Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Mooier as Marilyn
Mooier as Marilyn
Mooier as Marilyn
Ebook267 pages4 hours

Mooier as Marilyn

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die lewe vat en gee mos. Dit besef Desiree de Lange alte goed toe sy ’n nuwe voorkoms kry, maar daarna haar man by ’n ander vrou betrap. Maar Vincent – chirurg van beroep en verneuker van geaardheid – kom nie sy beloftes teenoor sy minnares, Gloria, na nie. En sy beland op Desiree se drumpel. Liz, Vincent se eerste vrou, en sy dogter, Caz, is ook daar. Christine, Desiree se beste vriendin, het self iets op die hart wat sy nie lank sal kan wegsteek nie. Skielik is daar vier vroue met ernstige griewe teen Vincent, plus Christine wat net saam is vir die ride. Dan kry Desiree ’n werk waar sy moet bak en brou. Dis warm in daai kombuis en die chemistry tussen haar en kollega Steve bereik gou kookpunt. Boonop kondig meer as een party ’n swangerskap aan en iemand worstel met ’n ernstige siekte. Desiree sukkel om met alles kop te hou. Maar vyf vasberade vroue op ’n missie van vergelding is onmoontlik om te stuit.
LanguageAfrikaans
PublisherQueillerie
Release dateJun 7, 2019
ISBN9780795801914
Mooier as Marilyn
Author

Anita du Preez

Anita du Preez is gebore in Port Elizabeth. Sy het in die visuele kunste studeer en aan UNISA haar BA Honneurs- en Magistergrade verwerf, albei cum laude. Sy woon in Kaapstad en is ’n beeldhouer en lektrise in die visuele kunste.

Related to Mooier as Marilyn

Related ebooks

Related articles

Reviews for Mooier as Marilyn

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Mooier as Marilyn - Anita du Preez

    Anita du Preez

    Mooier as Marilyn

    Queillerie

    Vir Rina,

    omdat sy maar nog altyd daar is vir my.

    It’s not true that I had nothing on. I had the radio on.

    – Marilyn Monroe

    1

    Die lewe vat en gee mos. Dis nou eenmaal hoe dit werk. En soms kan die onverstaanbare tydsberekening mens nogal jou eie asem laat insluk. So asof die heelal jou aanvat as opponent in die een of ander digitale speletjie en nes jy dink jy kry ’n paar punte, dan verloor jy eintlik. Soos die ding dat ek my man verloor het net mooi toe ek my perfekte styl gevind het. Ek bedoel, dit sou mos nou baie beter gewerk het as ek toegelaat is om al twee te hou, sou dit nie? Watter vrou wil nie stylvol wees aan haar man se arm nie?

    En, for that matter, behoort enige girl cool en stylvol te wees die dag wanneer sy die bliksem betrap met daardie einste arm om die een of ander cheap tert?

    In my geval het die heelal besluit dat ek binne die bestek van vier en twintig uur een ding sou kry en die ander een kwyt sou wees. As ek terugkyk, kan ek sien presies waar alles begin het, maar die actual papaja se pulp het eers uit die waaier gespat die dag toe ek my liewe eggenoot, Vincent, in Beleza saam met Gloria gesien het. Reg in my gesig. Met my nog skaars in my nuwe uitrusting.

    Dit het só gebeur:

    Vincent was in Pretoria vir ’n mediese kongres en ek en my vriendin Ina (wat onlangs Christine geword het) is die Sondagoggend Beleza toe. Dis die klein restaurantjie oorkant die ou Rafiki’s in Kloofstraat. Ek was nog nooit daar nie, maar Christine het eenvoudig besluit ons móét soontoe vir ’n laat ontbyt. En Christine weet van.

    Sy glo vas daar is so baie eetplekke in Kaapstad dat mens elke dag van die res van jou lewe een kan uittoets (verkieslik elke keer saam met ’n ander man) en doodgaan voordat jy by almal uitgekom het. En sy doen haar bes, want ons kan nie vir ewig duskant veertig bly nie.

    Christine is nie ’n huismuis soos ek nie. Sy probeer hard om haar oorlede Reginald se fortuin uit te gee. Op haarself en haar twee Yorkies genaamd Oom Piet en Antie Soes. Omdat hulle al familie is wat sy het, sê sy. Maar boweal spend sy op reis. Waar sy nog nie was nie, is nie nodig om te gaan nie. En tog is sy altyd weer op pad iewers heen. Sy is met ander woorde ’n mover en ’n shaker. En as jy op jou beurt nie move nie, dan kom shake sy vir jou. So ken ek haar al van laerskool af. Ek self sou nooit so ver gekom het nie. Deur die jare het ek my wysgemaak dis oor ek hou van my space en dat ’n naweek sonder Vincent vir my ’n tydjie is om ’n slag te doen wat ek wil. Wat ek die laaste tyd meestal wou doen, was om in my bed te lê en vrot. Christine wou dit nie meer duld nie, toe kom haal sy my. En jaag my uit my bed tot binne-in my jeans.

    Good grief, vrou! Sit tog at least bietjie lipstiffie aan, het sy met haar rokerstem beveel en my iets uit haar ruim grimeersakkie aangegee toe ek dog ek is klaar. Sit aan! Jy lyk of jy asemnood het! Só kan dit nie ’n dag langer aangaan nie. Jy sal nog vir my dankie sê. Life goes on. Kom, kom, kom!

    Ek het geluister. Seker omdat ek finaal besef het dat as ek Christine verloor, ek dalk geen enkele vriendin sal oorhê nie. Net Siri, my Apple iPhone met wie ek soms in die nanag diep digitale gesprekke voer.

    Dis hoe ek myself dan nou kom kry in die laatoggend-winterson op die restaurant se plankstoepie met ’n bord Eggs Benedict voor my, tussen ’n klomp hipsters in my ou jeans en met Christine se bloedrooi lipstiffie aan.

    Kyk, Desiree, jy is mos nie ’n lelike vrou nie, nè? verklaar sy hard genoeg dat die mense by die tafel langsaan opkyk. Ek beweeg my kop, onseker of ek veronderstel is om dit ontkennend heen en weer te skud of samestemmend op en af te knik. Mens weet nooit met Christine nie. Toe doen ek maar iets tussenin. Die vrou langsaan gee my ’n foeitog-smile soos vir een wie se lift nie heeltemal tot bo gaan nie. Christine kom niks agter nie, want sy’s nog lank nie klaar met my nie.

    Maar jeez! So kan jy darem nie forever lyk nie. Jy moet bietjie meer styl kry, jong, gaan sy voort tussen fyn happies eier deur.

    Styl?

    Ja. Styl. ’n Vrou moet haar eie styl hê, nie waar nie? Veral op ons ouderdom? Ek bedoel, vat nou vir Coco Chanel. Of Jackie Onassis. Kyk, daai vrou het nou vir jou styl gehad. Of al daai ou movie stars soos Rita Hayworth en Marilyn Monroe oor wie jy so gaande was. Almal vrouens met hulle share hartseer agter hulle, maar hulle het deur alles altyd styl gehad. Selfs Madonna of even Rihanna het hulle eiesoortige styl.

    En jy wat Ina is het dit ook?

    Christine, asseblief. Ek … wel … mag miskien … e … effens mollig wees, maar dit beteken nie ek het nie styl nie! Ek dra swart in die winter en wit in die somer en tussenin meng ek die twee so bietjie en ek gee dit sjoesh met ’n spatsel kleur. Haar rooigeverfde naels fladder na haar duur haarkapsel en sy tuit haar rooi lippies, vars gebotox in Switserland of iewers. Dít, my darling, is my thing. My styl.

    En dis iets wat ek nie het nie?

    Christine hoes fyntjies, lig een perfek geplukte wenkbrou en fladder haar lash extensions betekenisvol. Wel, vergewe my, vriendin, maar jou klerekas lyk die afgelope paar jaar soos eergister se vrugteslaai. Jy lyk alewig asof ’n nagmerrie jou deur Pep Stores, Pick n Pay Clothing én Mr Price Clothing gejaag het en jy die eerste die beste goed van hulle rakke af aangepluk het.

    Jy het ook maar geen idee nie, het jy? Hoeveel dit verg om vandag hier oorkant jou te sit nie? vlie die gedagte deur my kop. Niemand verstaan nie.

    Niks fout met … probeer ek walgooi.

    Sjoesj! Ek’s nie klaar gepraat nie! Christine se vurk swaai rakelings by my neus verby. Die vrou langsaan kyk simpatiek na haar. Sy verstaan dat dit vir iemand soos Christine swaar moet wees om met iemand soos ek opgesaal te sit. En ek weet hoe dit voel. Ek is per slot van sake ook met my opgesaal.

    Nee, dis nie jou fout nie, skatlam. Christine is nou behoorlik in haar element. Sy laat rus ’n super-patronising hand op my voorarm. Wát jy dra, is nie die kwessie nie, my ding. Hoe jy dit bymekaarsit, is wat die verskil maak, verstaan jy? En anything goes is nie stylvol nie. So dis wat ons vir jou moet kry, sien? Jou eie styl.

    Sy kyk rond en ek kan sien iets in die ry vintage-klere op ’n klerehanger langs ons vang haar oog. Sy leun oor en pluk ’n rok nader.

    Dit kan werk. Gaan pas binne aan!

    Ek gehoorsaam om drie redes. Omdat ek nie die energie het om te stry nie, omdat ek nooit die einde daarvan sal hoor as ek dit nie doen nie, en omdat ek so seker is dat ek soos ’n bag lady sal lyk in die verdomde rok, dat ek dit bloot uit spitefulgeit wil aanpas om haar tog net een keer verkeerd te bewys. Buitendien moet ek na twee koppies koffie by ’n toilet uitkom.

    Die rok herinner aan die vyftigerjare en is dalk gemaak vir iemand met bietjie minder kurwes as ek, kom ek agter toe ek dit oor my kop sukkel en die ritssluiter optrek. Maar toe ek die oorvou-voorkant oor my bates gladgestryk kry, lyk dit nogal nie onaardig in die besproete antieke spieël nie. Ek was mos nog altyd taamlik geseënd in daardie departement. Miskien tog, dink ek toe ek buitentoe stap.

    By die deur is ’n rak met bykomstighede en vir die eerste maal in ’n baie lang tyd verbaas ek myself en vang ’n greintjie gees. ’n Afgewaterde weergawe van die waagmoed waaroor ek beskik het toe ek nog geweet het wie ek is. Ek was mos van kleins af lief vir konsert hou en opdress in my ma se klere, en in my arm studentejare was die Heilsleër se winkel op Stellenbosch my enigste gebaar in die rigting van haute couture.

    My oog vang ’n roomkleurige katoog-sonbril. Pure Marilyn. Soos Christine sê, ek het mos nog altyd bietjie van ’n thing oor haar gehad. Ek plak die bril summier op. Sy sou van die paar inglipskoentjies met die katjiehakkies ook gehou het, weet ek die oomblik toe ek hulle sien, en hulle pas my sowaar. Gelukkig is die rooi naellak op my tone nooit getjip nie – so laag het ek nog nie gedaal nie. As toegif gryp ek in die verbygaan ’n outydse krale-handsakkie. Toe mince ek verby die tafeltjies met mense wat liewer maak of hulle my nie raaksien nie.

    Nice. Very nice! merk iemand regs van my op. Dis ’n lang man wat my armsgevou oor sy John Lennon-brilletjie staan en betrag net dié kant van die deur stoep toe. Seker die eienaar.

    Ek val nie vir sy verkoopstegniek nie en ek gee hom ’n vuil kyk. "You would say that." En met ’n Jackie-eat-your-heart-out-heupstappie wat ek nie weet van waar af kom nie, is ek die trappies af tot by Christine, waar ek pruilmond pose gooi met die bril wat so effens op my neus afsak.

    Dis toe dat ek hom sien.

    En net daar weet ek iets wat ek eintlik lankal weet. Dat Vincent nie in Pretoria is nie. En ook heel moontlik nie voorverlede naweek in Saldanha was nie, en ook nie die week voor dít dringend Port Elizabeth toe moes gaan nie. Want daar sit hy skuins onder die trap, taamlik verskans agter die reuse-akkerboom, en handjies vashou oor die wankelrige tafeltjie.

    Met Gloria.

    Gloria van sy spreekkamer. Gloria wat nou die dag eers dertig geword het.

    Of hulle nog heeltyd daar sit en of hulle ingekom het terwyl ek besig was om aan te pas, weet ek nie. Al wat deur my kop gaan, is: Sy mag miskien jonger wees, maar sy is dan verdomp heelwat dikker as ek?

    Wow! roep Christine uit. Dít, vriendin, is jou styl! Jy is ’n fifties-Hollywood-bom!

    Toe sien sy waar ek kyk en toe sien sy hom ook.

    2

    Toe ek sake agterna bedink, besef ek hoekom ek Gloria nie regtig kan kwalik neem nie.

    Eerstens, en ek wou dit nou nie hardop sê nie, maar … Gloria is nie baie slim nie. Actually, kom ons wees eerlik, Gloria is DOM. Daar. I said it. So. Dit spreek vanself dat dit nie van iemand soos sy verwag kan word om haar Gerald se minder opsigtelike bates, soos sy superieure intelligensie en sin vir humor, na waarde te skat nie.

    Tweedens, Gloria is vlak. Ek glo nie sy kan dieper as die uiterlike sien nie. En haar Gerald, bless his soul, is nie veel vir die oog nie. Hy is maar ’n valerige ou mannetjie. Eerlik en opreg, maar taamlik onbeduidend.

    Laastens, Gloria hou van bling en flash. Sy het ambisie. En dinge moet nou gou gebeur, want sy is pas verby dertig en op pad na nowhere.

    En Gerald? Gerald is ’n bibliotekaris.

    En my Vincent is nie.

    Nee. My Vincent is ’n chirurg. En selfs op een en vyftig, met sy leeukop (meestal) nog vol gryswordende hare, sy breë skouers en veral daai loop van hom, kan hy nog ’n groot vertrek met sy teenwoordigheid vul. Om nie eens te praat van ’n denim en ’n hele paar ander dinge wat enige vrou graag gevul sou wou hê nie. Soos haar bankrekening.

    Die ander een wat ek seker nie kan verkwalik nie, is hy. Vark wat hy is.

    Dalk sal ek anderdag ordentlik kwaad word vir hom, maar nie nou nie. Ek is nou net lam. Miskien sou ek ook jonger grassies anderkant die draad wou gaan proe indien die rolle omgeruil was en hy soos ek geword het. Ek het mos geheel en al ingegee, en wie wil nou saam met so ’n tikkende tydbom leef?

    ’n Man soos Vincent het ’n rustige, ronde raakvat-vroutjie nodig. Een wat met entoesiasme erfgename kan verwek. En produseer. Flegmatiese temperament. En nie te hooggeleerd nie. Soos Gloria. Een van daais wat by vriende se buffettafel lieftallig vir hom sal vra: Kan ek vir jou inskep, skat? Anders as ek wat sal wil weet of sy handjies dan lam is. Geen wonder die man het uitkomkans gesoek nie.

    Maar daardie besef help my nou veel. Want Vincent is weg, sak en pak, en ek het self daai sak vir hom gepak.

    Die tonele wat hulself die afgelope paar uur afgespeel het, sedert ek Vincent en Gloria by Beleza onder die akkerboom gewaar het, was nie mooi nie. Nee. Not my best moments. Daar’s heelwat dingetjies wat ek anders kon hanteer het. Ek moes byvoorbeeld statig verby die verdomde twee verneukers gestap het, met swier in my kar geklim en weggery het. Met styl. Maar ek het nie.

    In plaas daarvan het ek toetentaal my cool verloor en my moer gestrip. Hulle net daar bestorm en op hulle geskree. Grootskaals aangevuur deur dieselle hell that hath no fury like a woman scorned wat veroorsaak het dat siklone na ’n sekere spesie vernoem word.

    En natuurlik het almal daar my skeef aangekyk. Dis mos hoe dit werk. Maak nie saak watse misdaad iemand teen jou gepleeg het nie, as jy die een is wat skel en vloek, is jy die baddie in mense se oë. Kant en klaar. Laat jou man jou belieg en bedrieg en oop en bloot met sy flooze daar sit terwyl jy dink siestog, hy is in Pretoria by ’n boring werkseminaar, en waag jy dit om sy glas vonkelwyn oor sy halfgrys kop uit te smyt en aan sy metgesel se hair extensions te pluk, en onmiddellik is sy die victim. En jy? Jy, skattie, is die varksog in die verhaal. Not rocket science, nè?

    Stupid, stupid, stupid. Hoe kon ek, ’n vrou wat al ’n paar keer deur die lewe gerol is en met genoeg grade agter haar naam, so stupid gewees het?

    Oukei. Help nie ek sit hier en kasty myself nie. Daarvoor het Christine tot oorverdowens toe gesorg toe sy per Uber kom kyk het of ek veilig by die huis aangekom het – nadat ek met skreeuende bande die pad gevat het voor iemand die polisie kon ontbied. Gelukkig was sy bitter kwaad vir my dat ek haar net daar by Beleza gelos het, anders was sy dalk nog hier vir die hele embarrassing spektakel toe Vincent kom probeer verduidelik het.

    Nee. Nie verduidelik het nie. Vincent verduidelik nie. Vincent word onmiddellik die verontregte in enige tweespalt, duld geen teëspraak nie, lieg homself uit enige ding en verontskuldig homself met soveel grasie dat hy homself glo en jy begin dink dis dalk alles jou skuld. Dis verstommend.

    En dan? Dan word jy so kwaad vir die skreiende onreg dat jy dit weer heeltemal verloor en lateraan gillend goed kwytraak wat jou laat twyfel aan jou eie DNS. En dan? O, dán staan hy daar met sy hoogheilige uitdrukking, soos in: Sien? Sién? Dis waarmee ek, arme man, te make het. Kyk hoe gaan sy tekere, soos ’n regte ou …

    Verstommend, sê ek jou. Ek bedoel, ek is seker mens kan iets oorkom daarvan. Soos hartversaking.

    En lateraan? Lateraan word jy nie eens meer kwaad nie. En dan? Dan is jy in die moeilikheid. Wanneer alles stil geword het, met slegs ’n leegheid waar daar eers woede was.

    Maar ja, iets hét vanmiddag geknak. Tot hier toe en nie verder nie. Oopgeruk deur my onverwagse woede oor my man se blatante verneukery. Of dalk het iets net binne-in my verskuif? Hoe weet ’n mens?

    Daarom sit ek nou hier op die bed se rand en staar na Vincent se oop hangkasdeure, die leë hangers en rakke, en dit voel asof ’n leeftyd verbygaan. Asof die heelal moet gaan stilstaan en kennis neem van vanmiddag se gebeure. Miskien dalk net ’n minuut van stilte vir die vergane huweliksverbintenis tussen Vincent Egbert de Lange en Desiree Helena van Vuuren? Dis mos nie moontlik dat elf jaar net so – poef – weg kan wees nie?

    Selfs ’n enkele trompet wat ’n taptoe blaas oor dié afsterwe sou meer gepas wees as die middagstilte van ons rykmansbuurt. Maar dis bloot nog ’n Sondagmiddag om halfvier, wanneer dinge gewoonlik mos maar ietwat bleak lyk. Ek ken dit. Suicide hour. Maar hierdie een? Nee, kyk, hiérdie een is duidelik die moeder van alle Sondagmiddae.

    Ek sug diep. Hier sal ek vergaan van ellende. Hier sal ek my net weer oorgee aan wanhoop en myself op ’n bondel neertrek, maar dié keer om nooit weer my kop te lig nie.

    Soos Marilyn.

    Tog kry ek tot my verbasing van iewers krag. Skynbaar is daar in my bloed darem nog ’n milliliter of twee van daardie Van Vuuren-vuur wat my voormoeders skoenloos oor die Drakensberge gedryf het. Ek tree ferm bo-oor ’n eensame swart sokkie en Vincent se favourite verbleikte slaapbroekie wat soos ’n beskuldiging op die vloer bly lê het nadat ek sy tasse hygend van wrewel en adrenalien help toeknip het.

    Ek vat my karsleutel raak. Waarnatoe weet ek nie, maar wat ek wel weet, is dat ek hier moet wegkom.

    Om die een of ander rede ry ek reguit Beleza toe. Back to the scene of the crime? Makabere mot wat weer wil gaan kyk hoe lyk die plek waar die gloeilamp haar geskroei het? Nee, ruk ek myself tot orde. Dis nie dít nie. Ek wil mos bloot my eie klere gaan haal. Omdat ek niks van my by daardie verdomde plek wil laat agterbly soos bewysstukke van my uitgediende huwelikstatus nie. Boonop wil ek die verspotte femme fatale outfit waarmee ek myself in daardie oomblik van malligheid uitgerus het, gaan teruggee. Of ten minste daarvoor betaal. Maybe all of the above. Wie sal ooit die vreemde weë van ’n pas verloënde vrou kan verklaar?

    Allermins sy self.

    Veral toe die kar se linkerwiele teen die sypaadjie se rand tot stilstand skuur en almal in die restaurant opkyk. Insluitend die lang donkerkopman met die bril wat ek vroeër so onnodig aangegluur het, wat by een van die tafeltjies sit met ’n glas rooiwyn. Ag, Vaderland. Sou hy dalk die plek se eienaar wees – met ander woorde die een in wie se kleedkamer my jeans en toppie nog hopelik lê? Die een vir wie ek geld of ’n verskoning skuld?

    Toe klim ek maar uit met soveel grasie as wat die wiebelende katjiehakkies toelaat. Wat anders? Ek druk die Marilyn-bril reg, bestyg die paar trappies met soveel van my nuutgevonde styl as wat ek kan bymekaarskraap en stap nader.

    Die man vat sy glas wyn en hou dit skynbaar beskermend teen sy bors. Hy frons. Seker te verstane. Hy kry natuurlik dikwels te doen met mense wat nie betaal vir sy goed nie. Toe merk ek die geamuseerde uitdrukking in sy bruin oë.

    Just in case you get the urge to pour some more on someone’s head, sê hy toe ek nie ’n woord uitkry nie. Dit gebeur nie dikwels nie, maar nou ja, wat is daar vir my om te sê? Ek hét net mooi hier ’n lieflike spektakel van myself gemaak, en nou is ek terug.

    Ek versamel ’n lekseltjie spoeg om woorde te vorm, maar my brein speel nie saam nie. Seker als opgebruik in my tirade teenoor Vincent. Of dalk is dit die feit dat ek tot my ontsteltenis voel hoedat al my beskikbare liggaamsvloeistof in my ooghoeke versamel. Flippit. Ek kan mos nie nou hier …

    Unless you’d rather want me to pour you some?

    Die uitdrukking in die bruin oë agter die brillense is vir ’n oomblik sag. Sonder spot. Ag nee, donner, meneer, moet tog asseblief net nie nou ’n enkele snaar binne my raak nie. Nie eens liggies nie. Alles in my is so rou geskaaf dat die kleinste bietjie deernis of understanding van enige menslike wese my net hier in yslike trane sal laat uitbars. En het ek nog nie vandag ’n groot genoeg bleddie aap van myself gemaak nie?

    Ek herken myself nie. Ek huil lankal nie meer nie. Dis nie asof ek nie al probeer het nie. Almal sê jy moet huil om te kan genees. Nie ek nie. Tranetrekker-films kyk, Vicks

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1