Die verlate tyd tussen twee-en vieruur in die oggend – die diep, stikdonker nag – het ek nog nooit vertrou nie. Dan voel dit of niks op aarde wakker kan wees nie, of selfs die klippe en vlieë en muskiete slaap. (Goed, dalk nié verpleegsters, vlermuise of koedoes nie.)
Dit is die uur waarin oënskynlik niks beweeg nie en niemand ’n lawaai maak nie. Die partytjie is dan al verby. Jy probeer nie werk nie. Van studeer kan jy maar vergeet, want vergeet is jou voorland. En wie weet nié hoe swaar die ooglede kan raak as jy in daardie doodse nagstilte op die langpad voor jou – en die koedoes – moet konsentreer nie.
Ek stem heelhartig saam met die Poolse digter en Nobelpryswenner Wisława Szymborska wat in haar gedig “Four in the Morning”