Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Saartjie Omnibus 3
Saartjie Omnibus 3
Saartjie Omnibus 3
Ebook418 pages7 hours

Saartjie Omnibus 3

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Titels in hierdie omnibus: Saartjie se papegaai, Saartjie se held en Saartjie se geveg.
Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!
LanguageAfrikaans
Release dateSep 5, 2014
ISBN9780798166805
Saartjie Omnibus 3
Author

Bettie Naudé

Bettie Naudé (die skrywersnaam van Topsy Smith) se karakter Saartjie is al jare lank gewild onder jong Afrikaanse lesers. Smith is een van die suksesvolste jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie- en Saartjie-reekse het 'n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Read more from Bettie Naudé

Related to Saartjie Omnibus 3

Titles in the series (3)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Saartjie Omnibus 3

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating1 review

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

  • Rating: 5 out of 5 stars
    5/5
    ń Baie goeie boek
    Dit is 10000% I’m fit te lees refrigerator ń goeie boek!!!!!

Book preview

Saartjie Omnibus 3 - Bettie Naudé

Saartjie se papegaai

icon_07ssepapegaai.jpg

1

Die belangrike brief

Saartjie!

Pappa?

Die dertienjarige Saartjie Baumann kom soos blits by die trap af. Sy spring van die sesde trap af tot onder op die vloer. Dan hardloop sy na die sitkamer van waar haar pa geroep het.

Ja, Pappa?

Sy staan voor haar pa en ma wat elkeen in ’n leunstoel sit.

Dokter Jan Baumann laat sak sy koerant.

Mevrou Martha Baumann hou op brei. Kopskuddend sê sy: Saartjie, hoeveel keer moet ek nóg vir jou sê om nie soos ’n wilde barbaar by die trap af te hardloop nie?

Dis nie wild nie, Mamma, antwoord Saartjie verbaas. Ek het maar net gehardloop en so bietjie gespring … en dan vervolg sy half skuldig: net van die sesde trap af.

Saartjie besluit om liewer nie te sê dat sy vroeër vandag probeer het om haar rekord te verbeter en amper haar nek gebreek het nie! Sy het van die sewende trap af probeer spring, maar ongelukkig bly haar rekord vir eers die sesde een.

Jan Baumann kyk glimlaggend na sy dogter. Hy sien die gesonde blos op haar wange, haar donker krulhare en haar helderblou oë. Saartjie staan nou soet en glimlag, asof botter nie in haar mond kan smelt nie. Haar pa sien haar spierwit tande en die kuiltjies in haar wange. Saartjie is regtigwaar ’n pragtige, gesonde jong meisie, maar ai, só ’n rabbedoe!

Pappa het my geroep? sê-vra sy.

Ja, maar ek wonder hoekom jy so vinnig gekom het? Gewoonlik moet ’n mens mos twee, drie keer roep. Ek wonder wat jy wil hê …

En hoeveel dit gaan kos? voeg haar ma glimlaggend by.

Ek weet nie waarvan Pappa en Mamma praat nie, sê sy uit die veld geslaan. Sy vee met die agterkant van haar hand oor haar hare.

Pappa het my geroep, en toe het ek dadelik gekom.

Soos dit ’n goeie dogter betaam, nè, sê haar ma sag.

Dis reg, Mamma, sê Saartjie en voeg vroom by: soos dit ’n goeie dogter betaam.

Jan Baumann en sy vrou kyk geamuseerd na mekaar. Saartjie is gewoonlik maar baie traag om te kom as hulle haar roep, want sy is bang sy moet die een of ander werkie vir hulle doen. Maar vandag het sy blitsig en dadelik gekom. Hulle wonder wat hul dogter wil hê.

Wel, hier is ek nou, Pappa, sê Saartjie onskuldig. Wat kan ek vir Pappa doen?

Jy kan hierdie brief gou vir my gaan pos. Dokter Baumann gee vir haar ’n koevert. Dis ’n baie belangrike brief.

Goed, Pappa, sê Saartjie. Is daar nóg iets wat ek kan doen?

Nee, niks verder nie. Haar pa skud sy kop en loer agterdogtig na Saartjie. Hy wonder wat is dit wat sy wil hê.

En Mamma – kan ek iets vir Mamma doen? wil Saartjie nou weet.

Martha Baumann skud haar kop. Nee, Saartjie kan niks vir haar doen nie. Sy kyk haar dogter agterdogtig aan.

Nou dan sal ek maar gou die brief gaan pos, sê sy. As Mamma of Pappa enige ander werkie vir my het om te doen – sê maar net.

Die ouers kyk weer verbaas na hul dogter.

Jy voel nie miskien siek nie? vra haar ma.

Nee, Mamma. Saartjie skud haar kop. Sy voel nie siek nie. Sy voel maar net lus om haar ouers te help. Sy hou mos daarvan om vir hulle allerhande werkies hier by die huis rond te doen.

Sy sê dit vir hulle met ’n vroom gesig.

Hulle kan hul ore nie glo nie. Toe Saartjie met die brief in haar hand vinnig by die huis uit is, sit hulle hieroor en dink.

Een ding is seker, sê Jan Baumann toe hy weer sy koerant optel, Saartjie is nou skielik so gewillig om te help omdat sy iets van ons wil hê. Sy sal natuurlik later, wanneer sy dink sy het nou lank genoeg ’n goeie indruk gemaak, met haar versoek vorendag kom.

Martha Baumann stem saam.

Ek wonder wat dit kan wees, sê sy en voeg effens sugtend by: Ai, dié Saartjie tog.

Saartjie hardloop met die brief by die tuinpaadjie af hek toe. Haar lang, bruingebrande bene vlieg oor die aarde. Die wind speel in haar gesig. Dis darem lekker om te lewe, dink sy. En dit sal nog lekkerder wees as sy haar ouers kan oorreed om haar saam met Anna met vakansie te laat gaan! Sy sal die volgende dae eers baie mooi lewe en soet wees – en dán sal sy hulle vra. Dan sal sy hulle mos daarop kan wys dat sy ’n soet en voorbeeldige meisie is en miskien sal hulle haar dan saam met Anna en dié se pa laat gaan.

By die tuinhekkie gaan staan sy stil. Die sypaadjie is van die hekkie af met betonblokke geplavei. Dit is Saartjie se selfopgelegde taak om altyd van die een betonblok na die ander te spring sonder om aan ’n gleuf tussen die blokke te raak. As sy op ’n gleuf te lande kom, moet sy weer van voor af begin. Saartjie vee net een keer met die agterkant van haar hand ’n krul van haar voorkop weg en dan begin sy spring.

Vinnig en sekuur hop sy van die een blok na die ander.

Net een keer, naby die einde van die plaveisel, kom sy tot stilstand. Sy loer af na haar voete. Haar regterskoen se punt raak amper aan ’n gleuf.

Amper maar nog nie stamper nie, sug Saartjie verlig en hop weer verder. Sy spring nou nie so vinnig nie en maak seker dat sy nie eens naby ’n gleuf te lande kom nie.

Sonder enige probleme – sy hoef gelukkig nie weer van voor af te begin nie – kom Saartjie by die einde van die betonplaveisel.

Sy hou die brief – die belangrike brief – nog styf in haar hand vas.

Net langs Saartjie-hulle in die Johannesburgse voorstad Lynnekom woon die Strydoms. Anna Strydom is Saartjie se ouderdom en hulle twee is al maats vandat hulle eers agterdogtig en toe vriendelik uit hul kinderwaentjies vir mekaar geloer het.

Saartjie en Anna het saam grootgeword. Hulle was saam op laerskool hier in Lynnekom en is daarna saam na die beroemde Hoërskool Saamwerk in die stad. Hulle is albei in graad agt en sit, soos hul hele skoolloopbaan tot dusver toe nog, langs mekaar.

Die twee meisies se ander maat is Lina Rens. Sy het in graad vyf by hul geledere aangesluit. Die drie – Saartjie, altyd die voorbok, Anna en Lina is alombekend as Lynnekom se Drie Muskiete.

Saartjie besluit om eers gou by Anna in te loer voor sy die brief gaan pos. Sy wil hoor hoe vorder Anna met die veldtog wat hulle twee beplan het om soet en gehoorsaam te wees, en altyd meer as gewillig om te werk.

Sy drafstap met die tuinpaadjie op na die Strydoms se huis toe.

Toe sy ’n entjie van die stoeptrap af kom, gaan staan sy stil. Sy kyk ingedagte na die trap. Sy het dit nog net een keer reggekry om vinnig te hardloop, te spring en bo-op die stoep te lande te kom sonder dat sy aan ’n trap raak. Maar ongelukkig het haar maats haar dié een keer nie gesien nie en toe sy hulle daarvan vertel, wou hulle haar nie glo nie. Hulle wou hê sy moet hulle weer wys.

Saartjie het geweier. Sy het koppig volgehou dat sy dit een keer gedoen het en dat sy nie kon sien hoekom dit nodig is om dit weer te doen nie. Sy het dit natuurlik nie gesê nie, maar sy was skrikkerig dat sy dit nie weer sou regkry nie. Dis hoekom sy nie weer wou probeer nie.

Sy staan reg. Sy gaan nou weer probeer. As sy dit weer regkry, sal sy nie bang wees om vir die ander te wys hoe goed sy is nie.

Sy hardloop – al vinniger en vinniger. Sy trap vas en spring. Sy trek deur die lug en kom hard te lande op die trap net onderkant die stoep.

Saartjie sit moedeloos. Dis snaaks dat sy dit een keer reggekry het – en toe nooit weer nie.

Sy vryf haar enkel en dan hoor sy die gelag.

Hie-hie-hie! kom ’n piepstemmetjie.

Vies kyk Saartjie na die een hoek van die stoep waar Anna se sesjarige sussie, Muggie, sit. Die kleintjie hou haar maag vas soos sy lag. Saartjie kyk haar suur aan. Sy weet die skepseltjie gaan nou vir almal sê sy kan nie van die grond af tot op die stoep spring nie.

Muggie is nie baie gewild by die Drie Muskiete nie. Hulle moet haar en haar pop, Trienkie, oral saam met hulle karwei. As hulle weier, sit Muggie só ’n keel op dat hulle maar moet kopgee. Haar keel kan dit hou, maar hul oordromme definitief nie.

Sy het mos ’n blikkeel, het Saartjie al meer as een keer gesê. En die Drie Muskiete glo dit vas.

Waarvoor lag jy? vra Saartjie vies toe sy opstaan.

Vir jou, natuurlik, en hie-hie-hie! gee Muggie weer ’n aansitlaggie. Sy kom nader met haar pop, Trienkie, in haar arms.

Die kleintjie staan voor Saartjie en loer met skrefiesoë na haar.

Ek dag jy’t gesê jy kan van die grond af tot bo-op die stoep spring.

Ek het so gesê, ja, en ek kan dit doen ook.

Maar hoekom het jy dit dan nie nou gedoen nie?

Ek wou nie, sê Saartjie kil. Ek wou dié slag net tot op die trap onder die stoep spring.

Hie-hie-hie! lag Muggie weer. Dink jy ek’s simpel?

Saartjie kyk na die koddige figuurtjie voor haar. Dan sê sy kil: Ja, ek dink so.

Muggie dink hieroor na. Dan sê sy met haar skril stemmetjie: So, nè! Ek gaan vir my ma sê jy’t my bedinges …

Wat?

Bedinges … Muggie se voorkop is op ’n plooi soos sy probeer om aan die regte woord te dink.

Saartjie besluit om haar te help: Jy bedoel ek het jou beledig.

Ja. Muggie se hele gesiggie straal. Dis wat ek bedoel: jy’t my beledig.

Nou wat daarvan? vra Saartjie en sy stap weg.

Toe sy by die voordeur instap, byt sy op haar onderlip om nie hardop te lag nie. Sy hoor duidelik hoe Muggie vir haar pop sê Saartjie het haar bedinges, haar beledig, en dat dit nie mooi is om ander mense te bedinges nie net omdat jy te sleg is om tot bo-op die stoep te spring.

Saartjie hoor die kleintjie vir die soveelste keer agter haar giggel, maar steur haar nie daaraan nie. Sy gaan reguit na Anna se kamer toe. Sy weet haar maat sit en huiswerk doen.

Anna was vandag in die moeilikheid by die skool. Sy moes ’n Engelse opstel vir juffrou Necker, Ou Nukke, inhandig en sy het dit nie gedoen nie. Die juffrou het gewaarsku dat as Anna dit nie môre ingee nie, sy haar vel van haar lyf gaan aftrek.

Almal is maar skrikkerig vir die oujongnooi, Ou Nukke, en Anna doen vanmiddag haar Engelse huiswerk én haar opstel én die strafwerk wat die juffrou vir haar gegee het.

Op die stoep koggel Muggie nog steeds en hoop die mense wat op die sypaadjie verbystap, kan haar hoor: Hie-hie-hie! Saartjie kan nie spring nie. Hie-hie-hie! Saartjie kan nie spring nie …

Saartjie maak Anna se slaapkamerdeur oop en is glad nie verbaas om Lina ook daar te sien nie.

Haai, julle! groet sy.

Die twee meisies in die kamer sê albei tegelyk: Haai jouself. Dit is hoe Lynnekom se kinders mekaar altyd groet.

Lina, ’n langbeenmeisie met twee vlegsels, sit-lê op die bed. Saartjie maak haar ook daarop tuis en trek ’n tydskrif nader. Anna doen huiswerk by ’n tafel. Sy is kort en effens geset. Haar ronde, goedige gesig glimlag altyd. Ek’s amper klaar, julle ouens, sê sy en skryf al hoe vinniger.

Dis nie lank nie of Anna kondig verlig aan: So ja! Klaar! Sy rek haar uit. Môre sal Ou Nukke nie my vel van my lyf kan aftrek nie. Sy stoot haar opstelboek eenkant toe en kom sit by haar twee vriendinne op die bed.

Saartjie sien die belangrike brief wat sy nog steeds in haar hand het, is effens klammerig van die sweet. Ingedagte, sonder om eintlik daaraan te dink, gooi sy die brief op die tafel neer – op Anna se opstelboek.

Hoe lyk dit, Anna? vra Saartjie. Gaan ons twee die langnaweek saam met jou pa Durban toe?

Ek hoop so! Anna se gesig vrolik op. Vandat ons met ons plan begin het, gedra ek my só goed dat my ouers al bekommerd is. Hulle sê hulle ken my nie so nie. Hulle wonder of ek siek is.

My ma-hulle het my ook gevra of ek siek is, sê Saartjie laggend. Net omdat ek vir hulle gesê het ek sal vir hulle enige werkies doen.

Die drie meisies lag.

Wat presies is julle plan? vra Lina.

Saartjie verduidelik opgewonde. Anna se pa moet die langnaweek vir ’n konferensie Durban toe gaan.

Ek weet, sê Lina, en ek weet jy en Anna het besluit julle gaan probeer om saam te gaan. Ek sou ook probeer het as dit nie was dat ons familie lankal besluit het om na my ouma se plaas toe te gaan nie. Wat ek wil weet, is: watse plan het julle uitgedink om Anna se pa sover te kry om julle saam te vat en om jou ouers sover te kry om ja te sê?

Dis mos wat ek nou vir jou probeer vertel, sê Saartjie vererg. Hoekom luister jy nie?

Lina luister weer. Saartjie vertel sy en Anna het besluit hulle gaan vir die volgende paar dae baie mooi lewe. Dit is hul plan. Hulle gaan soet wees en hard werk. Hul ma’s moet kan sê: Ag, maar hulle is twee sulke wonderlike meisies.

En dan, vervolg Saartjie terwyl haar blou oë ondeund vonkel, wanneer hulle sag gemaak is, gaan ons hulle vra. Dis so maklik soos dit. Anna gaan haar pa en ma vra en ek myne – en weg is ons Durban toe!

Ek wens ek kon ook saamkom, sê Lina en sug.

Die meisies praat asof dit al klaar ’n voldonge feit is dat hulle Durban toe gaan.

Ons moet van nou af hard huiswerk doen, sê Saartjie vir Anna. Wanneer ons vra, moet ons ouers kan sien ons het ons so te sê dood gewerk en ons verdien ’n paar dae by die see.

Ek’s net bly, sê Anna, my pa en ma weet nie Ou Nukke het my vanoggend so ingevlieg omdat ek nie my huiswerk gedoen het nie.

Ek gaan myne nou gou doen, sê Saartjie. Ons moenie die volgende paar dae in die moeilikheid kom nie. Ons moet mooi lewe, Anna.

Saartjie is by die kamer uit, reguit huis toe om huiswerk te doen en te gaan mooi lewe sodat haar ouers dit moet sien.

Op die stoep is Muggie nog steeds besig om koggelend vir die wêreld te vertel dat Saartjie nie kan spring nie.

Is jou keel nog nie seer nie? vra Saartjie toe sy verby haar stap.

Jy dink seker jy’s snaaks, nè! snou Muggie haar toe.

Toe Saartjie by die hekkie kom, hoor sy hoe die kleintjie weer dieselfde deuntjie herhaal: Saartjie kan nie spring nie.

Sy glimlag maar net. Muggie sal wel een of ander tyd moeg word en van die springery vergeet.

Dié aand aan tafel is Saartjie so vriendelik en goedgemanierd dat haar ouers, haar ouer broer, Kris, en haar jonger boetie, Apie, meer as een keer fronsend na haar kyk.

Sy vra gedurig: Gee asseblief vir my dit of dat aan, en wanneer dit gedoen word, sê Saartjie met ’n glimlag: Baie, baie dankie.

Verder vra sy die hele tyd goed soos: Wil Pappa nie nog ’n bietjie rys hê nie? En as hy haar verseker hy het genoeg sê sy vir haar ma: Hoe lyk dit, Mamma. Nog ’n bietjie aartappels? Saartjie se ma sê nee dankie, want sy hou haar figuur dop.

Dan vra Saartjie weer vir Kris: Kan ek nie vir jou iets aangee nie?

En so hou dit aan. Die Baumanns is ’n beleefde familie, maar Saartjie se bedagsaamheid word darem nou te erg en hulle begin almal ongemaklik voel.

Saartjie se agtjarige boetie – Abraham, maar almal noem hom Apie – het klaar geëet en hy sit haar nou met ’n frons op sy sproetgesig en dophou. Hy wonder hoekom sy so vriendelik is en wat sy in die mou voer.

Apie is ’n vreeslike karnallie. Hy speel met die punt van sy tong deur die opening waar sy twee voortande skitter in hul afwesigheid.

Hy het een middag in ’n gehawende toestand met ’n blouoog en sonder sy twee voortande by die huis aangekom. Sy storie was dat hy uit ’n boom geval het, maar niemand het hom geglo nie. Almal was seker hy was in ’n woeste geveg betrokke.

Julle kan maar so dink as julle wil, het hy net koppig gesê en met gebalde vuiste gestaan. Maar ek sê vir julle, en die s-geluide was sss-geluide: ek het uit ’n boom geval.

Toe sy ma sien hoe die trane in sy oë blink, het sy almal belet om hom verder uit te vra.

As Apie sê hy het uit die boom geval, het sy net teer gesê, dan het hy uit ’n boom geval. Toe het sy hom gaan dokter.

Nou sit Apie Saartjie agterdogtig en dophou. Hy weet mos sy is so vriendelik en beleef omdat sy iets wil hê. Hy wonder net wat dit kan wees.

Toe Saartjie vra: Het jy genoeg geëet, Apie? Wil jy nie nog iets hê nie? maak hy net ’n paar sisgeluide en brom: Ek wil niks hê nie – ek wil net weet wassit met jou.

Wat bedoel jy? Sy suster glimlag vriendelik.

"Hoekom het jy all-of-a-sutten sulke goeie maniertjies?" vra Apie.

Abraham! sê sy ma kwaai.

Hoekom praat jy so deurmekaar? sê sy pa vererg. As jy Afrikaans praat, praat dit ordentlik en nie so ’n mengelmoes van Engels en Afrikaans nie. Verstaan?

Ek verstaan, Pa, sê Apie, maar Pa moet onthou, ek kan Engels goed gooi. My onnie het my vandag ses uit tien vir ’n Engelse opstel gegee. Dis die hoogste punte wat ek nog ooit gekry het.

Die seun lyk baie trots. Dan draai hy weer na Saartjie en sê: Nou wassit met jou?

Ek het nie ’n benul waarvan jy praat nie, sê sy uit die hoogte en kyk vies na haar barbaar van ’n boetie.

Hoekom is jy kastig vanaand so vriendelik? Ander aande wil jy nooit vir my iets aangee as ek vra nie – maar vanaand vra jy skielik of ek genoeg geëet het en of ek nog kos wil hê! Daar’s iets verkeerd. Ek kan dit ruik. Apie snuif-snuif met sy sproetneus in die lug.

Jy weet so min van maniere af, sê Saartjie bitsig, dat as jy iemand soos ek met goeie maniere teëkom, jy dit glad nie kan verstaan nie!

Apie en Saartjie kyk mekaar kwaai aan. Dokter en mevrou Baumann en Kris sukkel om hul lag te bedwing.

Saartjie vee met die agterkant van haar hand oor haar hare. Sy byt effens op haar onderlip. Sy moet liewer nie haar humeur verloor nie. Dit sal alles bederf.

Sy praat soos iemand wat spraaklesse neem: Ek kan nie redeneer met mense wat nie die vaagste benul het van hoflikheid, diens, plig, hulpvaardigheid, opoffering vir ’n medemens … en … Saartjie soek na nog ’n paar sulke edele eienskappe, maar kan nie aan nog iets dink nie en sê dan net: en sulke belangrike eienskappe nie.

Apie kyk verbaas na haar. Dan sê hy: Jissie, sy’t nie net ’n warm patat in haar mond nie – sy’t nou nog ’n stok ook ingesluk!

Voor enigeen iets verder kan sê, tik dokter Baumann met sy kneukels op die tafel.

Ná haar pa se dankgebed spring Saartjie vinnig op. Sy is tog nie lus om verder met Apie te baklei nie. Sy moet mos ’n goeie indruk maak.

Dankie vir die lekker kos, Mamma, sê sy vriendelik en stoot haar stoel in. Ek het heerlik geëet.

Ek is bly, my kind, sê haar ma effens geamuseerd.

Ek gaan nou kamer toe om te leer. Saartjie probeer lyk soos iemand op wie se kop ’n stralekransie goed sal pas. ’n Mens moet jou plig nakom.

Haar ouers, Kris en Apie kyk haar verbaas agterna.

Ek het baie werk, sê sy toe sy trap toe stap. Ek wil probeer om hierdie kwartaal eerste te staan.

Sy loer onderlangs om te sien watter indruk hierdie woorde op haar ouers maak, maar hulle glimlag net vir mekaar en gaan sit gemaklik in hul leunstoele. Haar pa tel sy boek op en haar ma begin weer brei.

Saartjie mompel – hard genoeg sodat hulle kan hoor – dat sy nie iemand is wat haar plig versuim nie. Ja-nee, sy werk hard … feitlik dag en nag … Sy hoop net sy kry nie ’n senuwee-ineenstorting of so iets van al die baie werk nie …

In haar kamer op die boonste verdieping doen Saartjie nog vir ’n hele ruk huiswerk. Sy voel sy het vandag ’n goeie indruk op haar ouers gemaak. Apie het alles amper bederf, maar gelukkig het sy hom nie ingevlieg nie.

Saartjie gaap. Sy het nou lank genoeg gewerk. Sy gaan bad, trek haar nagklere aan en klim in die bed. Sy skakel die lig af. Dan lig sy haarself effens op en kyk deur die venster. Sy sien Johannesburg se liggies in die verte flikker.

Met ’n sug sak Saartjie weer terug op haar bed. Sy is nogal moeg van die inspanning om heeldag ’n rol te speel waaraan sy nie gewoond is nie.

Maar dis darem nog net ’n paar dae, dan gaan sy haar ouers vra of sy saam met Anna en haar pa, oom Louis, Durban toe kan gaan. Wanneer hulle eers hul toestemming gegee het – en hulle sal dit tog seker doen, want sy is mos nou so mooi soet – sal sy weer haar natuurlike self kan wees.

Vakerig lê Saartjie nou aan Durban en dink. Dit sal darem heerlik wees om soontoe te gaan! Sy en Anna sal swem en speel soos nog nooit nie! Hulle sal natuurlik in ’n wonderlike hotel bly waar alles net van die heel luuksste is – en die beste is dat oom Louis elke dag by die konferensie gaan wees. Sy en Anna sal bedags alleen wees en kan doen net wat hulle wil!

Saartjie is amper aan die slaap. Haar asemhaling word reëlmatig. In haar verbeelding sien sy die blou see, die blou lug, die wit sand. Sy sien hoe sy en Anna in die aanstormende branders induik. Sy sien hoe hulle …

En toe sit Saartjie skielik regop. Haar hart klop vinnig.

Nee, prewel sy, dit kan nie wees nie! Dit mag nie wees nie! Sy moet dink, ernstig dink.

Daar is ’n diep frons op Saartjie se voorkop.

Die brief, die baie belangrike brief wat sy moes gepos het! Wat het daarvan geword? Sy kan glad nie onthou nie. Al wat sy onthou, is dat sy dit nie gepos het nie!

icon_07ssepapegaai.jpg

2

Moleste

Saartjie sit penregop in die bed. Sy dink diep en ernstig na. As sy die brief verloor het en haar pa vind dit uit gaan daar groot moeilikheid wees. Hy het mos gesê dis ’n baie belangrike brief.

Haar pa sal so kwaad wees dat hy glad nie eens na haar sal wil luister as sy hom vra of sy saam met Anna-hulle Durban toe kan gaan nie. As sy die brief nie kry nie, kan sy maar vergeet van die blou see, die blou lug en die wit sand.

Sy móét dit eenvoudig kry en pos – al gebeur wat ook al!

Mooi dink, Saartjie, prewel sy vir haarself.

Sy gaan stap vir stap deur alles wat sy gedoen het ná sy die brief gekry het. Sy sien hoe haar pa die brief vir haar gee om te pos. Sy het dit in haar hand vasgehou.

Hierdie een, sê sy onwillekeurig en kyk na haar regterhand.

Toe het sy met die brief in haar hand by die huis uitgehardloop. Op die sypaadjie het sy van een betonblok na die ander gespring, met die brief nog steeds in haar hand. En toe sy by Anna se huis van die grond af gespring en op die trap net onder die stoep te lande gekom het, het sy die brief ook nog in haar hand gehad.

Daarna is sy by die huis in en na Anna se kamer toe. Daar het sy op die bed neergeval.

Nou weet ek! sê Saartjie skielik hardop.

Haar gesig straal van verligting. Sy onthou nou hoe sy nog na die brief gekyk en gesien het dis nat van haar hand se sweet. Toe het sy dit op die tafel neergesit – op Anna se boek waarin sy huiswerk vir Ou Nukke gedoen het.

Dit beteken die brief is veilig, dink Saartjie. Sy sal Anna môre by die bushalte sien en dit dan kry en gou pos. Al is dit so ’n belangrike brief sal dit darem seker nie die einde van die wêreld wees as dit net een ou daggie later gepos word nie.

Saartjie voel nou baie beter. Sy lê weer gemaklik in haar bed en dink aan die sorgelose dae wat sy en Anna by die see gaan deurbring.

Die volgende oggend is sy vroeg op en stap bushalte toe. Sy gaan nie by Anna langs nie, want oom Louis laai haar gewoonlik op pad werk toe by die bushalte af.

Saartjie stap na Lynnekom se hoofstraat toe. Dit is maar ’n kort entjie – te kort om met ’n motor te ry – en dis mos goeie oefening om te stap. Dit is ook nie nodig om Anna by die huis te sien nie, want sy sal die brief mos by haar hê en dan kan Saartjie dit gou in die rooi posbus gooi.

By die bushalte staan daar al ’n hele paar Lynnekommers wat leerders aan Hoërskool Saamwerk in die stad is.

Haai! groet hulle en Saartjie roep vrolik: Haai julleself!

Sy lyk pragtig in haar blou skooluniform met die arendwapentjie op.

Lina Rens en Gail Smith staan eenkant en gesels met Lodewyk le Fras de Waal en sy twee boesemvriende, Gert Bakker en Piet Heyns.

Hierdie drie seuns het saam met Saartjie, Anna en Lina hier in Lynnekom grootgeword. Lodewyk is die drie se leier. Niemand noem hom ooit Lodewyk nie. Sy bynaam is Galpil.

Saartjie hou nogal van Galpil. Sy wens net hy wil die slegte gewoonte om ’n ieder en ’n elk ou perd of pêrre te noem nou afleer.

Gail is Engelssprekend en gaan na ’n beroemde Engelse hoërskool vir meisies in die stad. Sy woon nou al ’n hele paar maande hier en die Lynnekommers hou van haar. Haar Afrikaans is al amper net so goed soos haar Engels.

Waar’s Anna dan? vra Saartjie en is dadelik bekommerd.

Die perd het hier in ’n kar verbygery, antwoord Galpil.

Saartjie kyk met verlangende oë na die rooi posbus aan die paal langs haar. Sy wens sy het die brief nou gehad sodat sy dit kon pos.

Maar dit maak darem nie te veel saak nie, besluit sy. Sy sal die brief by die skool by Anna kry en dit dan daar pos.

Die leerders staan nou en praat oor watter huiswerk hulle gedoen het en watter nie. Saartjie is in haar skik. Sy kan nie sien dat sy vandag in die moeilikheid sal kom nie. Sy het al haar huiswerk gedoen en ook hard geleer.

Ek wens ek was jy, sê die sterkgeboude Galpil met sy growwe stem. Ek het nie eens na ’n boek gekýk nie. Hy skud sy kop hartseer en vertel dat hy gister glad nie kans gekry het vir skoolwerk en sulke klas goeters nie, want hy het die hele middag in sy bootjie op die spruit gaan roei. Toe hy by die huis kom, was dit al donker en hy was so pootuit dat hy omtrent dadelik gaan slaap het.

Die bus hou stil en die lewenslustige klomp borrel in. Galpil, Gert en Piet sit deesdae graag naby aan Saartjie-hulle. Hulle weet mos die meisies het hul eie buskaartjies. Daar was ’n tyd – die eerste paar dae van die jaar – toe die kinders nog nie buskaartjies by die skool kon koop nie en hulle kontant in die bus moes betaal. Toe het die drie seuns maar ver van die meisies af gebly. Hulle was bang hulle moet miskien vir Saartjie-hulle betaal.

By die skool nael die leerders deur die groot hekke speelterrein toe. Saartjie en Lina soek na Anna.

Daar’s sy! sê Saartjie toe sy hul maat by die hoofgebou se trap sien afkom.

Sy en Lina hardloop soontoe.

Sjoe! sê Anna en sug swaar. Ou Nukke is vir jou moeilik! Ek het my huiswerk vir haar in die personeelkamer gaan gee en sy’t oor haar knypbrilletjie na my geloer en toe gebulder: ‘Laat dit weer gebeur dat jy iets ’n dag laat ingee!’ Ek sê vir julle, ek het koue rillings langs my ruggraat af gekry!

Saartjie staar haar maat verslae aan. Dan stamel sy: Het … het jy ’n brief in jou huiswerkboek gekry?

’n Brief? Anna se gesig trek op ’n plooi. Watse brief?

Saartjie se hart klop vinnig. Sy vertel hoe sy die brief – ’n baie belangrike brief – moes gaan pos het, en toe het sy dit gistermiddag daar op die tafel in die kamer op Anna se boek neergesit.

Is jy seker? vra

Enjoying the preview?
Page 1 of 1