Weg!

Van stof tot steenhuis

Dis pikdonker behalwe vir my kar se hoofligte; die N1 lê eindeloos en leeg voor my. Dis Junie 2019 en ek’s op pad Colesberg toe. Ek was vier jaar gelede daar. Die dokumêntere fliek, The Lost Carts of the Karoo, wat ek in 2012 begin skiet het, is uiteindelik voltooi.

Die Louw-familie is die hart van die fliek. Hulle het intussen getrek van ’n tweekamersinkhuis in Plakkerskamp, ’n township teen die noordwestelike randjie van Colesberg, na hulle eerste baksteenhuis op Riemvasmaak, ’n uitgestrekte Hop-huisbuurt met meer as 2000 strukture waar eers net ’n stuk dor veld was.

Die Louw-huishouding bestaan uit oupa Lodewyk Slinger, ouma Sina Louw, hulle twee seuns, Salman en Isak Louw, Isak se vrou, Hanneline, en hulle drie kinders, Celeste, Hayno en Lizandre. (Oupa en Ouma het nooit wettig getrou nie, daarom het die seuns Ouma se van.)

Oupa Lodewyk en ouma Sina was eens karretjiemense – hulle het die grootste deel van hulle lewe die Karoo op ’n donkiekar deurkruis; van plaas tot plaas, en hulle dienste aangebied as skaapskeerders en draadwerkers.

Al hulle besittings was op die donkiekar. Ook honde, hoenders en swaar sinkplate waarmee hulle ’n tydelike huis waar ook al sou opsit. Die meeste van hulle 12 seuns – waarvan net 6 nog

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg1 min read
Weg!
Stapgids REDAKTEUR: WEG PIERRE STEYNREDAKTEUR: WEG STAPGIDS 2024 SOPHIA VAN TAAKKUNSHOOF LYNNE FRASERTEKSREDAKTEUR VANIA JOOSTE MEDIA24 UITVOERENDE HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSONHOOFBESTUURDER: LEEFSTYL MINETTE FERREIRA UITGEWERSPAN FINANSIËLE BESTU
Weg3 min read
Mooi Van Lelikheid!
Hiënas lyk nogal soos honde, maar hulle is nie honde nie; hulle naaste familie is dwergmuishonde en sivetkatte. Die voorste twee bene is langer as die agterbene, wat maak dat ’n hiëna se skouers hoër is as sy stuitjie en sy rug skuins na agter afloop
Weg6 min read
’n Kuier By Die Kokerbome
Augustus het al hoeveel keer probeer om lente te wees. Maar sy is deur die winter grootgemaak en sal nie sommer van haar koue, winderige gewoontes ontslae kan raak nie. Daarom staan ek en vriend Japie Kruger vanoggend steeds om die roosterkoekvuur by

Related