Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Barones van Berkersee
Barones van Berkersee
Barones van Berkersee
Ebook127 pages2 hours

Barones van Berkersee

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die boek is uniek.
Barones van Berkersee het as ’n ketting-storie op Die Boekehuis begin. Franciska Mouton het die inleidingsparagraaf geskryf waarna die Boekehuis-skrywers gevolg het met hulle las stukkies. So het die storie vol intriges en interessante gebeurtenisse met elke skrywer se plasing ontwikkel. Daar was sommer vinnig besluit hierdie storie gaan iets besonders wees en moet as ’n lekker-lees storieboek gepubliseer word.

Die verhaal is in drie afsonderlike dele geskryf deur verskeie skrywers, wat ook nie almal saam geskryf het aan al drie die dele nie.

Skrywers

Deel 1
Ria Richards
Franciska Mouton
Jemona Bonthuys Nel
Annatjie Sandrock
Jessica Venter
Janet de Vaal

Deel 2
Annatjie Sandrock
Franciska Mouton
Jemona Bonthuys Nel
Angelique Van Kraayenburg
Trudie Potgieter
Janet de Vaal
Ria Richards

Deel 3
Ria Richards
Franciska Mouton
Jemona Bonthuys Nel
Annatjie Sandrock
Trudie Potgieter

LanguageAfrikaans
Release dateOct 2, 2017
ISBN9781370066568
Barones van Berkersee

Related to Barones van Berkersee

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Barones van Berkersee

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Barones van Berkersee - Die Boekehuis- Skrywers

    Een

    Lanette skrik met ’n ruk uit ’n diep slaap wakker. Waar is sy?, wonder sy. Sy voel nat en koud en die stank van verrotte blare vul haar neus. Haar lyf voel styf en seer. Stadig forseer sy haar oë oop. Sy lê op haar maag. Versigtig lig sy haar kop op en kyk om haar heen. Hier is baie bome, sien sy. Dalk ’n soort woud. Sy draai op haar rug. Elke beweging wat sy maak is pynlik. Sy lig haarself met moeite regop in ’n sittende posisie en gaan sit langbeen op die nat grond teen ’n boomstam en vee met die agterkant van haar hand oor haar gesig. Sy proe grond en blare. Sy is kaalvoet en haar ligte linnerok wat eens mooi wit was, is nou besmeer met modder en iets wat soos bloed lyk.

    Hoe op dees aarde? Hoe kom ek hier? wonder sy by haarself.

    Dan voel sy die vreeslike brand op haar been. ’n Lelike diep krapmerk waaruit bloed sypel laat haar haar asem diep intrek. Haar kop klop en sy voel weer die snaakse gevoel van mislikheid. Haar lippe en mond is kurkdroog. Die woud begin met haar draai. Sy laat haar kop tussen haar bene sak en sit ’n hele ruk so tot die ergste duiseligheid bedaar.

    Dit begin nou stadig donker word. Die wind is koud, maar haar hele lyf voel vuurwarm. Sy besef sy sal moet skuilplek kry vir die nag. Maar watter kant toe?

    Handeviervoet kruip sy stadig vorentoe. Dan hoor sy ’n geritsel.

    Sy sukkel orent en strompel stadig vorentoe. Slierte mis vee deur haar gesig. Haar knieë en hande is seer en velaf.

    Lanette voel sy gaan weer haar bewussyn verloor. Sy struikel en val vooroor plat op haar gesig. Voor sy wegsink in die vergetelheid, hoor sy die geritsel van blare. Sy draai sy haar kop skuins. Met ’n laaste poging dwing sy haar oë oop.

    n Paar tree voor haar staan ’n figuur geklee in ’n swart mantel, waarvan die kappie laag oor die kop getrek is. Langs die figuur staan ’n pikswart wolf.

    Dan sink Lanette weg in ’n bodemlose put...

    Sies, wat ruik so? Lanette forseer haar oë oop. Dis donker. Baie stadig word sy bewus wat om haar aangaan toe haar oë aan die half skemerte gewoond raak. Haar kop wil bars. Sy beur orent in 'n sittende posisie, kyk nou met meer belangstelling om haar rond. Hoe de duiwel het sy hier beland? Dit lyk soos 'n grot waarin sy is. Dan sien sy dit raak. Dis wat so ruik. Tientalle pikswart kraal-ogies kyk na haar en sy gril. Vlermuise hang ingeryg teen die grot mure en die dak. Dit moet hulle mis wees wat so stink.

    Verbaas kyk sy rond. Die bed gedoente waarop sy lê is ’n blare matras met lekker sagte gebreide velle bo oor. Dit is doodstil behalwe vir die gepiep van die vlermuise. Lanette probeer op haar knieë kom. Dan hoor sy die sagte gegrom en vries. Op ’n hoop gras nie vêr van haar af nie, lê die swart wolf. Hy hou haar stip dop terwyl hy met sy groot kop op sy voorpote lê. Hy volg elke beweging van haar. Angs klem om haar hart. Sy sit versteen, te bang om verder te roer, want wat as hy haar storm...

    Dit is asof sy groot bruin oë haar hipnotiseer. Hy maak fyn tjank geluidjies en kruip stadig, maar baie versigtig nader na haar. Lanette voel hoe vrees haar hart omklem. Sy sit doodstil, haal skaars asem.

    Die groot swart wolf is nou by haar. Dan begin hy haar wond aan haar been lek. Sy kan haar oë nie glo wat nou besig is om te gebeur nie. Stadig, baie stadig lig sy haar regterhand en begin sy kop saggies streel.

    Behalwe vir n flou liggie van die lantern is dit nou pikdonker in die grot. Kort-kort kom nog groepies vlermuise in gevlieg. Hull heg hulself aan die mure en dak van die grot.

    Dan hoor sy voetstappe. Die wolf gaan sit regop en staar stip na die bek van die grot. Lanette hou ook die bek van die grot angstig dop toe sy sien hoe die takke wat die opening versper, weggeskuif word. Benoud skuif sy meer regop op haar blare bed sodat sy met haar rug teen die grot wand sit.

    Die gestalte in die swart mantel verskyn in die grotopening. Hy draai om en skuif die takke weer in posisie. Die swart wolf staan gehoorsaam op en gaan sit aan die regterkant langs die gemantelde wese toe hy twee keer met sy hand teen sy been klap. Die kappie is nog steeds laag oor die oë getrek. Lanette kan nie uitmaak of dit 'n man of 'n vrou is nie, maar aan sy liggaamsbou kan dit net ’n manspersoon wees. Asof die persoon haar gedagtes kan lees, stoot hy die kappie terug oor sy kop.

    Lanette se oë verstar en haar keel trek nou heeltemal toe.

    Voor haar staan ’n lang man met pikswart hare, maar wat Lanette die meeste hinder is die ongewone bleek gesig van die vreemdeling. Vrees omklem haar hart. Hier moet sy uit. So vinnig moontlik...

    Maar die mooi sagte stem praat met haar met soveel rustigheid dat dit haar kalmeer. Moenie bekommerd of bang wees nie. Ek het jou gered uit die gevare van die woud. Daar is ’n goeie rede waarom ek jou hier-heen gebring het toe ek jou bewusteloos gevind het. Daar is wilde diere daarbuite. Bly net vir 'n rukkie. Vir my hoef jy nie bang te wees nie.

    Janette, dis al na middernag, maak nou toe daardie boek en gaan slaap. Môre kry ek jou nou nie weer uit die bed nie. Jy kan nie die eerste dag van die nuwe kwartaal al soos ’n slaap-wandelaar by die skool aankom nie. Matriek is nie speletjies nie!

    Janette frons ergerlik: Ja, Ma! Sy klap die boek vies toe en smyt dit op die vloer tussen haar ander vuil klere in.

    Die volgende oggend staan Janette sleepvoet op. Sy maak vinnig haar kamer aan die kant, gryp die bondel vuil klere op die vloer en gooi dit in wasgoedmandjie in haar badkamer. Sy sien die boek en gaan sit op haar bed. Sy móét weet wat van Lanette geword het. Hoe sy in die woud beland het en wie die man en die wolf is.

    Janette, roer jou, meisiekind! Ons gaan weer laat wees en jy moet nog eet. Santie skud haar kop. Ai, die meisiekind darem. Dis altyd ’n stryd om haar in die oggend aan die gang te kry.

    Ma! Het ma my skoolskoene gesien? vra Janette van haar kamerdeur af.

    Nee, Janette, kyk maar in daai deurmekaar kas van jou. Hoekom het jy nie gister jou skoolklere reggekry nie?

    Na sy amper haar al haar skoene onder uit haar kas gegooi het, kry sy die skoolskoene. Sy trek dit aan, gryp sommer een van haar vuil kortbroeke en vryf hulle blink so aan haar voete. Sy gryp haar boeksak, storm deur toe, draai om, gryp haar storieboek, druk dit by die kant van haar boeksak in en skarrel by die trappe af.

    Nou wat van jou hare, juffroutjie? Sien, dit is hoekom ek vir hou gesê het jy moenie so laat lê en lees nie. Nou is dit ’n onderstebo Maandag, sê haar ma terwyl sy melk oor Janette se oats pap gooi. Roer jou nou. Ons ry oor vyf minute.

    Janette eet haar pap sommerso staan-staan en gryp ’n appel om pouse te eet.

    Heelpad skool toe kan Janette maar net nie haar gedagtes wegskeur van haar storieboek nie. Sy sal nou moet wag vir pouse om verder te lees, want sy was net-net betyds vir die skoolklok.

    Die heel eerste dubbel periode is Afrikaans. Meneer Els se stem dreun temerig in die vêrte. Janette sit-lê op haar stoel en smag na haar bed. Sy moes nie laas nag tot so laat gelê en lees het nie. Sy gaap verveeld agter haar hand. Die handboek voor haar se letters begin vervaag voor haar oë...

    Sy is in die grot met 'n sagte karos onder haar moeë lyf. 'n Wolf met sagte bruin oë lek die wond aan haar been terwyl die bleek-gesig man met die mooie stem saggies met haar praat...

    Janette! bulder meneer Els se stem. Sy skrik haar kaduks en val amper van haar stoel af. Die hele klas bars uit van die lag.

    Rene, haar beste vriendin wat net agter haar sit, help haar gou weer om die plek in haar handboek te kry. Wat gaan vanoggend met jou aan? Is dit daardie nuwe boek wat jy vir jou verjaarsdag gekry het? Ek het jou oor die naweek probeer Whats App, maar jou foon was af. Jy moet probeer wakker bly, mater, ou Kierietjies Els is in ’n beduiwelde bui.

    Ek is doodmoeg, erken Janette. "Nag van Storms is so interessant, ek kon die boek net nie neersit nie. My ma het amper my kop afgebyt omdat ek na twaalf nog gelê en lees het."

    Rene skud haar kop. Nee wat, so lief is ek nou regtig nie vir lees nie. Ek moet myself dwing om ons voorgeskrewe boeke te lees. Gee my eerder 'n lekker fliek om te kyk.

    Juffrou Kruger, kan jy ons vereer met jou toespraak asseblief, kom Kierietjies se stem na haar aangesweef.

    Janette se hart bons is haar keel. O, gorrelpyp! Ek het skoon van die toespraak vergeet, fluister sy tussen haar tande deur vir Rene.

    Die onderwerp is mos: ’n ONGEWONE ERVARING WAT JY BELEEF HET. Maak sommer iets op wat jy al in een van jou boeke gelees het, gee Rene raad toe sy sien haar vriendin lyk nou baie benoud.

    Janette staan stadig op trek haar uniform reg. Sy vee ’n blonde stringetjie hare uit haar oë en stap kiertsregop na waar Meneer Els ongeduldig staan en wag. Hy trommel met sy vingers op die lessenaar. Toe, juffie, begin maar, ek sien daar brand nou glad nie ’n liggie in jou kop nie. Julle het die hele vakansie gehad om voor te berei.

    Janette sluk ’n paar maal en lek oor haar droë lippe. Haar

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1