Dantjie, alias Dalene de Bruyn Joubert, het op Riversdal in die Suid-Kaap die eerste keer die Suiderkruis van die onderkant kant af gesien. Sy het haar skoolpad geloop al om die po...view moreDantjie, alias Dalene de Bruyn Joubert, het op Riversdal in die Suid-Kaap die eerste keer die Suiderkruis van die onderkant kant af gesien. Sy het haar skoolpad geloop al om die potkleigatslimmighede tot in matriek by die Hoërskool Langenhoven op Riversdal. Daarna het sy gedink sy word wys en by ʼn nuwe potkleigat se wetenskap ingeklouter:
BA graad in Lettere en Wysbegeerte by UPE, Honneurs in Afrikaanse Letterkunde by Stellenbosch se Universiteit. Dit het Dantjie goed ge-trein om met tale te boer: skryf haar in vir ‘n taalnavorsers- en opnemerskursus by Global Recordings Network. Haar oë val op taal- en kultuurnavorsing in Suider-Afrika. In 1992 help sy om arm mense ook tale te laat hoor. Sy fokus op die ontwikkeling van oudiovisuele onderrigmateriaal in verskillende Suider-Afrika tale. In 2003 maak sy ‘n opvolgkursus klaar by GRN en daar kon sy toe ander met wysheid help as senior opnemer en tutor.
Dantjie het ook saam met die tye beweeg en digitaal geraak: vandag doen sy klankopnames en klankversorging en help dat projekte mooi saamval.
Dalene de Bruyn Joubert, skrywer van "Plaasstories vir 'ie siel"
Dalene de Bruyn Joubert
Dantjie het ook haarself geleer sing vandat sy elf is – lirieke wat sy self geskryf het. Sy het vir die taal waarvoor sy so liefgeraak het, ʼn eie deuntjie-pullover oorgetrek. Nadat ʼn hele geslag kontreimense onder die kluite beland het, begin haar pen vanself te praat en te brêg en te bieg oor haar omgewing – waar sy grootgeword en hoe sy haar werf deur ʼn kind se oë gesien kleur kry het.
Dit was die eerste kallers op haar woordwerf: drie kortverhaalbundels, met Plaasstories vir ’ie siel wat in Maart 2012 deur Benedic Boeke uitgegee is. Begin Februarie 2013, het sy haar kallers hans begin grootmaak: nou is daar ʼn tweede druk van Plaasstories op die werf, onder haar eie Plaasnaam: Dalene Joubert Produkte.
– en sommer ook op die WWW WERF.view less