Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Hartlam
Hartlam
Hartlam
Ebook335 pages4 hours

Hartlam

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

In dié bundel sal jy vergeefs soek na voorspelbaarheid. Want die liefde het vele gesigte, en nie almal is mooi nie. Kerneels Breytenbach, Christine Barkhuizen Le-Roux, Erika Murray-Theron, Helene de Kock, Martin Steyn en vele meer skryf oor die liefde in vele gedaantes: moederliefde, gewelddadige liefde, verbode liefde, erotiese liefde, liefde tot die dood toe...Want die liefde verdra alles, maar die liefde het dikwels tande.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateOct 6, 2017
ISBN9780624082743
Hartlam

Read more from Deborah Steinmair

Related to Hartlam

Related ebooks

Related articles

Reviews for Hartlam

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Hartlam - Deborah Steinmair

    Hartlam

    42 verhale oor die liefde

    saamgestel deur Deborah Steinmair en Gerda Taljaard

    Tafelberg

    Bouwerk

    Christine Barkhuizen-Le Roux

    Dis toe die Maartlelies die oggend van die 16de hulle pienk kelke oopvou dat sy die besluit neem. Verander kan sy die situasie nie, maar sy kan iets dóén, in plaas daarvan om elke nuwe dag die kussing oor haar kop te druk en nie son of reën of wolke te wil sien nie.

    Van Herklaas weet sy skaars, hy kom saans van sy werk by die vervoerbesigheid, gaan sit voor die televisie, kyk die nuus en weer, gaan slaap. Sy bring sy kos vir hom en neem die skinkbord later weg. Hulle praat nie. Sy neem hom nie kwalik nie; sy dink ook nie hy verkwalik haar nie. Die stilte is ’n dooie, stinkende hond in die huis.

    Ook die groentetuin verwaarloos op hierdie plek wat Herklaas ’n paar jaar terug gekoop het. Hy maak dit nie nat nie, en sy kom skaars uit die kamer, wat nog te sê uit die huis. Die tuinman wat kamtig moet help om na die paar skapies en hoenders te kyk, sit waarskynlik sy dae onder die koelteboom om met ’n selfoon teen sy oor. Sy weet nie. Sy kyk nie. Tielman is die onbruikbaarste stuk werkmens wat daar is, het Herklaas gesê toe die man twee weke nadat hy kom werk soek het, op ’n Sondagoggend slingerend teen die agterdeur gehamer het. Op soek na die skape wat hy moes oppas.

    By die lelies buk sy, druk haar gesig in een van die diep kelke. Die sagte geur is soos ’n gawe wat haar vul. Hoe onwaarskynlik, dat ’n blom soos hierdie so ongesiens onder die grond kan leef om byna oornag oop te vou tot ’n teerheid wat ’n mens nie in enige taal of klank kan beskryf nie.

    Sy trek ’n ou paar jeans aan; ’n T-hemp van moeilik definieerbare kleur weens al die wasse oor baie jare. By die draadkampie kry sy hom. Selfoon in die een hand, ander hand met ’n hopie lusern wat hy na binne gooi. Die eerste paar woorde kom nie hard genoeg uit nie. Sy skraap haar keel, probeer weer. Tielman, ons het werk vandag.

    Die man is traag, die afgelope weke se vredige luiheid sit in sy beendere; teen twaalfuur is sy gesig donker van die sweet. Syself moet ’n ander hemp gaan aantrek. Sy gooi koeldrank in, maak ’n toebroodjie vir hulle albei en neem syne na waar hy in die akkerboom se skadu sit. ’n Uur se rustyd, dan val sy weer saam met hom in.

    Daar is leiklip genoeg op die plot; dis die grootste vloek wat Herklaas getref het toe hy die plek gekoop het sonder om genoeg navraag te doen. Van die stukkie plaas wat hy wou maak van die grond, het nooit regtig iets gekom nie. Die grond is brak en verder net lae en lae klip opmekaar. Vir Tielman het hy teen sy sin laat aanbly teen die minimum loon, niemand op die ander plotte wou die sukkelaar by hom oorneem nie.

    Dis teen Saterdagoggend toe Herklaas nie hoef weg te ry werk toe nie, dat hy iets agterkom. Toe hy in die huis kom van die skape af, vra hy: Wat is aan die gang? Wat werskaf jy en Tielman so daar teen die rantjie?

    Sommer maar. Dis of sy verleer het om te praat, asof sy nie met asem en ’n tong reg kan laat geskied aan dit wat in haar hart en bloed sit nie. Ek kyk sommer of ek iets met die klip kan maak. ’n Oomblik huiwer sy. Ek kan nie langer so aangaan nie.

    Hy knik, haal sy hoed van die ysterhaak af. Hierdie een keer maak hy die sifdeur sag agter hom toe. Sy sien hom loop na waar die geel en bruin klippe opgestapel lê. Hy loop om die hoop, kom tot stilstand, skud sy kop en loop verder die veld in.

    Hoe kan sy aan hom verduidelik as syself nie weet nie? As sy nie verstaan presies wat dit is wat sy doen nie? Ek bou iets, wil sy vir hom sê, maar sy weet hy sal vra wát. En dis iets waarvoor sy nog nie ’n naam het nie.

    Hy laat haar begaan, vra nie weer uit nie, lees sy koerant, kyk die nuus. Sy wonder wat hy dink; sy is jammer vir hom. Oor die onverwagse draai wat die lewe met hom gemaak het. Oor hoe dit hom moet affekteer, al praat hy nie, al praat sy nie. Hoe gaan hy dit vir sy mense sê? Sy dink aan haar eie ma. Haar ma is oud, konserwatief. Iemand wat nog nie met die nuwe regering vrede gemaak het nie en nooit sal nie. Hoe verwerk ’n oumens iets soos hierdie? Hoe verwerk ’n má so ’n weggaan?

    Ná sy aanvanklike onwil om uit sy rus gestoor te word, raak Tielman geïnteresseerd, selfs ywerig. Wat maak ons nou eintelik, mevrou Malie? Elke oggend, elke aand vra hy dieselfde vraag, maar hy hou van die klipwerk, sy kan sien. Hy het ’n oog. Waar sy skuins pak, vat hy reg en bou oor. Haar hande wat aan die begin gebloei het waar die klippe die sagte vel geskaaf het, raak hard, maar sy wil nie tuinhandskoene hê nie. Herklaas het ’n paar saamgebring van die koöperasie, maar hulle het net so bly lê in die groenterak op die stoep.

    Ek kan nie, het sy probeer verduidelik, ek wil nie iets tussen my en die klip hê nie; ek wil dit voel. Maar dankie. Vir die handskoene. En sommer. Dalk verstaan jy as ek klaar is. Dalk verstaan ek ook dan, het sy in haar enigheid gedink.

    Met elke laag klip wat hulle pak en Tielman gelyk kap, vervaag die aand van die groot skok ’n bietjie verder. Die konstruksie wat hulle bou, is ’n eenvoudige blokvertrek. Min of meer vier meter by vier meter, met drie openinge vir vensters. Of sy glas sal insit, weet sy nog nie. Wat saak maak, is dat dit ’n plek van koelte en stilte en rus kan wees. Vir haar. Vir Fransie. Vir Herklaas. Vir hulle almal.

    Die blare aan die prieel het rooi geword. Party rooi soos die sonsondergang op ’n dynserige dag, ander diep pruimrooi soos bessiekonfyt. Hulle het begin afval op die patio en sy wil hulle nie wegvee nie. Hierdie herfs met sy ligroos lelies en wind wat saans in die bome gaan slaap, is die seerste seisoen wat sy nog beleef het. En tog, met die klipwerk, die eelte wat aan haar hande vorm, wil sy dit ook hóú. Tussen die smal gleuwe in die klip het daar ’n besef gedaag dat ’n mens pyn moet vashou voor jy dit kan laat gaan. Ook ’n bitter vrug moet ryp word.

    Af en toe kry sy ’n e-pos van die kind. Daar is geen twyfel daaroor dat sy gelukkig is nie. Op die foto’s wat sy saamstuur, blink haar oë en kyk sy sonder twyfel of heimwee. Daaroor is Malie bly, sy gun haar dit met alles waarmee ’n ma ’n kind iets kan gun. En dalk is dit wat die hardste geslaan het. Dat Fransie haar nie genoeg vertrou het nie; nie vooraf iets kom praat het soos al die jare nie. Dat sy haar uitgesluit het met twee of drie sinnetjies. Ek en Gwennie gaan vir ses maande weg Annerland toe. Ons gaan daar trou. Daar is nie ’n ander opsie nie, want as ons nie getroud is nie, kan sy nie hier permanente verblyfreg kry nie.

    Hoe kon Malie vir enigiemand verduidelik dat dit nié was omdat Fransie ’n vrou gekies het in plaas van ’n man nie? Niemand sou haar glo nie. Ook nie Fransie nie. Daarom dat hulle haar en Herklaas voor die feit gestel het – nooit eens gevra het of hulle sou kans sien om die wetlike seremonie in ’n ver land te kom bywoon nie. Agterna sou hulle terugkom en nog ’n byeenkoms hou vir die familie en vriende in Suid-Afrika, het Fransie terloops gesê, met Gwennie se skraal vingers styf in haar hand sodat haar eie kneukels wit deurgeslaan het.

    Herklaas het soos ’n sfinks gesit die aand in die restaurant nadat Fransie klaar gepraat het, sy kop regop, sy keelvel styfgetrek. Malie se hande het op die tafeldoek met die blink messegoed gelê, die kleurlose naellak afgesplinter soos wat sy daaraan gepeuter het. In haar gedagtes het sy haar hande uitgesteek om te probeer keer: moenie afsny nie, moenie seermaak nie, moenie laat ons goed doen en sê wat verkeerd is nie.

    Hulle het in stilte teruggery na die reservaat waar hulle al vier vir die naweek tuisgegaan het. Langs die grondpad lodge toe het ’n bruin hiëna se oë geblink in die kopligte se straal.

    Herklaas het steeds niks gesê nie. Sy was woedend vir hom. Jammer ook, maar sý was die een wat moes keer dat alles inmekaartuimel. Al was haar eie hart soos ’n glas wat van die tafel af geval het, en was daar niemand wat die splinters met ’n besem en skoppie bymekaar kon vee nie.

    Die geboutjie begin dakhoogte bereik. Tielman sê sy moet vir Herklaas vra om ’n nuwe leer te bring, hy gaan nou wel die kontrei se voorste bouer wees na dese, maar hy wil nie verlam in die bed lê met ’n gebreekte nek nie.

    Sy tel die dae af, verbaas oor hoeveel hulle verrig het sedert sy die lelies daardie oggend gesien het. Daar is drie weke oor voor die groot dag anderkant die water. Soms sien sy in haar gedagtes hoe sit sy in die vliegtuig, hoe sy tóg gaan. Maar Herklaas het sy voet dwars gesit. Buitendien, hulle is nie genooi nie. Dalk het die kinders net aanvaar hulle sou nie die geld hê nie, of sou nie die moeite doen nie. Dalk het hulle gedink ’n tweede seremonie terug in die land sou net so goed wees. Dalk. Maar die pyn oor die verlies, om uitgesluit te word van haar kind se grootste dag, is groter as enige regverdiging wat sy al vir hulle probeer uitdink het.

    Tielman skud sy kop toe sy ’n stuk van die vooraansig laat afbreek. Sy het dit vir laaste gehou, sodat hulle uit die foute aan die agterkant en sye kan leer. Die kant waar die deur moet kom, sal beter afgewerk wees as die res.

    Maar die opening moet in die vorm van ’n koepel wees, besef sy toe Tielman die kosyn van ruwe hout insit. Dit moet lyk soos hande wat na mekaar toe vou. Tielman brom en dreig om te loop. Smiddae gee sy ekstra snye brood en saans meer kos. Tielman bly. Vir die eerste keer in lang weke kom daar ’n blyheid op uit haar binneste.

    Herklaas kom soms kyk, skud sy kop en draai om. Ek weet nie wat dit is nie, maar dis nogal nie lelik nie, merk hy een keer op. Sy kan hom nie antwoord nie. Wat ís dit? ’n Simbool? Maar waarvan?

    Tielman se oë dop in hulle kasse om toe sy sê die dak moet ook van klip wees. Sy kan sien wat hy dink: Mevrou Malie is nou die nenta in, sy’s soos daai skape as hulle krimpsiek kry van die nentabosse anderkant die drif.

    Sy is nie mal nie. Ten minste nie oor die dak nie. Op die dorp het die Hollander ’n klomp kliphuise teen die rivier gebou, en by hom gaan kyk sy af, gaan vra hoe hulle met die onderlaag moet maak om die klip bo-op te kan lê. Klip wat ook van bo af sal isoleer. Vir lafenis in die somer en om hitte binne te hou wanneer die winter kom.

    Op die buurdorp loop sy ’n deur raak wat pas by die beeld wat in haar kop begin vorm aanneem. Jan, ’n skrynwerker en vriend uit Herklaas se skooltyd, kom een middag op haar versoek; hy loop al rondom die bousel om te kyk en meet. Uiteindelik ry hy met die deur agter op sy bakkie weg na sy werkplek. Ná twee weke bring hy dit terug en maak dit pas in die kosyn.

    Dis nou regtig ’n mooi klein kerkie wat julle hier gebou het, sê hy toe hy en Herklaas en sy en Tielman terugstaan om te kyk.

    Sy hou haar asem in. Hoe bou ’n mens iets sonder dat jy weet wat dit is? Maar hy is reg, dit ís wat dit geword het, ’n ruwe, koel klipkerkie waar haar hart kan rus.

    Op die almanak trek sy die laaste dag voor die troue met ’n kruisie deur. Oor ’n paar uur sal haar kind haar naam in ’n register teken, sy en Gwennie albei. Gwennie met die groot swart oë, Gwennie wat sy saam met haar eie kind in haar hart wil toevou, as sy haar dit net wil toelaat.

    Daar sal getuies wees wat die register saam met hulle teken. Gwennie se ouers. Maar daar sal nie orrelmusiek wees nie; sy wat Malie is, sal nie die moeder-van-die-bruid wees nie.

    ’n Mens kan die reën ruik nog voor dit val. En daarna die geur van nat grond terwyl sy en Tielman die laaste gladkapwerk aan die binnekant doen. Die sweet laat haar oë brand. In die weke, die maande wat hulle gepak het aan die mure, het Tielman van ’n niks-geagte man in sy eie kontrei verander in iemand wat regop loop, iemand wat sy maer arms seningtaai gewerk het.

    In die skemer hier binne druk hy sy hande meteens eerbiedig teen mekaar en met ’n bewing in sy stem sê hy: Mevrou Malie, ek het dan nou ’n bouer geword – ek, Tielman Oorschot, is vandag ’n bouer. Sy lê haar hand op sy skouer, hoor die sagte sifreën en die roep van ’n duif.

    Ek ook, antwoord sy binnetoe. Ek het vir my kind ’n kerk gebou. Een sonder klippe.

    Die tyding

    Evert Louw

    Kleintyd al het ek en Kleinsarel geweet ons is nie soos ander kinders nie. Die eerste keer wat ons onsself in die spieël gesien het, was ’n eienaardigheid. Daar was twee seuntjies, ja, maar ook nie, want dit was asof die spieël in twee gekraak het, asof dit een van ons dubbeld wys. Ons het op ’n druppel water na mekaar gelyk – die spreekwoordelike vinkel en koljander.

    Dit was nie net ons identiese voorkoms wat ons anders gemaak het nie. Ons kon mekaar se buie aanvoel. Wanneer Kleinsarel hartseer was, was ek hartseer. Wanneer Kleinsarel siek was, was ek siek. En wanneer Kleinsarel stout was, was ek stout.

    Niemand, nie eens Ma, kon ons altyd uitmekaar ken nie. Hannes! Wat het jy nou weer aangevang? sou sy uitroep, net om te hoor dat sy met Kleinsarel raas. Nie dat hy altyd so onskuldig was nie. Maar hy was die lieflingkind wat almal om sy pinkie kon draai, terwyl ek die stil, bedeesde een was wat my bes gedoen het om soos hy te wees.

    Toe ons onder die nooientjies van die kontrei begin vry, stel Kleinsarel voor dat ons om die beurt by dieselfde meisie gaan opsit: Net om te sien of sy dit ooit sal agterkom. Dit het vir baie opwinding en soms verleentheid gesorg, veral wanneer Kleinsarel, die platjie wat hy was, opsetlik versuim het om my te vertel waaroor hy en die meisie gepraat het tydens sy opsitbeurt.

    Jy’t belowe ons kan by die spruit gaan piekniek hou, onthou jy dan nie, Kleinsarel? sou een van die meisies kla, waarop ek sou antwoord: Natuurlik onthou ek – ek trek maar net jou siel uit.

    Die eerste en enigste nooi wat ’n stokkie voor ons bedrog sou steek, was Naomi Serfontein. Naomi met die voshare en groen oë. Naomi met die perdebylyfie en maklike glimlag. Naomi met die sagte hart en deernis vir al wat leef. Kortom, ons was albei smoorverlief op haar.

    Een Saterdagmiddag vra ek vir Kleinsarel wie se beurt dit is om vir Naomi te gaan kuier, wel wetend dis myne. Hy lyk so half bekaf toe hy antwoord: Joune.

    Is jy doodseker? vra ek, net om hom te terg.

    Ja, Ouboet, sê hy en dadelik is ek op my hoede. Hy noem my nie Ouboet omdat ek ’n paar minute voor hom gebore is nie, maar altoos wanneer hy ’n gunsie of twee by my wil afbedel. Kan ons nie maar die omruilery los as dit by Naomi kom nie? vra hy toe met daardie seuntjiegesig wat enige hart laat vermurwe. Ek het eintlik, om die waarheid te sê, baie lief geword vir haar.

    Miskien moet ons lootjies trek, stel ek voor met ’n sinkende hart, want hoe moet ek kies tussen my tweelingbroer en die nooi van my drome?

    Jy weet goed ek verloor altyd wanneer ons lootjies trek! protesteer hy.

    My beurt is my beurt, sê ek. Jy kan van volgende Saterdag af pal by haar gaan kuier, belowe ek, my hart nou loodswaar.

    Terwyl ek nog van ver af op my perd aankom, sien ek hoe Naomi my by die hek inwag. Iets is nie pluis nie, want haar ma is baie gesteld daarop dat sy haar vel marmerwit hou en nie te veel in die son kom nie. Toe ek naby is, kan ek sien haar oë is rooi gehuil en sy is so senuagtig soos ’n jong perd wat ingebreek word. Sonder om te groet, val sy weg met: Kleinsarel, onthou jy laas maand toe ons piekniek onder die wilgerbome gehou het? En sy bloos bloedrooi, waarom wis ek nie.

    Toe sê sy: Ek is verwagtend.

    Die hol kol wat ek nog heeloggend op my maag gehad het, versprei na my bene sodat ek skaars kan beweeg. Verdomp, Kleinsarel! Wat het jy nou aangevang?

    Naomi huil geluidloos. Ek trek haar nader en hou haar vas. Wat gaan ek vir my ma-hulle sê? snik sy.

    Toemaar, ons sal plan maak, troos ek, al het ek geen benul wat so ’n plan kan wees nie.

    Nou huil sy harder. Ek en jy het skande oor ons huise gebring. As ek net kon, sou ek sommer iewers heen wegloop.

    Ek skud my kop. Kom ons vra môre ná kerk ouers. Dan trou ons so gou moontlik. Dis te sê as jy met my wil trou.

    Jy weet ek het jou lief, Sarel Philippus Sonnekus! Hoe kan jy nog so iets vra? wil sy weet en gryp my vas.

    Die res van die kuiertjie is daar ’n beklemming om my hart. Hand aan hand stap ons die koppie bo die opstal uit, waar ’n mens kan sien hoe die Vrystaat se grens met die horison versmelt. In die verte is ons huis, waar Kleinsarel seker salig onbewus van sy misstap se gevolge sy perd opsaal om verder te gaan aanja.

    Naomi pluk ’n grassie en kou ingedagte daaraan. Ons kan die ou huisie op julle plaas opknap en daar gaan bly, stel sy voor. Dan hoef ons nie by ons ouers te bly nie. Dis beter, dink ek, om van meet af aan op ons eie voete te staan.

    Ek sit my arm om haar skouers, en sy druk haar kop teen my bors, waar dit my smaak die pyn die ergste is.

    Ek sal mooi vir jou en ons kind sorg, jok ek.

    Toe Naomi bedaar het en haar oë weer blink oor die vooruitsig van die geluk-by-die-ongeluk, maak ek my uit die voete. Ek neem my voor om Kleinsarel voor stok te kry en geen teëpratery van hom te duld nie. My perd wil op galop gaan, maar ek hou hom in. My hart is te swaar om enige plesier uit die rit te kry.

    By die huis aangekom, roep ek Kleinsarel eenkant toe. Jy’s gou terug, sê hy, het jy en Naomi woorde gehad?

    Woorde gehad! Jy vra nog! Jy het die arme meisie in die ander tyd!

    Hy word wasbleek en stamel: Kan tog nie wees nie, Ouboet! Ons het dit net een keer gedoen.

    Wel, een keer was genoeg. En daar is nog nuus: jy gaan môre ouers vra.

    Sy verslae gesig gryp my aan die hart, en ek besef Kleinsarel is self maar nog ’n kind wat kwalik toegerus is om die verantwoordelikhede van ’n man en pa op sy skouers te neem. Almal het hom nog altyd bederf en beskerm – ek inkluis, en nou moet hy oornag grootword.

    Skaars ’n maand later trou hulle. Die skielike troukoors word toegeskryf aan die dreigende oorlog met Engeland, maar ek kan sien Naomi se ma weet dat daar iets skort. Ek is Kleinsarel se miserabele strooijonker wat op elke foto lyk of ek eerder op ’n begrafnis hoort as by ’n bruilof.

    Die gevoel van verlies word meer intens toe Naomi begin wys. Sy kon mý vrou gewees het, mý kind gedra het.

    Die familie se opgewondenheid oor die komende baba word getemper deur gerugte van oorlog, wat ’n werklikheid word toe veldkornet Japie Basson ons kom aansê om onverwyld by die naaste kommando aan te sluit. Binne twee weke vertrek ons Ladysmith toe. Die afskeid is nie maklik nie, veral nie vir Kleinsarel en Naomi nie. Toe ek haar trane sien, voel ek hoe my eie oë begin brand. Die gevoel dat niks ooit weer dieselfde gaan wees nie, kom soos ’n doodskadu oor my.

    As ’n man so diep in Natal is, lyk die Vrystaat darem vrek ver, merk Kleinsarel so in die ry op.

    Moenie sê jy verlang al klaar huis toe nie, tart ek.

    Jy’s seker laf, sê hy, maar sy stem terg nie terug nie. Ons is dan skaars van die huis af weg. Dis natuurlik nie te sê dat ek nie vir Naomi gaan mis nie, veral noudat ons kind op pad is.

    Met die Slag van Ladysmith is ek en Kleinsarel deel van ’n groep wat hulp verleen aan Transvaalse kanonniers wat onder hewige bombardement deurloop. Die rooklose kruit verraai nie ons posisie nie, maar die stofwolke ná elke salvo wel. Ná elke paar sarsies moet ons help om die kanonne te versit, en weer in te stel.

    In ’n oomblik van stilte klink die geluid van ’n vyandelike kanonkoeël eensklaps op. Ek sien klippe en stof spat, sien my makkers uitroep, maar ek hoor niks. Dan is alles donker.

    Toe ek eindelik dronkerig bykom, sien ek die gapende opening in ons klipskans. Die kanonbemanning se stukkende lywe en die reuk van kruit en bloed laat die gal opwel in my keel. Waar sou Kleinsarel wees? Blindelings en half doof kruip ek na waar hy laas ’n kanon help verskuif het. Ek kry hom waar hy met sy rug teen die klipmuur sit-lê. Kleinsarel uitgeknip! Hy sal sowaar dut terwyl die wêreld om hom vergaan.

    Ek ruk aan sy skouer, hy kantel om. Toe eers sien ek die stuk skrapnel wat soos ’n potlood agter sy oor uitsteek. So ’n klein stukkie metaal, skaars groter as ’n sesduimspyker, kon tog nie sy dood veroorsaak het nie? Daar is dan byna geen bloed nie, net so ’n dun straal soos ’n rooi garedraadjie uit sy een oor. Dit kan tog nie!

    Hoe lank ek so by hom sit voordat die werklikheid tot my begin deurdring, weet ek nie. Kleinsarel is weg, sê ek, asof ek dit moet hoor om dit te glo. Kleinsarel is nie meer nie. Kleinsarel is dood.

    Herhaaldelik roep ek sy naam, asof ek hom daarmee uit die dood kan opwek. As ek maar in sy plek kon sterf! Hy was Pa en Ma se sonskynkind, Naomi se man, en hulle ongebore kind se pa. My neus begin loop en ek proe die sout van trane. ’n Deel van my is weg, voel dit vir my. ’n Stuk van my is weggeruk, daarom verbaas dit my byna dat ek nog albei my bene en arms het.

    Hoe die geveg verder verloop het, kan ek nie herroep nie. Ek was dwalende. Al wat ek onthou, is dat daar tot ’n skietstilstand ooreengekom is. En ek onthou die wavragte dooies en gewondes wat die Engelse weggery het. Laat daardie middag, toe die stof letterlik

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1