Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Skryf jou eie storie
Skryf jou eie storie
Skryf jou eie storie
Ebook197 pages2 hours

Skryf jou eie storie

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Leer alles wat nodig is om 'n boek te skryf. Om te skryf, is 'n kuns. Kennis is nodig en navorsing moet gedoen word. 'n Boek begin met 'n idee. Daarna word 'n raamwerk geskep vir jou boek wat stelselmatig ingekleur word om so 'n geheel te vorm. Hierdie handleiding neem jou stap-vir-stap. Karakterontwikkelings, plotte, konflik, vooruitskaduwing, skryftegnieke, woordeskat, is maar 'n paar van die belangrike elemente wat bespreek word. Skryf jou storie en deel dit met ander.

LanguageAfrikaans
Release dateSep 30, 2021
ISBN9798201911621
Skryf jou eie storie

Read more from Margaretha Combrinck

Related to Skryf jou eie storie

Related ebooks

Related articles

Reviews for Skryf jou eie storie

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Skryf jou eie storie - Margaretha Combrinck

    1) Inleiding

    Om te skryf is kennis nodig soos in enige ander beroep. Skryf is nie net gaan sit en jou gedagtes neerpen op papier nie. Jy het vaardighede nodig om jou werk in ’n meesterstuk te omskep. Verskillende tegnieke is nodig. En dit kom nie vanself nie. Dit kom met kennis en skryf en nogmaals skryf. Jy moet weet wat elke genré (tipe verhaal) of skryfstuk se unieke eienskappe is en waaraan dit moet voldoen.

    Enige boek moet beplan word. Verhale soos moordverhale het baie spore wat gevolg moet word; detail in die fynste besonderhede moet vertel word. Nie-fiksie boeke bevat gewoonlik feite wat alles nagevors moet word.

    Met hierdie kursus sal jou kennis oor skryf uitbrei en sal jy leer van tegnieke en hoe om dit toe te pas.

    Onthou: skryf is lekker! Dis ‘n passie! Geniet elke oomblik daarvan. ’n Skrywer is nooit volleerd in sy 'beroep' nie. Daar’s altyd iets nuut om te leer. Lees ander se werke. Ontleed dit en leer daaruit.

    2) Belangrike punte voor jy begin skryf:

    Voor jy begin skryf vra jouself die volgende vrae:

    Hoekom skryf jy?

    Watter soort storie gaan jy skryf? Is dit iets waarvan jy kennis dra en die struktuur verstaan?

    Hoekom wil jy in hierdie genré skryf?

    Wie wil jy bereik met jou verhaal? Vir wie skryf jy dit?

    Wat is die doel van jou boek?

    Het jy genoeg navorsing gedoen oor die boek en sy inhoud? Weet jy die wie, wat, waar, hoekom in jou verhaal?

    3) Wat om te doen voor jy begin skryf

    Om 'n boek te verkoop, moet jy navorsing doen selfs voor jy begin skryf daaraan.

    Doen navorsing oor die huidige boekmark: kyk hoe jou teënstanders vaar in dieselfde genre. Kyk of jou idee oor jou boek die moeite werd is. Daar is niks so frustrerend as om 'n boek klaar te skryf net om dan uit te vind niemand gaan dit koop nie. Nie soseer omdat dit nie goeie boek is nie, maar dalk omdat die aanvraag daarvoor te min is. Daar is egter maniere om sekere te maak dat dit nie gebeur nie. Skryf dus 'n boek wat sal verkoop.

    Doen navorsing oor jou teikenmark:

    Hoeveel mense kan dalk my boek koop? Hulle sê mens moet 'n boek skryf wat jy graag sal wil lees- maar dit werk nie so in realiteit nie. Skryf 'n boek wat ander sal lees.

    Jy het 'n 'gehoor' nodig vir jou boek. Lesers- wat jou teikenmark sal wees.

    Identifiseer jou lesersmark: mans/vrouens/ tieners/ kinders/ volwassenes.

    Hoeveel potetensiële lesers bestaan vir jou boek? (dink aan bv. 'n Afrikaanse roman- slegs Afrikaanssprekende vrouens gaan jou teikenmark wees)

    Om suksesvol te wees, moet jy 'n mark hê wat genoeg boekverkope kan skep om jou doelwitte te haal.

    Meer lesers lei na meer verkope en meer geld.

    Stel 'n profile saam van jou lesers. Demografie. Gewoontes. Leefstly. Inkomste. Belangstellings. Ensovoorts. 

    Neem bv. 'n boek vir vroue. Vroue is die grootse kopers van boeke en koop ook graag boeke as geskenke. Indien 'n vrou 'n memoir skryf oor haar motorfietstoere - moet sy probeer om alle motorfietsryers te teiken. Sy moet konsepte inbring wat manslesers kan interesseer. Indien sy net focus op vroue motorfietsryers- kyk hoe klein is haar leserskring. En wat van die mense wat altyd nog gedroom het om 'n motorfietsryer te word? Hoe kan sy hulle betrokke kry?

    As jy 'n novella skryf: wat kan jy invoeg in jou storie om jou teikenmark te vergroot? Dink aan ouer persone wat by hulle kinders woon; individue wat geraak is deur selfmoord; ouers met homoseksuele kinders; enkellopendes wat troeteldiere aanneem as kinders; ouers wat tieners in die huis het.

    Hoe kan jy jou teikenmark vergroot? Bring dit in in jou synopsis sodat hulle dit kan sien en hul belangstelling kan prikkel.

    Nog 'n voorbeeld: enkellopende moeders. Dit vernou jou teikenmark. Maar wat as jy dit skryf vir alle moeders? Of skryf dit ook vir die moeder wat getroud is maar haar man werk dalk in 'n ander land?

    Onthou, mark belangstelling verander vinnig net soos die mode-wêreld.

    Bly op hoogte waarvoor mense soek en waste belangstellings hulle het.

    Jou titel van die boek sal bepaal wie jou teikenmark is.

    Google keywords of vra vrae op sosiale media platforms om informasie oor jou teikenmark te kry. Bv Hoeveel motorfiets eienaars is daar in Suid-Afrika? Kyk na motorfiets forums, blogs, verenigings, groepe ens. Doen navorsing oor hoeveel mense doen navraag of Google oor jou boek idee/ genre of tema.

    Kyk in boekwinkels soos Amazon vir beste verkope van sulke boeke: kry idees oor jou titel, genre, tema ens.

    Ken jou teikenmark se grootte: evalueer dan jou idee met daardie teikenmark in gedagte.

    Voorbeeld: 'n self-help boek vir vroue. Dit vernou jou teikenmark. Maar wat as jy besef dat ook mans, leiers en korporatiewe lesers kan voordeel trek uit hierdie boek en nie net vrouens nie!

    Indien jy 'n memoir ('n boek oor jou lewenservarings) skryf, moenie focus op 'n een lewens asprk/tema/of plot nie. Jou teikenmark moet nie net jou vriende en familie wees nie. Skryf 'n lewenstorie sodat ander kan voordeel daaruit trek en dit kan geniet.

    Vra jouself: hoe kan jy jou boek verbeter of verander om 'n groter mark te kry?

    Skryf vir jou teikenmark! Teiken jou nuwe en vergrote mark.

    4) Wat verg dit om 'n boek 'n goeie idee te maak?

    Jy moet hou van die idee, onderwerp, genre. As jy nie daarvan hou nie- wie gaan?

    Jy moet passievol daaroor wees- sal jou lesers ook so voel?

    Jy moet 'n boek skryf wat maklik ontdekbaar is; wat 'n unieke posisie sal inneem. Jou boek moet uniek wees om uit te staan. Onthou daar is miljoene boeke in dieselfde kategorie teen wie jy moet meeding.

    Jou boek moet nie in direkte kompetisie teenoor ander in dieselfde kategorie wees nie. As jy bv. 'n boek skryf oor 'Hoe om gewig te verloor', sal jou boek nooit ontdek word tussen die duisende ander in hierdie kategorie nie. Jy moet 'n ander titel gebruik of iets anders aanbied wat die meeste ander boeke nie bied nie.

    5) Skrywerswenke:

    Doen navorsing oor jou teikenmark voor jy begin skryf.

    Hou jou teikenmark in gedagte dwarsdeur jou boek.

    Beplan jou boek vooraf.

    Kies 'n wenner titel wat lesers sal aanmoedig om die boek te lees.

    Kies 'n uitstaande boekvoorblad wat dadelik lesers se oog sal vang.

    Skryf 'n goeie boek beskrywing (sinopsis). Dit sal jou leser 'n idee gee waaroor die boek gaan en of hulle dit sal wil koop/lees of nie.

    Kry 'n professionele redigeerder en proefleser om al die foute te herstel en te sorg dat jou boek verkoop kwaliteit is.

    6)Hoekom skryf jy?

    Redes waarom jy skryf.

    Beantwoord die volgende vrae eerlik aan jouself.

    1)  Skryf jy omdat dit lekker is vir jou?

    2)  Is dit 'n uitdaging vir jou om te skryf?

    3)  Of omdat jy sommer net lus is om te skryf?

    4)  Is jy 'n nuwe skrywer of het jy al boeke gepubliseer?

    5)  In watter genréskryf jy graag?

    6)  Wat is jou dryfveer agter jou skrywerswerk?

    7)  Geniet jy dit of is dit 'n pyniging?

    Skryf moet lekker wees, anders is dit ‘n straf. Vir baie skrywers wie se boeke deur groot uitgewers uitgegee word, kan dit later in ‘n straf ontwikkel. Hulle teken soms ‘n kontrak met die uitgewers en moet jaarliks ‘n boek of meer uitgee. Dit moet voldoen aan die uitgewers se vereistes. Sommige uitgewers skryf selfs voor hoe intiem die tonele in ‘n hygroman moet wees. Dis nie maklik om volgens ander se standaarde en idees te skryf nie.

    Daarom is dit beter om jou eie boek, op jou eie manier en idees te skryf.

    Skryf moet ‘n uitdaging vir jou wees. Dit moet iets in jou wakker maak en jou dryf om elke dag skryf. Dis ‘n passie wat in jou binneste moet brand wat niks kan blus nie, behalwe natuurlik om te skryf!

    Jy moet ook lus wees om te skryf. Baie skrywers kry skrywersblok wanneer hulle doodeenvoudig soos ‘n leë skoon papier voel. Dis asof al hul idees by die venster uitgewaai het. As jy so voel, neem ‘n week af en vergeet van skryf. Doen ander goed wat vir jou lekker is. En dan neem jy weer jou manuskrip op en begin skryf. Kry idees in hierdie tyd.

    Sommige skrywers skryf omdat dit hul loopbaan en werk geword het. Met ander woorde hulle doen dit om betaling te ontvang daarvoor. Wat reg is, want skryf is harde werk!

    Elke skrywer moet homself hierdie vrae vra. Ook moet jy besluit wat is die doel van jou boek?

    Skryf moet ‘n kombinasie van al hierdie elemente bevat om jou aan die skryf te hou:

    Dit moet lekker wees; dit moet ‘n uitdaging vir jou wees; jy moet lus wees om te skryf; en jy wil vergoed word vir jou moeite wat jy ingesit het.

    7)Wat is die doel van jou boek?

    Wat is die bedoelinge van jou boek?

    Wat is jou intensie daarmee?

    Wat wil jy daarmee bereik?

    Elke boek moet 'n doel hê. Wanneer 'n boek 'n doel het, sal lesers dit tot die laaste bladsy lees en voel die skrywer het hulle beloftes vervul.

    Hoekom dink jy sal mense die boek lees?

    Wat sal dit aan hulle teruggee?

    Indien jy nie hierdie boek skryf nie, sal jou idee of boodskap steeds aan ander gegee word of is daar genoeg soortgelyke idees of onderwerpe soos joune?

    Sal jou boek anders wees as ander in dieselfde kategorie?

    Wat is die hoofdoel van jou boek? Inspirasie, miskien om te verander? Om jou leser te oortuig? Om jou leser in te lig oor 'n onderwerp? Om 'n spesifieke onderwerp/tema te ondersoek? Of bloot jou leser te laat ontspan en dit te geniet? Om te ontsnap van die alledaagse stres en probleme?

    Wat is die boodskap van 'n boek?

    Die boodskap of tema van 'n storie is wat die skrywer wil leer of voorlê aan die leser deur sy skrywe. Sommige stories het 'n spesifieke soort boodskap bv. Moralitiet of 'n lewensles. Die boodskap kan gevind word in die aksies van die karakters en wat herhaal word dwarsdeur die storie.

    Hoe om die tema van jou boek te vind.

    Die tema van 'n storie is die onderliggende boodskap of groot idee. Dit is wat die storie beteken en watse idee of mening oor die lewe of iets die skrywer wil deurgee in sy skryfwerk. Dit is die hoof idee oor jou storie.  Dit vorm die idee hoe jy as skrywer die wêreld of openbaring oor die menslike natuur ervaar.

    Hoekom is tema belangrik?

    In draaiboek en geskrifte vorm tema die mees belangrikste element. Dit is die intensie wat die boek of film voortdryf.

    Meer as een tema.

    Soms het 'n geskryf meer as een tema. Die hooftema is die idee wat die skrywer herhaal dwarsdeur sy werk. Dit vorm die mees betekenisvolle en belangrikste idee of boodskap. 'n Tweede tema verwys na 'n idee wat slegs kortliks verskyn. Bv. Die hooftema mag wees: Dis alles oor die liefde, met kleiner temas soos vriendskap, aangetrokkenheid, ens.

    Voorbeelde van tema stellings: (jammer die Engels)

    1) Change your thoughts and you change your world. ...

    2) Those who realize their folly are not true fools. ...

    3) Life is too important to be taken seriously. ...

    4) Life can only be understood backwards; but it must be lived forwards.

    5) It always seems impossible until it's done.

    6) It's better to be a lion for a day than a sheep all your life.

    7) Life doesn’t require that we be the best, only that we try our best.

    8) Rise above the storm and you will find the sunshine.

    9) Difficult roads often lead to beautiful destinations.

    10) The best time for new beginnings is NOW.

    11) Crime pays.

    12) Home is where the heart is.

    13) Love conquers all.

    Die beste novella en die mees lewensveranderende memoirs wat jy ooit sal lees is die wat jou sal help om die waarheid oor die mens te ontdek.

    Karakters in 'n storie is soos mense, hulle dryf die plot. Daar is konstante veranderinge en gebeure in hulle lewens, nes ons gewone mense. Hulle moet aanpas, ontwikkel en nuwe dinge aanleer om te kan oorleef wanneer soveel uitdagings in die lewes na hulle gegooi word.

    Waaroor kan temas wees?

    Liefde; haat; oorlog; wraak; isolasie; vergewing; patriotism; genade; dood; verraad; rykdom teenoor armoede; goed teenoor kwaad; dapperheid en heldhaftigheid; oorlewing; ouderdom; mag en korrupsie; verwerping.

    As jy dink aan LIEFDE as die tema, dink aan die krag van die liefde. Verhoudings. Die lesse wat mense leer. Hoe die lewe verander vir ewig. Hoe liefde gebou word maar ook hoe die harte breek. Die vreugde en hartseer wat liefde kan bring. Geen mens se lewe is volmaak nie- so moet jou karkaters se lewens ook wees.

    Hoe om jou tema te vind.

    Hoe identifiseer jy die tema van jou storie?

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1