Weg! Platteland

Vertelons

wen-brief

78 en ons woel in die tuin!

Ek en my vrou is albei 78 jaar oud. Twee jaar gelede het ons van Pretoria af Kaapstad toe verhuis en ’n nuutgeboude huis met ’n “rou” erf betrek.

Die foto’s wys hoe dit nou lyk – al die werk is deur onsself gedoen, sonder enige gehuurde arbeid. Ons oes reeds koejawels, druiwe, aarbeie, uie, wortels, beet, grenadellas, blaarslaai en spinasie, ertjies, boontjies, tamaties en suurlemoene. Die papajas en swartbessies is in aantog.

Saam met die huis was daar ’n gryswaterstelsel – ek het pype na die bome en struike aangelê. Ek het ook onlangs twee 1000 l-water watertenks geïnstalleer wat nou al altesame meer as 1 100 l reënwater bevat.

Ons stuur ’n paar foto’s om te wys enigiemand kan tuinmaak – selfs twee old chronies in die stad. Miskien is dit water vir julle meul?

Dankie vir ’n lekker tydskrif.

Johan en Julia Venter SUNNINGDALE, BLOUBERG

Dankie vir gesuiwerde platteland

Dankie vir Platteland Lente 2021; dat julle telkens soveel vreugde en positiewe gebeure uit die platteland suiwer en in die Platteland na ons toe bring. Weer eens ’n oefening in voortreflikheid.

Sunita Keyser BLOEMFONTEIN

van Blouberg wen ’n Ina Paarman-geskenkstel ter waarde van meer as R1 200. Dit bevat ’n keur van produkte, ’n duursame denimvoorskoot, ’n vlekvryestaalrakkie met 14 speserymengsels en ’n volledige stel van Ina Paarman se kookboekies. Gemak is die wagwoord as dit by Ina Paarman se produkte kom, maar nie ten koste van smaak, geur óf vir meer inligting en ’n groot verskeidenheid resepte, en probeer gerus ook Ina gestopte varkworsrol met spekvleis op bl. 135.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland1 min read
Dié Laster Is Niks Lekker
Ons bly op die platteland van Mpumalanga. Ons is gereelde kopers van die tydskrif en geniet die artikels baie. Veral die onderhoude met die mense van ’n spesifieke plek is baie goed – dit laat ’n mens hunker om sommer in die kar te klim en hulle te g
Weg: Platteland5 min read
Gekruiste Lyne
Die verlate tyd tussen twee-en vieruur in die oggend – die diep, stikdonker nag – het ek nog nooit vertrou nie. Dan voel dit of niks op aarde wakker kan wees nie, of selfs die klippe en vlieë en muskiete slaap. (Goed, dalk nié verpleegsters, vlermuis
Weg: Platteland1 min read
Om Van Vooraf Te Begin…
In Julie 2022 is al ons besittings gesteel gedurende die KwaZulu-Natalse plundertog terwyl dit in Westmead, Pinetown, geberg is. Ons moes letterlik van vooraf begin, maar dankie tog vir versekering. Nou het ons ’n nuwe huis in ’n aftreeontwikkeling o

Related