Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Saartjie se kliek (#11)
Saartjie se kliek (#11)
Saartjie se kliek (#11)
Ebook144 pages3 hours

Saartjie se kliek (#11)

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Saartjie gaan deur ’n moeilike tydjie – haar ma besluit sy kry vir die volgende vier weke nie sakgeld nie as straf vir die kruidenierware wat sy verwoes het, sy moet haar boetie Apie teen die ouer seuns beskerm en dan betrap die skoolhoof haar boonop wanneer sy sang bank om haar uitskryfwerk klaar te doen. Ons heldin lees ’n verhaal oor ’n groep meisies in Engeland wat ’n kliek gevorm het en besluit summier die Drie Muskiete moet ’n nuwe naam en doelstellings kry. Hulle gaan van nou af as Lynnekom se Lelies bekend staan en ’n geheime oorlog teen Galpil en sy trawante loods. Hierdie veldtog lei tot rampspoedige – en lagwekkende! – gevolge vir albei partye. Hierna besluit die rabbedoe met die helderblou oë en pikswart hare sy moet opmaak vir al haar kattewaad deur ’n goeie daad te doen en sonskyn in iemand se lewe te bring. Dit is egter makliker gesê as gedaan en gaan dalk ’n baie groot opoffering van Saartjie verg.
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798154499
Saartjie se kliek (#11)
Author

Bettie Naudé

Bettie Naudé (die skrywersnaam van Topsy Smith) se karakter Saartjie is al jare lank gewild onder jong Afrikaanse lesers. Smith is een van die suksesvolste jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie- en Saartjie-reekse het 'n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Read more from Bettie Naudé

Related to Saartjie se kliek (#11)

Titles in the series (29)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Saartjie se kliek (#11)

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Saartjie se kliek (#11) - Bettie Naudé

    Die Saartjie-reeks

    1. Saartjie

    2. Saartjie se vakansie

    3. Saartjie se geheim

    4. Saartjie se donkie

    5. Saartjie se nuwe maat

    6. Saartjie se slim plan

    7. Saartjie se papegaai

    8. Saartjie se held

    9. Saartjie se geveg

    10. Saartjie se skatte

    11. Saartjie se kliek

    12. Saartjie se kêrel

    13. Saartjie se dapper daad

    14. Saartjie se piekniek

    15. Saartjie se prys

    16. Saartjie se moleste

    17. Saartjie se dagboek

    18. Saartjie se gevaar

    19. Saartjie se verjaarsdag

    20. Saartjie se drome

    21. Saartjie se sirkus

    22. Saartjie se boetie

    23. Saartjie se wedstryd

    24. Saartjie se afskeid

    Inhoud

    Hoofstuk 1

    Saartjie se sakgeld

    Hoofstuk 2

    Apie se moeilikheid

    Hoofstuk 3

    Saartjie en die hoof

    Hoofstuk 4

    Lynnekom se Lelies

    Hoofstuk 5

    Oorlog!

    Hoofstuk 6

    Die ergste straf

    Hoofstuk 7

    Groot moles

    Hoofstuk 8

    Saartjie en die Horst-beker

    icon_S11sekliek.tif

    1

    Saartjie se sakgeld

    Die veertienjarige Saartjie Baumann sit die tydskrif met ’n glimlag neer. Dit was darem ’n pragtige verhaal wat sy nou net gelees het. Sy staar by die venster uit terwyl sy nog steeds aan die karakters dink.

    Lynnekom, waar Saartjie-hulle woon, is ’n voorstad van Johannesburg, maar het nogtans ’n tipies plattelandse atmosfeer en rustigheid – miskien omdat dit ’n hele entjie van die middestad af is. Hier ken almal mekaar en is vriendelik en mensliewend.

    Saartjie se pa, dokter Baumann, is ’n bekende spesialis in die stad. Haar ma is ’n huisvrou wat haar hande vol het met hul rabbedoe-dogter en Saartjie se twee broers. Kris, die oudste seun, studeer aan die universiteit en Abraham – of Apie soos hy alombekend is – is nog hier in Lynnekom op laerskool.

    Lynnekom lê in ’n lieflike vallei en Saartjie-hulle bly in ’n groot dubbelverdiepinghuis met ’n wonderlike uitsig oor die hele voorstad. Saartjie se kamer is op die tweede verdieping. Wanneer dit ’n helder sonskyndag is, kan sy Johannesburg se wolkekrabbers van hier af ver op die horison sien.

    Saartjie staar nou by haar venster uit, maar sy sien nie die wolkekrabbers nie. Sy sien nie eers Lynnekom hier vlak voor haar raak nie! Sy is besig om baie ernstig te dink.

    Sy dink nog steeds aan die verhaal wat sy so pas gelees het. Dit gaan oor ’n groepie skoolmeisies in ’n klein dorpie in Engeland wat ’n bende – of liewer ’n kliek – gevorm het. Hulle het allerhande reëls opgestel en die lede van die kliek moes altyd al die reëls gehoorsaam. As iemand ’n fout gemaak en ’n reël oortree het, het die ander lede haar gestraf.

    Die kliek het egter ook allerhande ideale en doelwitte gehad – die belangrikste een daarvan was om goeie dade te doen. Soos hulle dit uitgedruk het: om sonskyn in die wêreld te bring.

    Saartjie glimlag by hierdie gedagte. Sy wonder hoe dit sal wees as sy en Anna en Lina so ’n kliek vorm en begin om hier in Lynnekom sonskyn te bring.

    Maar dis nie nodig om ’n kliek te vorm nie, dink Saartjie en sy vee met ’n tipiese handgebaar ’n weerbarstige krul van haar voorkop af weg. Hulle drie – sy en Anna en Lina – is mos al jare lank bekend as Lynnekom se Drie Muskiete. Hulle het natuurlik nog nooit uit hul pad gegaan om goeie dade te doen of sonskyn te bring nie, maar hulle is darem altyd vriendelik en behulpsaam wanneer dit nodig is.

    As hulle skielik links en regs goeie dade begin doen of begin soek na geleenthede om goeie dade te doen – Saartjie lag sommer hardop by hierdie gedagte – sal Lynnekom se mense almal baie agterdogtig wees. Hulle sal wonder met watter kattekwaad die Drie Muskiete nou weer besig is.

    Nee, besluit Saartjie by haarself, dit sal nie werk nie. En nog ’n ding: om te gaan soek na goeie dade wat hulle kan doen, klink vir haar te veel na harde werk. Die drie lewenslustige meisies, met Saartjie die rabbedoe altyd aan die spits van hul kaskenades, is nou nie juis lief vir harde werk nie. Hulle het te veel ander belangriker dinge om te doen – dinge wat hul volle aandag vereis, soos Saartjie altyd sê.

    Sy sit die tydskrif op die tafeltjie langs haar bed neer. Dit was ’n mooi verhaal, maar dit is onnodig vir haar en haar vriendinne om hier in Lynnekom ’n amptelike kliek of klub met reëls en sulke goed te begin – miskien later, maar nie nou al nie. Sy sal wag tot daar eendag ’n behoefte vir so iets hier ontstaan.

    Min besef Saartjie hoe gou daardie eendag gaan aanbreek!

    Dit is somer en Saartjie is mooi bruin gebrand. Sy en haar twee boesemvriendinne, Anna Strydom en Lina Rens, boer in die munisipale swembad in ’n voorstad net anderkant Lynnekom. As die pitte, soos wat die drie deesdae van geld praat, maar skaars is, gaan swem hulle in die rivier wat langs Lynnekom verbyloop.

    Hierdie warm somer is die sproete op Saartjie se effense wipneus nog duideliker as ooit.

    Saartjie is ’n pragtige meisie. Sy het daardie ongewone kombinasie van helderblou oë en donker hare. Haar hare is kort geknip, maar die ene krulle. Wanneer sy glimlag – en sy doen dit dikwels, want vir haar bestaan die lewe nog net uit sorgelose pret en eindelose kattekwaad – sien ’n mens haar perfekte wit tande en twee oulike kuiltjies in haar wange.

    Hierdie rabbedoe is die ene lewenslus en haar pa, ma en broers sê dikwels met ’n sug: Ja-nee, waar Saartjie is, gebeur daar altyd iets!

    Saartjie is moeg daarvan om so alleen hier in haar kamer te sit en niks doen. Sy besluit om vir Anna te gaan haal sodat hulle twee by Lina kan gaan kuier.

    Anna-hulle woon net langs die Baumanns. Anna is ’n vriendelike meisie met ’n ronde gesig. Sy, Saartjie en Lina was saam hier in Lynnekom op laerskool en deesdae is die drie ook saam in die beroemde hoërskool in die stad, Hoërskool Saamwerk.

    Die eerste keer toe Saartjie en Anna mekaar gesien het, was albei nog babas in hul stootwaentjies. Hulle het eers agterdogtig na mekaar geloer en toe begin lag en hul plomp handjie na mekaar uitgesteek. Van daardie dag is hulle beste vriende.

    Lina Rens is ’n langbeenmeisie wat altyd gretig en gewillig is om Saartjie te volg, al teken sy altyd eers beswaar aan wanneer Saartjie met die een of ander plan vir kattekwaad vorendag kom – meer uit beginsel as enigiets anders.

    Saartjie kom by haar kamer uit en hardloop vinnig by die trap af voordeur toe. By die sesde trap van onder af spring sy, trek deur die lug en kom mooi netjies op die mat in die portaal te lande.

    Heng, sê sy tevrede, ek kry dit nou al maklik reg.

    Wanneer haar ouers nie by die huis is nie, spring Saartjie altyd van die trap af tot op die matjie hier onder in die portaal. Sy kon dit eers net van die sewende trap af doen. Die agtste een was net-net te hoog en haar voet het elke keer aan die onderste trap vasgehaak, maar sy is nie iemand wat moed opgee nie. Sy het aanhou oefen en vandag kry sy dit maklik reg.

    Saartjie kyk nou peinsend na die negende trap. Dis darem baie, baie hoog. Maar eendag is eendag, sê sy vasberade vir haarself, dan gaan ek van daai trap af spring en dit gaan sowaar ’n wêreldrekord wees!

    Sy hoop maar net daar sal ooggetuies by wees wanneer sy dit die dag regkry, anders gaan niemand haar mos glo nie. Sy hoop ook dat as sy dit nie regkry nie, daar géén ooggetuies sal wees nie. Maar al is daar ook nie ooggetuies nie, sal hulle nogtans uitvind sy het die wêreldrekord-sprong aangedurf, want as haar voet aan een van die onderste trappe moet vashaak, sal sy nie net op die mat te lande kom nie, maar ook in die hospitaal. Sy sal ten minste ’n been breek – en miskien selfs haar nek!

    Met die vaste voorneme om eendag-wat-eendag-is die sprong te waag, swaai Saartjie om en gaan vinnig by die voordeur uit.

    Saartjie het wit tekkies en sokkies aan en sy dra ’n kniebroek. Haar wit toppie hang effens uit agter en ’n windmakerige bofbalpet sit skeef op haar donker krulkop.

    Dit is haar gunstelingklere. Vandag is Saterdag en sy is opgewonde oor die twee dae wat hulle nie skool toe hoef te gaan nie.

    Saartjie se bruingebrande bene vat net hier en daar grond soos wat sy sorgeloos na die tuinhekkie toe nael. Die wind sny deur die krulle wat onder haar pet uitsteek.

    Die hekkie is oop en sy hardloop al vinniger. Sy wil soos ’n weerligstraal daardeur skiet.

    Aan albei kante van die hekkie is daar ’n digte bessiebosheining sodat ’n mens die sypaadjie nie van die tuin se kant af kan sien nie.

    Saartjie dink natuurlik nie hieraan terwyl sy by die paadjie af nael nie…

    Lizzie, wat al donkiejare lank die Baumanns se huishulp is, kom al waggelend met die sypaadjie langs aangestap. Sy is salig onbewus van die weerligstraal wat op die hekkie afpyl.

    Saartjie tel al meer spoed op. Haar kop is laag gebuig en sy kyk af grond toe. Die oomblik toe sy die hekkie bereik, kom Lizzie juis ingestap.

    Saartjie se kop tref die arme huishulp vol in die maag. Lizzie gee ’n harde kreun en sak net daar op die plek inmekaar. Die mandjie wat sy so mooi op haar kop gebalanseer het, rol oor die sypaadjie.

    Lizzie hyg na asem om van die skok te herstel terwyl Saartjie die affêre bleek staan en aanskou. Die mandjie se inhoud lê oral op die sypaadjie uitgestrooi – ’n mengelmoes van ingeduikte blikke, botter, suiker, gebreekte eiers en ander kruideniersware. Teeblare dryf soos klein bootjies op die papperige wit-en-geel eiermengsel.

    Met ’n bewerige stem vra Saartjie: Wat... wat het gebeur, Lizzie?

    Lizzie sukkel nog om haar asemhaling onder beheer te kry. Sy kyk verwilderd na die gemors op die sypaadjie.

    Wat se nonsies het jy nou weer aangevang? sê sy kopskuddend vir die meisie.

    Ek het niks nonsies aangevang nie, sê Saartjie met groot oë. Ek… ek weet nie wat gebeur het nie.

    Jy’t my met jou kop gestamp, sê Lizzie gegrief en kom sukkelend regop. Haar asemhaling is nou darem ’n bietjie meer onder beheer.

    Dit was ’n ongeluk, gooi Saartjie wal. Ek het dit nie aspris gedoen nie. Dit was net ’n klein ongelukkie.

    Saartjie kyk vinnig rond. Sy sal Lizzie gou moet help om die gemors op te tel en te red wat nog te redde is.

    Kom, sê sy. Kom ons maak gou skoon hier.

    Wat gaan jou ma sê? vra Lizzie kopskuddend.

    Sy sal nie hiervan weet nie, sê Saartjie vinnig.

    En hoe sal sy nie weet nie? Lizzie kyk kwaai na die meisie. Sy’t vir my honderd rand gegee om honderd rand se goed te koop – en hier’s mos nie nou honderd rand se goed oor nie!

    Saartjie dink ernstig

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1