Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Moord
Moord
Moord
Ebook156 pages2 hours

Moord

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die moord op Ella Steyn stuur skokgolwe deur die gemeenskap van Genadendal. Alles dui daarop dat iemand saamgewerk het. Maar wie? Al die plaaswerkers word verdink. Vir Chelledeane krap die moord ou wonde oop. Nog 'n moord volg. Die keer 'n kind. Die gemeenskap rou. Vir Chelledeane word alles te veel. Al wat sy begeer is vrede. Vrede in ons land en in haar hart.

Die verhaal dui aan dat moord nie net die naasbestaandes beinvloed nie, maar 'n hele gemeenskap.

LanguageAfrikaans
Release dateSep 21, 2021
ISBN9798201681104
Moord

Read more from Margaretha Combrinck

Related to Moord

Related ebooks

Related articles

Reviews for Moord

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Moord - Margaretha Combrinck

    Hoofstuk 1 Vrydag

    Chelledeane droog die nat t-hemp uit. Is dit hoe dit voel om verwurg te word? Wanneer elke stukkie lug uit jou gepers word? Sy voel haar lyf onwillekeurig ruk en sy laat val die t-hemp in die wasgoedmandjie.

    Sy kom orent en vryf haar rug. Haar oë vang die hoë grouheid van die Sonderendberge. Dit het nog altyd ’n magiese bekoring vir haar ingehou. Vandag lyk hulle ekstra hoog.

    Chelledeane buk en hang die wasgoed stuk-stuk op. Sy hoor voetstappe nader kom en met een vee van die hand stoot sy die skoolhemp wat voor haar hang weg. Dis ouma Pat. Sy sug hardop.

    Ek kom help jou gou die goedjies ophang, kind.

    Dankie, Ouma, ek is amper klaar, en sy buk om die laaste kledingstuk op te hang.

    Chelledeantjie, kind, is jy oraait?Ouma Pat kyk bekommerd na haar.

    Ai Ouma, dis hierdie dinge in my kop! Dit bly terugkom soos golwe op die see. Dis nie hoe ek mevrou Ella wil onthou nie, maar die regte mevrou Ella bly my ontwyk. Sy skud haar kop. Die trane lê vlak in haar oë.

    Ouma Pat haal ’n sakdoek uit haar voor-skootsak en gee dit aan. Chelledeane vee oor haar rooi

    gehuilde oë.

    Ouma, wat is ’n mens se lewe werd? Haar stemtoon styg. Niks! Mense kan vir jou presies sê hoeveel ’n kar of selfoon kos, maar vra hulle wat die waarde van ’n lewe is, dan weet niemand nie. Is ’n menselewe dan so min werd? Haar hande bewe liggies toe sy die kledingstuk vasknip met ’n pennetjie.

    Ouma Pat sit haar arms om haar skouers. Vir ’n wyle staan hulle so. Chelledeane se kop rustend op haar bors.

    As ons net in vrede en liefde kan leef.Sy lig haar kop. Die trane loop vrylik teen haar wange af en met ’n bewende stem gaan sy voort. Wanneer gaan hierdie gruwelike dinge ophou in ons land? Dit vat aan my. Aan almal. Sy vee oor haar voorkop waar klein sweetdruppeltjies vorm. Ouma ken my, ek laat my nie sommer onderkry nie, maar hierdie ding...Sy tel die mandjie op, gee ’n snuif en begin stadig aanloop. Ouma volg net agter haar.

    Toe sy om die hoek van haar huis kom, hoor sy die dreuning van ’n motor nader kom. Haar tree versnel. So ook haar hartklop.

    ’n Polisievoertuig kom stadig met die grondpad aangery. Dit stop waar die pad ophou, nie ver van die vyf witgeverfde baksteenhuisies nie. ’n Vroue konstabel klim uit en kom nader gestap.

    Konstabel Kghotso, stel die vrou haarself voor.

    Chelledeane se maag trek saam. Sy het gehoop die oomblik breek nooit aan nie. Chelledeane... en dis ouma Pat, stel sy hulle voor.

    Chelledeane, die speursersant wil jou verklaring aflê, ry sommer saam met my. Die konstabel draai na ouma Pat. Totsiens mevrou, groet sy en stap haastig na die polisievoertuig.

    Chelledeane vee haar hande aan haar rok af, gee ouma Pat ’n kyk en stap dan vinnig na die polisievoertuig.

    Dis nie ver na die plaasopstal toe nie, maar vir Chelledeane voel dit vandag verder as ge-woonlik. Sy skuif ongemaklik rond. Sy is gewoond om daarheen te loop, elke oggend.

    Die voertuig kom tot stilstand voor die hoë staalhekke. Die plaaswerf is toegespan met hoë geëlektrifiseerde drade. Binne wemel dit van mense. Oral is geel bande aangebring.

    Chelledeane klim uit en volg die konstabel. Op die breë stoep aan die voorkant van die netjiese baksteenhuis, beduie die konstabel na die man wat by ’n tafel en stoel sit.

    Dis speursersant Fanie du Toit,stel sy die man voor aan Chelledeane en stap dan na die ander polisiebeamptes waar hulle spoorafdrukke ondersoek.

    Chelledeane sien uit die hoek van haar oog die flits van ’n kamera. Die man neem fotos vanuit alle hoeke. Eers van die een kant en dan weer van die ander kant.

    Sy skrik toe sy die harde stem hier by haar hoor. Chelledeane Lewis? Die speursersant steek sy hand uit om te groet.

    Sy groet en hy beduie sy moet oorkant hom plaas neem. Hy skuif die papiere voor hom rond, tel dit op en skud dit sodat dit netjies opmekaar lê. Dan sit hy dit neer en kyk haar vol in die oë.

    Hy is ’n fors geboude man. Blonde hare met ’n kuif wat hy gel. Sy donker oë is deursoekend met ’n mond wat duidelik nie weet nie hoe ’n glimlag lyk nie. Kom glo al die pad van Greyton af, het die konstabel oppad haar meegedeel.

    Chelledeane, dis ’n vreeslike ding wat hier vanoggend gebeur het. Ek is jammer dat jy die eerste persoon was wat op dit moes afkom. Dit is nie iets waaroor mens maklik kom nie. Ons sal berading vir jou aanbied. Ongelukkig moet ons so gou as moontlik die ondersoeke afhandel om die moordenaars op te spoor. Ek gaan jou ’n paar vrae vra en so ook al die ander werkers. Sy knik begrypend.

    Hy vra haar ouderdom, hoe lank sy al daar werk en selfs oor haar huwelik. Goed wat haar laat wonder of die man ooit ’n plan het met sy ondervraging. Wat maak dit alles tog saak? Waarop stuur hy af?

    Hoe laat was jy vanoggend hier?

    So sewe-uur se kant, meneer.

    Waar was die honde? Hy kyk nie op nie.

    Ek het hulle nie gesien toe ek inkom nie meneer, maar ek het gedink hulle is dalk agter op die bakkie saam met meneer Johan na die onderste dam.

    Sy oë flikker in haar rigting. Gaan hy elke dag dam toe?

    Nee, net Vrydae.

    Sy kop ruk op en hy kyk haar vas in die oë. Elke Vrydag?

    Ja meneer.

    Hoekom juis Vrydae?

    Sy broer Hannes het op ’n Vrydag verdrink in die einste dam. Was net elf jaar oud. Kop gestamp toe hulle ingeduik het. Was ook droog daardie jaar en die damvlak was nie waar hy moes wees nie. Sy pen nael oor die papier. Eindig regs en begin onmiddelik weer links. Die man is erger as ’n tikmasjien.

    Die agterdeur, jy het vanoggend gesê dit het oopgestaan?

    Ja, meneer, ek het dadelik geweet iets is verkeerd. As meneer Johan ry, sluit hy altyd die deur agter hom. Hy sal nie mevrou Ella met ’n oop deur los nie.

    Wat het jy gesien toe jy inkom? Hy loer onderlangs na haar en sy wonder waarop hy sinspeel. Die man verdink haar darem seker nie?

    Alles was deurmekaar. Orals het goed rond gelê. Dit het kompleet gelyk of die suidooster deur die huis getrek het.Die gordyn by die stoof was geskeur, soos of ’n kat wat dit met sy naels bygekom het.

    Was enige vensters gebreek? Hy blaai om en begin weer skryf, links, regs, links, regs. Sy hou hom gefassineerd dop. Skrik toe hy streng opkyk en antwoord vinnig: Nee meneer, nie in die kombuis, sitkamer of slaapkamer waar ek in was nie. Ek weet nie van die ander kamers nie. Dis moeilik, haar gedagtes is deurmekaar nes die huis toe sy instap vanoggend.

    Het jy iemand hoor skreeu of roep? Vir ’n oomblik kyk hy na haar.

    Ek het snaakse geluide vanuit die hoofslaapkamer gehoor. ’n Rilling loop teen haar rug af en haar skouers gee ’n ruk.

    Oppad kamer toe, wat het jy gesien?

    Bloed, orals teen die mure, meubels, mat, asof iemand met ’n verfkwas geverf het. Haar stem kraak. Weet hierdie man hoe dit voel om op so iets af te kom? Om te weet dis mensebloed wat skreeuend na jou roep. Die vrees wat hier in jou binneste kom sit? Die reuk van bloed nog vars in haar geheue.

    Chelledeane, ek weet dis baie moeilik vir jou om oor hierdie dinge te praat. Ons is amper klaar. Sy stemtoon bly op dieselfde toonhoogte. Toe jy in die kamer kom, wat het jy gesien?

    Meneer Johan was aan die houtbed vasgemaak. Sy hande was agter sy rug met tou wat weer om die poot vasgemaak was. Hy was vol bloed, veral oor sy bors. Sy oë was opgeswel en blou. Die bloed by sy neus was droog. Hy het moeilik asem-gehaal en snaakse geluide gemaak.Ek het ’n skêr uit mevrou se laai gehaal en die tou afgesny. Hy het na sy keel gegryp en met die ander hand na die badkamer beduie. Chelledeane vee senuweeagtig oor haar gesig.

    En? vra hy emosieloos.

    Dis toe dat ek mevrou Ella in die bad kry. Sy voel hoe die bloed uit haar gesig dreineer. Haar hande gaan aan’t bewe en sy verstrengel haar vingers krampagtig op haar skoot.

    Wat het jy gedoen? vra hy met ’n tikkie simpatie in sy stem.

    Ek kon dadelik sien daardie oë is leweloos, meneer. Ek het aan haar gevat en gepraat, hoekom weet ek nie. Toe is ek terug kamer toe. Meneer kon sien wat aangaan. Hy het na die roepradio op die bedkassie beduie.

    Het jy om hulp geroep?

    Ja, meneer. Ek het nie geweet wat om te sê nie net ‘hallo, kan iemand my hoor?’

    Wie het geantwoord en wat het toe gebeur? Hy blaai om en begin bo te skryf.

    Meneer Marais hierlangsaan het gevra wie dit is wat praat. Toe ek sê dis Chelledeane, het hy gevra wat fout is. Ek het net gesê hulle moet hulle kom, dis meneer en mevrou.

    Wie was eerste hier, meneer Marais?

    Ja, meneer, maar dit was nie lank nie of hier was baie boere en die polisie.Hulle het gesê ek kan maar huis toe gaan. Sy kyk op haar oorlosie. Dit vat aan ’n mens om weer daardeur te gaan. Om elke oomblik oor te herleef. Asof dit nie genoeg is dat dit in haar brein gegraveer is nie.

    Daarsy, dis al vir eers, dankie. Onthou wat konstabel Kgohtso gesê het: geeneen van julle plaaswerkers mag die gebied verlaat nie, julle mag wel Genadendal toe gaan. Almal is suspects tot die werklike moordenaars opgespoor is. Ons sal van-middag met die kinders praat. Hier is my kaartjie.Hy haal een uit sy sak en gee dit vir Chelledeane terwyl hy half regop kom uit sy stoel. As daar nog iets is wat jy kan onthou of as jy iets verdags sien, laat weet my asseblief. Hy gaan sit weer en skryf sonder om op te kyk.

    Chelledeane stap vinnig weg, bang hy vra nog vrae. Sy moet net hier wegkom. Sy sien die warboel van mense, oral, en vat die stowwerige voetpaadjie af dam se kant toe. Die lentesonnetjie skyn flou met ’n koeligheid in die lug. Sy vou haar bruintrui stywer om haar bors en kyk stip voor haar.

    Die dood van Ella krap ou wonde oop. Soos van Frederik. Haar oudste. Die kind was so volwasse vir sy ouderdom. Van klein tyd af al. Veral die tyd toe sy pa haar vir ’n jong vrou gelos het. Frederik het verstaan. Wat dit aan haar gedoen het.

    Chelledeane pluk ’n grassie en kou dit so in die loop. So ’n ding vat aan ’n vrou, as jou man jou vir ’n ander een los. Sy het haarself honderd keer afgevra waar het sy foutgemaak? Was sy dan nie goed genoeg vir hom nie? Wat het hy in háár ge-sien? Sy was wel jonger as Chelledeane, maar gee dit ’n man die reg om jou net so te los met kinders en al? Buitendien, sy was maar net so rond en gesond soos sy. Nie juis gebou soos ’n model nie.

    Die dam lê uitgestrek voor haar. Sy gaan staan waar die vlakwater begin. Die grougrys berge weerkaats bewegingloos in die blou van die dam. Twee duifies gesels af en toe met mekaar.

    Sy skud haar kop terwyl haar mondhoeke ontvou in ’n glimlag. Hy sou ’n goeie man vir sy vrou gewees het. Haar Frederik. Sy kyk na die stilheid van die water.

    Die lewe is so onregverdig. Dat sy lewe nes Ella s’n so kort geknip moes word. Die naelstring sommer net so afgebind word. Sonder rede. Sonder vrae.  Nog in die fleur van sy lewe. Te gou is hy uit haar lewe geruk. Soos ’n stuk

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1