Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Saartjie se afskeid (#24)
Saartjie se afskeid (#24)
Saartjie se afskeid (#24)
Ebook110 pages1 hour

Saartjie se afskeid (#24)

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Saartjie gee haar graadnege klas baie plesier met die dinge wat sy aanvang, maar dan betrap sy en die hoofseun rowers en dit plaas haar eers in die kollig. Die hele Lynnekom gons ook oor die wedstryd waarin ’n 14-jarige meisie ’n oorsese reis kan wen.
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798153980
Saartjie se afskeid (#24)
Author

Bettie Naudé

Bettie Naudé (die skrywersnaam van Topsy Smith) se karakter Saartjie is al jare lank gewild onder jong Afrikaanse lesers. Smith is een van die suksesvolste jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie- en Saartjie-reekse het 'n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Read more from Bettie Naudé

Related to Saartjie se afskeid (#24)

Titles in the series (29)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Saartjie se afskeid (#24)

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Saartjie se afskeid (#24) - Bettie Naudé

    Die Saartjie-reeks

    1. Saartjie

    2. Saartjie se vakansie

    3. Saartjie se geheim

    4. Saartjie se donkie

    5. Saartjie se nuwe maat

    6. Saartjie se slim plan

    7. Saartjie se papegaai

    8. Saartjie se held

    9. Saartjie se geveg

    10. Saartjie se skatte

    11. Saartjie se kliek

    12. Saartjie se kêrel

    13. Saartjie se dapper daad

    14. Saartjie se piekniek

    15. Saartjie se prys

    16. Saartjie se moleste

    17. Saartjie se boetie

    18. Saartjie se gevaar

    19. Saartjie se verjaarsdag

    20. Saartjie se drome

    21. Saartjie se sirkus

    22. Saartjie se boetie

    23. Saartjie se wedstryd

    24. Saartjie se afskeid

    Inhoud

    Hoofstuk 1

    Saartjie en Ou Bolla

    Hoofstuk 2

    Die boewe

    Hoofstuk 3

    Saartjie die heldin

    Hoofstuk 4

    Saartjie en die hoofseun

    Hoofstuk 5

    ’n Oorsese reis

    Hoofstuk 6

    Saartjie se afskeid

    24Sseafskeid_ICON.tif

    1

    Saartjie en Ou Bolla

    Die vyftienjarige Saartjie Baumann sit in die klas – doodverveeld. Die kinders moet geskiedenis van die bord in hul aantekeningboeke afskryf, maar sy is lankal klaar.

    Saartjie sit nou en rondkyk. Sy wonder wat sy kan doen. Langs haar sit Anna Strydom, en net voor die twee sit Lina Rens. In Lynnekom, die Johannesburgse voorstad waar Saartjie, Anna en Lina woon, is hulle bekend as die Drie Muskiete.

    Hulle is in graad nege in die beroemde Hoërskool Saamwerk in die stad, en die drie is al maats van die dae toe hulle nog in graad vier op laerskool was.

    Saartjie Baumann is ’n mooi meisie. Selfs die seuns in die klas wat kastig nie van meisies hou nie, moet erken dat sy baie aantreklik is.

    Sy het donker krulhare en helderblou oë en daar is ’n paar bekoorlike sproete op haar effense wipneus. Sy is ’n wakker, lewenslustige rabbedoe wat hou van kattekwaad. Lynnekom se mense skud gewoonlik maar net kop en sê dan met ’n sug: Waar Saartjie is, gebeur daar altyd iets.

    Anna Strydom is effens geset met ’n ronde, goedige gesig. Sy woon net langs die Baumanns in Lynnekom. Sy en Saartjie is al maats vandat hulle mekaar die eerste keer gesien het. Dit was toe hulle nog babatjies was. Hulle het eers woes uit hul onderskeie stootwaentjies na mekaar gegluur en toe het albei begin lag en hulle handjies na mekaar uitgestrek. Van daardie dag af was hulle groot maats – en hulle is vandag nog steeds.

    Lina Rens is ’n langbeenmeisie wat baie goed vaar in atletiek, netbal en tennis. Sy het in graad vier by die Lynnekommers aangesluit. Saartjie en Anna het dadelik van haar gehou en so het die Drie Muskiete toe tot stand gekom.

    Op die oomblik sit en werk Anna en Lina hard. Hulle is nog besig om die aantekeninge van die bord af te skryf. Saartjie sit sommer en niks doen nie. Sy is mos al klaar.

    Ek wens... ek wens... ek wens... mompel sy ingedagte.

    Wat wens jy? fluister Anna, wat haar gehoor het.

    Ek wens ek het iets gehad om te doen, fluister Saartjie terug.

    Nou hoekom het jy so gejaag om klaar te kry? vra Anna.

    Saartjie antwoord haar vriendin nie, want sy kom agter die onderwyseres, wat voor by die tafel sit en huiswerk nasien, kyk reguit na hulle twee agter in die klas.

    Saartjie frons en kyk stip na die bord. Sy probeer maak asof sy hard konsentreer.

    Toe die juffrou afkyk en weer boeke begin nasien, hou Saartjie op toneelspeel. Sy sit nou maar weer en niks doen nie. Dit is stil in die klas.

    Saartjie kyk na ’n seun in die ry langs die een waarin sy sit. Sy regte naam is Lodewyk le Fras de Waal, maar niemand noem hom so nie. Almal ken hom as Galpil.

    Dit sal darem geweldig baie verbeelding kos, dink Saartjie nou, om Galpil as ’n aantreklike ou te beskryf. Met sy plat neus, bakore en ongekamde boskasie is hy deksels lelik.

    Nogtans, Galpil en sy twee boesemvriende, Gert Beukes en Piet Heyns, is darem nie te sleg nie. Al is hulle nie juis iets om na te kyk nie, hou Lynnekom se meisies nogal van hulle.

    Dis net jammer, dink Saartjie, dat Galpil die slegte gewoonte het om ’n ieder en ’n elk as ou perd of pêrre aan te spreek.

    Saartjie was eenkeer sy meisie, maar die verhouding – as ’n mens dit so kan noem – het nie lank gehou nie. Sy het haar bes gedoen om Galpil te laat afsien van sy gewoonte om almal ou perd of pêrre te noem, maar dit was verniet.

    Galpil het net gesê dit is hoe hy praat en hy kon of wou niks verkeerd daarmee sien nie. Toe sê Saartjie vir hom hy moet na die hoenders gaan en toe sê hy vir haar sy moet ook na die hoenders toe gaan. En dit was natuurlik die einde van hul sogenaamde verhouding.

    Saartjie dink skielik aan iets. Miskien moet sy ’n stukkie papier kou en dit in ’n bondeltjie frommel en dit op haar liniaal se punt sit en dan daarmee na Galpil se een bakoor mik.

    Nadat sy ernstig oor die saak nagedink het, besluit Saartjie om dit liewer maar te los. Dit sal te gevaarlik wees. As sy Galpil netjies agter die oor piets, sal dit mos brand en dan sal hy tien teen een opspring en ’n woord gebruik wat ’n mens nie moet gebruik nie.

    Dit sal natuurlik baie snaaks wees, maar wat gaan gebeur as die onderwyseres ondersoek instel oor hoekom Galpil opgevlieg en so ’n woord gebruik het?

    Galpil sal mos sê iemand het hom met iets teen die oor geskiet terwyl hy so daaraan staan en vryf. Almal sal dan omkyk om te sien wie die sondebok is en Saartjie glo nie sy kan goed genoeg toneelspeel om doodstil en met ’n onskuldige gesig te bly sit nie. Sy sal sommer uitbars van die lag – en dan gaan sy gestraf word.

    En, dink Saartjie verder, sê nou net sy skiet mis en tref Galpil nie agter die oor nie? Dan sal sy in nog baie groter moeilikheid wees, want die juffrou sit reguit in lyn met hom. As sy vir Galpil mis skiet, sal sy die onderwyseres netjies teen die kop tref en dan is die gort gaar.

    Nee, besluit sy, sy moet van haar plan vergeet. Dit is nie die moeite werd om in soveel moeilikheid te kom nie.

    Saartjie sit nou maar weer en rondkyk.

    ’n Meisie voor in die klas vra vir die onderwyseres of sy haar kleurbaadjie kan uittrek omdat sy te warm kry.

    Ja, goed, brom die juffrou en lyk vies omdat sy gesteur is. Sy sien wiskunde na en moet konsentreer.

    Die meisie staan op, trek haar baadjie uit en hang dit aan een van die hake wat daarvoor teen die muur vasgeskroef is.

    As die juffrou vir een toestemming gegee het om haar baadjie uit te trek, dink Saartjie, kan sy mos nie vir iemand anders nee sê nie.

    Met ’n tipiese gebaar vee Saartjie met die agterkant van haar hand ’n weerbarstige krul van haar voorkop af weg. Dit sal darem iets wees om te doen – om op te staan en te vra of sy haar baadjie mag uittrek en dit dan teen die muur te gaan ophang. En miskien sal dit nogal pret wees as ’n klomp ander kinders dit ook doen.

    Saartjie fluister vir Anna en Lina wat sy van plan is om te doen. Sodra sy toestemming gevra het om haar kleurbaadjie uit te trek, moet hulle die een ná die ander ook vra om dit te doen. Saartjie is lus om die onderwyseres, Ou Bolla, te terg. Die kinders het vir juffrou Minnaar hierdie bynaam gegee omdat sy haar hare altyd in ’n stywe bolla dra.

    Sê vir die klomp voor jou hulle moet dit ook doen, fluister Saartjie vir haar vriendin.

    Lina knik glimlaggend kop. Sy dink ook dit sal nogal pret wees om Ou Bolla so ’n bietjie te terg en te sien hoe sy al kwater en kwater word soos die kinders die een ná die ander beleefd vra of hulle hul baadjies kan uittrek omdat dit te warm is. Lina wonder hoe lank dit gaan wees voor Ou Bolla uitbars van woede.

    Die kinders in die ry knik om te wys hulle is bereid om saam te speel en die onderwyseres se siel uit te trek.

    Saartjie is seker die ander kinders sal gou agterkom wat aangaan en dan ook die een ná die ander toestemming vra om hul kleurbaadjies uit te trek.

    Saartjie kug effens. Sy gaan die bal nou

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1