Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Geheime Storm
Geheime Storm
Geheime Storm
Ebook182 pages3 hours

Geheime Storm

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Many woman and men, young and old has gone through something so tough that it can push you to a point where you wish you were no longer. Each one of us has pain...hidden behind some eye shadow and lipstick, hidden behind a smiley mask and you make it seem like nothing ever goes wrong , but deep down inside you're actually screaming and crying out loud. This is me telling my story to help and inspire you to speak up. YOU ARE A SURVIVOR!

LanguageAfrikaans
Release dateOct 18, 2023
ISBN9780796119544
Geheime Storm

Related to Geheime Storm

Related ebooks

Related articles

Reviews for Geheime Storm

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Geheime Storm - Edwina Goosen

    1.png

    Geheime

    Storm

    Edwina Goosen

    © Edwina Goosen 2023

    Geheime Storm

    Gepubliseer deur Edwina Goosen

    Eerste river, 7100

    goosenedwina3@gmail.com

    eISBN 978-0-7961-1954-4

    Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie publikasie mag sonder die skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm deur elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skryf- of bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring en –ontsluiting.

    Uitleg en publikasie-fasilitering deur Boutique Books

    Geheime

    Storm

    Hoofstuk 1

    Ek is as babadogtertjie op 23 November 1978 in Kaapstad gebore. Voor my was daar ’n tweeling, ’n dogtertjie en seuntjie, wat ongelukkig nie meer met ons is nie. Ek was ook een van ’n tweeling waarvan my broer ook oorlede is, en dan is daar nog ’n tweeling. Dit maak van my die oudste van die oorblywende kinders, twee seuns en ’n dogter. 0ns was dan net vyf persone in die huis – my ma, pa, ek en my tweelingbroers.

    Ek was ’n pappakind en my ma was mal oor haar twee seuns. Na my mening was sy liewer vir hulle as vir my. Soms sou sy vir hulle goed gee of vir hulle iets koop, maar nie vir my nie. Ons het in ’n skakelhuis met drie vertrekke gewoon. Ons huis was in die middel van ’n blok wat uit vier huise bestaan het. Dit het een kamer, ’n kombuis, sitkamer en buitetoilet ingesluit. Die huise se mure was so dun dat almal mekaar kon hoor.

    Ons huisgesin se lewe was nie altyd maanskyn en rose nie, en daarmee bedoel ek dat daar baie swaar tye was. Veral vir ons as kinders, want ons het die meeste daaronder gely.

    Ek het as jong dogtertjie altyd gedroom van ’n groot huis met ’n groot agterplaas propvol speelgoed, en eendag as ek groot was, sou ek my prins op die wit perd ontmoet, die mooiste troue hê, mooi klere en duur juwele dra, ’n vinnige motor besit en hope geld hê. Dit is seker maar elke klein dogtertjie se droom om eendag as sy groot is al hierdie dinge te kan hê.

    My ma was ’n huisvrou en my pa die broodwinner en dit is soos ons dit genoem en verstaan het terwyl ek groot geword het. Soos ek verstaan, het my ma eers gewerk, maar met haar swangerskappe het sy die werk gelos en permanent by die huis gebly om haar kinders groot te maak. My pa het ’n goeie werk gehad en ook baie goeie geld verdien. My ouers was baie lief vir mekaar, maar sekere dinge het my nie aangestaan nie. Beide my ouers het naweke ’n drankie saam met hul vriende by ons huis geniet. My ouers en hul vriende het elke Donderdag al begin planne maak oor hoe hulle die naweek sou deurbring. Twee of drie van hulle vriende het gewerk, en die ander het alles maar net gratis ontvang.

    My ouers het al hoe meer begin drink en die vriendekring het al hoe groter geword. Ons kinders het nie meer gekry wat ons voorheen gekry het nie. Dinge in ons huishouding het net erger geword, want die drinkery en die vriende het meer voorkeur as ons kinders gekry.

    Ek het altyd gevrees wanneer Vrydae aangebreek het, want dan was dit ’n fees – nie vir ons kinders nie, maar vir my ouers en hulle vriende, aangesien die drank dan soos water gevloei het. Soms het dit so erg gegaan dat van die vriende oorgeslaap en dan eers die Sondagaand huis toe gegaan het. Dan was die kos, wyn, en geld op, en die nuwe week begin dan die volgende dag met leë koskaste en beursies. Ons kinders moes dan met watter leftovers ook al beskikbaar was, tevrede wees. In hul vriende se oë was my ouers die beste, maar sodra daar niks meer oor was nie, het hulle na hul huise teruggekeer.

    Mense het begin skinder oor my ouers, selfs hulle eie vriende, maar my ouers kon nie besef hoe hul eie vriende van hulle sleg gepraat het nie. Soms het my pa nie op ’n Maandag gaan werk nie en dit het amper veroorsaak dat hy sy werk verloor het, maar hulle het hom elke keer nog ’n kans gegee.

    Ten spyte van die probleme by die huis, het ek en my broers steeds goed gevaar op skool. Die probleme by die huis het veroorsaak dat my ouma, my ma se ma, ingetree het en ons kinders ’n ruk lank by haar ingeneem het. My ouma het nie baie besit nie, maar almal wat daar gebly het, het geëet; of dit nou pap was of koffie en brood, ons was altyd versadig. Ons het gewoond geraak daaraan en dit was nie vir ons ’n probleem nie al het ons na ’n ordentlike bord kos gesmag. Terwyl ons daar gebly het, het ons aanhou skoolgaan en my ouers het steeds voortgegaan met hul drinkery. Daar het omtrent agt mense by my ouma gebly en haar huis het vier vertrekke gehad met twee kamers, ’n kombuis, sitkamer en ’n buitetoilet.

    My ouma het op daardie stadium met haar oumenspensioen wat sy van die staat ontvang het, in al ons behoeftes voorsien. Sy het ook gesorg dat my pa elke Vrydag wanneer hy sy salaris ontvang het, ’n paar rand bygedra het, omdat ons vir tyd en wyl daar gebly het.

    Een van die familielede wat by my ouma gebly het, was ouer as ek. Ek was baie bang vir hom en het uit sy pad gebly as hy in die omgewing was. Hy was ook ’n drinker en het verskillende dwelms gebruik. As hy onder die invloed was van drank en dwelms, was hy baie onbeskof en almal het maar uit sy pad gebly. Ek en my broers het in my ouma se kamer geslaap. Daar was ’n groot bed waar my ouma geslaap het en ’n dubbelbank waar ek bo geslaap het en my broers onder.

    Een aand was die persoon ook daar en effens onder die invloed van drank en dwelms. My ouma en my broers het al geslaap, en ek het wakker gelê op my bed. Ek het net begin insluimer toe ek ’n hand oor my mond gevoel het. Ek het baie groot geskrik toe ek sien dat dit hy was. Ek wou skree, maar ek kon nie, want elke keer as ek wou skree, het hy my mond net stywer toegedruk. Hy fluister toe in my oor dat ek nie moes bang wees nie en dat hy my nie sou seermaak nie, maar ek moes net stil lê en nie skree nie. Hy het aan my bene begin vat en ek het saggies begin huil. Hy wou toe op my kom lê, maar op daardie oomblik het ek kans gekry om ’n geluid te maak en toe begin my ouma in haar bed roer. Hy het my vinnig gelos en ek het dadelik van die bed afgeklim en by my ouma gaan lê. Ek kon hoor hoe hy van die bed afgly en na die ander kamer gaan. Ek het my kop styf onder die komberse toegetrek. Ek kon nie slaap nie, want ek was baie bang dat hy weer sou terugkom. Ek het darem later aan die slaap geraak en die volgende oggend saam met my ouma opgestaan.

    Ek het my ouma oral gevolg waar sy gegaan het, maar ek het ook geweet dat ek hom die een of ander tyd sou sien. Toe my ouma toilet toe gaan, was hy nie daar nie en ek het ’n geleentheid gekry om te gaan speel. Ek het heeltyd dopgehou om te sien wanneer hy aankom en het nog so gesit en speel toe hy om die hoek van die huis kom. Ek het my lam geskrik, maar hy het gemaak of niks gebeur het nie en by die huis ingegaan. Toe ek weer opkyk, het ek in sy gesig vasgekyk. Sy oë was groot en ek het bang geword en sommer na my ouma geroep en gesê ek was honger.

    Ek het gesorg dat ek nooit alleen saam met hom was nie. Hy het sy bes probeer om my eenkant te kry, maar ek het hom altyd op die een of ander manier ontduik. Ek het nooit vir iemand gesê wat gebeur het nie, want ek was bang vir hom en ek was bang dat ek ’n pak slae sou kry omdat hy ’n grootmens was en niemand my sou glo nie.

    My familie het tot nou toe van niks geweet nie, en ek hoop van harte dat ek niemand gaan seermaak deur dit te noem nie. Ek het besef dat ek moes wegkom daar, en het vir my ouma gesê dat ek na my ma en pa verlang en huis toe wou gaan. My ouma het ingestem, en ek en my broers het huis toe gegaan. Ek dink steeds soms aan daardie aand en wat kon gebeur het as my ouma nie beweeg het nie. Ek was ’n bog kind en het niks van sulke dinge af geweet nie. Ek is net dankbaar dat ek niks oorgekom het nie.

    My ma se een suster het as huishulp in Hermanus gewerk en vakansietye het sy my kom haal om by haar te wees. Dit was vir my die beste tye, want daar by haar het ek alles gekry en ek het nooit honger gaan slaap nie. Daar kon ek eet soos ek wou en wanneer ek wou. Die eienaars van die huis was baie gawe mense en hulle was mal oor my. Hulle het my ingestop met klere, kos, lekkergoed en geld. Ek sou ook dan so af en toe ligte werkies doen soos om die katte en hondjies kos te gee of uit te vee, en dan het ek my eie koevertjie met geld daarin as betaling gekry.

    Hoewel ek dit altyd geniet het in Hermanus, het ek baie na my ouers verlang. Een skoolvakansie het ek weer Hermanus toe gegaan en my gate uit geniet. Die see was sommer knap naby die huis. Elke keer as ek klaar was met my takies, het ek by die see gaan sit of geswem of skulpies opgetel. Ek het elke skulpie in ’n blik gegooi om vir my ouers te neem. Elke sent wat ek gekry het, het ek gespaar sodat ek vir my en my broers lekkernye kon koop en ietsie vir my ouers gee.

    Die vakansie het so vinnig verbygegaan en toe was dit weer tyd vir my om huis toe te gaan. Die huismense het vir my ’n pienk rokkie, pienk skoene, pienk handsakkie, pienk oorbelle en pienk krale gekoop. Ons het my ouers laat weet dat ons die volgende dag huis toe kom. Hulle het gesê hulle gaan vleis braai as ek kom. Ek het soos ’n regte prinses in my pienk klere gelyk en gevoel en kon nie wag dat my ouers my sien nie. Ek was baie opgewonde. Die rit het lank gevoel want ek kon nie wag om my ouers te wys hoe mooi ek lyk nie. Ek wou baie graag net hê dat hulle my as ’n prinsessie moes sien.

    Toe ons by die huis aankom, was my ouers se vriende ook daar en almal was aan die drink. Op die braairooster was daar varkbene in plaas van hoender, wors en tjops, en daar was meer wyn as kos. Al was ek nog ’n kind, was dit glad nie lekker om dit te aanskou nie. Ek was baie hartseer en het so uit gevoel; soos iemand wat nie daar hoort nie. Ek wou so graag net ’n lekker tyd saam met my ouers en broers gehad het, net ons vyf as ’n gesin. Ten spyte van hoe ek gevoel het, was ek steeds bly om my ouers te sien en ons het mekaar gegroet en omhels, want hulle was ook bly om my te sien.

    Hoewel ek en my broers al gewoond was aan alles wat by die huis plaasgevind het, het dit my baie seergemaak. Ons kon nie soos ander kinders gereeld klere en skoene of lekkergoed kry nie, en soms het ons sonder brood of kaalvoet skool toe gegaan. Vir ons was dit al soos ’n daaglikse roetine, en al was dit nie eers ons skuld nie, is ons gespot daaroor. Ons was name genoem soos "armgatte, suiplapouers, hungry lions, kaalvoet gang", ensovoorts.

    Eers was alles in die week rustig, maar toe begin my ma ook om in die week te drink deur wyn op skuld te neem terwyl my pa by die werk was. Wanneer ek en my broers van die skool af gekom het, was my ma al reeds dronk en van hulle vriende was ook dan daar. Daar was nie kos gemaak nie en dan moes ons sonder kos gaan slaap of by my ouma iets gaan vra om te eet. So het ek en my broers onsself met wyn vertroud gemaak deur my ouers se wyn te steel en te drink, totdat ons uitgevang was en elkeen ’n groot pak slae gekry het. Ons het so groot geskrik na daardie pak slae dat ons nie weer van hulle wyn gesteel het nie.

    Namate ons ouer geword het, het my broers begin om skelm te raak en begin steel. Hulle het dagga gerook en my ouers het nie daarvan geweet nie. Hulle het alles wat hulle in die hande kon kry vir dagga verkoop, en as gevolg van die gestelery, het my ouers uitgevind dat hulle met dwelms deurmekaar was. Hulle het skool gelos, terwyl ek steeds op hoërskool was.

    My pa het toe ook, net soos my ma, in die week begin drink, en later het hy sy werk verloor want hy het elke Maandag en Vrydag by die huis gebly. Ek weet nie waar hulle die geld gekry het nie, maar as ek gesien het, was hulle dronk en dít terwyl my pa nie gewerk het nie. As hulle die geld geleen het, sou hulle kos kon koop, maar hulle het drank gekies en om hulleself tevrede te stel en liewer hulle kinders laat honger ly.

    Die eerste paar weke nadat my pa sy werk verloor het, het dit baie swaar gegaan met ons. Ons moes van ander mense se hulp gebruik maak om aan die lewe te bly. Die beste van alles was dat nie een van my ouers se vriende in daardie tyd na vore gekom het om hulp aan te bied nie. Wanneer hulle verby ons huis gestap het, het hulle afgekyk of in ’n ander rigting gekyk, of aan die oorkant van die pad gestap – net om my ouers te vermy. Nie een van hulle was beskikbaar nie.

    Ons krag en water was afgesny weens die agterstallige rekeninge en ons moes gebruik maak van kerse. Ons moes kanne water van my ouma af aandra sodat ons kon was en die water vir ander dinge kon gebruik. My pa het aansoek gedoen vir sy geld waarvoor hy al die jare gewerk het, en moes ’n paar weke wag voordat hy dit sou ontvang. In die tyd van nood, kon ’n mens sien wie regtig omgegee het en wie nie. Ek wou net hê dat hulle moes insien dat nie een van hulle vriende daar was om te help nie.

    Toe die wagtydperk verby was, het my pa sy geld gekry. Dit was nogal ’n aardige bedraggie en dinge in die huis het verbeter. Ek weet nou nog nie hoe die skynheilige vriende uitgevind het van die geld nie, maar toe ek weer sien, kom hulle soos rolballe aan. Toe ons hulle nodig gehad het, was hulle nie een beskikbaar nie, maar noudat daar geld was, was my ouers weer goed genoeg.

    My ouers het hulle nie weggejaag nie en ek kon nie verstaan hoekom my ouers dit toegelaat het nie. Nie een van hulle het ’n stukkie droë brood vir ons aangebied of ’n kan water gegee nie, maar toe was hulle skielik weer daar en is met ope arms verwelkom. My pa het die krag en die water laat aansluit, ons koskaste was vol kos, ons het klere en skoene gekry en selfs sakgeld en lekkernye. Dit het soos Kersfees gevoel, en glo my, dit was ’n baie lekker gevoel om net soos die ander kinders al daardie dinge te kon kry. Die ander kinders het ons toegelaat om saam met hulle te speel, want toe het ons ook wat hulle het. Noudat ek daaraan dink, is dit eintlik snaaks, want as jy nie gehad het wat die ander het nie, was jy nie in hulle klas nie. Dit is hoe dit vandag nog steeds op sommige plekke werk.

    Al het my ouers op daardie oomblik vir alles gesorg, het hulle steeds gedrink en die vriende was steeds volop. Ongelukkig hou geld nie vir ewig nie, en hoe minder die geld geword het, hoe skaarser die vriende, totdat daar niks meer oor was nie, selfs nie vriende nie. Daar was nie meer ’n sent oor nie en alles het weer verander. Geen geld, geen kos en geen vriende. My ouers het weer van dié huis na daai huis gegaan vir iets om te eet, en so het dit aangegaan en aangegaan.

    Ek weet nie hoe, waar en wanneer my ouers besluit het om op te hou drink nie, maar hulle het. Ek dink hulle het self tot die besef gekom dat hulle besig was om hulself en ook ons as kinders te vernietig as hulle nie sou ophou drink nie. Hulle het begin om kerk toe te gaan. Ek was so bly dat daar geen drank meer was nie en dat al hulle aandag voortaan op ons sou wees.

    My pa het baie hard vir werk gesoek, maar kon nêrens regkom nie. So nou en dan sou hy in mense se tuin gaan werk sodat hy iets kon verdien om kos op die tafel te sit. My ouers het hul harte vir die Here gegee en nie lank daarna nie het hy weer sy ou werk teruggekry. Dit was die beste nuus wat ons ooit kon gekry het. En die belangrikste was dat daar geen drinkery meer was

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1