WORTELRING, JOU LEKKER DING!
Vir my is die heel lekkerste deel van ’n Kersmaal die vooraf beplanning. Ek begin reeds vroeg in Desember, dan word resepteboeke afgestof, Pinterest deurgeblaai en if all else fails, is daar Google.
Hierdie jaar is my Engelssprekende skoonfamilie by ons. Ek besluit om terug te gaan na my spreekwoordelike Afrikaanse wortels en ’n kans te vat met ’n gestolde wortelring. Ek wys vir my dogter ’n prentjie op Google en haar gesig spreek boekdele. Ek is benoud, want wat as dit te retro is of as dit ’n siek oranje kleur anderkant uitkom? Maar ek het klaar my hart daarop gesit en ek sien in my geestesoog hoe ek die bleek beigekleurige skakerings van koue vleise op my Kerstafel met ’n wortelring ophelder.
Ek krap onder in my karige plastiekware-kas rond en kry die turkoois vorm beet wat ek jare gelede by ’n Tupperware-vrou gekoop het. Dit kom in drie intimiderende stukke (waarvan ek darem