Huisgenoot

Die vyfjaarplan

MET haar arms gevou bekyk Mienke die voorafbereide kos op die rak voor haar. Aan weerskante van haar staan die gewone Vrydagaand-enkellopendes op soek na iets om te eet wat hulle nie self hoef te maak nie.

Die “lonely hearts club”, het sy hulle gedoop. Die mamma met ’n baba op die heup en die hartseer oë, die stroewe omie met die diep kepe om sy mond, die rugbyspeler met sy foon op sy oor, die jong student wat kou-kou haar tyd neem om te besluit wat sy wil hê, die paar leerlingklerke wat hier naby werk en sy, Mienke van Zyl, wat ’n netjiese vyfpuntplan vir haar toekoms het. ’n Toekoms wat nie trou, ringe, babas of labradors insluit nie. In elk geval nie voor vyf jaar verby is nie.

Vyf is ’n mooi getal om mee te werk. Twee jaar om te oefen, twee jaar om jou

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Die Olimpiese Gimnas Nadia Comaneci
MONTREAL, 1976. In die fel kollig lyk sy soos ’n porseleinpoppie. Toe begin die 14-jarige gimnas met haar aanloop en jy kan ’n speld hoor val in die arena en televisiekamers wêreldwyd. Vir 30 sekondes swaai en tuimel sy deur die lug asof swaartekrag
Huisgenoot4 min read
Juffrou X - Sterre
By die Victory Heights Hoërskool is die eindeksamen net één van die uitdagings wat kinders in die gesig staar. Maar ’n paar onderwysers sal enigiets doen om hulle kinders ’n kans in die lewe te gee, binne of buite die klaskamer. Juffrou X (Trix Vivie
Huisgenoot4 min read
111 Jaar Met Pap, Vleis En Marog
DIE lug bo Mpumalanga se Hoëveld is vandag grys en bewolk. Amper soos die oorlogswolke wat 110 jaar gelede bo die verre Europa saamgepak het. Ons praat hier van die Eerste Wêreldoorlog wat in 1914 uitgebreek het. Daardie verskriklike slagting wat dee

Related