EK EN MY PA . . . 75 JAAR TERUG in die KAROO
Dit is een van die wonderlikste geskenke as jou pa sy eie storie vir jou wys, die een voor jy self mens geword het.
Ek woon in Kaapstad, is ’n stadskind met ’n Karoosiel. Hoe verder ons op die N2 wegry van my ouers se woonplek, Hermanus, hoe vryer word my kop.
Einde Augustus laas jaar het ek en my pa 75 jaar teruggereis na die paadjies van sy kinderjare in die Karoo. Op 82 wou hy die sirkel van sy lewensgang voltooi.
Die eerste stop, Riversdal, is kosbaar. Hy groet sy oudste neef, 93 somers oud. Albei delf diep. Druk mekaar die laaste keer. (Sy neef is kort daarna oorlede.)
Ná die verwondering van die Outeniekwapas hou ons ’n outydse piekniek, by skape waar rus is. Terwyl my pa ’n tafeldoek oor die sementtafel gooi, wei hulle om ons. Ons sit aan vir koffie, hardgekookte eiers, kaas-entamatietoebroodjies, koue wors. Ons ruik skaapmis en ervaar die stilte van die heelal: Dis ons Michelin-ervaring in die natuur.
My pa het sorgvuldig die roete uitgewerk. Sy geheue is skerp.
Ek hoor die opgewondenheid van ’n jong seun, lief vir die veld, wat sy ma help deeg knie het, lief was vir sy swart kat, nuuskierig oor mense. Sy aardse besittings was karig, sy drome so wyd
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days