Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Ek moet Praat
Ek moet Praat
Ek moet Praat
Ebook95 pages1 hour

Ek moet Praat

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Frances “MOET PRAAT” en het dinge wat sy van haar hart af moet kry.
In hierdie bundel kort sketse praat sy met die vrou wat al die bitter beker tot op die bodem geledig het. Die een wat voel dat sy nie meer kan voortgaan nie.
Daar is hoop vrou! God weet van jou en Hy gee om!!!

Frances weet waarvan sy PRAAT as sy skryf oor die volgende:
Die ander vrou.
Die gestremde kind.
Die alkoholis.
Meneer se skelmpie.
Stiefkinders.

LanguageAfrikaans
Release dateNov 20, 2016
ISBN9781370162390
Ek moet Praat
Author

Frances Frans

Frances N. Frans, is ‘n gekwalifiseerde onderwyseres en weduwee. Sy is woonagtig te Pacaltsdorp saam met haar enigste kind, Byron.

Related to Ek moet Praat

Related ebooks

Related articles

Reviews for Ek moet Praat

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Ek moet Praat - Frances Frans

    Frances Frans

    Ek moet Praat

    Uitgegee deur Kameeldoring Boeke

    Kopiereg © 2016 Frances Frans

    Navigasie

    Spesiale gebed

    My liggaam

    Op die rak

    Die gestremde kind

    My stiefkinders

    Kampusliefde

    My vrese

    Misdaad

    Ek, die alkoholis

    Die lotery

    Terminasie

    Die leë moederskoot

    Tienerswangerskap

    My talente

    Die weduwee

    Die bejaarde vrou

    Meneer se skelmpie

    Egskeiding

    Die Ander vrou

    My man, die psigopaat

    My land

    Skoonma

    My kind,die dwelmverslaafde

    In die siekekamer

    My pa,die molesteerder

    Ongetroud by Ma

    Dood van `n eggenoot

    Selfmoord van `n kind

    Naskrif

    VOORWOORD

    In die lewe van elke vrou kry sy te doen met hartseer, vertwyfeling en frustrasies. Dit voel vir haar of sy alleen op die aarde is en dat niemand haar pyn en lyding verstaan nie. Dis tye soos hierdie dat sy genoodsaak word om op haar knieë te gaan en tot God te bid wat haar enigste Ware Helper is.

    Die boek handel dus oor die diepste gevoelens wat `n vrou ervaar. Aan die einde van van elke gebeurtenis / beskrywing is `n gebed wat van toepassing is op die spesifieke situasie.

    SPESIALE GEBED

    Almagtige God en Hemelse Vader, Skepper van hemel en aarde, aan U kom toe al die lof en die eer. Ek wil in hierdie oggenduur myself asook al die vrouens regoor ons land aan U opdra. Ek wil by U kom pleit om ons in die holte van u hand te hou. Gee die Engel van die Here opdrag om `n laer om ons op te slaan en te beskerm teen alle onheil. U het ons, die moeders, gemaak. U het ons uitgekies om vrugbaar te word en kinders in die wêreld te bring. Dankie vir die wonderlike voorreg wat ons kon smaak om moeders te kon hê wat ons na die beste van hul vermoëns grootgemaak het. Moeders wat biddend hul kinders aan U opgedra het.

    Vandag wil ons hulde bring aan hulle wat nie meer daar is nie. Moeders wie se liefde geen grense geken het nie. Moeders wat selfs hul liggame oor sou gee om verbrand te word ter wille van hul kinders.

    Dankie Here, dat U ons spesiaal toegerus het vir ons grootse taak op aarde. Vir wysheid en leiding, Skepperheer. Ek wil ook elke nuwe moeder aan U opdra. Seën hulle Here en wees vir hulle ʼn God van naby. Gee dat hulle nooit moeg sal word om in u voetspore te volg nie. Dat hulle U gedurigdeur sal voorhou as die ideale leermeester. Ons lewe in `n bose wêreld. `n Wêreld wat dreig om alles af te breek wat deur die eeue heen so sorgvuldig deur ons moeders opgebou is. Gee vir ons die nodige krag sodat ons `n waardige voorbeeld vir ons kinders kan wees. Skenk vir ons die genade om die tyd uit te koop en die beste gebruik te maak van elke geleentheid. Ons vra dit in alle nederigheid en danksegging in die naam van Jesus Christus. AMEN

    Terug na inhoud

    MY LIGGAAM

    Ek kan myself nie meer in die oë kyk nie. Die spieël, wat veronderstel is om elke vrou se beste vriend te wees, het nou my grootste vyand geword. Ek is bang vir wat ek daar sal sien. My refleksie in die blink gedoente het iets geword wat my gedurigdeur agtervolg. Selfs in my drome.

    Ek is vet! Sommige mense noem dit oorgewig. Andere praat ewe eufemisties van die groot vrou. Dis een en dieselfde ding. Maak nie saak hoe jy dit probeer verbloem nie. Jy het `n etiket om jou nek gekry. As mense na jou kyk sien hulle iemand wat haarself te buite gaan aan kos en lekkernye. Jy kan tog nie elke tweede persoon wat jou aanstaar voorkeer en sê dat jy níé so wil wees nie.

    Dis geen plesier om winkels toe te gaan nie! Klere koop word `n nagmerrie. Die assistent probeer haar bes om ongeërg te lyk as jy instap. Jy weet egter wat in haar gedagtes aangaan. Eintlik is die stomme mens verleë. Sy weet nie hoe sy moet optree nie en glimlag blink. Jy kan sien hoe sy haar inspan om nie na jou volrondheid te kyk nie.

    As jy uiteindelik iets gekry het wat lyk asof dit jou liggaam kan binnehou, is die aanpashokkie die volgende kopseer. Jy wonder hoekom dit so piepklein moet wees. Wéét die mense nie dat hierdie ou ondermaanse nie net deur kraaie bewoon word nie?

    Mans is ook een van die dinge wat jou laat grens soos `n hond in die maanlig. Waarmee assosieer hulle nou eintlik `n vet vrou? Die meeste van die tyd ignoreer hulle jou. Omdat jy jou lewens-sorge wil verberg agter `n breë glimlag, dink sommige jy is voor op die wa. Jy kan behoorlik sien hoe glim daardie oë wanneer hulle na jou kyk. As hulle dan wel met jou bevriend raak, is dit nie honderd jaar nie of hulle begin allerhande truuks uithaal. Konfronteer jy hulle oor hul absolute gebrek aan takt, is hulle heel verbaas .

    Ek weet nie hoe sommige mans se koppe werk nie. Miskien dink hulle `n vet vrou moet eintlik bly wees as hulle in jou belangstel, want jy het mos nie `n verskeidenheid om uit te kies nie, sien? Dis om van siek te word!

    Nou kom die werksaansoek! …As jy uiteindelik van aangesig tot aangesig kom met die ou wat die onderhoud voer, kan jy met `n stok aanvoel hy probeer die storie so gou moontlik agter die rug kry. Met `n haastige; Ons sal u bel, dame, word jy hoflik by die deur afgesien. Totsiens, job!

    Indien jy , wonder bo wonder, met die hulp van die geluksgodin natuurlik, die werk kry is dit verbasend hoe jou nuwe kollegas jou benader. Hoekom bedel hulle van dag een af by jou iets lekkers om te eet? Waarom word dit jóú taak om die ketel aan te skakel en dus…onvermydelik…die amptelike teemaker te word?

    Die mens wat jou regtig teen die mure wil laat uitklim is die tydige en ontydige verkoopsagent van enige iets denkbaar. Diegene wat lofliedere sing oor die beste dieëtplan op die mark, span die kroon. Jy wil tog nie ongeskik wees nie. Jy het alles probeer. Jy het jouself al uitgehonger, al die pille op die mark gedrink en jou flou geoefen in die gyms van die land. Alles tevergeefs. As jy wel daarin slaag om één ou kilogrampie af te skud, verdriedubbel dit sommer in die eerste maand. Die vervaardigers van hierdie produkte het blykbaar ook nie voorsiening gemaak vir die siel wat koning kraai waar dit by newe-effekte kom nie. Ek weet nie…daar moet iets verkeerd wees met my samestelling.

    Ek het besluit om vrede te maak met my liggaam. Dis al wat vir my oorbly. Na soveel mislukte dieëtprogramme het ek besluit om handdoek in te gooi. Waarom sal ek myself verder bespotlik maak en my bankbalans ook boonop met rasse skrede laat krimp?

    Ek sal my maar moet berus by die feit dat diegene met minder liggaamsomset altyd my uitkies as biegmoeder. Blykbaar nooi my volronde boesem my skraler susters in nood uit om hul hartsversugtinge

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1