SARIE KOS

NOSTALGIE IS DIE BESTE GEURMIDDEL

Op die agterblad skryf Nataniël: “Vir dié van ons wat in die nuwe wêreld ’n veilige, verantwoordelike, heilsame en kreatiewe bestaan wil voer, is HUISKOS die enigste kos. Herman is ’n uitstekende kosskrywer en bring ’n ganse kultuur se herkoms, tuiskoms en toekoms na die tafel.” Daar is werklik geen keer aan hom nie.

1 Wat het jou geïnspireer om HUISKOS te skryf?

Dit is ’n opvolg van Dit proe soos huis, waarmee ek ’n aar raakgeboor het wat ek nie geweet het bestaan nie. Toe ek dit geskryf het, was ek emosioneel, ek wou afskeid neem van my ma. Hierna het mense my gevra vir nog resepte vir eenvoudige en eerlike kos. Ek het besluit ek wil nie weer ’n hartseer boek skryf nie, maar een oor wat my ná my ma se dood gelukkig maak. En dit is die lesers, my vriende en reis. Almal het ’n storie en verbind jy dit met kos, het jy die magic aar. My ma is steeds deel van my nuwe boek, maar dis uit hierdie stories wat ek my inspirasie gekry het.

2 Wat maak hierdie boek anders as jou topverkoper, Dit proe soos huis?

Dis same, same, but different, soos hulle in Thailand sê. Dis dié keer ander mense se stories ook. Ek is al 34 jaar op hierdie aarde en ek het al ongelooflike mense ontmoet en ongelooflike ervarings saam met gewone mense beleef. Hulle is die fakkeldraers van huiskos.

’n Vriend het my eendag by ’n ete gevra wat ek as huiskos definieer. Toe sê ek vir hom huiskos is eerlike kos. Dis kos wat jy kan

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS2 min read
DIE ROMERIGE GROEN LEKKERTE Avokado
● 3 resepte met avokado ● Perfek vir ontbyt ● In ’n lekker sous vir steak My kosheld het hierdie gereg een aand op TV gemaak en ek het in verwondering toegekyk. Ek moes dit net probeer. Die kors met avokado pleks van botter gaan jou hart oorrompel.
SARIE KOS18 min read
’N SKATKIS VAN Ou-Kaapse geregte
● Oudste resepteboek in SA argiewe● Tydlyn van ons kosgeskiedenis● Herman kry inspirasie uit Manuskrip SB 522 ‘Ek was eerstens beïndruk met hoeveel resepte die manuskrip bevat. Dan was dit fantasties dat daar nie net soet resepte was nie. Destyds he
SARIE KOS2 min read
Klein Dade . . . Groot Vreugdes
Soos wanneer jy deur ’n groot groep mense moet beweeg en iemand maak vir jou plek sodat jy makliker kan verbykom. Of vreemdelinge wat vir jou sê “bless you” as jy nies – ’n ou bygeloof dat dit jou teen onheil sal beskerm. Wanneer iemand buk om iets o

Related