Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Weldade en Misdade
Weldade en Misdade
Weldade en Misdade
Ebook137 pages2 hours

Weldade en Misdade

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die temas in die boek kan opgesom word as verteenwoordigend van die eeu-oue stryd tussen goed en kwaad. Daar is evangeliese stories en kerk verskynsels, misdaad in verskillende vorms en sosiale euwels en probleme van die hedendaagse lewe.

LanguageAfrikaans
Release dateFeb 23, 2012
ISBN9781466096776
Weldade en Misdade
Author

Piet Schoombie

Die skrywer het op ’n plaas opgegroei en ’n groot deel van sy werklewe in die korporatiewe sake wêreld van Johannesburg, Suid-Afrika deurgebring. Benewens twee boeke in die gedrukte media, het hy vier e-boeke by Smashwords gepubliseer. Laasgenoemde boeke behels 'n avontuurverhaal, twee bundels met kortverhale en 'n jeugroman. Die skrywer is ook ’n ywerige skilder en gholfspeler en kan by piets@com2000.co.za gekontak word.

Read more from Piet Schoombie

Related to Weldade en Misdade

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Weldade en Misdade

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Weldade en Misdade - Piet Schoombie

    Weldade en Misdade

    Gepubliseer deur Piet Schoombie by Smashwords

    Kopiereg 2011 Piet Schoombie

    Smashwords Uitgifte Lisensie Notas

    Hierdie e-boek is vir jou persoonlike genot gelisensieer. Die e-boek mag dus nie aan ander persone verkoop of weggegee word nie. As jy hierdie boek met ’n ander persoon wil deel, koop dan asseblief ’n ekstra eksemplaar vir elke ontvanger daarvan. Indien jy hierdie boek lees, maar dit nie gekoop het nie, of dit was nie vir jou uitsluitlike gebruik gekoop nie, dan moet jy dit asseblief aan Smashwords.com terugbesorg en jou eie eksemplaar daarvan koop. Dankie, dat jy die harde werk van hierdie skrywer respekteer.

    **************

    Good Deeds and Criminal Deeds

    Published by Piet Schoombie at Smashwords

    Copyright 2011 Piet Schoombie

    Smashwords Edition, License Notes

    This ebook is licensed for your personal enjoyment only. This ebook may not be re-sold or given away to other people. If you would like to share this book with another person, please purchase an additional copy for each recipient. If you’re reading this book and did not purchase it, or it was not purchased for your use only, then please return to Smashwords.com and purchase your own copy. Thank you for respecting the hard work of this author

    .***************

    Inhoud

    Doodstyding

    Die Skaapdief

    Voëls van die Hemel

    Stemme

    Oordenkings van ‘n Pensioentrekker

    Die Agste Gebod

    Wraak van die Klippe

    Die Kollektant

    Mieravontuur

    Wasvroue

    Miesies Jones

    Kuns

    Wysvingers na die Hemel

    Waslap van Genade

    Verslawing

    Oor die Skrywer

    Doodstyding

    Dries het eers laataand uit die gemeente by die pastorie teruggekom. Hy was moeg en emosioneel gedreineer na verskillende sieke-besoeke. Die laaste daarvan was by oom Flip Koekemoer. Hy en sy twee susters woon in ’n beskeie kliphuisie in die middel van hierdie klein dorpie tussen die berge. Nie een van hulle was ooit getroud nie en het in hulle jonger jare as bywoners op ’n plaas in die distrik gewerk. Nou is hulle oud, arm en alleen en baie op mekaar aangewese.

    Oom Flip is die afgelope tyd ernstig siek en swak en word deur sy susters versorg met behulp van die klinieksuster, wat hulle een maal per dag besoek. Dries en die plaaslike dokter het al gesoebat en gesmeek, maar die susters weier dat hy in die buurdorp se hospitaal opgeneem word. Hulle glo dat ’n mens in jou eie bed moet sterf. Geen ordentlike mens behoort in die onpersoonlike kliniese atmosfeer van ’n hospitaal dood te gaan nie!

    Dit is die gedagtes wat in Dries se kop ronddraai nádat hy in die bed geklim het. Die susters het belowe dat hulle hom sou bel as die einde aanbreek. Dries sug terwyl hy sy moeë lyf dieper tussen die warm lakens inwikkel. Dit is winter en die sneeu lê spierwit op die bergpieke rondom die dorpie. Hy hoop maar dat oom Flip nog dié nag sal oorleef. Dit is ’n marteling om in die ysige koue jou warm bed te moet verlaat om ’n sterwende en sy familie te gaan bystaan nie! Terwyl hy dieper en dieper in die salige newels van die slaap wegsink, was daar tog êrens in sy brein ’n wekkertjie gestel. ’n Meganisme wat soort van gewag het dat die telefoon êrens in die nag-ure moes lui.

    Toe die telefoon wel lui, het Dries outomaties gereageer en die gehoorstuk vinnig opgetel, sodat sy vrou nie sou wakker word nie.

    Flip is op sy laaste, dominee. Kom asseblief?

    Dit was die stem van tant Leen, die jongste suster. Hoewel jonger, was sy ook al in haar sestiger jare. Dries het sommer sy sweetpak bo-oor sy nagklere aangetrek en hom nog verder met sy winterjas verskans. Buite gekom, besluit hy om nie moeite te doen om die motor uit die garage te gaan haal nie. Sy besoekpunt was slegs drie straatblokke ver en hy sal sommer daarheen stap. Dit gee hom die geleentheid om behoorlik wakker te word en sy bloedsomloop in die koue nag aan die gang te kry.

    Hoe vêrder hy deur die verlate donker strate stap, hoe meer spookagtig lyk alles vir hom. Die straatligte is vêr van mekaar af geplaas en gee slegs die aller noodsaaklikste bietjie lig. Die hele dorpie is in ’n digte misbank gehul, met die gevolg dat alles ’n bonatuurlike en onaardse voorkoms het! Die akkerbome langs die strate is blaarloos en die kaalgestroopte takke lyk al te veel na die grypende arms van demoniese wesens. Die outydse huisies is almal donker en nêrens is daar eers ’n hond wat vir hom knor of blaf nie!

    By die Koekemoers se huis aangekom, kan Dries geen lig deur die gordyne sien nie. Hy klop liggies en stemmig aan die verweerde hout voordeur. Tant Leen maak vir hom oop en nooi hom stilswyend na binne. Haar oë is rooi gehuil en van haar houding en lyftaal lei hy af dat oom Flip reeds oorlede is. Hy word na die slaapkamer geneem waar slegs een kort kersie brand en Dries met moeite ’n stil figuur op die bed kan uitmaak. Tant San, die oudste suster, staan met haar hande in mekaar gevou in die skaduwees aan die ander kant van die bed.

    Hy kan niks meer vir die oorledene doen nie, dus moet hy maar die nodige ondersteuning aan die twee susters bied. Hy gaan saam met hulle by die eetkamertafel aan sit. Albei is soos altyd in lang swart rokke geklee, met oud-modiese kappies, wat lank gelede wit was, op hulle koppe. Hulle lyk soos karakters uit ’n Dickens-verhaal! Dries kan nie veel van hulle gesigte sien nie en daar is geen teken of geluid wat daarop dui dat hulle huil en treur nie. Hulle is slegs twee stil en somber figure in die bleek kerslig.

    Die vertrek dien ook as sitkamer met outydse leunstoele en rusbanke wat mekaar in die beperkte ruimte verdring. Oral staan ornamente en aandenkings uit die gryse verlede op rakke en in ’n vertoonkas uitgestal. Alles is baie beknop en erg bedompig. Daar is slegs een kers in die middel van die tafel en ’n baie ou Statebybel word voor Dries neergesit. Die kersvlammetjie is só flou dat die lig daarvan nie eers die mure van die vertrek bereik nie. Alles lyk, voel en ruik soos ’n toneel uit die Middeleeue!

    Hy vra of hulle ’n spesifieke gedeelte voorgelees wil hê. Tant Leen doen al die praatwerk, want tant San het ’n spraakgebrek en word baie moeilik deur buitestaanders verstaan. Tant Leen sê dat hy uit Prediker 3 vir hulle moet lees. Hy blaai versigtig deur die ou perkamentagtige bladsye van die groot swaar Bybel. Plek-plek is daar ou Kerskaartjies en koerantuitknipsels tussen die bladsye gebêre. Hy is amper te bang om die Bybel te hanteer, ingeval die vergeelde papier by aanraking kan verkrummel. Dit is in ou Nederlands geskryf en Dries sukkel om die woorde uit te spreek. Hy kan ook nie baie goed by die kerslig sien nie. Kort-kort help tant Leen hom met die uitspraak van ’n woord reg, deur van onder die beskutting van die kappie die woord te mompel.

    Hy lees van elke ding wat ’n vaste tyd het. Daar is ’n tyd om gebore te word en ’n tyd om te sterwe. Daar is ook ’n tyd om te huil en ’n tyd om te treur. Die twee susters sit met hulle elmboë op die tafel gestut en met geboë hoofde en luister. Dries wonder so tussen die lesery deur of hulle werklik enigiets inneem. Toe hy egter by vers 17 ophou met lees, beduie tant San met ’n ergerlike beweging van haar knopperige hand dat hy moet voortgaan.

    Hy lees toe maar vêrder van dieselfde lot wat mens en dier tref en dat almal doodgaan, die een soos die ander. Die mens is nie beter daaraan toe as die dier nie. Almal is op pad na dieselfde plek toe, almal is van stof en almal word weer stof. Aan die einde van hoofstuk 3 kyk hy op en verwag dat die ou knopperige hande hom weer gaan beveel om voort te gaan. Dit gebeur egter nie.

    Albei susters het hulle koppe skeef na die voordeur gedraai, asof hulle intens luister. Dries spits ook sy ore, maar hoor nie enigiets nie. Buite is daar net die groot stilte van ’n donker winternag met ’n effense fluistering van die wind in die huis se gehawende rietdak. Hy maak die Bybel versigtig toe en vou sy hande plegtig saam om vir hulle ’n gebed te doen. Hy sal so verlig wees as hy van hierdie Middeleeuse verhoog kan afstap en weer in ’n werklike wêreld daar buite kan gaan asem skep! Die susters sit egter steeds roerloos in ’n luisterende houding. Selfs toe hy sy keel skoonmaak om hulle aandag te kry, beweeg hulle steeds nie.

    Dries wonder wat hom te doen staan. Vir die eerste keer in sy bediening as predikant is hy totaal uit sy diepte. Hy het nie die vaagste benul hoe om op te tree nie! Moet hy op een of ander manier probeer om hulle aandag te kry of moet hy sommer net totsiens sê en loop. Wat verwag die twee eksentrieke ou mense in elk geval om daar buite te hoor? Maar terwyl hy nog so wonder en wroeg, hoor hy dit ook. Iets soos ’n klok wat met dieselfde eentonige reëlmaat êrens in die nag lui! Dalk verbeel hy hom. Hy luister weer intens en dan klink dit vir hom asof die gelui skynbaar al harder word.

    Wat is dit? vra hy met ’n skor stem.

    Die lykswa, antwoord tant Leen.

    Die wat? vra hy met verbystering.

    Die lykswa, antwoord tant Leen met dieselfde toonlose stem.

    In die middel van die nag? vra Dries geskok en verward. Ek het verwag dat die oorskot eers môreoggend verwyder sal word.

    Dit is nie ’n oorskot nie! Dit is Flippie se liggaam, sê tant Leen gekrenk van onder die klappie uit. Nee, dit moet in die donker gebeur, gaan sy dan met ’n toon van beslistheid in haar stem voort. Tant San knik haar kop heftig ter instemming en maak ’n paar onherkenbare geluide met haar tandlose mond!

    Wat moet in die donker gebeur? vra Dries verskrik, terwyl die gelui van die klok al harder word.

    Die verassing. Flip moet voor sonop veras word, sê tant Leen terwyl sy moeisaam uit haar stoel opstaan.

    Waarvan praat julle? vra Dries verbysterd. Watse verassing en wie het die lykswa laat kom?

    Dit is nie nodig om die lykswa te laat kom nie, sê tant Leen afgemete en duidelik asof sy met ’n kind praat wat nie mooi verstaan. Die doodsengel weet vanself wanneer en waarheen om te kom!

    Wag, wag nou eers mense. Kalmeer asseblief. Ek weet julle is diep bedroef oor julle broer se heengaan. Gaan rus nou eers ’n bietjie tot môre toe. Ek sal julle dan help met die nodige begrafnis of verassings reëlings.

    Dominee, jy verstaan nie. Dit was nog al die eeue so en kan nie verander word nie, sê tant Leen met ’n sagte stem en vêraf uitdrukking in haar oë. Die doodsengel doen ook die verassing. Jy het nie nodig om enigiets te reël nie.

    Tant San het intussen ook uit haar stoel opgesukkel en knik weer heftig

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1