Skukuza… Noag se park!
Dit is ’n weeksaand aan die begin van die lente, maar op Skukuza is dit klaar snikwarm. In die swoel lug hang die reuk van braaivleis, maar in Bosbokstraat is dit tjoepstil. Dan begin die naggeluide: sonbesies wat rinkink, ’n nagapie wat oor die huis se dak klouter, in die verte ’n leeu wat brul…
Hiënas kom kuier sommer gereeld hier op Skukuza, veral as jy saans in jou tuin ’n tjoppie oor die kole gaarmaak. Hy kom loer by die draad vir jou, deur ’n lendelam heining wat kreun onder ’n swaar rankplant – ’n veiligheidsmaatreël wat skaars ’n jack russell binne hou, wat nog te sê ’n honger aasdier afskrik. Daar is ander geluide ook: Duskant hoor jy ’n groep sing (dit is die parkkoor wat oefen), en diékant roep die hiëna se maat.
“Die hiënas het al wéér gisteraand die gholfklub se tafeldoeke opgevreet,” sug Lin-Mari de Klerk-Lorist terwyl sy haar foon neersit. Die tafeldoeke is van kunsleer, en as die gholfklub se personeel nie saans dit én die stoele wegpak nie, word dit as peuselhappies beskou. “Nou is hulle kamstig ’n ‘damage causing animal’ – nee man, die mense moet net die goed wegpak.”
LIN-MARI IS ’N STAATSVEEARTS wat sedert 2000 al op Skukuza woon. “Ek het half saam met die vloed hier aangekom,” vertel sy terwyl sy op haar groot oop stoep staan en koffie skink. Die stories van 2000 se vloed is sowaar nog vars op die inwoners
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days