Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Ongeskonde
Ongeskonde
Ongeskonde
Ebook171 pages2 hours

Ongeskonde

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die kranige sportman Alwyn Uys word in die fleur van sy lewe verlam. Ten spyte van dié verlies en ander terugslae bly Alwyn se gees ontembaar. Hy besluit om sy lewe ten volle te leef: Hy word onder andere die eerste parapleeg ooit wat van Robbeneiland na Bloubergstrand swem. Ongeskonde is Alwyn se openhartige vertelling van sy worsteling en hoe hy met genade van Bo besluit het om uit te styg bo sy beperkinge. Sy eerlike verhaal sal jou inspireer om jou eie uitdagings aan te pak en te oorkom.
 
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateFeb 15, 2022
ISBN9780796322142
Ongeskonde
Author

Alwyn Uys

Alwyn Uys het grootgeword in die Oos-Kaap en studeer op die Universiteit van Stellenbosch. Op 24-jarige ouderdom verloor hierdie kranige rugbyspeler die gebruik van sy bene in 'n motorongeluk. Hy is deesdae 'n gestremde atleet en neem onder andere aan driekamp deel. Hy is ook 'n aktiewe vlogger.

Related to Ongeskonde

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Ongeskonde

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Ongeskonde - Alwyn Uys

    9780624089810_FC

    Lux Verbi

    Hierdie boek dra ek op aan my pa, Gerhard, en ma, Libby; ook aan my broer en twee susters asook al my vriende en familie. Dankie vir julle ondersteuning al hierdie jare en dat julle nooit my sy verlaat het nie. Niks van hierdie sou moontlik wees sonder julle nie. 13 Desember 2014 is nie ’n dag wat iemand weer wil herleef nie, maar dit is die dag waarop God se roeping vir my lewe geaktiveer is en is ek dankbaar daarvoor.

    Ma, Pa, julle het my nie verloor daai dag nie. Ek het myself gevind.

    13 Desember 2014

    Toe ek klein was, het my ma my geleer dat God die wêreld in sy hande hou – dat Hy almagtig is en oor alles in die wêreld beheer het. Hy sal ons nooit laat gaan nie. Die woorde do not be afraid kom nagenoeg 365 keer in die Bybel voor. Dit is of God geweet het ons het nodig om dit elke dag te hoor. Niks is vir Hom ’n verrassing nie en niks is per toeval nie. Dit is asof God weet dat ons daagliks nodig het om sy Vaderstem te hoor sê: Moenie bang wees nie.

    Toe ek in die ambulans met my kop in ’n nekstuk lê, my gesig vol grond en die smaak van bloed in my mond, is dit al waaraan ek kan dink. Dat God my nie sal verlaat nie, en dat ek nie bang hoef te wees nie.

    Ek kyk op na die wit dak aan die binnekant van die ambulans en na die paramedikus wat kort-kort ’n liggie in my oë skyn om te kyk of ek nog leef.

    Alwyn, bly wakker. Is jy met my? vra hy met ’n kalm maar ernstige stemtoon.

    Ek is oukei ... Ek is hier ... vir nou.

    Die woorde kom by my mond uit, maar ek is nie oortuig dat ek myself glo nie. Ek weet net dit is wat die paramedikus wil hoor. Op daardie oomblik pleit ek by God om my lewe te red, terwyl my hele liggaam ruk van die koue. Die vrees vir die onbekende en wat hierna gaan gebeur, pen my vas. Sê nou ek maak dit nie? Is dit hoe ek doodgaan? Net nog ’n koerantberig. Net nog ’n statistiek. Dit kan tog nie die einde wees nie. God, U hou tog die wêreld in u hande. Help my!

    13 Desember 2014 is ’n dag wat vir ewig in my geheue en in my lewe ingebrand is. Dit is vir my ’n baken wat my lewe onherroeplik verander het. Ons almal het sulke dae in ons lewe wat ’n definitiewe hoofstuk afsluit en ’n nuwe een begin. Die meeste van ons het dae wat goeie herinnerings bring, en ons wil daardie dae onthou. Die geboorte van kinders, huwelikseremonies of die eerste dag by jou droomwerk. Sommige van ons het dae wat ons nooit wil herleef nie. Dae wat ons lewe vir altyd verander het. Dae wat ons nie gekies het nie.

    ___________

    Dit was ’n sonnige somersdag in Jeffreysbaai; die naweek het pas aangebreek. Ek en AJ, my beste vriend van skool, het in daardie stadium pas ons studies aan die Universiteit Stellenbosch voltooi en dit was die eerste naweek van ons vakansie as jong werkendes. Ons het elke jaar vir die Desember-vakansie na ons wortels in die Oos-Kaap teruggekeer. Soos gewoonlik het ek die grootste deel van die vakansie by AJ gekuier en sommer daar oorgeslaap. My pa en stiefma het op St. Francisbaai vakansie gehou, en al ons pelle was in Jeffreys.

    Die volgende dag wou ek Kirkwood toe gaan om vir Kendall te gaan kuier. Ek het vir Kendall ’n paar maande gelede by ’n braai ontmoet. Voor dit het ek haar ook vlugtig by ’n kuierplek raakgeloop, maar dit tel nie eintlik nie. Ek en Kendall was skaars saam – dit was ’n nuwe liefde. In daardie stadium was ek beslis meer verlief as sy. Ek het geweet sy is iemand saam met wie ek ’n toekoms sien. Dit was moeilik om te beskryf, maar ’n mens weet hierdie goed mos net. Ek en sy het planne gehad om Port Elizabeth toe te gaan om die sewesrugbytoernooi te gaan kyk.

    Terwyl ek en AJ langs die swembad gelê en gesels het, het ek vir hom genoem dat ek liewer daardie aand al na Kendall toe gaan ry om die volgende dag se tyd op die pad minder te maak. Dan kon ek sommer ’n ekstra aand saam met haar en haar familie deurbring. Ek was toe al die hele week by AJ en ek het gedink dat hy dalk ook tyd saam met sy familie wou deurbring.

    Ek het besluit om vinnig by St. Francisbaai by my pa en stiefma aan te gaan om te stort en reg te maak vir die naweek. Toe ek by hulle huis kom, het ek agtergekom dat my hond, Dex, al weer weggehol het om saam met mense in die kanale van St. Francis te gaan swem. Ek was redelik haastig op pad Kirkwood toe en die laaste ding wat ek nodig gehad het, was om my hond te gaan soek. Ek het deur die stort gespring, my tasse gepak en vir die voordeur gemik. Net voordat ek by die deur kon uitglip, het my pa my voorgekeer. Ek het geweet hy gaan nie baie beïndruk met my wees nie. Ek het dan nou net by die huis aangekom, my hond het weggehol en hier het ek reeds planne gehad om vir die naweek by Kendall te gaan kuier.

    Waarheen is jy nou weer op pad? het my pa gevra. Jy weet seker Dex het al weer weggehol?

    Ja, Pa. Ek gaan hom nou soek. Hoekom het Pa die hek oopgelos? het ek effens geïrriteerd gevra, sonder om oneerbiedig te klink. As die hek toe was, sou ek nie hierdie probleem gehad het nie en was ek al op pad Kirkwood toe. Maar dit kon ek nie vir hom sê nie. Ek en my pa het ’n paar ongemaklike woorde gewissel. Hy was ontsteld omdat ek heeltyd weg was en nie tyd saam met hom deurgebring het en na my eie hond omgesien het nie.

    Ek het by die voordeur uitgevlieg, omgekrap oor my pa se kommentaar. Terwyl ek in die strate rondgery het op soek na Dex, het ek dit oorweeg om die hond te verkoop as dit so aanhou. Ek het ook gedink oor wat my pa gesê het. Ek moes erken dat hy reg was. Ek het nie meer tyd vir my familie gemaak nie, ook nie vir Dex nie.

    ’n Mens dink altyd daar is ’n môre om dinge reg te stel, nog ’n dag om te doen wat jy eintlik moes gedoen het. Maar sê nou daar is nie? Sê nou vandag is jou laaste dag? Sal jy tevrede wees met die stand van jou verhoudings met jou vriende en familie? Of selfs met jou hond? Ek was jonk, 24 en naïef – natuurlik is daar ’n môre. Ek sal môre tyd saam met my pa deurbring, het ek gedink. Min het ek geweet wat voorgelê het – dat my môre nooit weer dieselfde sou wees nie.

    Ek het vir Dex ’n paar blokke van die huis af gekry waar hy homself gate uit geniet het saam met ’n ander gesin. Ek kon hom nie kwalik neem nie. My pa was reg: Ek was so min by die huis gedurende die vakansie dat ek nie vir hom of Dex tyd gemaak het nie. Ek het probeer om nie kwaad te lyk voor die gesin saam met wie Dex was nie, want dit het gelyk of hy smeek dat hulle hom tog net moet aanneem. Dex, kom seun, kom ons gaan huis toe! Hy het geweet hy was stout. Hy het stert tussen die bene aangesluip gekom en sy nat neus teen my gedruk. Wie kan vir so ’n gesig kwaad wees? Ek kon in sy oë sien dat hy wou bly waar hy was. Waar hy elke dag kon doen waarvoor hy lief was. Waar hy vry kon wees en sonder enige beperkings kon rondbeweeg.

    Nadat ek vir Dex veilig by die huis gekry en hom agter in die erf toegemaak het, was ek op pad Kirkwood toe – uiteindelik. Terwyl ek van die huis af weggery het, het ek nie vrede in my hart gehad oor hoe ek dinge tussen my en my pa gelos het nie. Ek het gevoel dat ek liewer die aand saam met hom moes deurgebring het. Dit was nie te laat om om te draai nie, het ek gedink. Die gedagte het ’n paar keer in my kop gemaal en ek het my pa se woorde oor en oor gehoor, maar ek het besluit om Kirkwood toe te ry ten spyte van die ongemaklike gevoel in my hart. Ek kon nie presies sê wat dit was nie, dit was meer as net my pa se woorde.

    Van St. Francisbaai na Kirkwood is om en by 90 km. Ek het voet in die hoek gesit om voor donker by Kendall aan te kom. Terwyl ek bestuur het, was ek besig om met haar op die foon te kommunikeer. Dit was die dae voor stemboodskappe en ek moes elke teksboodskap lees en dan weer tik. Ons het gereël om by haar huis te ontmoet. Sy sou vinnig Spar toe gaan om verversings vir die aand te kry en sy het gevra of ek enigiets nodig het.

    In daardie stadium was my arm steeds in ’n slingerverband ná my tweede skoueroperasie. Terwyl ek bestuur het, het ek my arm uit die slinger gehaal sodat ek die stuurwiel met al twee hande kon vashou. Ek het nie my veiligheidsgordel aangehad nie, want dit het my seer skouer ongemaklik gemaak. Die pad vanaf St. Francisbaai na Kirkwood het ek al ’n honderd keer gery. Teen daardie tyd kon ek dit met toe oë doen.

    ___________

    Terwyl ek bestuur, verander ek liedjies deur my foon wat aan die kar se klanksisteem gekoppel is. Toe ek my foon op die passasiersitplek neersit, gly dit af tot op die vloer. Ek hou my oë op die pad, maar voel-voel met my linkerhand waar my foon lê. Ek kan net-net oor die stuurwiel loer om te sien dat daar geen aankomende verkeer is nie. Ek het hom! praat ek met myself.

    Terwyl ek my foon optel, klink dit skielik asof my linkervoorwiel pap is. Het ek oor iets gery waarvan ek nie weet nie? wonder ek. Toe ek regop kom, besef ek my kar is half van die pad af. Ek skrik en trap skielik rem. Ek ruk die stuurwiel na die regterkant toe om terug op koers te kom. Dit is hopeloos te hard en my kar pyl na die regterkant van die pad – ek hoor net bande skree. Ek ruk die stuurwiel links, maar ek het geen beheer meer oor die kar nie. Ek is tjoepstil terwyl al die moontlike opsies oor wat volgende kan gebeur deur my kop gaan. Ek besef ’n ongeluk is onvermydelik. Hoe groot die ongeluk gaan wees, is die enigste gedagte wat deur my kop gaan.

    Voor my is ’n groot palmboom en ’n stormwaterpyp. Ek besef dat ek nie my kar gestop gaan kry nie. My beste opsie is om net die palmboom te probeer mis. Een laaste probeerslag om my voertuig op koers te hou is al wat ek het, en dan moet ek myself regmaak vir die impak. Ek ruk my stuurwiel so hard as wat ek kan na die regterkant om die enorme palmboom te probeer mis. Die geskree van die bande hou op en alles raak stil in die voertuig. Ek besef ek is in die lug; die kar se wiele is nie meer op die pad nie.

    Soos ek deur die lug trek, sien ek uit die hoek van my oog die palmboom en die stormwaterpyp aan my linkerkant, maar ek sien ook hoe die grond ál nader kom. Tyd staan stil en dit voel of die voertuig minute lank deur die lug trek. Ek probeer my lyf so styf moontlik maak om die impak te versag en binne die voertuig te probeer bly, want ek weet die kar gaan rol.

    Die impak waarmee die voertuig die grond neus eerste tref, is soos ’n donderslag in die kajuit. Ek voel hoe die glas breek en teen my bors spat. Ek hou die

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1