Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Saartjie se kêrel (#12)
Saartjie se kêrel (#12)
Saartjie se kêrel (#12)
Ebook138 pages1 hour

Saartjie se kêrel (#12)

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Saartjie lees ’n artikel oor hipnose en besluit dadelik om Anna en Lina as proefkonyne te gebruik terwyl sy haar lyf hipnotiseur hou. Sy besef egter vinnig sy beskik nie oor hierdie spesiale talent nie... Maar dan kry ons heldin ’n slim plan. Sê nou hulle reël ’n hipnose-vertoning en haar vriendinne gee voor sy maak hulle aan die slaap en laat hulle allerhande manewales uithaal? Die Drie Muskiete kan mos baie geld só maak! Soos met alles verloop dinge natuurlik nie heeltemal soos beplan nie. Saartjie moet haar boetie en sy maat gelukkig hou, asook vir Muggie en ’n skeptiese gehoor – en boonop nog vir Galpil wat nie kan wag om te bewys sy is besig om almal ’n streep te trek nie. Gelukkig kry Lynnekom se rabbedoe dan ’n briljante ingewing. Sy fluister iets in Galpil se oor wat sy hart wild laat klop...
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798154482
Saartjie se kêrel (#12)
Author

Bettie Naudé

Bettie Naudé (die skrywersnaam van Topsy Smith) se karakter Saartjie is al jare lank gewild onder jong Afrikaanse lesers. Smith is een van die suksesvolste jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie- en Saartjie-reekse het 'n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Read more from Bettie Naudé

Related to Saartjie se kêrel (#12)

Titles in the series (29)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Saartjie se kêrel (#12)

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Saartjie se kêrel (#12) - Bettie Naudé

    Die Saartjie-reeks

    1. Saartjie

    2. Saartjie se vakansie

    3. Saartjie se geheim

    4. Saartjie se donkie

    5. Saartjie se nuwe maat

    6. Saartjie se slim plan

    7. Saartjie se papegaai

    8. Saartjie se held

    9. Saartjie se geveg

    10. Saartjie se skatte

    11. Saartjie se kliek

    12. Saartjie se kêrel

    13. Saartjie se dapper daad

    14. Saartjie se piekniek

    15. Saartjie se prys

    16. Saartjie se moleste

    17. Saartjie se dagboek

    18. Saartjie se gevaar

    19. Saartjie se verjaarsdag

    20. Saartjie se drome

    21. Saartjie se sirkus

    22. Saartjie se boetie

    23. Saartjie se wedstryd

    24. Saartjie se afskeid

    Inhoud

    Hoofstuk 1

    Lynnekom se jongklomp

    Hoofstuk 2

    Saartjie se skitterende plan

    Hoofstuk 3

    Die oefening

    Hoofstuk 4

    Die groot vertoning (1)

    Hoofstuk 5

    Die groot vertoning (2)

    Hoofstuk 6

    Saartjie se kêrel (1)

    Hoofstuk 7

    Saartjie se kêrel (2)

    Hoofstuk 8

    Die einde van die romanse

    12Ssekerel_icon.tif

    1

    Lynnekom se jongklomp

    Die lewenslustige Saartjie storm by haar slaapkamer uit en hardloop vinnig by die trap af. Sy moet dit probeer! En sy moet dit op Anna en Lina probeer – sommer nou dadelik!

    Toe sy by die sewende trap van die ingangsportaal af kom, draai sy rem aan en kyk peinsend ondertoe. Sy spring deesdae maklik van die sesde trap af tot onder op die vloer, maar sy het dit nog net eenkeer reggekry om van die sewende trap af te spring.

    Saartjie wonder of sy weer moet probeer. Sy moet tog goed kan spring as sy mense kan hipnotiseer – altans, sy hoop sy kan!

    Dit is hoekom Saartjie so haastig op pad na Anna en Lina toe is. Sy wil hulle probeer hipnotiseer en hulle dan allerhande snaakse goed laat aanvang. Sy het die artikel oor hipnose in daardie tydskrif ’n hele paar keer aandagtig deurgelees, en sy is seker sy verstaan nou presies hoe dit werk.

    Saartjie vee met die agterkant van haar hand ’n weerbarstige krul van haar voorkop af weg. Sy kyk weer na die vloer aan die onderpunt van die trap. Dis darem baie ver. As sy mooi deur die lug wil trek om op die matjie te lande te kom, sal sy van bo af moet hardloop om genoeg spoed op te bou vir so ’n groot sprong.

    Saartjie besluit om dit te waag – daar is nooit ’n beter tyd as nóú nie. Sy wonder net of haar ma nie miskien iewers in die huis is nie. Haar ma het haar belet om soos ’n wilde bobbejaan hier by die trappe af te spring.

    Sy verbeel haar sy het haar ma netnou by die tuinhekkie sien uitgaan, maar sy wil darem net eers seker maak. Saartjie glimlag en twee kuiltjies verskyn in haar wange. Sy haal diep asem en skree hard: Mamma!

    Saartjie luister aandagtig. Daar is nie antwoord nie. Dit beteken haar ma is nie in die huis nie. Maar net om doodseker te maak, besluit Saartjie om nog een keer te roep. Sy haal baie diep asem en skree op haar heel hardste: Maaaa! Mammaaaa!

    Dit is stil. Saartjie glimlag tevrede.

    Maar dan kom haar ma se stem skielik: Ja, my kind?

    Saartjie wip soos sy skrik. Sy het dit nie verwag nie. En omdat sy nou glad nie weet wat om te sê nie, roep sy maar: Waar’s Mamma?

    Hier in die werkkamer! Hoekom?

    Nee, ek het maar net gewonder, Mamma.

    In die werkkamer wonder Martha Baumann hoekom Saartjie gewonder het waar sy is. Maar sy hou nie van hierdie oor en weer geskreeuery nie. Haar dogter weet mos nou waar sy is, en as sy vir haar iets wil vra, moet sy maar soontoe kom.

    Saartjie byt effens op haar onderlip en kyk weer na die matjie aan die voet van die trap. Sy kan nou maar daarvan vergeet om vandag haar ou rekord te breek. Haar ma sal die harde slag hoor as sy daar onder op die matjie beland – ás! Daar sal natuurlik nog ’n erger lawaai wees as haar voet aan die onderste trap vashaak en sy kop eerste daar afrol. En dis wat sekerlik gaan gebeur, net soos met haar vorige pogings om van die sewende trap af te spring.

    Maar eendag gaan ek dit behoorlik regkry, sê Saartjie sag en stap dan stadig by die trap af.

    Saartjie Baumann is veertien en ’n leerder aan die beroemde Hoërskool Saamwerk in die stad. Dis nou vakansie, en al het Saartjie en haar maats baie pret hier in Lynnekom, ’n voorstad van Johannesburg, sal sy nie omgee as die skool weer begin nie. Dis dan die netbalseisoen en sy is mos haar span se kaptein.

    ’n Bofbalpet sit skeef op Saartjie se donker krulle. Sy dra ’n driekwartbroek, ’n vrolike langmoutoppie, en tekkies met wit sokkies.

    Vroeër vanoggend het sy en Anna en Lina, haar twee boesemvriendinne, ’n bietjie hier op Lynnekom se bane gaan tennis speel. Toe Saartjie weer by die huis kom, het sy in haar kamer deur ’n tydskrif gaan sit en blaai. Dis toe dat sy die artikel oor hipnose raakgesien en belangstellend begin lees het. Sy is oortuig sy weet nou genoeg om daardie mistieke gawe, soos die skrywer dit noem, te beoefen. Sy gaan vir Anna en Lina oorreed om haar proefkonyne te wees.

    Saartjie-hulle woon in ’n pragtige dubbelverdiepinghuis. Sy is die beroemde spesialis, Jan Baumann, se enigste dogter en het twee broers. Kris is ’n tweedejaarstudent aan die universiteit en Abraham, of liewer Apie, is nog op laerskool hier in Lynnekom.

    Saartjie stap fronsend by die voordeur uit. Sy wonder hoe sy haar vriendinne gaan oorreed om haar toe te laat om hulle te hipnotiseer…

    Sy loop so diep in gedagte met die tuinpaadjie af dat sy wip soos sy skrik toe iemand agter die digte struik net langs die paadjie skree: "Go! Go! en dan: Skelp haar!"

    Saartjie kyk vererg na die gesig besmeer met rooi skoenpolitoer wat deur die blare na haar loer. ’n Ou stuk leer is om sy kop vasgebind en daar is ’n paar verweerde hoendervere ingedruk.

    Dink jy miskien jy’s snaaks, Apie? vra Saartjie kil.

    Haar boetie skud sy kop en dan skree hy: "Kom, Big Chief, kom ons skelp haar!"

    Big Chief kom agter ’n ander bos uitgekruip. Hy is net so betakel van die rooi politoer en het ook ’n stuk leer, waarin ’n paar verdwaalde vere gesteek is, om sy kop vasgebind. Hy kom dansend nader terwyl hy sy arms wild swaai en aanhoudend "Go! Go!" skree.

    Saartjie herken hom dadelik. Hierdie kastige Big Chief is niemand anders as Bennie, Apie se beste maat, nie. Die twee is gedurig bymekaar en sit ook in dieselfde bank op skool.

    Die seuns staan en trap-trap om Saartjie. Sy glimlag en besef dat dit seker veronderstel is om ’n bloeddorstige oorlogsdans te wees. Bennie swaai ’n ou houtmes deur die lug en Apie mik na haar met ’n pyl en boog wat hy self gemaak het.

    Ná ’n rukkie begin die gegil en gedans om haar vir Saartjie irriteer.

    Sy beveel kwaai: Sal julle stilbly!

    Die seuns is dadelik stil. Apie stamp aan Bennie en sê: "Big Chief, sy wil seker parlei."

    Saartjie kyk fronsend na die twee. Sy kan hul taal nie aldag verstaan nie.

    "Wie of wat is julle en wat op die aarde is parlei?"

    Apie se twee voortande is weg. Hy het eenkeer huis toe gekom met die storie dat hy uit ’n boom geval het. Niemand kon iets meer wys word nie en hy het voet by stuk gehou dat dit ’n ongeluk was. Die feit dat hy ook ’n blouoog gehad het, het volgens Apie niks aan die saak verander nie. Hy het uit ’n boom geval en klaar.

    Hy staan en maak nou sisgeluide deur die opening waar sy twee voortande skitter in hul afwesigheid.

    Sy’s darem dom, sê hy vir Bennie. Dan gluur hy Saartjie aan en sê kwaai: Kan jy nie sien ons is Indiane nie? Kyk hoe lyk ons gesigte! Ek is Big Big Chief en hy, sê Apie en wys met sy duim na Bennie, is Big Chief.

    Saartjie glimlag. Sy het gewonder hoe is dit moontlik dat Apie tweede plek inneem as Bennie skielik Big Chief is. Nou verstaan sy. Apie is darem nog ’n bietjie hoër as Bennie. Hy is Bíg Big Chief!

    "Nou wat is parlei?" vra Saartjie.

    Dis ’n woord wat ons in ’n boek oor Cowboys en Indiane gelees het, verduidelik Apie. Dit beteken ‘praat’.

    Saartjie verstaan nou. Die seuns se parlei is seker die Engelse woord parley wat praat of onderhandel beteken.

    "En wat’s skelp?" vra Saartjie verder.

    Dis wat ons met jou gaan doen, brom Apie. Dit beteken ons gaan jou kopvel afskil.

    O, sê Saartjie kalm en begin grinnik. Die regte Engelse woord is eintlike ‘scalp’.

    Die seuns kyk na haar. Hoe durf sy, ten spyte van hul dreigemente, nog staan en lag!

    Is jy nie bang nie? vra Apie en net om te wys dat sy behoort te wees maak hy weer sisgeluide deur die opening in sy mond.

    Nee, ek is nie bang nie, sê Saartjie, en ek het ook nie nou tyd om hier met julle te staan en ginnegaap nie. Ek is haastig. Sy swaai om en stap weg.

    Big Big Chief en Big Chief kyk verslae na mekaar. Dieselfde gedagte flits deur albei se koppe. Sal hulle haar gryp en ’n les leer? Dan onthou hulle skielik hoe sy hulle die vorige keer gemoker het toe hulle dit probeer doen het, en nou besluit hulle wyslik om maar liewers die tierwyfie uit te los.

    "Ons kan haar maklik skelp as ons wil, maar ons wil nie," sê Apie.

    Bennie stem volkome met hom saam. Hulle kan, maar hulle is nie nou lus nie!

    Saartjie loop na die tuinhekkie toe, maar versigtigheidshalwe loer sy darem kort-kort oor haar skouer om te sien wat hulle doen. Sy wil nie onverwags betrap word of miskien een van Apie se pyle in haar rug kry nie!

    Maar gelukkig is die gevaar verby. Die twee seuns is weer besig om hul bloeddorstige "Go! Go!" oorlogskreet ten hemele uit te skree en daardie aaklige dans uit te voer. Hulle hoop maar die volgende slagoffer wat hier opdaag, is nie so sterk en kwaai soos Saartjie nie.

    By die hekkie gaan staan Saartjie stil en kyk moedeloos na die betonplaveisel wat voor haar oor die sypaadjie uitstrek. Van die dag toe

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1