie. Saartjie hoor hoe hulle op die grasperk gaan sit. Hulle het haar nie agter die heining gewaar nie.

    Sonder om met opset te luister – want hoekom sal sy nou belangstel in wat die twee japsnoete (soos sy hulle altyd noem) gesels? – kan sy elke woord duidelik hoor.

    Turksssvye en sssirkusss... twee goete, hoor sy.

    Saartjie weet dis Apie wat praat, want sy ken die sisgeluide wat hy maak deur die opening waar sy twee voortande skitter in hul afwesigheid.

    Haar boetie het eendag met ’n blouoog en sonder twee voortande by die huis aangekom. Hy het gesê hy het uit ’n boom geval en met die storie volgehou. Vandag is Apie nogal trots op die gaping waar sy twee voortande moes gewees het. Sy s-klanke sleep by tye erg en verder sis hy deur die opening as hy sy afkeer te kenne wil gee. Hy het ook ’n manier – en dit maak sy ma baie kwaad – om gedurig met sy tongpunt deur die opening in sy voortande te speel as hy kastig ernstig dink. Die knapie lyk tog te koddig as die rooi puntjie van sy tong by die opening tussen sy voortande in- en uitskiet, amper soos ’n slang wat wil pik.

    Saartjie sit glimlaggend en luister. Soos sy van die twee outjies se gesprek kan aflei, het hulle twee goete wat hulle dié week móét doen. Hulle wil by die kleinhoewe net buite Lynnekom van ou oom Sarel Buitendach se turksvye gaan gaps en hulle wil Woensdagmiddag sirkus toe gaan.

    Kom ons begin by die begin, hoor Saartjie vir Apie sê. Sy glimlag. Sy weet haar boetie wens homself nou geluk dat hy so ’n goeie sin uitgedink het. En sy is reg, want Apie hou só van die sin dat hy dit herhaal. Kom ons begin by die begin, sê hy.

    Wat’s dit? vra Bennie.

    Wat’s wat?

    Wat beteken dit?

    Dit beteken ons gaan begin deur turksvye te gaan gaps, dan gaan ons liewer Saterdag eers sirkus toe.

    O, sê Bennie, nou sê dan so.

    Saartjie luister hoe die twee planne beraam. Hulle gaan ’n sak saamneem, dan gaan hulle by ’n opening in die heining naby die turksvybos inkruip en hulself goed help.

    Ons moet net versigtig wees, waarsku Apie, want oom Sarel is baie erg oor sy turksvye.

    Die twee outjies is ’n rukkie stil. Saartjie glimlag. Sy weet hulle sit nou en dink wat met hulle sal gebeur as oom Sarel hulle vang. Hy is ’n man wat, soos hy al meer as een keer self gesê het, nie nonsies duld nie. Hy het nog altyd gesê as hy kwajongens in sy lande vang, slag hy hulle lewendig af.

    Al die kinders van die dorp weet dit. Apie en Bennie ook.

    Newwermaaind, hoor Saartjie skielik vir Apie sê, oom Sarel sal ons nooit vang nie. Ek hou kywie en jy glip in...

    Nee, val Bennie hom in die rede.

    Nee, wat?

    Nee, ék hou kywie en jý glip in.

    Saartjie luister hoe stry die twee oor wie gaan waghou en wie gaan inkruip.

    Sy dink daaraan dat dit nogal waaghalsig van hulle is om hulself aan die kwaai oom se turksvye te gaan help. Dan onthou sy hoe heerlik sy spesiale uitvoer-turksvye is.

    Saartjie vee met die agterkant van haar hand ’n weerbarstige krul van haar voorkop weg. Hulle kinders het hulle lank genoeg deur oom Sarel se dreigemente laat afskrik. Dis tyd dat hulle hom wys hulle is nie ’n klomp bangbroeke nie.

    Saartjie besluit sy en Anna en Lina gaan saam met Apie en Bennie turksvye gaps, anders sal die twee seuns tog in elk geval net gevang word.

    Apie en Bennie is nou besig om op mekaar te skree: Ek hou kywie!

    Jy kan nie!

    Ek kan.

    Jy kan nie!

    So hou dit aan. Dit lyk of hulle dink die een wat die hardste skree en wie se stembande die langste hou, die argument gaan wen.

    Saartjie staan op en stap om die heining. Toe die twee haar sien, is hulle dadelik tjoepstil.

    Haai, sê Saartjie vriendelik.

    Haai jouself, groet Apie en Bennie op die Lynnekom-kinders se tipiese manier.

    Wat wil jy hê? vra Apie nors. Die seuns lyk teleurgesteld dat Saartjie hier is en hulle nie nou meer kan skree en baklei nie. Hulle het dit nogal geniet.

    Ek het gehoor wat julle sê. Saartjie kom sit by hulle op die grasperk.

    Die seuns kyk na mekaar en dan weer na haar.

    Wat het ons gesê? vra Apie. Hy lyk omgekrap. Hy wikkel sy neus op en af om haar goed te laat verstaan dat hy nou moeilik is en hy maak sisgeluide deur die opening waar sy twee voortande was. Hy hou nie van mense wat luister na goed waarna hulle nie moet luister nie.

    Ek het nie afgeluister nie, sê Saartjie, maar julle het só hard gepraat dat ek alles gehoor het. Julle weet natuurlik oom Sarel is baie kwaai, nè?

    Die twee outjies knik.

    Ons worrie nie, sê Apie en stoot sy bors manhaftig uit. Ons skrik vir niks of niemand nie!

    Saartjie glimlag. Sy wys hulle liewer nie daarop dat hulle só skrikkerig is, dat hulle stry oor wie ingaan en wie buite bly nie!

    Luister nou mooi, sê Saartjie saaklik. "Ek en Anna en Lina

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1