Die vrou op die bankie
OP 16 het ’n blink toekoms in rugby vir my gewink. Saans wanneer ek in die bed lê en droom het, het ek gehoor hoe die skare my toejuig en my naam skree. Die geld het ingerol, en tussen motors en meisies kon ek kies en keur.
My pa en die onderwysers het my in watte bewaar, want ’n briljante rugbyspeler het mos altyd daardie ietsie ekstra wat ander bleeksiele nie het nie. Ek kon hoor hoe mense agter my rug fluister: “Dis die toekomstige Springbok wat daar loop.”
Onder die meisies was ek ’n held.
Maar my seepbel het nie lank ongesteurd voortgesweef nie, want die noodlot het ander planne gehad. En net voor die einde van daardie seisoen het ek my been in ’n wedstryd gebreek – so erg dat ek nooit weer kon rugby speel nie.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days