Weg! Platteland

Ontmoet die mense

Kally Ubisi

Veldwagter

Kally leef en werk al 23 jaar – die helfte van sy lewe – in en om die Krugerwildtuin. Sy pa het ook hier gewerk en Kally het op die nabygeleë dorpies grootgeword. As ’n veldgids en veldwagter in die teenstropingseenheid het Kally al oral in die park rondbeweeg. In 2014 het hy hom op Skukuza kom vestig.

“Om hier te bly moet jy ’n liefde en roeping vir bewaring hê; as jy hier is om big bucks te maak, gaan jy nie eens ’n maand uithou nie,” sê hy. Stroping is natuurlik ’n teer saak; wat dit nóg moeiliker maak, is as vriende en kennisse betrokke raak. “Ja, ons veg ’n vyand in ons midde,” verduidelik Kally vasberade.

Hy het baie dierestories: In 2015 het ’n kreatiewe trop bobbejane byvoorbeeld geleer om aan inwoners se voordeur te klop. “Die bobbejane het die mense dopgehou, gesien hoe hulle klop en geleer dít is hoe jy ’n deur oopkry!”

Kally se gunstelingtyd is die begin van die lente en die somer wat daarop volg. “Alles raak lewendig: Die bome bot, die trekvoëls kom terug, die kleure is helder en daar is ’n geweldige diversiteit in die bos,” spog hy met sy blyplek.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland1 min read
Om Van Vooraf Te Begin…
In Julie 2022 is al ons besittings gesteel gedurende die KwaZulu-Natalse plundertog terwyl dit in Westmead, Pinetown, geberg is. Ons moes letterlik van vooraf begin, maar dankie tog vir versekering. Nou het ons ’n nuwe huis in ’n aftreeontwikkeling o
Weg: Platteland1 min read
Dié Laster Is Niks Lekker
Ons bly op die platteland van Mpumalanga. Ons is gereelde kopers van die tydskrif en geniet die artikels baie. Veral die onderhoude met die mense van ’n spesifieke plek is baie goed – dit laat ’n mens hunker om sommer in die kar te klim en hulle te g
Weg: Platteland1 min read
Weg! Platteland
REDAKTEURS JOHAN VAN ZYL & PETER VAN NOORD helloplatteland@gmail.com KUNSHOOF SEAN ROBERTSON SOSIALE MEDIA VILIEN COETZEE UITVOERENDE HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSON ALGEMENE NAVRAE YUMNA TOFEY yumna.tofey@media24.com 021 021 406 2205 HOOFBESTUURDER: L

Related