Huisgenoot

Kersfees op Kersbos

HIERDIE vakansiehuis gaan stampvol wees, dink Alta toe sy die foon neersit. “Dit was Cecile; hulle gaan ook Kersbos toe vir Kersfees.”

“Duinehuis het plek vir baie mak skape,” antwoord Conrad.

Dit gaan nogtans ’n uitdaging wees. Veral wat hul tweeling betref. Lila en Lizette wou eerder saam met hul maats matriekvakansie gaan hou, maar Conrad het sy voet neergesit. Hy laat nie sy meisiekinders onder sy oë uit nie.

Dan is daar haar ma, die matriarg. Ouma See, noem die kleinkinders haar. Haar verstand is nie meer helder sedert haar man se dood vroeër vanjaar nie. Daarom wil almal dié jaar om haar laer trek.

“Waar is julle skaap?” is Ouma se standaardverwelkoming wanneer die kinders daar aankom. Die huis is groot genoeg; die kos moet ook genoeg wees, dan is Ouma se wêreld reg.

Eerste op die agenda is die versiering van die Kersboom. Dis saamkuier en familie-inhaaltyd. Elkeen bring sy eie versiersels van die huis af.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Die Olimpiese Gimnas Nadia Comaneci
MONTREAL, 1976. In die fel kollig lyk sy soos ’n porseleinpoppie. Toe begin die 14-jarige gimnas met haar aanloop en jy kan ’n speld hoor val in die arena en televisiekamers wêreldwyd. Vir 30 sekondes swaai en tuimel sy deur die lug asof swaartekrag
Huisgenoot4 min read
Juffrou X - Sterre
By die Victory Heights Hoërskool is die eindeksamen net één van die uitdagings wat kinders in die gesig staar. Maar ’n paar onderwysers sal enigiets doen om hulle kinders ’n kans in die lewe te gee, binne of buite die klaskamer. Juffrou X (Trix Vivie
Huisgenoot4 min read
111 Jaar Met Pap, Vleis En Marog
DIE lug bo Mpumalanga se Hoëveld is vandag grys en bewolk. Amper soos die oorlogswolke wat 110 jaar gelede bo die verre Europa saamgepak het. Ons praat hier van die Eerste Wêreldoorlog wat in 1914 uitgebreek het. Daardie verskriklike slagting wat dee

Related