SARIE KOS

DIE SMAKE VAN ONTHOU

LEES MEER OOR

• Herman vertel meer van sy nuwe kookboek
• Die onthou-jy-nog as ons kosmaak
• 5 bykosresepte uit NOSTALGIE

1 Wat was die vonk vir dié boek?

Dit is die laaste boek in ’n trilogie. Eers was dit Dit proe soos huis , toe HUISKOS , en nou NOSTALGIE . Ek wou vir oulaas in my grootwordjare gaan grawe, en ook ’n bietjie delwe in ervarings met vriende en ander mense langs die pad. Hierdie boek is ’n ode aan dit wat my mý maak. ’n Herinnering aan myself dat ek nooit moet vergeet waar ek vandaan kom nie. Want as ons weet wie ons is, kan ons ’n voller lewe leef.

2 Waarom dryf nostalgie die verhale en resepte in hierdie boek?

Dis vir my belangrik om emosie wakker te maak wanneer ek kook en skryf. Ek skryf nie net ’n resep omdat ek dink dis lekker nie, gewoonlik begin dit eers met die storie; die waar en wat. As ek konteks gee aan hoekom ’n resep gekook moet word, sal die leser daarby aanklank vind. Ons maak kos om iets te voel. En vir my begin daardie iets wat ek voel altyd met ’n onthou-jy-nog.

3 Watter kos laat jou met nostalgie aan jou kinderjare terugdink?

Daar is so baie, maar dis altyd maar my ma se kos. As ek sê my ma se kos, verwys ek ook na die tafels van ander ma’s waar ek aangesit het. Tafels van gewone mense wat gewone kos gekook het. As kind het ek altyd aan tafels vol kos gesit en gedroom van ’n lewe waar ek net ek kan wees. Kos was nog altyd vir my meer as ’n bord eetgoed, dit was my veilige plek, en dit is steeds. Met kos kan ek sê wat ek meestal nie met woorde kan sê nie. Ek wil regtig net kook, ek wil mooimaak en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS2 min read
Hoor Gou
Die ouderdom van (waarskynlik) die wêreld se oudste blikkie sjokolade. Dis in 1902 aan ’n skoolmeisie geskenk ter viering van die kroning van Edward VII, koningin Victoria se seun. Die lekkergoed, wat meer as ’n eeu onaangeraak gebly het, gaan nou op
SARIE KOS6 min read
Stádige Kos, Vinnig-vinnig
● Wenke vir jou drukkoker● Só werk die tegnologie● 6 resepte met goedkoper vleissnitte Hierdie bredie gaan almal aan jou tafel beïndruk. Dis bekostigbaar met groot smake. Sit voor met basiliekruidpesto om deur die ryk sous te sny. GENOEG VIR 8 ●
SARIE KOS6 min read
TEE SAAM MET Ma!
● Brosbrood ● Lepels vol rooibos-crème brûlée ● Karamel-wortelkoek ● Amandel-en-framboos-financiers ● Sjokoladewafels ● Slim tafeldek-idees geïnspireer deur rooibos ● Hoekom is rooibostee goed vir ons?● Soet peusel-spyskaart vir Moedersdag Die pe

Related