Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Grondpad
Grondpad
Grondpad
Ebook152 pages3 hours

Grondpad

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Dit is hier waar dit alles begin het. Die twee kilometer grondpad wat jou na ons kleinhoewe kon vat. Hier in die tye toe dit nog aanvaarbaar was as kinders se ore vol grond was, hulle hare vol stof en die honde nog saam in die straat gespeel het. Hier het ek bome uitgeklim, laat middag die huis binne gehardloop met pers gevlekte moerbei-voete, op die pale van ons oprit geloop en balans hou. Landloop oefeninge en klippies gesuig vir miltsteek. Suikerwater sal vir my altyd proe na bloed. Met daardie woorde was die pyn so diep dat dit vir my gevoel het of ek ook geskiet was. Ek kon die skoot in my bors voel. Geen ander stilte kan die onsekerheid in ons siel stil maak nie.

“Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing”
2 Timoteus 1:7

Daar waar jy val is nie altyd waar jy ophou groei nie. ’n Verhaal, wat jou grondpad toe vat en terug. Solank jy die mooi bly sien en vashou daaraan sal geen wind jou saam die stof kan weg vat nie. Want jou krag is waaraan jy vashou. God se liefde vir jou, deur die oop velde waar daar nou geen teken oor is van dit wat eens was nie.

LanguageAfrikaans
PublisherNimarie Noret
Release dateOct 10, 2022
ISBN9781005845858
Grondpad

Related to Grondpad

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Grondpad

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Grondpad - Nimarie Noret

    Soveel Drome

    Dit is hier waar dit alles begin het. Die twee kilometer grondpad wat jou na ons kleinhoewe kon vat. Hier in die tye toe dit nog aanvaarbaar was as kinders se ore vol grond was, hulle hare vol stof en die honde nog saam in die straat gespeel het. Hier het ek bome uitgeklim, laatmiddag die huis binne gehardloop met pers gevlekte moerbei-voete, op die pale van ons oprit geloop en my balans gehou. Ons het landloop geoefen en klippies gesuig vir miltsteek. Dit was die goeie ou dae toe mense nog na ’n reënboog en pannekoek op ’n nat dag buite toe kon stap om die grond te ruik. Om die wêreld te aanskou na dit skoon gewas is.

    Dit is wanneer ek dink aan tye vol niks, tye vol soveel meer as niks. Dit is wanneer my siel stil word. Dit vat my terug na die vroeë oggendure wat die horlosie se klop saam met my hart die tyd af tel terwyl die maan stadig op skuif en die son weer kom om nuwe hoop te bring. Dit is toe wat ek aanhou glo het dat die storm wat my verniel het dieselfde storm is wat my sal optel en saggies neerlê sodra die wind die stof weer neergooi en bedaar.

    Die dae was vol liefde en soveel drome vir die toekoms, maar sodra ek terugkyk na die stemme wat my roep, oorval die donker dieptes my. Die gange wat koud en leeg en skrikwekkend agter my lê en ek kry die vrees- en angsgevoel weer teen my rug af tot die punt van my groottoon dood loop. Was dit werklik ek wat in daardie gang rondgedwaal het op soek na myself? Op soek na iemand wat my kon vertel wie ek is en wat ek hier moet doen, waar ek hoort en of ek regtig moet deel wees van die storie van my lewe?

    My ma was altyd daar, ek onthou die oggendsoene en die kielie onder my voete. Ek onthou die pannekoek, die reuk van kaneel. Die plaatkoekies wat soos ’n toring op mekaar staan in die sonnige kombuisie waar my ma haar sorge meestal weg gespoel het. Ek proe die liefde in elke happie en ek sien die omgee in haar siel, maar ek sien ook die bekommernis oor haar skouers hang. Ek onthou hoe haar oë met tyd verlore geraak het, soos somerblare wat later net herfsblare is wat in die straat gestrooi lê. Ek onthou die swaarkry en hoe hard my ma probeer het om die huisie aan mekaar te hou. Om nog sterker aan die liefde te bou. Om ons te leer van God, Sondae kerk toe te vat en op pad terug vir ons ’n wafer-roomys koop as ’n bederf.

    As ek dink aan my pa kan ek boeke vol skryf. Elke bladsy gaan ’n ander storie vertel van die warrelwind-rol wat hy in ons almal se lewens gespeel het.

    My pa was ’n groot man. Hy het standvastig op die aarde gestaan. Almal het hom geken en oral waar hy homself bevind het, was hy die man van die baan... of sal ek liewer sê die man van die kroeg. Sy aantreklikheid het my altyd laat wonder. Is dit hoe mooi hy is of is dit die kyk in sy oë?

    Sy geheimsinnige staar en sy stoute glimlag terwyl hy afkyk? Sy mooi hare of sy stem? Of dalk sy geld wat die vrouens so gelok het? Dalk alles?

    As ek so dink aan sy postuur en sy gladheid kan ek verstaan hoekom my ma so verlief en lief was vir hom. As ek net ouer was kon ek hom dalk oortuig het, kon ek hom dalk gevra het om harder te probeer vir ons onthalwe. Diep binne het die regte man geskuil. Die pa wat sou sing en kaashappies in olie bak. Die pa wat by sportdae sou opdaag, die pa wat sy trok se diep skreeugeluide deur die skool sal laat bril en weg gery het met ’n skewe stoute glimlag terwyl ek by die skool instap.

    Daardie tye was bitter min, maar dit was daar. Iets waaraan ek kan vashou. Die bietjie goed wat mooi was wat ek kan onthou van hom. Hiermee oortuig ek myself dan dat hy my raakgesien het. Dat ek vir hom tog iets beteken het. Ek verstaan hy was besig met sy dae wat altyd vol drank en besigheidsgeleenthede was. Geleenthede wat altyd uitgeloop het in samedwang van los lywe, terwyl die drank teen die stoofplate af loop en die kinders wonder of die water in die ysbakkies vinnig genoeg sal vries voor ons die volgende drankie moet gooi. Eensame gevoel met ’n gemoed kouer as die ys en die druppels op die kante van die glas.

    Met die vraag, is dit jou pa? Het ek tog altyd met trots geantwoord, Ja dit is my pa, maar saam die trots het die vrees my altyd bekruip. Hy kon my altyd beskerm teen alles en almal daar buite, so ek het altyd veilig gevoel teen gevare. Wie sou my kon beskerm teen hom?

    Is dit moontlik om iemand so lief te hê, maar terselfdertyd so bang te wees? Bang vir wat jy weet hy al gedoen het. Mense het van my gehou en my geken omrede my pa baie bekend was. Bekende besigheidsman. Gesiene man. Almal het hom geken en van hom gehou. Al my vriendinne se mammas ook. Hy was die begin, middel en eindpunt in baie mense se lewens, maar sodra die huis weer leeg raak en die ure swaar hang, verander die trots in vrees en angs. Agter geslote deure gaan daar soms meer aan as net niks! So loop my storie…

    Met al die jare se dinge, en terughou en onderdruk, is baie dele van my verlede duister. Sommige dinge onthou ek stuk-stuk, terwyl ander weer effens deurmekaar voorkom, maar die storie kom altyd by dieselfde einde. Dieselfde smag na meer… of minder.

    Hoofstuk 2

    Kaalvoetdae

    Ek vat myself terug na die jong kaalvoetdae. Ek bid hard, ek bid dat die son vandag sal skyn. Die haashokkie staan verlate daar in die lang groen gras en ek hardloop sonder seerkry met gemak oor die skerp klippies tot my voete neer sak op die sagte graskombers. Die hasies snuif-snuif met hul neusies in my rigting om uit te vind of ek iets saamgebring het vandag om aan te smul.

    Ek wonder of Pappa vandag sal terugkom huis toe? Dit was die dae wat hy so laat gewerk het en elke dag met iets anders by die huis ingetrek het, bokse vol speelgoed, horlosies en ’n broeksak vol mooi blink klippies. Dit was lekker om geskenkies te kry maar ek kan nie onthou of ek werklik ooit daarmee gespeel het of dit nodig gehad het nie. Ek wou eerder liefde hê, maar opregte liefde kan mens mos nie steel of koop nie.

    Die blou ligte draai nog in my kop met swart kolle wat my sig blok. Harde skreeugeluide van die vangwa waarin hul hom moes laai elke keer. Dit is die geblaf van die polisiehonde wat weer uit die vangwa spring, want hulle weet mos nou al teen die tyd dat my pa nie maklik klim nie.

    Die dae het maar stil geraak. Elke keer as die stof gaan lê het, het ek weer my ma se gesig gesien deur die kombuisruit. Ek het myself elke keer verseker, alles sal okay wees.

    Dit was die volgende dag, nuut voor ons het die canvas gelê waarmee ons die dag sou skilder. Ek het langsaan gaan speel terwyl my ma-hulle gereed gemaak het vir my sesde verjaardag koek en tee. My pa is weer tuis. Ek en die ander kinders het soos Heidi en Peter deur die velde gespring en deur die lang gras gespeel en vir mekaar weggekruip toe ons sien hoe twee honde die perde byt. Ons moes natuurlik die perde help!

    Kosmos was my gunsteling perd, spierwit met klomp klein swart en grys spikkels. Die bruin perd was beeldskoon, maar hy was groot en hoog en bietjie moeilik om te hanteer. Ons het die honde met ons kleilat en ’n paar klonte modder afgejak deur die grond langs hulle te slaan. Sonder enige uitweg het die houe hier en daar die boud en rug getref, want niks wou hulle kry om te stop nie. Dit is die onvergeetlike oomblik toe die een hond, ’n rottweiler met dobermann kruising, skielik omdraai en ons aanval. Ons het ons stokke neergegooi en huis toe gehardloop. Gelukkig was die ander kinders vinnig en hulle voetjies kon bybly maar ek kon voel hoe myne onder my wil swik. Die velde was lank en ’n hoewe in lengte van die agterdeur af. Die kinders het dit net oor gemaak, maar toe ek spring voel ek hoe ek teruggeruk word en die grond tref met my rug teen die ou hout agterdeur wat se onderste slot ingeskuif was. Ek het hom in ’n sittende posisie gesien. Sy oë het diep in myne gekyk. Daar was ’n oomblik waar ons reguit in mekaar se oë kon kyk voor hy sy tande begin gebruik het. ’n Oomblik waar ek wens ek vir hom kon sê ek is jammer ek sal nie weer nie. Asof hy sal verstaan. Ek was die eerste hap of twee bietjie stadig voor ek my kop laat sak het in verdediging terwyl hy aanhou grawe in my kop met sy skerp tande oor my slape. Ek kon die tannie se gille hoor en die water voor my voel val. Iemand se huilende stem. Ek kon nie die pyn verder onthou nie. My ore was bottoe, want die klanke was soos geluide in ’n tonnel.

    My ogies was weer oop en ek kon mooi duidelik hoor hoe Liewe Heksie die hospitaal se kindersaal vol speel op die televisie. Die saal was oral om my vol kinders so klein soos ek. Ek onthou ek was heel aand alleen, want my pa het sy verjaardagpartytjie saam met myne gehou omdat ons na aan mekaar verjaar en soos hulle sê: die partytjie moet aangaan.

    So paar dae of weke later, wie weet... was ek gelukkig weer op pad terug huis toe en het hulle vir my ’n hele tafel vol koek gehad vir die verjaardag wat ek gemis het. Dit was lekker om weer terug by die huis te wees. Almal was tot my skok ’n bietjie vriendelik vir ’n slag. Dit vat altyd ’n tragedie om almal bymekaar te bring vir ’n dag of twee. Onthou net, eers na die partytjie verby is natuurlik. Al daai gaste kan nie ongenooid wees oor my aanval nie. Hoe sou dit lyk? Al die kosse is reeds voorberei en van die mense was al amper daar.

    So jaar daarna het ek weer beter gevoel, want meeste van my hare was weer stadig maar seker besig om te groei in iets wat mens kon noem ’n styl. Nie dat ek baie bewus was van styl nie, my tomboy-bloed was maar sterk.

    Ek was reeds in my bed snoesig toe ek besluit ek is nog bietjie dors. My mond voel so droog daar is nie eers ’n bietjie spoeg om te sluk nie. So stap ek die lang gang af kombuis toe. Die vertrek is half donker, maar dit lyk of die televisie nog aan is. Dit skyn so effens in die sitkamer teen die bank. Dit is die geskarrel wat my voor die lig van die yskas tot vriespunt bring. Daar in die sitkamer op die bank lê my ma. Ek sien haar opkyk na my pa wat op haar sit en dit het ’n oomblik gevat vir my klein breintjie om te besef dat sy hande om haar nek is. Ek kon die geluide wat sy gemaak het nie uit my ore of kop kry nie en het net betyds by my sussie se kamer uitgekom vir hulp voor ek bewussyn verloor het.

    Hier in my kas is alles stiller, hier sien en hoor ek niks nie. Party dae wens ek, ek kan alles onthou. My oë toemaak en alles sien sodat ek ’n storie kon skryf, of is dit bloot om my eie kop skoon te kry?

    Ek dink dit is beter so. My woorde gaan julle bring tot ’n punt en weer los. Dit gaan julle optel en weer

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1