DIE LAASTE BRIEF
Die opgefrommelde papiersakdoek is reeds repies gevryf in haar nat handpalms. ’n Donderstorm steek in haar kop op. Cornelia weet sy haal rukkerig asem; paniekerig wonder sy of dit is hoe dit voel om te versmoor. Die vasgeknelde senuwee van haar gevoude bene laat haar een knie onbedaard spring. Sy probeer ontspan soos sy by die meditasiegroep geleer is. Voete albei plat op die grond; rug regop (asof ’n lyntjie jou na die dak toe optrek), haal diep asem, diep in, moenie die skouers oplig nie, stadig uitblaas. Dit help nie. Haar gedagtes is ’n motor wat beheer verloor teen ’n afgrond af.
Sy kyk verward om haar rond; die groot staanhorlosie in die voorportaal slaan ses slae. Dan sit sy byna ’n halfuur al hier. Weer probeer sy haar gedagtes tot bedaring bring. Haar keel voel te dik om te huil, sy kramp haar hande in mekaar en buig haar lyf vooroor. Rou snikke bars uit haar binneste.
Dit kan nie wees nie! Dit kan bloot nie waar wees nie!
Hoe gebeur dit dat die een oproep wat sy so lank afwag ... inwag ... vrees ... dat sy dit juis vandag ontvang. Jaar na jaar, die 12de Oktober, sit sy in hierdie einste stoel, vol afwagting - ’n dag van trane - wat hier by die telefoon begin en die aand by die telefoon eindig.
Sy het gedink dit sal makliker word. Allermins. Dis ’n fisieke pyn in jou lyf en daar is niemand om te vertel
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days