Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Keur van verhale 1- 'n Vriend in Nood
Keur van verhale 1- 'n Vriend in Nood
Keur van verhale 1- 'n Vriend in Nood
Ebook116 pages1 hour

Keur van verhale 1- 'n Vriend in Nood

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die eerste in 'n reeks kort verhaal bundels deur die skrywers van Malherbe Uitgewers Boekehuis lede op Facebook.

‘n Boek is ‘n mens se beste vriend. Dit praat nie terug nie, dit beskinder jou nie, jy kan lekker huil en lag en selfs kwaad word, alles op een slag in ‘n lekker kortverhaalboek.
Keur van verhale is so ‘n reeks bundels... en kan jou beste vriend wees. Dit is leesstof wat jou ‘n paar genotvolle uurtjies sal verskaf waar jy kan vergeet van die lewe om jou.
Goeie stories word nie oud nie en moet bewaar word vir Afrikaans en die nageslag en hierdie bundel is defnitief vir die nalatenskap van Afrikaans.
Die Boekehuis-skrywers is enig in hul soort en ons kan die bundel aanbeveel vir enige boekrak.

LanguageAfrikaans
Release dateSep 27, 2017
ISBN9781370647415
Keur van verhale 1- 'n Vriend in Nood
Author

Potpourri Members

The authors are all members of our facebook group

Related to Keur van verhale 1- 'n Vriend in Nood

Related ebooks

Related articles

Reviews for Keur van verhale 1- 'n Vriend in Nood

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Keur van verhale 1- 'n Vriend in Nood - Potpourri Members

    Wie is sy?

    Magda de Korte

    Dit is ‘n snikhete dag. Floors sit en knaag aan ‘n droë stuk brood en sluk dit swaar af met swart, bitter koffie. Dieper die park in, met sy rug teen ‘n boomstam, sit nog ‘n boemelaar, ‘n algemene bekende gesig in hierdie park. Sy oë hardloop vlugtig oor die grasperk en sy skerp blik merk ‘n persoon naby die bruggie by die dam. Sien hy reg? Hy knip sy oë en vee met sy hand oor sy gesig.

    Is dit nou gedoriewaar ‘n vrou daardie? Hier tussen ons ruwe klomp mans? Hy skud sy kop in ongeloof want dit is nou één ding wat nie hier hoort nie en dit is ‘n vrou.

    Hy merk met verbasing op dat sy in sy rigting kyk. Dan staan sy skynbaar swaar op en skuifel sy met haar kierie in sy rigting. ‘n Opgeskote seun keer haar voor, stop haar iets in die hand en sê iets vir haar. Met ‘n glimlag krap sy die seun se hare deurmekaar, skud sy hand en skuifel al nader in Floors se rigting.

    Uiteindelik kom staan sy voor hom.

    Haar klere is gehawend en sy ruik nie baie lekker nie - so ‘n effense mottegif reuk. Sy steek ‘n maer handjie na hom toe uit. Hy kan nie help om op te let dat die handjie tog wel redelik goed versorg is nie. ’n Effense frons plooi sy voorkop.

    Goeiemôre. My naam is Susan Steyn - en joune?

    Ek is Floors, sommer net Floors. Aangename kennis.

    Dis nie regtig aangenaam vir hom nie.

    Eerder onaangenaam, uiters onaangenaam en hy snork onderlangs.

    Pla ek jou?

    Sy gaan sit ongenooid langs hom en hy skuif effens ergerlik op. (Julle weet, die reuk pla so klein bietjie onder my neus. Ek meen te sê, ‘n ou boemelaar het darem ook sy trots. )

    Ek is honger en báie dors. Jy het nie dalk vir my iets te ete nie? en kyk vraend na hom.

    Haar sagte stem laat hom vinnig opkyk want dit pas glad nie by haar voorkoms nie. Het hy wat ou Floors is hom dan nou misgis? Sonder om haar daarop te antwoord krap hy in sy knapsak, breek ‘n stuk droë brood af en gooi swart, koue koffie in die blikbeker. Hy hou dit na haar toe uit.

    Dankie, Floors.

    Hy sien verbaas hoe sy die brood op haar skoot sit, haar kop laat sak en ‘n paar woorde fluister. Duidelik hoor hy haar ‘amen’ sê.

    Kan jou nou meer. Sy het wraggies gebid vir die stukkie droë brood wat hy vir haar gegee het. Hy kyk skugter op.

    Nou toe nou, is dit trane wat hy in haar oë sien? Boemelaars huil mos nie. Hulle is geharde manne, ek bedoel mense. Is ‘n vrou ‘n mens? So gesels hy met homself in sy gedagtes terwyl hy haar half ondersoekend dophou.

    Susan? Hy kyk haar vraend aan.

    Toemaar, dis niks Floors, ek moet gaan. Dankie vir die brood. Ongemerk skuif sy haar hand onder sy knapsak in, sukkel orent en loop met dieselfde ongemak terug in die rigting vanwaar sy gekom het.

    Floors maak homself weer gemaklik met sy kombers onder sy kop en sluit sy oë. Susan se beeld bly voor hom opkom en hy raak uiteindelik aan die slaap. Hy droom van die dae toe sy omstandighede nie so haglik was nie. Van die dae wat ander met respek na hom opgekyk het - van die dae toe hy meneer Smit was en nie sommer net ou Floors nie. Hy skrik wakker toe iemand hom liggies aan die skouer raak.

    Oeiee! Die reuk is baie bekend - jig! Hy trek se neus vies op.

    Susan! Hy kom vinnig orent en staan so ‘n entjie weg van haar. Is daar fout? Hoe lank sou sy al hier sit?

    Jammer ek het jou laat skrik. Ek is nog honger en dors. Die woorde kom gesmoord oor haar lippe en trane dam in haar oë op.

    Floors sug saggies en krap weer in sy knapsak. Hy haal nog ‘n stukkie droë brood uit en hou dit na haar toe uit. Hy gooi water uit sy fles in die blikbeker en gee dit vir haar aan.

    Skuus, Susan, die warm water sal maar moet doen, aangesien my koffie ongelukkig klaar is, maak hy flou verskoning.

    Dankbaar neem sy die bekertjie warm water by hom en bring dit na haar mond.

    Maar dit is dan jou laaste stukkie brood, Floors. Los dit maar liewer.

    Ongemerk skuif sy weer haar hand onder die knapsak in en staan met moeite op terwyl hy probeer keer. Met ‘n ligte afwerende gebaar wys sy dit van die hand en beweeg weer terug brug se kant toe.

    Floors kyk vir Susan met gemengde gevoelens agterna. Wat ‘n vreemde wese van min woorde. En daardie oë! Hy durf haar nie agterna sit nie, daardie oë weerhou hom daarvan. Hy sien haar later weer opstaan en tussen die bome verdwyn. Net more sal hy nader probeer kennis maak. Hierdie is nie ‘n plek vir ‘n vrou nie, sy sal vir haar ‘n ander park moet soek. Skielik kry hy skaam vir sy gedagtes want mens moet jou naaste liefhê soos jouself.

    Floors maak later sy goedjies bymekaar en pak dit by sy kombers. Dan tel hy sy knapsak op en gaan sit verbaas. Onder die knapsak is ’n R200 noot met ‘n briefie.

    Goeie dierbare boemelaar. Jy het jou naaste lief soos jouself. Jy het self soveel nood, tog was jy bereid om jou laaste stukkie brood vir my te gee en jy het my nie op my baadjie getakseer nie. Neem die geldjie, koop vir jou ietsie lekkers en gebruik dit na goeddunke.

    Hy voel skielik baie ongemaklik. Susan is tog self ‘n boemelaar, waar sou sy hierdie geld gekry het wat sy so vrylik uitdeel. Sy het dan selfs sy laaste stukkie droë brood gevat en geëet. Wie is sy werklik? Ingedagte speel hy met die geld in sy hand en wonder wat hy daarmee sal koop. Wanneer laas het hy R200,00 gehad? Hy voel sommer skatryk en sal haar môre bedank. Met ‘n glimlag neem hy ‘n besluit.

    Hy sal dit oordeelkundig gebruik. ‘n Lekker vars brood en blikkie koffie gaan heerlik smaak. En dalk, net dalk, ‘n ou bietjie appelkooskonfyt om daarop te sit – sommer net ‘n klein blikkie.

    Daardie aand vat hy die strokie van Checkers.

    Met ‘n potlood skryf hy agterop: Baie dankie, Susan, ek sal dit na goeddunke gebruik. Floors.

    Hy skryf eers twee soentjies daarna maar besluit daarteen en krap dit dood. Nee, dit is nie van pas nie, alhoewel almal daarmee afsluit, is sy laaste gedagte voor hy dit toevou.

    Hy druk die papiertjie in sy knapsak om seker te maak hy vergeet dit nie, maak sy oë toe en sê vinnig ‘n dankie-sê gebedjie op. Dan maak hy hom gemaklik in die stegie waar ‘n paar van hulle slaap en laat sy gedagtes gaan na die dag wat verby is. Weer skuif daardie oë van haar voor hom in - so besonders – so asof dit dwarsdeur jou kyk.

    Die volgende oggend is hy baie vroeg op.

    Hy sny vir hom ‘n paar dik snye vars brood, smeer dit lekker met appelkooskonfyt en smak toe hy sy vingers aflek. As Susan vandag weer honger is, is die brood darem nie droog nie. Hy is so jammer hy het nie ‘n ekstra blik bekertjie nie maar hy sal die konfytblikkie mooi skoon uitwas en bêre.

    Hy is lank voor sy gewone tyd by die boom en maak hom gemaklik teen die boomstam. Hy haal sy sakbybeltjie uit en slaan oop by Psalm 23. Die Here is my Herder. Niks sal my ontbreek nie …" Hy laat sak die Bybeltjie op sy bors en sluit sy oë. Sag prewel hy die Onse Vader en lank nadat hy reeds ‘Amen’ gesê het, sit hy nog met geslote oë.

    Dit is later reeds na twaalf. Hy kom agter dat hy kort-kort in die rigting van die bruggie kyk. Kom sy dan nie vandag nie? Hy wou so graag vir haar dankie gesê het vir die geldjie en haar met die konfyt op die vars brood verras het. Hy voel ‘n leegheid van hom besit neem en eet later die laaste stukkie brood in die knapsak. Dalk kom sy môre weer.

    Die ure word dae, die dae word later ‘n week maar Susan daag nie weer op nie. Elke dag koop hy ‘n vars brood en werk spaarsamig met die appelkooskonfyt. Selfs

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1