Weg! Platteland

Vertelons

wen-brief

Toe onthou ek die vloed

Ek geniet Platteland ontsettend baie, en die Winteruitgawe was geen uitsondering nie. Op bl. 83 is daar ’n foto van klippies in ’n boks met ’n pen daarby en ’n uitnodiging om ’n boodskap te skryf ter herinnering aan die Laingsburg-vloed in 1981.

My pa was altyd gek oor langpadreise, en toe ons in 1981 gaan vakansie hou, was dit weer so. Dit was einde Maart en ek het pas 9 jaar oud geword. Ons het oor die nuus gehoor van die vloed en hou toe op pad Kaap toe op Laingsburg stil. Ons het uit die kar geklim en daar gestaan op die droë, dorre, klipharde moddergrond. Rondom ons was dit die ene verwoesting, met plek-plek hope puin wat iewers vasgesteek het. Verby ons het ’n tolbos gewaai gekom. Ek het so in die stilligheid gewonder of tolbosse nie eerder in cowboy-flieks hoort nie – hierdie kan mos nie waar wees nie!

Ons het teen die bult opgekyk en die netjiese rye wit tydelike huise gesien. My ouers het verduidelik al die huise is vernietig en die opslaanhuise is hier afgelaai sodat mense ’n dak oor hulle kop het terwyl hulle woning herbou word.

Ons het afgestap na die tydelike brug wat opgerig is sodat die verkeer op die N1 kon vloei. Ek onthou duidelik die harde gedreun soos die voertuie oor die brug ry. Ek het my hand op die reling gesit en kon die harde vibrasies voel terwyl die karre oor beweeg. Toe sien ek van die klampe

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Klein River Boks Teen Die Grotes
By die jaarlikse Wêreldkaastoekennings, aangebied deur die Britse Guild of Fine Foods, het Klein River se Overberg-kaas ’n goue medalje gewen – een van slegs drie Suid-Afrikaanse kase wat dit kon vermag. Dis die jongste van ’n hele rits pryse vir hie
Weg: Platteland14 min read
Herfsfees Vol Kleur En Geur
In die koswêreld is Errieda du Toit niks minder nie as ’n legende. Saam met wyle Francois Ferreira was sy byna 15 jaar lank die een helfte van die geliefde Huiskok, Glanskok op RSG voordat sy in 2014 op haar eie voortgegaan het met Die kos wat ons ke
Weg: Platteland1 min read
Stilte In Die Bos
– Dalsig, Stellenbosch – Jare gelede toe ek op Stellenbosch gestudeer het, was dit nog ’n ware studentedorp – mense het die hele plek vol gestap en daar was nie al die motors van vandag wat soveel verskriklike verkeersknope veroorsaak nie. Deesdae ka

Related